English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 131
Total Replies: 246 211
Total Views: 83 056 883
topics: 11 317
replies: 134 723
views: 39 230 651
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Slim misleidende advertensies

replies: 127
views: 2443
page 1 of 3
31 Jan 2020 @ 08:17:27 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ons almal is altyd op soek na BARGAINS.   Ons ken elke prys van 'n blik koffie, melk, brandewyn, en voertuie.  Veral 'n man se ore is nie so ge finetune soos 'n vrou sin nie totdat jy sien 'n motorvervaardiger gee R100 000 afslag op jou ginsteling voertuig.    Dan hoor jy alles wat jy wil hoor en begin sommer planne maak om een te koop.  Jou knorrige vriende grom omdat hulle "Brand " nie dieselfde wil of kan doen nie en gee 'n eindlose lys van ververduidelikings en verskonings.

Dis hier waar ons as verbruikers maklik in die gat trap en dus wil ek veral die mans waarsku teen misleidende advertensies.  Ek het onlangs 'n nuwe Ranger gekoop.  Die een Ford Agentskap het my met 'n smile R80 000 afslag gegee in 30 Sekondes.  My eerste indruk was "Hier is 'n bargain, nou gaan ek 'n winskoop kry".  Die naaste handelaar aan my het die volle prys gevra tot op die sent.   Nadat ek die twee se finale kwotasies vergelyk het het ek met 'n skok agter gekom hulle gebruik slim misleidende advertensie tegnieke en speel die bal soos hulle dit pas.

Op die ou einde was die Handelaar wat die volle prys soos op die boek vra amper R30 000 goedkoper as die agent wat my R80 000 afslag gee.   In my geval het hulle die bal anders gespeel op die inruiling van my ou Ranger.  Die duur handelaar het my 'n baie goeie prys op my ranger gegee waar die afslag handelaar mal was met sy inruiling.   DIs die verskil. 

By dit verplig altwee jou om deur hulle eie finansiering te werk.  In my geval was die rente heel aanvaarbaar en ek  smile nog steeds want dit help om 'n bietjie arm te druk oor die rentekoers.

Wat ek hier probeer sê is dat nie alles wat lyk na 'n bargin nie 'n bargin is nie.  As jy nie jou huiswerk goed doen nie kan jy maklik geld verloor.   En bygesê dit gebeur nie net by Ford nie want ek het appels met appels vergelyk en Toyota Legend 50 4x4 auto ook gaan probeer met dieselfde resultate.  Afslag en hulle speel met die inruiling waarde.  Shop rond en hou jou ore oop.  My seun het lekker gelag toe ek dit vir hom noem.   Sy antwoord was dat pa ons leer dat "NIKS IN DIE LEWE VERNIET IS NIE."

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 08:44:08 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Nog Ietsie, Vir die vrouens. 

Baie advertensie word deesdae maak met balkverkope.  As jy 3 of 5 van 'n produk koop dan spaar jy R25.  Nou die dag het ek niks om te doen nie en vat 'n handvol advertensie blaai en wys vir die vrou 'n paar produkte wat goedkoper op ander plekke ge adverteer word as dit die een vir een sou koop.  So maak die handelaar seker dat hulle nog steeds hulle pond vleis kry.  Groot balkaankope is nie altyd die beste goedkoop opsie nie.  Ken jou pryse as jy opsoek is na 'n winskoop.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 09:19:19 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2964
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Alle advertensies het n catch in. Selfs die op tv en verstaan nie hoe die owerhede dit Kan toelaat veral met ons consumer protection acts.

Vir my is dit so erg ek voel dis krimineel.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 09:20:26 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2964
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Alle advertensies het n catch in. Selfs die op tv en verstaan nie hoe die owerhede dit Kan toelaat veral met ons consumer protection acts.

Vir my is dit so erg ek voel dis krimineel. Veral die ouer menseloop deur.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 11:47:06 am
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 391
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

Absolutely true. There is always a catch. When it comes to bulk buying I always calculate it against the cost of  a single item. Many a times the bulk pack will always work out more. I do find the combo's acceptable. What do you think? 

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 12:01:34 pm
Anonymous

Ja toemaar, misleidende advertensies ens werk maar baie saam..

Wel as jy die R80k afslag en die R100k afslag advertensie kry (ek het omtrent R100k afgekry op my BT-50 en Ford Finance wou ook afdwing).. Geen inruilings... 

Elkgeval, ja, mens moet maar mooi kyk, want toe is hulle so skelm elkgeval jy kry recon ratkaste, jy kry lekkende vensters, jy kry roesplate onder jou sitplekke, ens ens..  Geen waarborg kan vertrou word nie.

By Toyota gee  hul nie baie afslag nie, ek ruil ook nie voertuig in nie, ek verkoop self.

Wat ek wel kan noem, ekt sommer nuwe front discs nou op my fortuner gekry terwyl ek net vir hul gevra het om vir my te loer of alles ok is, hel, wat 'n lekker gevoel.. En dis nie recon disks nie, splinter nuut... Volgens my wear and tear items, maar bliksem dis hoekom ek respek het vir Toyota....

