English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 298
Total Replies: 230 457
Total Views: 82 398 666
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 316 086
Share all those nice recipes with everybody...

Soek raad by die braaiers

replies: 21
views: 4848
27 Jan 2017 @ 19:00:47 pm
Anonymous
Wonder net of iemand my kan help asb.
Ek beplan ń skaap spitbraai met gas.
My vrae is soos volg:
- Watter kg skaap vir +\- 70 mense?
- Hoe lank neem dit vir goed gaar met gas?
- Watter hitte word aanbeveel?
NB: Die skaap word vooraf voorberei deur die slagter.
- Wat is die veiligste tyd om te begin indien die gaste teen 17h00 wil begin eet?
Ek soek nou ernstig raad asseblief.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 19:25:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13840
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek sal skat so 30-35kg. Wat jy miskien kan doen is om te google vir idees...daar is eintlik heelwat...hier is een: http://www.kossestorie.co.za/uncategorized/wenke-vir-spitbraai/

Dis lekker om s n braai aan te pak saam met paar vriende...maak n hele middag daarvan. Kies vir jou idees waarmee jy gemaklik mee is en maak dit n lekker kuier sessie.

Vir opsny kan jy daai elektriese broodmesse gebruik.

Julle moet dit geniet.

Jy moet nog net ons laat weet wanneer..hoe laat...en waar...😆lol
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 19:40:50 pm
Anonymous
Dankie, dit is ook in jou area, heelmoontlik kan jy dit sommer "cater" ook.
Dit is ń baie belangrike dag wat ek nie nou wil blaker nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 19:56:23 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years
DK Geert s grootte klink reg ons gebruik so 20 kg lam vir 40 mense sal aanbeveel om eerder twee lammers te gebruik as een groot skaap. Dit neem 3 ure plus om ń 20 kg lam te braai onthou om die rib gedeelte toe temaak met tin foellie want dit word gouer gaar
Laat jou slagter vir jou ń sousie aanmaak wat jy die lam geduurig bedrup en ook mee inspuit
Geniet dit
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 20:10:57 pm
Anonymous
Dankie, Stef. Ek dink 2 lammers gaan te veel wees omrede ek vergeet het om te noem van die volgende:
- Voorgereg
- Saam spit, is hoender, groente en slaaie ens.
- Ook nagereg
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 20:25:07 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

DK, 'n lam weeg normaalweg nie veel meer as so 23 kg nie.  As jy 'n lam van 20 - 22 kg kry, kan jy 45 mense daarmee kosgee.  Dit hang ook af van die hoeveelheid van jou bykosse. 

Die hitte moenie te warm wees nie, maar warm genoeg dat jy sien en hoor dit het 'n effek op die vleis.  Jy wil nie hê die skaap moet daar hang en niks gebeur nie, aan die ander kant moet hy ook nie te vinnig braai nie, dan kan hy aanbrand aan die buitekant en die binnekant sal nog rou wees.

Begin eerder vroeër as te laat.  Jy wil nie jouself onder druk plaas dat die vleis gaan rou wees nie.   So 'n lam spit omtrent 5+ ure.  Dan moet hy bietjie rus voor jy hom opsny.   Kry alles reg sodat jy kan aanskakel en begin spit teen 11 uur.  Aan die begin maak die hitte warm genoeg sodat die skaap dadelik begin warm word.  As hy eers begin braai, kan jy dan die hitte minder maak.   Met gas kan jy altyd stadiger draai later om die proses bietjie uit te rek as dit nodig is.   Moenie jou deksel te veel oplig nie, dit verloor elke keer hitte en moet dan weer opbou.  As jy 'n skerp pen, of iets dergeliks, in die vleis (by die boud)  indruk, kan jy sien aan die kleur van die sap wat uitloop of dit gaar of nog bloederig is.   Dit is belangrik dat daar nog sous uitloop, anders kan die vleis dalk te droog wees.

Moenie jou bedruipsous aan die begin opsit nie, die vleis moet eers begin gaar word, dan begin jy daarmee.  Jy kan dit opverf, of op "splash" met 'n gaatjies bottel.  Jy kan dit ook in die skaap inspuit met 'n naald wat jy by die apteek kan koop.

