English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 832
Total Views: 82 286 140
topics: 777
replies: 12 447
views: 4 974 068
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Sleep verslag

replies: 15
views: 12503
11 Jun 2007 @ 11:14:12 am
Diederik
Silver Member
11% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 17 Apr 2007
Het die naweek weer gekyk na my Ford 2.5TD het gesleep tussen 100 en 120 km in 5de rat karavaan so +-900kg 6.5km per Liter now weet ek nie of dit goed of sleg is in die oe vand al die ander karavaan mense is nie, ek persoonlik sou meer na 8 wou kry. Het die naweek ook weer gesien hoe mense kan jaag het verby my gekom dat ek nie eers kon sien wat die registrasie nommer is nie. Self teen 120 het party busse verby my gekom kon dit nie glo nie. Teen afrdraande het spoed verminder meer net op gelyk pad 120 gesleep (ander kant Pretoria) Kamp Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2007 @ 16:02:09 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years
Diederik, ek wil amper vra of jy kla en of jy spog. Teen die spoed waarteen jy sleep is jy gelukkig om 6.5 te kry met daardie bakkie. In die wildtuin teen 50 kpu sal jy net beter as 8 doen. Om teen 120 te sleep is nie aan te beveel nie. As dinge verkeerd loop is die vraag altyd of mens dit sou kon verhoed/hanteer het indien jy stadiger gery het, en indien mense in die proses tweede kom weet jy mos dit sou minder erg gewees het indien jy teen 'n verstandige spoed gesleep het. Jy hoef maar net teen 120 impulsief vir een dronk voetganger uit te geswaai het dan sal jy verstaan presies waarvan ek praat. Jy verwys na ander ouens wat jaag. 120 met 'n karavaan is ook jaag, en ouens verwys na jou ook as besete wanneer jy sos vinnig sleep. Ek soek nie skoor nie - lewer bloot net kommentaar Veilig sleep, Kanneman
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2007 @ 17:57:08 pm
RS
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 229
Joined: 04 Feb 2006
Diederik Vir daardie spoed en gelyke pad is jy in die kol. Ryno-Centurion
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2007 @ 19:10:19 pm
Johan
Titanium Member
14% Profile Strength
Posts: 596
Joined: 17 Apr 2007
Diederik Ek is net bekommerd dat jy in 5 de rat sleep, dit is nie jou 1:1 ratio rat nie, moenie te veel daar bly nie, sleep eerder in 4 de rat, betaal bietjie meer vir jou brandstof en spaar jou ratkas. Kampgoete Johanvv
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2007 @ 19:28:15 pm
RS
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 229
Joined: 04 Feb 2006
Johan. Lanklaas van jou gehoor. Wat is jou mening hoe lank sal 'n ratkas hou indien jy meermale in vyfde sleep. Ek was al vier keer Suidkus toe en terug wat ek in vyfde sleep en net terug skakel na vierde wanneer nodig. Hierlangs is ek die meeste tyd in vyfde rat en nog nie probleme ondervind nie. Ek weet dit is moeilik om te antwoord maar net 'n aanduiding wat jou gevoel is. Ryno-Centurion
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2007 @ 08:10:51 am
danet
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 27
Joined: 02 May 2007
Ryno, Ek het vir twaalf jaar in vyfde rat gesleep met 'n Ford Courier 3L V6. Eers vier jaar 'n Gypsie 3B en die res van die tyd 'n Wilk Amethyst. Het net vierde toe geskakel wanneer dit regtig nodig was. Ek het nou die Courier verkoop omdat hy oud is. Nooit 'n stukkie moeilikheid gehad met die ratkas, of enigiets aan die bakkie nie. Miskien was ek net gelukkig. 'n Wonderlike sleepvoertuig. Groete. Danie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2007 @ 08:28:51 am
Diederik
Silver Member
11% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 17 Apr 2007
Dankie vir al die terugvoering, hierdie was die eerste keer dat ek teen 120km sleep as n reel sleep ek teen 100km, mens is mos n snaakse ding ek het n vriend agter my gehad sonder karavaan en het sleg gevoel dat hy teen 100km moet ry so daar kom die besluit van 120km. Moet ook byvoeg n paar ander karavane het terwyl ek teen 120km beweeg het nog steeds verby my gekom, dit het my laat dink. Kamp in Augustus (8-12) by Drie berge saam met my kinders Kamp Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2007 @ 12:48:35 pm
Francois
Silver Member
11% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 01 Jan 2007