Toe ek na Ford en Mazda hardloop met ernstige goed, is dit jou skuld en bestuurstyl en allerhande snert verskonings, terwyl jou geskiedenis wys jy ry 200,000km+ met voertuie sonder sulke issues.

Elkgeval, ja ek kry ook so advertensie op FB, 100W paneel laai pap battery vol in 2.5uur.. Bull dust. Teendeel bewys neem meer as 15 ure

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 12:21:11 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16303
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Toe ek November by Toyota was, het die een handelaar 15% afslag aangebied. Met hulle rubberizing en on the road fees, was dit heelwat goedkoper by n ander handelaar met 9% afslag, omdat hulle my minder gerook het op "on the road fees" en rubberizing. Ander agentskappe beweer vertel my hulle kan nie pryse verbeter nie, want jul maak reeds net R1000. Nonsens....hulle moet my nie vertel hulle maak net R1000 wins op n kar nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 12:32:12 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Toe ek November by Toyota was, het die een handelaar 15% afslag aangebied. Met hulle rubberizing en on the road fees, was dit heelwat goedkoper by n ander handelaar met 9% afslag, omdat hulle my minder gerook het op "on the road fees" en rubberizing. Ander agentskappe beweer vertel my hulle kan nie pryse verbeter nie, want jul maak reeds net R1000. Nonsens....hulle moet my nie vertel hulle maak net R1000 wins op n kar nie

Stem 100% saam.  Kyk net hoe verskil dienste se pryse by dieselfde fabrikaat net by verskillende handelaars.    Hulle maak nog steeds duisende.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 17:11:39 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1415
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Party instansies is stapelgek. Nou die dag vertel vroulief dat haar vriendin gereel het dat ons bed se matras gratis skoongemaak word.

Ek het dadelik besef daar is 'n slang in die gras, maar hou toe maar my neus uit die aangeleentheid. Daar bestaan mos nie so iets soos 'n "gratis maaltyd" nie.

Om 'n lang storie kort te maak, dit was toe 'n Kirby stofsuier demonstrasie. 

Die mense is waansinnig. Hulle vra R 38000 vir die basiese stofsuier. R 45000 met toebehore. My mond het oopgehang. Ek kan 'n dekselse lekker Golf karretjie koop met R 45000, maar nee, die imbesiel wat die ding probeer verkoop wil vir 'n ou wat op pad is tagtig toe probeer oortuig dat die stofsuier waarde sal toevoeg tot sy lewensgehalte deur die genot wat hy uit sy goed wat skoon gaan wees sal put.

Wat verkoopsfilosofie aanbetref moet 'n mens miskien maar op die volgende let - daar is 'n Engelse uitdrukking wat lui "there is a sucker born every minute", en dan is daar Pareto se Wet, wat sê dat die lewe bestaan uit 'n 80 - 20 verdeling. 80% van mense sal onnadenkend en halsoorkop in 'n transaksie vasgeknoop word, om die volgende dag of week of wanneer ook al te besef hulle is mislei of ingeloop of 'n gek van gemaak, en dan tree wat na verwys word as "buyers remorse" in. Dan voel die koper jammer oor sy onoordeelkundige besluitneming. Die 20% doen eers 'n bietjie navorsing of "huiswerk", en laat hulle nie maklik inloop nie. 

Watter een is jy? Ek glimlag altyd as 'n ou jou probeer oortuig om dieselfde keuse as hyself uit te oefen. Hoe meer ape hy kan kry om soos hy te besluit hoe minder verkeerd was sy oordeel en besluit mos. winksmile 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 18:13:01 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1545
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Verkoopsman het n klompie jare gelede gese ,hy sien sommer ons 2 sal nie besigheid kan doen nie, want ek vra te veel vrae

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 22:27:52 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2964
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Kirby is rubbish in my opininie. Ding raas so klink of jou huis inmekaar val. Heeltemal reg gese die pryse is Mal maar daar is steeds mens wat dit koop. En baie onkundige mense loop hulle rieme styf.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 10:01:15 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek aanvaar jy het per ongeluk 'n ekstra nul by die prys gesit?  Die Kirby Genesis kos R4700 by Builders.  Ek dink nie enigiemand sal 'n stofuier vir R45,000 koop nie.  Ek het terloops geen verband met Kiry nie en ons het nog nooit een besit nie, maar ek dink ons moet maar versigting wees om nie valse gerugte te versprei nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 12:37:40 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Kanneman, toe ek weer jou bydrae lees, kom ek agter ek het dit dalk verkeerd beoordeel.  Dis nie jy wat verkeerde bedrae aanhaal nie, maar die persoon wat dit adverteer.  Jammer as ek jou tenagekom het.foot-in-mouth

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 12:52:42 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1026
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Caveat emptor....👍

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 12:57:45 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja, ek moet beslis versigtiger wees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 13:03:40 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1415
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Fred, ek kom nou net terug van Builders af.  Het eers so 'n bietjie huiswerk gedoen om seker te maak ek het my feite reg en kan nie van oorhaastige reaksie beskuldig word nie.

Daar bestaan nie 'n Genesis produk wat aan Kirby gekoppel is nie. Genesis versprei hoofsaaklik deur Verimark en internet verskaffers, en Kirby, wat 'n Amerikaanse produk is, hoofsaaklik deur "huis tot huis" verkoopsagente.

