English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 402
Total Replies: 232 434
Total Views: 82 430 080
topics: 134
replies: 2 094
views: 47 823
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Sleep n' Exclusive met n' Pajero 3.2 DiD.

replies: 30
views: 442
24 Sep 2019 @ 12:47:54 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Middag mede campers. Ons was nou laas vir 4 weeke in die KNP en geduurende die trip het ek besluit dit is tyd om my 2005 Pajero 3.2 DiD GLX met 338 000Km te vervang. Ek kyk om weer n' 2015 of laater Pajero te koop.

My 2005 model het nie common rail nie en het maar gesukkel teen die steil opdraandes. Party keer (Schoemanskloof pas) het die spoed tot 40Km/h gedaal. Die brandstof verbruik was so tussen 16 en 21L/100km. Kan iemand vir my se hoe sleep die nuwe (Gen 4) Pajero's. Hulle het nou tog meer Kw en Nm.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 12:51:10 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Wat dink julle van die Unichip van Dastek?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 13:35:43 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8196
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Met n beter en goeie voertuig kan jy nie verkeerd gaan nie.

Moet net nie al jou kamp gelde op n voertuig paaiement betaal nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 13:47:18 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Dankie Jin. Ek gaan koop wat ek kan bekostig sonder om kamp in te boet. Daar is mos prioriteite :)

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 14:11:15 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8196
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie Jin. Ek gaan koop wat ek kan bekostig sonder om kamp in te boet. Daar is mos prioriteite :)

Gaan vir goud.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 19:14:37 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 467
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Ek sleep my 2011 Gypsey Regal met ‘n 2013 Pajero SWB (141Kw / 440 Nm) en sleep is ‘n plesier. Ek dink die gelaaide gewig van die Regal is in die omgewing van 1300kg.

Jou karavaan is heelwat swaarder, maar ek dink dit is steeds ‘n goeie kombinasie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 19:47:00 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1333
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Al vele male voorheen bespreek, dis nou die chip ding. Kort antwoord is, bly weg. Dit kan jou groot enjin herbou koste op die hals haal.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Sep 2019 @ 23:39:14 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1572
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Al vele male voorheen bespreek, dis nou die chip ding. Kort antwoord is, bly weg. Dit kan jou groot enjin herbou koste op die hals haal.

 

Blykbaar nou nuwe generasie chip wat met addisionele funksie uitkom om jou enjin te beskerm deur basiese vereistes nie te oorskry nie.

Skoonseun het verlede week dit geinstalleer (voertuig verkoop)

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 08:46:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek myself sal voorstel jy kyk na die nuwer model.  Self is ek nie tengunste van 'n chip nie maak nie saak wat wie van dit sê nie.  My ondervinding was nog net negatief.

As die nuwe voertuig se spec is soos wat Johan sê 440Nm dinke ek jy gaan heel gemaklik sleep.  'n Ander voertuig is nou wel meer geld om uit te haal as net 'n "chip" maar ek sien dit eerder as beter "reliability" oor die langer duur.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 09:36:20 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1866
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek het die naweek gekyk toe n nuwe fortuner n exclusive trek. Die Fortuner het maar bietjie gehang agter. So dit lyk my dit is nogal n swaar mannetjie en moet mooi kyk wat jy voor aan koppel

Ek dink ook n short wheel base sal nie die ding doen en ek sal vir n langer wheel base gaan.

Dan ook dink ek die sleep voertuig moet diesel wees. Pajero is n puik voertuig maar het verskeie stories oor baie swaar op diesel, veral petrol

Lees graag wat die manne te sê het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 09:55:04 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 649
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Bakoor ek het air bags in my Fortuner laat aanbring. Ek het reeds 'n paar jaar gelede in Moremi gevind die kar se gatjie stamp gou deur met die boswa. Al my probleme is opgelos en hy sak nie 10mm met die Fleetline nie. Dis heerlik om n geteerde stamp-pad te ry (soos naby Carolina en Ventersdorp) en te voel hoe stewig alles voel. Geen oorleun of gehop nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 20:33:45 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1866
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Danie, dankie vir die waardevolle terugvoering. Volgens vele tegniese navraag wat ek alreeds op die 2.8  GDC Fortuner gedoen het is daar volgens my twee belangrike dinge om te doen wat my sal pas op die Fortuner en dit is air bags agter soos jy gedoen het. En dan hom chip wat sy 450 nm op stoot na 500 nm. Jy kan hoër gaan maar ek sal dit nie doen.

