English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 292
Total Replies: 230 386
Total Views: 82 395 579
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 316 008
Share all those nice recipes with everybody...

Soek resep

replies: 13
views: 3107
12 Dec 2016 @ 07:48:36 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Ek sien hier's 'n paar sjefs op die forum wat lekker resepte het.  Ek's opsoek na daai koringslaai met die perskes en die kerrie sous, kry nerens een wat reg lyk soos my oorle' ma altyd gemaak het nie.

Is hier iemand wat dalk kan help?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 08:22:45 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Kitty, ek sal myself definitief nie n sjef noem nie, maar ek het hom vir jou.  Nog my ma se resep, so hy is baie oud.

200 g Koring

1 groot Soetrissie, gekap

1 groot Ui, gekap

1 blik ingelegde Perskeskywe, gedreineer

Kook die koring tot gaar en sag in soutwater en spoel af onder koue lopende water.  Plaas in 'n slaaibak.  Meng die groenrissie, ui en perskesywe met die koring.

SOUS

50 ml Sonneblomolie

3 ml Borrie

6 ml Kerriepoeier (ek gebruik die matige een)

25 ml Blatjang

25 ml Suiker

25 ml Asyn

5 ml Sojasous (opsioneel)

Meng al die slaaisousbestanddele saam in 'n digte houer, soos 'n bottel met 'n skroefdeksel.  Skommel dit nou baie goed, al die suiker moet opgelos wees.  Hierdie slaaisous word nie gekook nie.  Gooi oor die koringmengsel en roer deur.  Maak dit ten minste 'n dag voor die tyd sodat die smake goed kan meng. 

Dit hou baie lank in die yskas.  Jy het my nou laat dink, ek wou kerriebone maak vir Kersfees, moet dalk eerder koringslaai maak.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 08:27:15 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Aaahhh Freda, duisend dankies.  gaan hom onmiddelik oor tik en print. :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 08:28:26 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

ons maak klomp slaaie en koue skaap boud en so aan, so ek soek die resep al laaank

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 09:03:01 am
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

Kook 250 ml heelkoring in water waarby bietjie sout gevoeg is.

Laat dit stadig kook vir omtrent 45 minute of tot sag.

Gooi die water af en laat koring afkoel

Kap fyn en voeg by:

1 Groen soetrissie  (ontpit)

1 ui

410g perskeskywe (gedreineer)

Meng saam en voeg by:

50 ml suiker

50 ml asyn

50 ml blatjang

100 ml sonneblomolie

4 ml matige kerriepoeier

Meng goed. Bedek en plaas in yskas.

Bly 3 tot 4 dae vars in die yskas en is heerlik saam met braaivleis

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 09:04:31 am
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

no 2

1 k Koring [rou>kook dit dan]
1 blik Perskes kleiner gesny
1 ui fyngekap
1 Soetrissie gekap
Meng saam
2 t kerrie
1/2 t borrie
50ml suiker
50ml asyn

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 09:05:36 am
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 26 May 2013
Experience: 45 years

No 3

KORINGSLAAI MET KONDENSMELK
Heerlike slaai saam met enige braaivleis
WAT JY BENODIG:
250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne
sout na smaak met kookproses

SOUS:
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk

WAT JY MOET DOEN:
1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek
WENK:
Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 10:53:25 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2700
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
KORINGSLAAI.
1 koppie koring rys gekoop to sag
1 t-lepel kerrie (jou sterkte na smaak)
1 koppie mayonaise
1 eetlepel blatjang
1 klein blikkie geel perskes perskes (fyn gekap - hou stroop vir slaai)
1/2 koppie pitlose roesyntjies in 1/2 deurgesny
1/2 uie fyn gekap
Geel, groen en rooi "peppers" na smaak klein blockies gesny
METODE
Meng alles goed wanneer die koring afgekoel het in 'n slaaibak met deksel. Plaas in yskas tot koud en geniet.

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 12:33:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13830
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Lekker...ek sien jy is sommer oorval met resepte! Geniet!😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 15:00:13 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Lekker...ek sien jy is sommer oorval met resepte! Geniet!😁

Ja en almal is min of meer dieselfde. laughing   Het dit nog nooit geproe met die kondensmelk en het ook nog nie rosyne bygesit.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 15:31:47 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Sjoe... dit klink en smaak lekker.. moet dit nou net fisies doen.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 20:56:24 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Al hierdie resepte lyk darem so lekker gaan beslis probeer
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2016 @ 20:56:30 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 15 years
Al hierdie resepte lyk darem so lekker gaan beslis probeer
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Dec 2016 @ 07:54:02 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Kitty, ek hoop jy lees hier.  Ek het op 'n ander draad gesien jy gaan my resep gebruik.  Wou net vir jou sê, ek het myne gemaak vir Kersfees.   Ek het so bietjie van die gedreineerde sous van die perskes op die einde bygevoeg want dit het gelyk of dit nog bietjie sous nodig het.    Besluit jy maar of jy wil, maar dit werk daarvoor en smaak lekker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required