Dit is veiliger om nie soet bestanddele in jou bedruipsous te gebruik nie, dit brand maklik aan.  Jy kan 'n warm soeterige ekstra sous maak, wat jy na die braaityd net oorverf vir die kleur en die smaak.    'n Lekker bedruipsous is Suurlemoensap, Growwe Sout, Gemaalde Swartpeper, Roosmaryn, Tiemie, Basil, Knoffel, Olyfolie en Rooi Wyn.

Ons het dit nog NOOIT self gedoen nie, maar ken iemand wat dit gereeld doen en dit is maar wat hy ons vertel het.   Syne is altyd lekker.   Dit is nogal senutergend die eerste keer maar bly rustig en doen dit met liefde, dan gaan dit heerlik wees.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 20:33:56 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

DK Geert s grootte klink reg ons gebruik so 20 kg lam vir 40 mense sal aanbeveel om eerder twee lammers te gebruik as een groot skaap. Dit neem 3 ure plus om ń 20 kg lam te braai onthou om die rib gedeelte toe temaak met tin foellie want dit word gouer gaar
Laat jou slagter vir jou ń sousie aanmaak wat jy die lam geduurig bedrup en ook mee inspuit
Geniet dit

O Vader, Stef, ek sien nou jy sê 3 ure en ek het 5 ure gesê.   Ek dink dit is hoe ek dit onthou, miskien moet DK op so 4 ure werk.  Ons vriend doen dit met kole, en hy sit altyd meer kole onder die boudgedeelte as die ribgedeelte.  Die foelie sal dus goed werk in die gasbraai.

DK, as jy genoeg hoenders saam doen, kan jy een groot skaap spit.   Dit gee omtrent 300 gr vleis per persoon, saam met hoender en ander kosse behoort dit genoeg te wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 20:39:52 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years
Reken ook so
DK daar is nie baie vleis aan die voorste gedeelte van ń lam nie dis daarom ons eerder 4 of 5 ontbeende lamsboude op die spit sit so kan jy meer mense kos gee.
Ons het Sondag ń 21 waarons 8 hoenders op die spit sit dis baie goedkoper want jy sny 8 porsies uit ń hoender
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 21:07:02 pm
Anonymous

DK, 'n lam weeg normaalweg nie veel meer as so 23 kg nie.  As jy 'n lam van 20 - 22 kg kry, kan jy 45 mense daarmee kosgee.  Dit hang ook af van die hoeveelheid van jou bykosse. 

Die hitte moenie te warm wees nie, maar warm genoeg dat jy sien en hoor dit het 'n effek op die vleis.  Jy wil nie hê die skaap moet daar hang en niks gebeur nie, aan die ander kant moet hy ook nie te vinnig braai nie, dan kan hy aanbrand aan die buitekant en die binnekant sal nog rou wees.

Begin eerder vroeër as te laat.  Jy wil nie jouself onder druk plaas dat die vleis gaan rou wees nie.   So 'n lam spit omtrent 5+ ure.  Dan moet hy bietjie rus voor jy hom opsny.   Kry alles reg sodat jy kan aanskakel en begin spit teen 11 uur.  Aan die begin maak die hitte warm genoeg sodat die skaap dadelik begin warm word.  As hy eers begin braai, kan jy dan die hitte minder maak.   Met gas kan jy altyd stadiger draai later om die proses bietjie uit te rek as dit nodig is.   Moenie jou deksel te veel oplig nie, dit verloor elke keer hitte en moet dan weer opbou.  As jy 'n skerp pen, of iets dergeliks, in die vleis (by die boud)  indruk, kan jy sien aan die kleur van die sap wat uitloop of dit gaar of nog bloederig is.   Dit is belangrik dat daar nog sous uitloop, anders kan die vleis dalk te droog wees.

Moenie jou bedruipsous aan die begin opsit nie, die vleis moet eers begin gaar word, dan begin jy daarmee.  Jy kan dit opverf, of op "splash" met 'n gaatjies bottel.  Jy kan dit ook in die skaap inspuit met 'n naald wat jy by die apteek kan koop.

Dit is veiliger om nie soet bestanddele in jou bedruipsous te gebruik nie, dit brand maklik aan.  Jy kan 'n warm soeterige ekstra sous maak, wat jy na die braaityd net oorverf vir die kleur en die smaak.    'n Lekker bedruipsous is Suurlemoensap, Growwe Sout, Gemaalde Swartpeper, Roosmaryn, Tiemie, Basil, Knoffel, Olyfolie en Rooi Wyn.

