English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 460
Total Replies: 252 134
Total Views: 83 212 546
topics: 11 534
replies: 138 829
views: 39 325 317
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Sleepspieels

replies: 3
views: 5161
07 May 2004
Anonymous
Ek het nou al drie verskillinde stelle sleepspieels en nie een werk 100% nie.Die goed vibreer so dat jy omtrent niks kan sien nie, en die stel wat wel die beste gewerk het(op `n kar)pas nie op die bakkie nie.Het enige iemand raad,of weet julle van nuwe spieels wat op die mark is?
Manie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2004
Johan
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 32
Joined: 18 Jul 2007
Ek sleep met 'n bakkie en het na verskeie produkte(ook die wat aan die modderskerm vaskom) vir my spieels aangeskaf wat aan die bakkie se spieels vaskom. Dis maklik om hulle te verstel, daars niks wat jou voertuig se verfwerk beskadig en dit vibreer omtrent niks. Die rekke moet net lekker styf getrek word. 'n Stel kos om en by R100.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2004
Johan
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 270
Joined: 18 Apr 2007
Dit bly maar 'n probleem, maar ek het myne uiteindelik bevredigend verander.Jammer oor die vreeslike lang verduideliking, maar dit is nie maklik om dit kortliks te verduidelik nie!
Ek het 'n Nissan Bakkie en gebruik die spieels wat tans by die Campworld handelaars beskikbaar is. Dit is die wat twee bene het met 'n lang skroef wat dit na mekaar vastrek, met 'n L-vormige boonste pyp waaraan daar 'n groot plastiekkop vas is wat weer op sy beurt aan die spieel vas is. Die spieel haak aan die onderkant van die 'wheel arch'en aan die anderkant het dit 'n plaat wat tussen die enjinkap en die modderskerm vashaak. Die plastiekkop het 'n skroef waarmee dit vasgedraai word as die spieel ingestel is. Hierdie spieels het ook nie vir my goed genoeg gewerk nie, dus het ek dit soos volg verander:
1. Koop twee nuwe lorrie-tipe spieels (ongeveer R50-00 elk by plekke soos Midas)met die gewone bolletjie verstelgewrig wat deur skroewe vasgedraai kan word en gooi die plastiek verstel goeters weg.
2. Die bolletjie verstelgwrig het 'n klampie wat oor die L-vormige pyp pas en kan dan stewig vasgeskroef word.
3. Om vibrasie te beperk het ek 'n gewone rubber stoelpootoortekprop (vreeslike woord!) soos wat jy aan die onderkant van jou tentpale kry aan die oopkant gesny om om die pyp te pas en dit toe met ''n cable tie ' aan die L-vormige pyp vasgemaak, sodat dit die spieel aan die agterkant vasdruk en ondersteun.
4. Aan die enjinkant van die L-vormige pyp is daar 'n stuk plaat wat tussen die enjinkap en die modderskerm pas. Ek het aan weerskante van hierdie plaat twee klein gaatjies geboor en 'piano wire' aan die een gaatjie vasgemaak en daarvandaan om die punt waar die twee pype aan mekaar vaskom getrek , en terug na die ander gaatjie, waar die draad dan styfgetrek word en vasgemaak word.Dit maak dan 'n driehoek wat verhinder dat die spieel vorentoe en agtertoe beweeg.
5. Waar die draad om die bymekaarkomplek van die twee pype kom, sit 'n 'cable tie'om die draad en die boonste pyp, sodat die draad stywer getrek kan word deur die 'cable tie'na die enjin se kant te skuif.
Ek stel die drade gewoonlik redelik styf sodat dit soos 'n kitaarsnaar sing as jy daarop tik en met hierdie metode is my spieels feitlik doodstil as ek sleep.
As die spieels eers ingestel is en die skroewe aan die agterkant van die spieels vasgedraai is, sal die spieels nie weer uitstel nie. Al wat kan verander, is dat die onderste arm wat aan die 'wheel arch' haak, te vr vorentoe of agtertoe gehaak word en dit kan baie maklik reggestel word deur die arm net effens vorentoe of agtertoe te skuif - moenie weer aan die spieels self stel nie!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2004
Mikeh
Silver Member
66% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 16 years
Een van die wonderlike eienskappe van die ou Caravette 5, as jy die gordyne ooptrek, sien jy met jou truspieeltjie regdeur, dan het jy nie regtig extra spieels nodig nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za