Ek het die prys aangehaal wat die verkoopspersoon gekwoteer het, terwyl sy "spanbestuurder" teenwoordig was. Ek het met die mense wat hulle na my verwys het gepraat, en hulle bevestig die prys soos ek dit het.

Terloops, die span verkoopsmense het ons omgewing getakel in 'n nuwe Toyota bussie en soos wat dit wil voorkom, 'n toesighouer wat aan die einde van die demonstrasie aanklop om te help om die verkoop af te sluit.

Ek wonder hoeveel van daardie prys bestaan uit verspreidingskoste. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 13:37:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16303
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het al 2x sulke tipe demonstrasies by my huis gehad. Rainbow Stofsuiers en dan daai Ozone masjiene. Beide kere het ek vir hulle gesê ek het nie geld nie, so hulle gaan hul tyd mors, want ek gaan nie koop nie. Tog dring die persoon aan om tog te kom wys. Dan as hulle kom, dan is dit nie die een wat die afspraak gemaak het wat die praatwerk doen nie. Ek dink die een wat afsprake maak werk onder die verkoops persoon en kry buitendien n fooi as hulle n afspraak gereel het....of jy nou koop of nie. Kry seker n bonus as jy wel sou koop. Daarom dink ek is die verkoops persoon gewoonlik teleurgesteld as jy nie koop nie.....maar hulle weet nie altyd hoe die afspraak op jou "afgedwing" was nie. Ek dink as verkoops persoon geweet het wat my besluit vooraf al was oor sy produk (soos ek bekend gemaak het aan persoon wat afspraak gemaak het) sou hy nooit die moeite miskien gedoen het om sy hele aand aan my op te offer nie, want so n bemarking sessie neem basies die hele aand

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 13:49:18 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Kanneman, Jammer ek het lyk dit my nog 'n fout gemaak.  Ek het die prys gegee volgens die vogende en omdat ek Kirby pryse gevra het, het ek aangeneem dis wat vir my gegee word.  Ek ken nie die Kirby of Genesis nie- het wel al die name gehoor.

:  https://www.google.co.za/search?ei=QWM1XuKdA8rZgQbrhoCAAg&q=kirby+vacuum+cleaners+price+builders&oq=kirby+vacuum+cleaners+price+builders&gs_l=psy-ab.12...24656.30541..32901...0.0..0.493.4178.3-7j4......0....1..gws-wiz.......0j0i22i30j33i22i29i30j33i160.rU9EYo3p4ao&ved=0ahUKEwiiwv2NorDnAhXKbMAKHWsDACAQ4dUDCAo

Ek het nou net verder gaan soek en kon geen prys vir 'n Kirby kry nie.  Kan dit dus dalk regtig wees dat die goed R38,000 kos?  Dit klink mos belaglik!  Ek sou eerder die bedrag belê en elke drie jaar of so, as my Tedelex of Russell Hobbs of LG ingee, 'n nuwe koop en steeds 'n groeiende belegging oorhou. Hoeveel effektiewer kan so 'n duur stofsuier nou werklik skoon maak meer as 'n gewone een?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 14:19:23 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

  Of is hierdie dalk industrieële masjiene?  Maar dan verstaan ek nie waarom wil hulle dit vir huiseienaars demonstreer nie.  Ek het 'n advertensie vir 'n tweedehandse een (nog net eenmaal gebruik!) gekry vir R18,000, so dalk is hulle werklik so duur. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 16:05:32 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1828
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Ons moet wakker slaap.....

Ons gaan anderdag na 'n plaaslike oogkundige (nie nasionale franchise nie) wat een bril bied en dan een gratis. Hy stem toe in om vir ma leesbril te maak en ook vir my (gratis) dan moet ek net vir my oogtoets betaal. Toe ek navraag doen oor die hoë koste van "anti glare" en ander goed word ek meegedeel dat ons dit moet neem as ons aan die aanbieding wil deelneem. Die probleem is dat hierdie "add-ons" meer kos as my bril. Ons het toe nou maar net vir ma haar een bril geneem teen minder as die helfte van die aanvanklike prys. Soveel vir spesiale aanbieding...... 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 17:00:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9250
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het ook al n paar laat verstaan hulle is nie welkom met hul lieg stories nie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 18:26:20 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2964
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