Dan dink ek die 2.8 GDC sal n masjien van n sleep voertuig wees. Dit sit die 2.8 GDC in n heel ander kategorie. Toyota reken ook meeste eienaars chip die voertuie probleem vry

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 20:37:47 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1866
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Groot sorry Paul / manne ons kaap die draad nou. Dit is Pajero wat hier bespreek moet word. 

😱 Enige outjie maak n foutjie maar ons gesels so lekker dat mens nie kop hou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 08:01:37 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Nee wat geen probleem nie. Die thread is om ondervinding met sleep voertuie en die chip van voertuie te doen om die sleep vermoe te verbeter. Toe ek die Penta gesleep het was my Pajero gemaklik. Nou met die swaarder Exclusive kan sy nie dit gemaklik behartig nie. Ek het hierdie storie op n' ander forum gekry en ek kan dit beaam. 

"Hi Mike,
I have the same model and year (2005) Pajero Gen3 than you, but with 326 000km on clock. Recently acquired a 2nd hand Jurgens Exclusive caravan. Pulled it to North Coast in December for 1st time. The car really battled on the passes and around the Pietermaritzburg uphills, with temps going close to red and battling to keep to 70km/h, eventually ending up in 3rd gear with black smoke visible. Consumption was +-21 litres/100km. I have a Racechip installed [after I got caravan] that feels great solo, but made no difference with van hooked. Other friends pull slightly lighter vans with the newer 140kW engines and is very happy. I thought that there would not be such a major difference between the 121 v 140kW engines.I just want to keep a steady 100-105km/h and major uphills +-80-90km/h.
I know the van is very heavy [1500kg plus load up to 1700kg].
Anybody else pulling such heavy vans and your experiences?"

Leon, ek dink nie om my ou kar te chip nie, liewers die nuwe een. Wat ek lees gaan dit nie aanbeveel word nie en miskien ook nie nodig nie. By the way ek was gister by n' paartjie in Lytelton om camp kas covers te laat maak. (Hulle ken jou Leon en was al in Plett saam met julle). Hy sleep sy Exclusive met n' 2L diesel VW Amarok teen 90Km opdraandes in 7de rat. Geen probleem nie. My Pajero is seeker maar net moeg!

 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 08:17:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek weet 'n man hou maar by dit waaraan hy gewoond is. Maar hoekom kyk jy nie ook na 'n ander maak voertuig nie.  Ja Ja ek sal nou wel die 3,2 Ranger aanbeveel maar netso sal ander 'n Toyota aanbeveel en sommige die Amarok.

Daar is soveel opsies wat werklik jou Exclusive met 'n smile gaan sleep.  Jy is geholpe met 'n sleep voertuig al sukkel die bietjie.......... my voorstel is, vat jou tyd en reel toets bestuur met verskeie voertuie maar sleep jou wa met hulle.

Ry net teen die afdraande by Ou Yskor af en op en net dit gaan vir jou sê of jy gelukkig gaan wees met die voertuig al dan nie.  So kan jy kies en keur en op wiele af kom wat vir jou die beste werk.

Dan is ek bly jy het vir Japie en Lizette ontmoet. Hulle is pragtige mense.  Sy het krimp varkie se awning en kantseile vir my gemaak.  Julle kan mos die onthou.

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 09:11:21 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1333
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Danie, dankie vir die waardevolle terugvoering. Volgens vele tegniese navraag wat ek alreeds op die 2.8  GDC Fortuner gedoen het is daar volgens my twee belangrike dinge om te doen wat my sal pas op die Fortuner en dit is air bags agter soos jy gedoen het. En dan hom chip wat sy 450 nm op stoot na 500 nm. Jy kan hoër gaan maar ek sal dit nie doen.

