English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 934
topics: 11 574
replies: 139 205
views: 39 342 249
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Sleepgewig

replies: 8
views: 288
03 Jul 2020 @ 13:24:09 pm
Maurits
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 58 years

Jammer dat ek nou weer die ou storie ophaal! Ek ontspan gisteraand lekker in die bed met n paar ou Weg Sleep tydskrifte om die verlange na toer net nog meer te maak. Ek kom toe op n artikel af van  sleepgewig. Ek het n 2010 Gypsey Romany en tot my ontsteltenis mag ek net 165kg laai. Ek het geen veranderinge aan die karavaan aangebring nie maar ry n ekstra spaarwiel , battery en dan die nodige klere en kos saam , asook tent. Die ander kamp benodigdhede laai ek in die bakkie. Ek sal nou maar die goed moet weeg om te bepaal wat die massa is. Is daar dalk iemand wat n soortgelyke karavaan het wat n bietjie lig kan werp? Baie dankie Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 13:46:32 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

As jy met 'n vrou soos ek getroud is ...... is daar geen lig aan die einde van die tonnel nie!

Toe ons saam met die kinders gaan kamp het by Waenhuiskrans, het my 'Vaantjie, met maksimum gewig na gelaai gespesifiseer as R1340 kg, 'n volle 1650 kg geweeg ..... sug!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 14:37:43 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

165kg? I load more in/on my trailer

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 16:12:53 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jammer dat ek nou weer die ou storie ophaal! Ek ontspan gisteraand lekker in die bed met n paar ou Weg Sleep tydskrifte om die verlange na toer net nog meer te maak. Ek kom toe op n artikel af van  sleepgewig. Ek het n 2010 Gypsey Romany en tot my ontsteltenis mag ek net 165kg laai. Ek het geen veranderinge aan die karavaan aangebring nie maar ry n ekstra spaarwiel , battery en dan die nodige klere en kos saam , asook tent. Die ander kamp benodigdhede laai ek in die bakkie. Ek sal nou maar die goed moet weeg om te bepaal wat die massa is. Is daar dalk iemand wat n soortgelyke karavaan het wat n bietjie lig kan werp? Baie dankie Maurits

Dit is aan die orde van die dag met die Jurgens Fabriek se karavane.  Hulle het geknou met die massas van die karavane sodat kleiner voertuie hulle kan sleep en sodoen word daar meer karavane verkoop op die ou einde.

Soos sommige forum lede in die verlede gedoen het is dit dalk raadsaam om jou wa te pak met net dit wat nodig is en dan na 'n weegbrug toe te gaan.  So sal jy verseker weet of jy regtig oor laai is al dan nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jul 2020 @ 17:11:47 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 872
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Dit is nie net karavane nie.

Werk uit wat jy op jou bakkie kan laai  al se dit 1 ton.

Daai gewig sluit klomp goete uit

Brandstof , 50kg?

Kappie,        80kg

Bal gewig,    100kg

Drywer se gewig oor 75kg    25kg

Ma                  55kg

klaar maklik   310 kg     

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2020 @ 13:38:18 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Maurits, pak hom en vat hom weeg brug toe. Reel net met hulle voor dat jy gaan sodat hulle jou nie beboet as jy oor gewig is nie. As jy oor gewig is sal jy n' plan moet maak met die swaar goed om dit in die kar of n' tweede kar te sit.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 19:05:40 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 402
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

This is ,and will be an ongoing problem as long as the manufacturers follow the greed road to increase their sales of caravans to unsuspecting customers with smaller vehicles.

 When I bought my van I had this point out with them suggesting that they had purposely  underrated the capacity of the van to attract customers with smaller vehicles. This they denied.  They in fact on their literature emplore you not to do comparisons of the different versions of the specific model.

Strangely after 3 years they have increased the rated carrying capacity of the van by  100 Kg, and by their own admission they have not changed a single component.

I think we are all aware of how much more we could load with an extra 100 Kg. and still be completely safe.

I even carry my van's spare wheel in the car to save 20Kg.

I would be very interested to know if there is any one in the industry who can legally change the van to the correct spec within "ENATUS" ? and give us the extra 100Kg ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 06:43:00 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar is karavane wat leeg reeds meer weeg as wat toegelate gewig is met laai.  Soos ek jou lys lees klink dit glad nie oorlaai nie....net basiese items, al sou skaal wys oorlaai....so ek sal nie veel daaroor bekommerd wees nie (nie krap daar waar dit nie juk nie)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 17:50:06 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ek het altyd hieroor gewonder toe ek begin sleep het. kinders se pram, scooters, 3 way Endesa vrieskas (vol gelaai), 2x gasbottels ens, ens. die gang van die karavaan (Gypsey 4) het vol goed  gestaan vir n 3 weke vakansie by Natalia of Hartenbos. Ek dink jy het 230 kg gehad om the laai. Dus, was ek altyd oor die limiet.   

Nou met die 4x4 karavaan lyk die prentjie baie anders - As = 1800kg; Tara = 820 en GVM  = 1500 kg. Het probeer om meeste van die goed te weeg. Kom by tussen 470 en 500kg uit. Net die watertenk  vat 100 l (100kg) water. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za