As jy daai vacuum koop is Hy joune  jy sal hom but n Appel en ui  later verkoop as jy dit Kan reg kry. Vir daardie geld kan jy n vacuum cleaner vir R3000 wat 5 keer sy werk Kan doen. Sorry maar ek word nie gevang met daai trick. 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 18:36:26 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het op 'n kol 'n bril in Gauteng laat maak by 'n groep wat 'n paar takke het.  Die aanbod was vir 'n oogtoets, multi-fokale diachromatiese bril met oppervlaktebeskerming en raam, alles vir 'n heel billike prys, ek meen ongeveer R2100.  Dit sou binne my mediese fonds se skedule van toewysing val.  Toe ek klaar gemeet en getoets is, vertel die dametjie vir my die lense wat ek in my bestaande Specsavers-bril het, is topkwaliteit en ek sal nie nou na iets swakker wil gaan nie, wat al is wat hulle met die 'spesiale aanbod' vir my kan gee. Ek het my 'n gat in die kop laat praat en R3300 inbetaal!  Die volgende keer, twee jaar daarna,  het ek by Torga 'n bril laat maak teen ongeveer dieselfde prys as wat ek by hierdie plek aanvanklik sou vra, dis nou met die 'swak kwaliteit' lense.  Die oogkundige het my bril ondersoek en my meegedeel dit is lense van dieselfde kwaliteit is as wat hulle verskaf.  Nou waarom  moes en R3300 inbetaal?  Bloot omdat ek te maklik 'n dametjie met 'n eerlike gesiggie geglo het!  Seker maar my eie skuld, maar hulle sien my nie weer nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 20:04:29 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Cha Fred...bly maar moeilik om vir mooi jong dametjies nee te sê....lees gerus oor ou Arie se eskapades met die jonge dames op die ander kampforum! Hy sukkel ook maar....:)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 20:10:29 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Ons almal is altyd op soek na BARGAINS.   Ons ken elke prys van 'n blik koffie, melk, brandewyn, en voertuie.  Veral 'n man se ore is nie so ge finetune soos 'n vrou sin nie totdat jy sien 'n motorvervaardiger gee R100 000 afslag op jou ginsteling voertuig.    Dan hoor jy alles wat jy wil hoor en begin sommer planne maak om een te koop.  Jou knorrige vriende grom omdat hulle "Brand " nie dieselfde wil of kan doen nie en gee 'n eindlose lys van ververduidelikings en verskonings.

Dis hier waar ons as verbruikers maklik in die gat trap en dus wil ek veral die mans waarsku teen misleidende advertensies.  Ek het onlangs 'n nuwe Ranger gekoop.  Die een Ford Agentskap het my met 'n smile R80 000 afslag gegee in 30 Sekondes.  My eerste indruk was "Hier is 'n bargain, nou gaan ek 'n winskoop kry".  Die naaste handelaar aan my het die volle prys gevra tot op die sent.   Nadat ek die twee se finale kwotasies vergelyk het het ek met 'n skok agter gekom hulle gebruik slim misleidende advertensie tegnieke en speel die bal soos hulle dit pas.

Op die ou einde was die Handelaar wat die volle prys soos op die boek vra amper R30 000 goedkoper as die agent wat my R80 000 afslag gee.   In my geval het hulle die bal anders gespeel op die inruiling van my ou Ranger.  Die duur handelaar het my 'n baie goeie prys op my ranger gegee waar die afslag handelaar mal was met sy inruiling.   DIs die verskil. 

By dit verplig altwee jou om deur hulle eie finansiering te werk.  In my geval was die rente heel aanvaarbaar en ek  smile nog steeds want dit help om 'n bietjie arm te druk oor die rentekoers.

Wat ek hier probeer sê is dat nie alles wat lyk na 'n bargin nie 'n bargin is nie.  As jy nie jou huiswerk goed doen nie kan jy maklik geld verloor.   En bygesê dit gebeur nie net by Ford nie want ek het appels met appels vergelyk en Toyota Legend 50 4x4 auto ook gaan probeer met dieselfde resultate.  Afslag en hulle speel met die inruiling waarde.  Shop rond en hou jou ore oop.  My seun het lekker gelag toe ek dit vir hom noem.   Sy antwoord was dat pa ons leer dat "NIKS IN DIE LEWE VERNIET IS NIE."

Het in Desember 2018 na my vorige Ranger 3.2 gesteel was na die 2.2 Ranger wat op special was gekyk en toe ek besluit dat die Ranger steeds al my bokse tick al is dit die 2.2 is al die specials uitverkoop. Het wel 'n nuwe 3.2 wat selle model was as myne wat gesteel was by hulle gekry teen sg. kosprys, iets soos R100k minder as die lysprys, daai 3.2 het my toe R25k meer gekos as wat die 2.2 wat op special was sou kos. Wat my aanbetref was die nuwe 3.2 'n goeie koop gewees, maar moet byvoeg ek doen al jare lank met daai agentskap besigheid en handhaaf 'n baie goeie verhouding met hulle...so dit help dalk ook.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2020 @ 11:09:39 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1159
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Joanie gebruik 3 mikrogolf-oonde as sy ernstig aan die kosmaak is (sy reken sy MAAK kos, en KOOK nie kos nie) Terwyl sy gewerk het, het sy by die huis gekom, 3 verskillende goeters/geregte/wat ook al in die 3 masjiene gedruk, gestel vir die regte tyd om te bak/draai/warm te word, en na 'n rukkie, (nadat al drie hulle getjieng-tjieng-tjieng" wysie gesing het) my geroep om te sê: "Liefie die kos is reg, jy kan maar kom eet!"

Maak 'n meisietjie mos eendag 'n afspraak om te kom demonstreer hoe verkeerd ons eet, (mikrogolf kos is BAIE verkeerd) en hoelank dit neem met Joanie se manier.

(Ons eet al mikrogolf kos vandat die goed op die mark gekom het en ons lewe nog!!)

