English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 832
Total Views: 82 286 168
topics: 777
replies: 12 447
views: 4 974 073
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Sleep voertuig / towing vehicle

replies: 8
views: 4140
02 Jan 2017 @ 23:09:35 pm
Sailorman
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 06 Aug 2012
Experience: 29 years
Ek sleep op die oomblik met 'n 2.4 sonata automatic ( petrol) hy is is maar 4 jr oud 35000 op die clock. Het nou Desember Warmbad Bosfontein toe ek het 15.9 Lt per 100 km gekry, ek sleep 'n 97 Gypsey Romany. My vraag is ek wil 'n TWEEDEHANDSE diesel SUV koop, ek dink aan 'n 3.2 Chev Captiva of 'n Toyota Rav. Wie van julle sleep met die 2 of ander wat julle kan aanbeveel. 4x2 is goed genoeg vir my doeleindes.
Dankie, julle mooi kampeerders.
Kamp is die lewe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2017 @ 08:38:40 am
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Met 'n tweedehandse diesel is 'n goeie diensrekord baie belangrik. Hoe meer van die voertuie op die pad is, hoe meer onderdele is beskikbaar en dit is nog bekostigbaar ook. Tussen jou twee keuses sou ek eerder gaan vir die RAV, a.g.v. die handelaarsnetwerk.

Met die nuwe Fortuner wat uit is, is daar goeie aanbiedinge op die vorige reeks. Hoewel effens swaarder op diesel, is dit gebaseer op 'n bakkie reeks wat as werksesels deur boere en myne gebruik word. Enige werktuigkundige, landswyd, ken dus daardie voertuie. Dit is jou geld en jou keuse, so koop waarvan jy hou. Die beste getuigskrif wat ek vir die Fortuner kan gee, is dat as myne onverwags iets moes oorkom, koop ek onmiddellik weer dieselfde voertuig. Ek sleep van nuut af 'n Exclusive (net-net wettig!) met die 4x2 en staan nou op so 180 000 km. Die voertuig ry en voel nog soos die dag toe dit nuut was.

Daar is verseker voertuie wat lekkerder sleep. Ek het ook al 'n paar keer van hulle gesien agterop insleepvoertuie met die woonwa agteraan gehaak. So iets foeter nogal jou vakansiebeplanning en finansies op!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2017 @ 16:04:58 pm
Doep1
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 22 Dec 2014
Experience: 34 years

Ek stem 100% saam met Somer. Ek het n tweedehandse Fotuner gekoop ek baie tevrede met sy hantering, sleep gemak asook die diesel verbruik. Ek sleep n Sprite Swing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2017 @ 18:19:54 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4927
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
Ek eet nie of ek sommer met n RAV4 sal sleep nie.. ja, die diesel weergawes het onderskeidelik 1500 tot 2000kg sleep vermoe, maar tarra is maar lig gewig teenoor iets soos n fortuner of selfs n 3.2 captiva wat n petrol is??

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jan 2017 @ 20:41:39 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek is nou nie 'n Toyota fan nie maar dis nie te sê dis 'n swak voertuig nie en sal eerder iets soos die Trailblazer aanbeveel. Veral die Auto ratkas. 2.8l met 470nm torque.

Ek sal ook nie kyk na 'n RAV nie. Voertuig is vir my te lig vir sleep maar ek glo daar is manne wat hulle wel suksesvol gebruik. Petrol voertuig gaan jou kos aan brandstof waar jy baie sal spaar as jy eerder die diesel gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2017 @ 10:37:25 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2686
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Kyk na verkoops syvers indien jy tussen Toyota en Chev wil kies.
Ek stem saam met (Hans) Somerkamper met die betroubaarheid van sekere voertuie, ongeag die verkoops rekords.
Laat die wolk bars...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2017 @ 20:38:54 pm
Sailorman
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 06 Aug 2012
Experience: 29 years
Naand mense, baie dankie vir almal se bydraes waardeer dit regtig baie, 'n Fortuner of Trail Blazer sal my eerste keuse gewees het maar ongelukkig is al die goeies lae km ens so skaars soos hoender tande. Ek sal maar aanhou kyk met geloof en gebed sal ek op Sy tyd regkom.
Kamp vuur groete in Jesus naam.
Bruce.
Kamp is die lewe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2017 @ 08:13:49 am
Anonymous

Bruce, eerstens, baie welkom hier.

Jy kan ook na Kia Sorento 2.5 CRDI kyk as dleep voertuig, dit is 'n all-wheel-drive met genoeg krag en Tarra om groot verskeidenheid woonwaens te sleep. As jy gebruikte een kry met lae kilos, gaan jy nie duur betaal nie.

Mense onderskat die waarde vir geld van Hyundai en Kia.

Geniet die soektog na sleep voertuig, dit is ook heel lekker om so rond te kyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2017 @ 10:29:09 am
Dieter
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 25 years

Wat is jou begroting? Begin eers daar, en dan kan jy verder kyk. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required