Diederik Ek weet wat jou bakkie se model is nie, maar my 2004 4.0 Ranger se spoedmeter is redelik uit. Ons het dit getoets met GPS, en die volgende gekry: teen 120 (op die spoedmeter) het ek in werklikheid net 107km/h gery. Teen 140 het ek in werklikheid 123km/h gery. Deesdae ry ek dus met gemak 120 km/h op my bakkie se spoedmeter as ek sleep. Woonwagroete. FrancoisG.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2007 @ 21:51:07 pm
RS
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 229
Joined: 04 Feb 2006
Francois, ietsie om oor te lag. Ek het gister vir my 'n Garmin gekoop. Op my ouderdom moet ek nou die ding baasraak. Ek het wel gesien die spoed is minder as my bakkie sin en kon dit nie glo nie. Ek het gereken die installeerder het hom maar net opgekoppel vir battery krag, "so what". Is die lesings werklik soos dit moet wees en hoe effektief is dit? Ek wou al terug gaan en vir die persoon vra om weer vir my te verduidelik. Op 'n plekkie wys hy bv. 7.2 Overall Aug. wat de hel is dit? Laat my dink aan Km/liter. Help my reg asb. In 1972 toe ek begin werk kon ek nie dink wat vandag alles op die mark sal wees nie. (Tot my s/foon is 24/7 aan om my te verpes, maar ek moet hom anhou). Moet se die ding se padaanwysings kan jy nie beter nie, perfek. Gelukkig sal ek nou weet waar is al die speedtraps ook. Ryno-Centurion
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2007 @ 09:54:23 am
Francois
Silver Member
11% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 01 Jan 2007
Hi Ryno Ek is nie seker wat 7.2 beteken waarvan jy praat nie. My kolega wat eintlik die Garmin besit, is tans met verlof, maar ek is seker dat die handboek jou sal kan vertel wat dit beteken. Wat die akuraatheid aanbetref, moet jy nie twyfel nie. Daar is 'n stuk of 13 satteliete wat pal na jou Garmin "kyk", wat dit dus baie akuraat maak. Groete Francois.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2007 @ 20:14:07 pm
Pierre
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 25 Jun 2007
Ek wil net graag meer uitvind oor die kwessie om nie in vyfde rat te sleep nie. Ek ry 'n Opel Zafira 2,2 & sleep 'n Gypsey Raven D wat gemaklik in vyfde rat sleep maar ek skakel tog oor na vierde rat indien nodig. Het iemand meer inligting / ervarings van probleme met vyfde rat sleep. Pierre
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2007 @ 07:22:02 am
Elmar
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 01 Jan 2007
Pierre Sorg net dat jou battery gelaai is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2007 @ 14:58:13 pm
Robert
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 28 Jun 2006
Ek het in verlede jaar met Erlemann's in JHB gepraat. Hulle is die ratkas fundies vir VW en Audi. Volgens Deon daar maak dit nie meer saak nie, jou enjin moet net nie swaar trek in 'n rat nie. Ek ry 'n Touran 2.0TDI en op gelyke paaie met min of geen wind, sleep ek in 6de rat. In 5de rat op 105 is die toere dan so 2400r/min en in 6de so 2000r/min. Die kar gee 320N op 1750r/min. Verder sleep ek dan in 5de, met oorskakeling na 4de met kwaai opdraandes. Ek sleep volgende maand Phalaborwa toe vanaf Meyerton, dan Louis Trichardt toe, en dan terug huis toe. Ek sleep 'n Sprite Splash. Sal dan later volgende maand verslag gee oor die sleep.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2007 @ 20:17:59 pm
Pierre
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 25 Jun 2007
Elmar, Gelukkig is daar sulke fris ouens soos jy & jou seun om bietjie te help as die battery plat is. Wanneer laas het julle gesleep - mail my bietjie by tespier@gogaconnect.co.za. Cheers
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2007 @ 12:14:27 pm
Elmar
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 01 Jan 2007
Pierre tespier@gogaconnect.co.za werk nie . Elmar
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2007 @ 15:24:37 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Self sleep ek ook in vyfde rat. As jy jou voertuig ken sal jy weet waneer hy swaarkry of hard werk. Rat dan eerder terug, selfs op gelyk pad kan 'n voertuig swaar krymet die wind van voor. Voorbeeld is die gelykpad Kroonstad toe in Desember, daar is maar altyd wind sterkte verskil net vandag tot dag. Duim reel wat toegepas kan word is, as jy in 5de sleep en die versneller intrap en geen merkwaardige verskil in versnelling ervaar nie is dit dalk nodig om terug te rat.Meeste kere sal "gutfeeling" jou vertel.Leon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required