Die Girltjie bring toe 'n stukkie hoender daar aan, doen die voorbereidings met haar pot (kan onthou die ding het daardie tyd R 5000 gekos) en begin die kos te doen. Joanie het haar duidelik laat verstaan dat sy besig is en nie al daardie tyd kan spandeer nie, maar nee, Girltjie hou vol - haar metode is beter. My vroutjie plaas toe háár eie stukkie hoender in een van die mikrogolwe, en is toe vóór Girltjie klaar wat toe ruiterlik erken dat Joanie se hoenderborsie net so lekker gesmaak het ... 

Joanie het NIE die gedemonstreerde toestelletjie gekoop nie!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2020 @ 13:22:35 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die argument oor mikrogolfkook is glo dat van die strale in die kos agterbly wat dan skadelik vir jou sal wees.  Dis natuurlik pure twak.  Daar word dikwels op sulke maniere 'n produk bemark naamlik om alternatiewe sleg te maak.  Dink maar aan die margarienbedryf wat botter afgemaak het as sogenaamd skadelik en margarien as veilig.  Nou is die aanvaarbare wysheid egter dat margarien as gevolg van die chemiese prosesse wat gebruik word in die vervaardiging, skadelik is en onder andere karsinogenies kan wees. Die mening is nou dat botter veilig is omdat dit 'n natuurlike produk is.  Ons weet egter dat koeie hormone en anti-biotika gevoer word wat in die melk, en  dus die botter teenwoordig is, so watter een is nou die beter keuse?  Dit lyk vir my ons word maar gedurig met valse of misleidende bewerings en advertensies gebombardeer en op een of ander manier moet ons probeer sin maak daarvan.  Dit maak 'n mens maar sinies oor alles wat jy hoor en geneig om enigiets wat jou laat wonder, te verwerp, wat jou ook nie regtig help nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 07:42:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons almal is altyd op soek na BARGAINS.   Ons ken elke prys van 'n blik koffie, melk, brandewyn, en voertuie.  Veral 'n man se ore is nie so ge finetune soos 'n vrou sin nie totdat jy sien 'n motorvervaardiger gee R100 000 afslag op jou ginsteling voertuig.    Dan hoor jy alles wat jy wil hoor en begin sommer planne maak om een te koop.  Jou knorrige vriende grom omdat hulle "Brand " nie dieselfde wil of kan doen nie en gee 'n eindlose lys van ververduidelikings en verskonings.

Dis hier waar ons as verbruikers maklik in die gat trap en dus wil ek veral die mans waarsku teen misleidende advertensies.  Ek het onlangs 'n nuwe Ranger gekoop.  Die een Ford Agentskap het my met 'n smile R80 000 afslag gegee in 30 Sekondes.  My eerste indruk was "Hier is 'n bargain, nou gaan ek 'n winskoop kry".  Die naaste handelaar aan my het die volle prys gevra tot op die sent.   Nadat ek die twee se finale kwotasies vergelyk het het ek met 'n skok agter gekom hulle gebruik slim misleidende advertensie tegnieke en speel die bal soos hulle dit pas.

Op die ou einde was die Handelaar wat die volle prys soos op die boek vra amper R30 000 goedkoper as die agent wat my R80 000 afslag gee.   In my geval het hulle die bal anders gespeel op die inruiling van my ou Ranger.  Die duur handelaar het my 'n baie goeie prys op my ranger gegee waar die afslag handelaar mal was met sy inruiling.   DIs die verskil. 

By dit verplig altwee jou om deur hulle eie finansiering te werk.  In my geval was die rente heel aanvaarbaar en ek  smile nog steeds want dit help om 'n bietjie arm te druk oor die rentekoers.

Wat ek hier probeer sê is dat nie alles wat lyk na 'n bargin nie 'n bargin is nie.  As jy nie jou huiswerk goed doen nie kan jy maklik geld verloor.   En bygesê dit gebeur nie net by Ford nie want ek het appels met appels vergelyk en Toyota Legend 50 4x4 auto ook gaan probeer met dieselfde resultate.  Afslag en hulle speel met die inruiling waarde.  Shop rond en hou jou ore oop.  My seun het lekker gelag toe ek dit vir hom noem.   Sy antwoord was dat pa ons leer dat "NIKS IN DIE LEWE VERNIET IS NIE."

Dit is 100% waar wat jy sê.  Met die koop van my huidige Wildtrak het ek weereens rond geshop. En duidelik die verskil agter gekom.  Prys verskil van die voertuig was beduidend en netso die verskil in inruil waarde.  

Ek het toe op die ou einde die beste transaksie gekry by Ford in Lydenburg.  'n Baie groot tamaai afslag op voertuig se prys en die inruil waarde van my vorige Ranger was puik.

Dit is die tweede keer wat ek voertuig buite PTA/JHB areas koop en met 'n goeie deal wegstap.  In beide gevalle was die onkoste om die voertuig daar te gaan haal 10 x kleiner as die geld gespaar

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 07:46:07 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Wat my rooi laat sien is as 'n averteerder 'n special week het en winskopies links en regs landswyd adverteer en op die eerste dag geen voorraad het nie.

Dit het al meer as een keer met my gebeur by Macro.  Die laaste keer het ek belang gestel in 'n tent.  Die eerste oggend was daar geen voorraad nie.  Ek het na almal se verskonings geluitster waarna ek met die tak bestuurder gesels het.   Na ek hom met die streeksbestuurder gedreig het was daat ingestem dat hy vir my een sou kry.

