English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 405
Total Replies: 232 489
Total Views: 82 431 662
topics: 780
replies: 12 341
views: 4 927 801
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Sleep verslag na en van Ngonyama en Meyerton

replies: 4
views: 12106
18 Jun 2007 @ 09:16:25 am
Robert
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 28 Jun 2006
Ek is Vrydag weg net buite Meyerton en het by die Grasmere tolpad op die N1 noord geklim. Gordon afrit en toe verder met Hendrik Potgieter. Baie robotte en het deur Krugersdorp na hulle wildtuin gery. My petrol verbruik was so 11L/100Km. Gister teruggekom en die ompad verby Krugerdorp gevat, weer hendrik Potgieter en met die N1 suid tot by Grasmere. Ek het toe 10.5L/100km gekry. Prof Neelss het eendag gepraat van om tussen Pretoria en Krugersdorp te sleep om te kyk wat jou sleepvoertiug maak, maar daar is GROOT opdraandes tussen Randskouweg en Grasmere. So dit is ook nogal 'n goeie stuk pad op te kyk wat maak jou sleep kombinasie. Ek sleep 'n Sprite Splash met 'n VW Touran 2.0TDI. Robert Marais, Meyerton, 0825200235
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2007 @ 14:01:00 pm
Diederik
Silver Member
11% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 17 Apr 2007
Hi Robert hoe vind jy die voertuig krag gewys en sommer oor die algemeen. Wat het jul gedink vand die oord? Ek het eenkeer daar gekamp was baie rustig en behalwe vir die rit deur die wiltuin is daar nie veel meer nie, maar soos ek se het rustig daar gekamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2007 @ 13:01:20 pm
Robert
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 28 Jun 2006
Hi Diederik, Die kar het meer as genoeg krag, 103Kw en 320N torque teen 1750r/min. Die kar self is fantasties, met baie spasie vir die passasiers agter en natuurlik VW se groot bootarea. Een van die redes hoekom ek nie van 'n dubbelkajuit hou nie, is die spasie vir die agterste passasiers om in en uit te klim. Petrol verbruik is ook baie beter met die VW as enige bakkie wat ek ken. Ek was nou die aand solo Pretoria toe vanaf Meyerton en het 5.5L/100km gekry. Dit was nogal in spitsverkeer vanaf Giloolys tot in PTA. So met die kar is ek meer as tevrede. My siening oor die park is dat dit 'n goeie 2-ster plek is. Ja, daar is nie veel om te doen nie, maar in die KNP parke kan jy ook nie veel doen nie, behalwe om rond te ry en wild te soek. Die leeuden in die reservaat is baie nice, en het die kinders baie beindruk, veral 'n ruk na die voertyd, het die wyfies geslaap met dele van die karkas in die bekke. Die voelpark is baie verwaarloos, en die draad wat bo-oor gespan is is stukkend, so ape kom in en eet die voels se kos op en maak amok daar. Ek het saam met 'n klub gekamp, so ons het speletjies gespeel en net gekuier, so die kamp gedeelte was darem nie te verveeld gewees nie. As jy 'n plek soek vir 'n naweek om net te wil sit en sleg word, reken ek dat dit 'n goeie plek is. Behalwe vir die klublede was daar so 3 of 4 ander karavane. Stil en lekker.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2007 @ 07:10:30 am
Diederik
Silver Member
11% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 17 Apr 2007
Ek behoort ook aan n klub "NDABA" baie klein maar lekker aktief kamp ons so 10 karavane saam op n naweek ons probeer om een keer per maand te kamp maar dis nie altyd moontlik nie. By watter klub is jy? Moet se ek is baie "impress" met die inligting oor jou sleepvoertuig, destyds toe ek begin soek het, het ek maar my keuse op n FORD Ranger 2.5 diesel gemaak. het ligter verwag maar as dit by sleep kom kla ek nie, het voorheen met n 2lit Opel Astra gesleep baie "nice" maar die bak was bietjie lig vir die "VAN".
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2007 @ 08:40:36 am
Robert
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 99
Joined: 28 Jun 2006
Ek is by KSA se Suid rand streek. Ons was al 57 karavane met een kamp gewees. Nogal groot. Wat lekker is van so 'n groot groep is dat jy kan naby die mense staan waarvan jy hou, en dan ver van die waarvan jy nie hou nie. So jy hoef nie met almal te meng nie. Die kar weeg so 1530kg volgens die skyfie, en die Splash weeg 1250kg volgelaai volgens die skyfie. Dit is baie naby aan 80% soos wat Prof Neels al aanbeveel het. Die voertuig kry jy in 'n 5 of 7 sitplek opsie. Ek het die 5 sitplek een, en my vrou kan binne 'n minuut al drie die agterste sitplekke uithaal, met een hand. Die agterste sitplekke is apart, en elkeen het 'n 3 punt sitplek gordel. Baie trots op my voertuig.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required