Ons het dit nog NOOIT self gedoen nie, maar ken iemand wat dit gereeld doen en dit is maar wat hy ons vertel het.   Syne is altyd lekker.   Dit is nogal senutergend die eerste keer maar bly rustig en doen dit met liefde, dan gaan dit heerlik wees.smile

Dankie tannie Freda, Geraldine het nou die resep neergeskryf en glo die enetjie kan werk.
Dankie, Stef vir jou bydrae ook, ek dink ook skaapboude sal makliker wees, maar tyd loop uit, nog net 3 weke om te dink.
Na die episode gaan ons bietjie ook ń breuk maak en gaan die naweek van die 25ste.
Verlede jaar was erg, maar hierdie jaar het sommer "MOER" erg begin. Dit is ń moeilike tyd en ons kort die rus.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 21:27:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13840
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Laas jaar met my vrou se verjaarsdag het ons n bak rou wors, n bak met hoender stukke en bak met steaks gehad....rou. Gaste moes self vleis neem en gaan braai. Dit het baie goed uitgewerk. Daar was absoluut niks vleis gemors nie....dit wat oorgebly het, het ons ingevries...beter as om te sit met n hoop gaar vleis. Mense kon ook nie kla oor t gaar of t rou gebraaide vleis nie...hy braai mos self! Dit was baie gesellig en mense het dit regtig baie geniet. So n klomp vleisies saam op n oop vuur verkies en bo n skaap in n toe gas braaier...vir my net lekkerder atmosfeer. Maar net n gedagte.....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 21:50:31 pm
Anonymous
Geert, ek het dieselfde idee "gehad", maar afgewys omrede hierdie okasie is hartseer, maar ook tog bly dit gebeur.
Ons het al deur baie genoeg hartseer gegaan en doen wat aangevra word.
Na die 18de, sal ek fotos plaas van?????
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
28 Jan 2017 @ 05:46:52 am
snys
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 401
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 33 years

Ek wil nie inmeng met jou reelings nie, maar jy kan n sogenaamde sosatie oorweeg. Dit bestaan uit 3 roasts ( vark, bees en lam) wat jy langs mekaar op die spit inryg. Jy kom baie verder daarmee aangesien daar nie bene is wat vemors word nie. As dit reg voorberei word, is dit enige tyd net so smaaklik as n heel lam.

Huur jy n spit? As dit die geval is, huur een wat n deksel het wat kan toemaak.Dit verkort jou braaityd drasties, aangesien die hitte terug reflekteer.

Die vleis word vooraf voorberei met die nodige. Dit is derhalwe nie nodig om te ingewikkeld te raak met die bedruiping nie. Gesmelte botter met suurlemoensap en swart peper werk uitstekend.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 07:30:23 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Ek spit so af en toe, maar op kole, geleer by n ou meester.

Die belangrikste naas perfek gaarmaak, is om geur binne die vleis te kry, deesdae se spit word als buite op gesmeer, in my mening nie die beste nie. Belangrik wat dit sit sout binne in vleis. Eenvoudige resep,
1 koppieknoffel 1 ui 1 t peperkorrels 1/4t peri peri 1t mix seasoning 3 eet sout 1 t paprika 1t tiemie 1t naeltjies 1/4 koppie asyn 1/4 koppie worcestersous.
Gooi kookwater op tot 1l bottel vol is en laat staan vir minstens14 dae, langer nog beter.
Gooi deur fyn sif voor gebruik.
Spuit helfte in 24 uur voor spit. Tip, gebruik n duk spuitnaald, en n draadjie om skoon te stoot, vet verstop naald gereeld. Die ander helfte word met n verfkwas op die lam geesmeer in die spit proses. Die wat jy buite opsmeer, maak die velletjie stewig, en so bly die vog binne in vleis.

Pasop vir te swaar lam,dit is net vet na sowat 22kg, nie vleis nie. A2/3 is reg. Self spit ek so 15kg, anders raak dit te dik om gaar te kry op my kontrepsie, die is soortgelyk aan die Argentynse Asada. So 5 tot 6 uur tyd vir so 15kg lam.
30 kg gaan al skaap wees, en te taai vir spit, en boude te dik om hitte dwarsdeur te kry.
My hitte is baie min, en na n uur sal die eerste tekens van braai begin wys met so effense vetjie wat drup.
Waneer dit gaar is, kan jy enige plek tot teen die been sny, en dis murgsag en mooi gaar.