Hoekom moet dit sover gaan?  Winkels adverteer specials wat nie beskikbaar is nie net om groot getalle voete daar te kry.   Dis misleidend !!!!

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 07:57:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja daarmee stem ek saam.  

Moenie 'n ding adverteer as jy nie die dêm voorraad het nie..........................yell

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 07:58:25 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16303
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Gistermiddag laat moes ek gou Vienna's koop vir skool toebroodjies....was toe op special tot gister, maar niks voorraad nie. Vanoggend kom ek agter my deodorant is klaar...ek ry gou soontoe om te koop. Toevallig vang my oog dat daar weer Vienna's vanoggend is. Het Enterprise dan op n Sondag aand afgelewer?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:04:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja dis soos Zack noem.  Hulle wil die die dip in prys vat nie maar sal steeds die advertensie plaas om die voete in die winkel te kry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:09:22 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 921
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

  Of is hierdie dalk industrieële masjiene?  Maar dan verstaan ek nie waarom wil hulle dit vir huiseienaars demonstreer nie.  Ek het 'n advertensie vir 'n tweedehandse een (nog net eenmaal gebruik!) gekry vir R18,000, so dalk is hulle werklik so duur. 

Fred, ons het ons Kirby meer as 15 jaar terug gekoop vir R12000. Baie gelukkig met die masjien.  Daar is wel sekere van die bybehore wat ons nog NOOIT gebruik het nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:32:05 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Hennie, dit klink dus of die Kirby goeie kwaliteit is, soos wat mens verwag as jy soveel betaal.  Of dit ekonomies geregverdig is, is natuurlik'n ander kwessie. Ons het 'n Samsung en 'n Russel Hobbs wat beide meer as tien jaar in gebruik is en steeds goed werk.  My ma het een van die ou Tedelex(?) silinder stofsuiers gehad wat oneindig lank gewerk het, maar dit was natuurlik 'n baie eenvoudiger masjien as die regop eenhede waarvan ons hier praat. Ek kritiseer nie julle keuse nie, ek probeer net sin maak van die saak. Na alles kan elkeen van ons koop wat ons wil met ons eie geld en dis niemand anders se saak nie.

Kan jy die vraag beantwoord of die Kirby inderdaad 'n industrieële of 'n tuisproduk is?  Ek het al gesien mense wat jou matte kom skoonmaak, het masjiene wat baie meer robuust lyk as ons tuismodelle.  Ek weet nie of dit dalk Kirby's is nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:57:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16303
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek praat onder korreksie, maar sover ek verstaan as n plek n item adverteer teen n sekere prys, en hulle nie voorraad het nie,  kan jy bestel en al kom dit na aanbieding verstryk het, jy dit nog steeds teen spesiale prys kan kry. Behalwe as hulle seker sê net 50 beskikbaar.  Die t's&c's oorbrug ook seker baie keer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:58:26 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 921
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Hennie, dit klink dus of die Kirby goeie kwaliteit is, soos wat mens verwag as jy soveel betaal.  Of dit ekonomies geregverdig is, is natuurlik'n ander kwessie. Ons het 'n Samsung en 'n Russel Hobbs wat beide meer as tien jaar in gebruik is en steeds goed werk.  My ma het een van die ou Tedelex(?) silinder stofsuiers gehad wat oneindig lank gewerk het, maar dit was natuurlik 'n baie eenvoudiger masjien as die regop eenhede waarvan ons hier praat. Ek kritiseer nie julle keuse nie, ek probeer net sin maak van die saak. Na alles kan elkeen van ons koop wat ons wil met ons eie geld en dis niemand anders se saak nie.

Kan jy die vraag beantwoord of die Kirby inderdaad 'n industrieële of 'n tuisproduk is?  Ek het al gesien mense wat jou matte kom skoonmaak, het masjiene wat baie meer robuust lyk as ons tuismodelle.  Ek weet nie of dit dalk Kirby's is nie.

Fred, dit is inderwaarheid 'n tuisproduk. Ek het einde verlede jaar weer die masjien laat diens en daar is 'n part of 2 vervang. Na soveel jare se gebruik is dit seker vanselfsprekend. My vrou is heel tevrede en as mens kyk dat die masjien ook 'n "ratkas" inhet vir gemaklik vorentoe beweeg en dat jy nie 'n stootaksie nodig het nie. Die sakke is ook net vekrygbaar by Kirby. As ek reg onthou het ons die "Diamond Edition" model.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 09:41:07 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Gistermiddag laat moes ek gou Vienna's koop vir skool toebroodjies....was toe op special tot gister, maar niks voorraad nie. Vanoggend kom ek agter my deodorant is klaar...ek ry gou soontoe om te koop. Toevallig vang my oog dat daar weer Vienna's vanoggend is. Het Enterprise dan op n Sondag aand afgelewer?

Koeltrok aflewerings voertuie ry alle tye van die dag en veral snags verby my huis, so ek neem aan dat hulle wel in die nag aflwerings doen?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 20:49:45 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2964
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Gistermiddag laat moes ek gou Vienna's koop vir skool toebroodjies....was toe op special tot gister, maar niks voorraad nie. Vanoggend kom ek agter my deodorant is klaar...ek ry gou soontoe om te koop. Toevallig vang my oog dat daar weer Vienna's vanoggend is. Het Enterprise dan op n Sondag aand afgelewer?

Ek is dalk vol draadwerk. Maar ek weier om enterprise produkte te koop. Die skrik was laas te Groot. 

Ek sal nooit vergeet. Ek sit voor tv en verslind n Pak enterprise viannas toe dit op tv kom van die listerose probleem. Nogal stressvol gewees

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 06:24:03 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek praat onder korreksie, maar sover ek verstaan as n plek n item adverteer teen n sekere prys, en hulle nie voorraad het nie,  kan jy bestel en al kom dit na aanbieding verstryk het, jy dit nog steeds teen spesiale prys kan kry. Behalwe as hulle seker sê net 50 beskikbaar.  Die t's&c's oorbrug ook seker baie keer

Jy as gebruiker/ verbruiker noem dit wat jy wil, moet maar vat wat jy kry.  Advertensie of nie.  Soos wat die ekonomie daarna uitsien gaan ons gelukkig wees om kos op die rakke te sien in die toekoms.

Dit lyk regtig sleg in Zimbabwe byvoorbeeld.  Swart dame wat saam  met my vrou werk sê daar is nie kos in die winkels nie.  Dan is daar dinge soos die Kariba dam wat 'n meter diep water in het verstaan ek..

Dit raak nou regtig "Bad" in daai land.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 06:29:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Terug by advertensies is ek eens dat dit frustreerend is as jy iets wil gaan koop en daar is nie meer voorraad nie.

My hoof rede is ek loop nie rond en "Shop" vir iets nie.  Ek soek en kyk op die net en bepaal so wat ek wil hê of benodig.  Dan is my "mind set" dat ek daai produk wil hê.  As dit dan nie beskikbaar is nie is ek sommer opge-ellie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 09:42:53 am
Anonymous

Kan nie help om te lees hoe mense kla oor jy moet maar kry wat daar is nie? Uhm, jy wat so Chinese goed koop en die ander besighede nie ondersteun nie? Is jy nie JUIS deel van daai probleem nie.. Maar toemaar, die rakke sal nie leeg staan sonder kos nie. Die chinese sal vir jou genoeg katte en muise op die rakke kom sit om te koop - goedkoop kos.. Jy sal selfs dan maar tevrede wees want dis darem goedkoper as 'n lekker varkrib of biefstuk of vars gebakte brood en beskuit..

AS die skoen pas, trek hom aan. 

Jy weet van daai voeltjie wat so skree Cheap Cheap! Die vleiseters hoor hom en gaan hom kom opvreet!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 10:51:14 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Pieter, Geldige feite wat my laat dink.  

Ek glo in om my mense te ondersteun mits my eie mense my ook nie vir 'n ride vat nie. Daar is ook maar 'n dun lyntjie verskil tussen die twee maar op die ou einde kom my mense eerste.

Wat my partykeer ongelukkig maak is die vleis bedryf.   Ek het baie vriende wat boere is en vleis voorsien aan die publiek.   Ek ondersteun van hulle want dis 'n wen wen vir altwee partye en altwee smile op die einde.   Die boer wen want hy kry baie meer as by die agente en die koper smile want hy betaal baie minder as by die slaghuis. 

In Sommige gevalle vra die boere meer as wat sommige slaghuise vra in die stede.  Dis hier waar ek dan die slagpale of slaghuise ondersteun want dis gemaklik, naby en gerieflik.  Sodra jy gulsig is draai die wiel teen jou.     

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 12:43:57 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dis soos jy sê Zack.

Ek kan ook nie mense onersteun as hulle jou vir 'n ride vat nie. 

Dis net tyd dan draai daai wiel.  Nie vir my om te bepaal wanneer hy draai nie. As hy draai sal daai ou wel weet hy het aangejaag.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 14:36:50 pm
Anonymous

Pieter, Geldige feite wat my laat dink.  

Ek glo in om my mense te ondersteun mits my eie mense my ook nie vir 'n ride vat nie. Daar is ook maar 'n dun lyntjie verskil tussen die twee maar op die ou einde kom my mense eerste.

Wat my partykeer ongelukkig maak is die vleis bedryf.   Ek het baie vriende wat boere is en vleis voorsien aan die publiek.   Ek ondersteun van hulle want dis 'n wen wen vir altwee partye en altwee smile op die einde.   Die boer wen want hy kry baie meer as by die agente en die koper smile want hy betaal baie minder as by die slaghuis. 

In Sommige gevalle vra die boere meer as wat sommige slaghuise vra in die stede.  Dis hier waar ek dan die slagpale of slaghuise ondersteun want dis gemaklik, naby en gerieflik.  Sodra jy gulsig is draai die wiel teen jou.     

En dan gaan koop jy 'n Ford..... Daarso dink jy nie hulle is gulsig met die prys nie? Veral as jy elke week kort kort advertensie kry oor R100k afslag en jy het volprys betaal... Ek wonder hoe voel so persoon? 