Voorspoed.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 08:30:04 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

As ons 'n lam vir die huis koop, hou ons van so 20 kg, anders is die choppies darem so klein as dit te min weeg.  Ons koop gewoonlik A2 en wat vet aanbetref is dit ook soos ons daarvan hou.   Dis baie makliker om net boude te spit, maar daar is darem niks lekkerder as daardie liesgedeelte en die ribbetjies van 'n gespitte skaap nie.  Ook die nek en die skinkelgedeelte is yum.   Ek is mal oor spitbraaivleis.   Ek en Colin probeer dit maar na-aap in die weber.wink

Herman, jy klink redelik gesout met die storie!smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 10:02:33 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ek wou ook n inset lewer maar is nie kundig genoeg nie. Ek eet en geniet net.
Nou sien ek Herman het die beste raat gegee. Dis ook hoe ek dit het oor al die jare. Hermasn se mengsel smaak ook lekker, maar elke ou het sy eie smaak.
Dis uiters belangrik om betyds die mengsel betyds in te spuit alvorens die vleis "toemaak"
As jy die skapie wil vries voor braai, moet jy eers spuit, sommer al twee dae voor die tyd.. dan vries of in koelkamer laat "rus " tot spit tyd.
Braai tyd, weet nie rerig nie, braaii hom tot hy gaar is en hou my weg, anders eet ek hom van die spit af op.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 12:28:06 pm
Anonymous
Lol, gelukkig het verkopers vandag gesien dat ek maar ń armgat is.
Het heel hoenders gekry teen R25/kg, die gas spit met 9kg gas, 25kg lam wat vooraf voorberei word met marinade saam, teen 3k vir alles. Die spit se huur is R600 en dan werk die 25kg lam uit teen R98/kg wat ek dink is redelik billik.
GP beteken, "K"Hoes en Betaal.
Op die ou einde van die dag gaan dit vir ń goeie doel en gelukkige toekos.
Al wat ek weet is, dat die naweek daarna, 25ste kamp ons.
Byges, ons wou Bloekompoort rel vir alles, maar weens die afstand, hou ons dit maar eerder in bereik afstand vir al die gaste.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 13:01:55 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

DK, dit het dan mooi uitgewerk vir jou.   Ek aanvaar die ouens kon ook sommer vir jou raad gee oor hoe laat om te begin en hoe jy dit moet doen, ens.   Jy moet laat weet hoe jy met jou eerste spit gevaar het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 13:20:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13840
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
😎
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 14:16:26 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Hier is dit duidelik hoe klein die hopies kole is, lyk soos hopies as. Word elke halfuur gedraai.
Voorspoed DK en wees net geduldig, dit word gaar, al dink jy niks gebeur nie. Ken nie gas nie, jy sal moet vertel hoe dit gewerk het.
Miskien nog n tip, bind daai lam stewig vas met draad, om die middel, deur die ribbes, nek en al 4 ente. Soos dit gaar word, raak dit sag en kan maklik uitskeur.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 15:30:21 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1768
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hi Dennis

Ek werk graag met gas want jy het meer beheer oor die hitte en brand nie die kos of vleis so maklik. Gas is ook vinniger. Lyk my ou neef Herman is gesout met die spit storie. 

Ek bly so klip gooi van jou af en sal dalk die reuk vang so doen n goeie job en geniet dit.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 15:56:31 pm
Anonymous

DK, dit het dan mooi uitgewerk vir jou.   Ek aanvaar die ouens kon ook sommer vir jou raad gee oor hoe laat om te begin en hoe jy dit moet doen, ens.   Jy moet laat weet hoe jy met jou eerste spit gevaar het.

Dit is reg tannie Freda, alles het mooi in plek geval. Die slagter wou eers die lam pre-cook wat alles gouer laat gaan het, maar omrede ek hom die Vrydag gaan haal en eers Sat gebruik, is ons maar skrikkerig. Ek wil darem nie gaste laat dooi nie. Die slagter reken so 5-ure maks.
@ Heng Geert, met so spit, sal Pretoria se firebrigade op standby moet wees.
@ Bakoor, jammer man, ons maak dit gerieflik vir almal se reis veiligheid daarom skuif ons Pretoria toe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 17:04:09 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2701
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Werk op 300 tot 350 gpp.
Hou meer bykosse beskikbaar is hou meer bly daar oor.
Laat die mense vroer kom en sit tjips, dips en peanuts voor om spasie op te neem. Spyseniers gebruik die hoeveelhede.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required