Daar is baie redes vir baie dinge, gulsigheid laat jou ook nie by jou eie mense spandeer nie, want jy is dus suinig. Gun nie die ou sy brood en botter maar die Chinese outjies wat nie omgee of hy muise eet vanaand of watookal, wat laat jou dan 'n kans staan? Ag neewat, kyk eers na wat jy het en verdien en dan kyk jy na gulsigheid van ander....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 14:48:19 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16303
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Mense dink altyd as hulle lokaal koop, koop hulle Suid Afrikaans. Neewat....meeste van die tyd koop jy chinese goed deur n middelman...dis al. Meeste van jou goed wat jy by gewone winkels koop, kom uit China....net deur n middelman. Ek het al baie kameras gekoop by n baie groot sekuriteit groothandelaar in Centurion. Die ou het vir my gesê basies 98% van hul CCTV voorraad kom van China. Selfs die Snomaster yskas wat ek nou het....daar staan groot op die boks MADE IN CHINA.....ek dog ek het nou n kwaliteit lokale produk gekoop.  Ek wou byvoorbeeld my rearview camera vir karavaan lokaal koop, maar met verskonings wanneer hy weer sou inkry, sien ek daai foto wat hy gebruik op sy website kom van Banggood af. Ek gaan toe op hulle website en hulle lewer toe by my huis af in 5 werksdae teen 30% van prys van die "lokale" item. Bittermin hou lokale goed aan....oormeerderheid chineese voorraad

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 14:57:24 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 511
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Brommer jy het duidelik nie my begin brief gelees nie.  Gaan lees dit weer.  DIe manne wat afslag gee is op die ou einde duurder as die ou wat man wat normale prys vra.  Hulle speel met syfers soos dit hulle pas.   Dis nie net by Ford en Toyota nie maar oral in die bedryf.  Vir my was dit die moeite werd om R15 000 meer te betaal as vir die Legend 50.  Dis maar persoonlike smaak. 

Met die ontstaan van Amazon, ebay, ens het invoer baie makliker en beskostigbaar geword.  Ek het my GPS Fishfinder self ingebring met Amazon en dit was so 2 weke by my werk afgelewer.  Ek het meer as R11 000 bespaar op die prys teenoor dieselfde plaaslike model.  Die plaaslike model was ook geblok vir kaart updates (R5000+) teenoor die ingevoerde een wat ek self kan update.   

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 15:56:27 pm

Ek het die begin gelees en nogsteeds het die gesprek mos maar gevorder in sy rigting.. Ek kan nie glo iemand betaal vir 'n Ford meer as 'n Toyota nie, want Ford gee heeltyd sulke groot afslag waarby Toyota NOOIT uitkom nie. Die prys verskille in bakkie is dan amper R70k en R80k maklik.

Elkgeval, wat die Fishfinder betref weet ek nie wat die storie is nie, ek kan nie kommentaar daaroor lewer nie. Daar is ook produkte wat (die spesifieke produk) wat ek maar moet invoer want die produkte is hier beskikbaar by verskaffers wat nie aan mense soos ek verkoop om te herverkoop nie, dis maar 'n besigheidstransaksie, dit was elkgeval nie my punt nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 16:40:42 pm
Riaan
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 06 May 2011

Kirby is rubbish in my opininie. Ding raas so klink of jou huis inmekaar val. Heeltemal reg gese die pryse is Mal maar daar is steeds mens wat dit koop. En baie onkundige mense loop hulle rieme styf.

Ons het ook 'n Kirby gekoop 15 jaar gelede vir R15K. Twee jaar gelede toe vertel hulle ons die ding se ratkas is besig om op te pak, maar ons kan dit dan inruil en weer 'n nuwe kry vir R15K. Ek was so kwaad dat ek bykans my broek be... het. My bloeddruk was nog nooit weer normaal nie, sal seker maar moet pille drink of hoop 'n sielkundige kan my help. Moral of the story: Kirby suig goed, maar daar eindig dit ook. EK MOES NOOIT DAAI DING GEKOOP HET NIE. Die kragdraad het ook binne die eerste twee jaar begin perrish en Kirby wou dit nie vervang nie omdat ons nie die Kirby na die eerste jaar by hulle laat diens het nie.

BLY WEG VAN KIRBY, koop eerder tien ander stofsuiers en gooi een weg elke vyf jaar. Jy sal nog kleingeld oor hê en stofsuiers kan nalaat vir jou erfgename. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 17:02:32 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2964
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

My broers kind het Vir jare daai goed verkoop selfs sy eie Tak in die vrystaat gehad. Ek Ken Al die geslepe streke om jou te Kan oortuig om n fabelagtige prys te betaal en daardie mense is baie goed opgelei om jou te oortuig. Gelukkig het ek nooit vir daardie baie duur grap geval.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 17:09:35 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1302
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Manne, hou nou op om daardie china cheapies te koop en koop nou iets ordentliks soos n Kirby of Rainbow. Dit is nou kwaliteit. Hou vir n leeftyd. Vra maar ons geleerde vrind.

Groete van huis tot huis.

O boy, ek moet dit se 

And then the fight started.....................sealed

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 17:17:27 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1302
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Sorry vir die laat opmerking.

Indien jy n china cheapie koop plak net n toyota badge op hom dit veroorsaak blykbaar dat hy jare langer hou.

Net so terloops.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 3
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za