Dan dink ek die 2.8 GDC sal n masjien van n sleep voertuig wees. Dit sit die 2.8 GDC in n heel ander kategorie. Toyota reken ook meeste eienaars chip die voertuie probleem vry

 

Bakkies, in my wêreld van stelsel ing'swese verwys ons na stellings soos "Toyota reken ook meeste eienaars chip die voertuie probleem vry" as "motherhood statements":) Kom ek verduidelik, "meeste" is 'n term wat niksseggend is, beteken dit 9 uit 10, 1 uit 10, 5 uit 10, of wat? Maw dis onmoontlik om dit te kwantifiseer en word beskou as terminologie wat eerder nie gebruik moet word nie. En dan "Toyota reken..."? Wie is "Toyota" in die geval? Ek glo dis dalk een of ander mekaniek wat by 'n agentskap werk en eintlik min weet van die ontwerps parameters van die voertuig? Dink mens moet so 'n stelling op skrif kry van die vervaardiger self af (uiteindelik is alle waarborg eise iets waarvoor die vervaardiger Pa staan, nie meneer die mekaniek of sy agentskap nie) - nog nooit gehoor van iemand wat so 'n skriftelike vrywaring by 'n vervaardiger kon kry nie. In alle geval moet mens ook seker vra as dit dan reg is om te chip, hoekom verval die voertuig se waarborg onmiddelik? Daar is in wese twee maniere om te peuter met die enjin se parameters, een is die sg chip wat bloot die voertuig se eie ECU beheerseine onderskep en met 'n aanpassings faktor aanpas. Dis iets wat uiters gevaarlik is omdat die ECU nie regtig meer korrekte data het om die enjin te beskerm nie met moontlik 'n uiteinde van pragtige ronde gaaitjies in een of meer suiers gebrand. Die ander is om die ECU se beheer tabelle te "re-map" oftewel die parameters in die sagteware se opkyk tabelle te verander. In die geval bly meeste van die veiligheids eienskappe van die oorspronklike sagteware behoue. Dis meestal ook duurder en uiteraard word dit deur 'n aansienlik slimmer persoon gedoen. Dit het egter steeds die nadeel dat die balans tussen werksverrigting en lewensduur van die enjin nie meer behoue bly nie. Daar is 'n "waarheid" in die ing'swese wêreld wat iets gaan soos "Mother Nature is a b&tch, she never gives away anything for free, it all has a price". Wat opmerklik is by baie chip gesprekke is dat mense wat dit doen ook vinnig praat oor hoe maklik dit is om die chip te verwyder voor die voertuig ingaan vir 'n diens sodat die vervaardiger nie daarvan weet en die waarborg kanselleer nie - kom mos neer op bedrog of minstens growwe oneerlikheid? (terloops party voertuie se  oorspronklike sagteware kan reeds die teenwoordigheid van sulke modifikasies optel en stoor in geheue vir gebruik deur die agentskap sodat al verwyder die eienaar die chip die vervaardiger dit wel weet). Weet ek kaap die draad nou effens maar dis dalk vanoggend se koue wind! Ekke sal nou my bek hou :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 09:25:23 am
REAList
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 183
Joined: 11 Aug 2015
Experience: 24 years

Ek sleep ‘n Sensation Vee (1800kg) met ‘n 2016 Pajero en dis moeitevry.

Die diesel verbruik val tot 20l per 100km as ons terugry van die Kruger Park af na die hoëveld toe.

Maar dan klim ons 1300m. Dis iets  om in gedagte te hou wanneer jy vebruike wil vergelyk.

Ek gebruik die tiptronic baie wanneer ek sleep en die spoedbeheer gladnie.

Uit beginsel sal ek nie maklik in 5e rat sleep nie tensy die pad gelyk is en met geen wind van voor nie. Ook hou ek by 100 kmhr of stadiger.

Op die Schoemanskloofpas ry ons gewoonlik weg vir die stadiger motors. 

Die Pajero se krag is meer as genoeg vir sleep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 10:39:59 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Dankie Johan. Die Exclusive is ongeveer 1900Kg of miskien bietjie meer. So baia vergelykbaar met jou Sensation Vee.

Tot hoe ver sak jou spoed teen Schoemanskloofpas?

Leon wrote: Ek weet 'n man hou maar by dit waaraan hy gewoond is. 

Leon ek kan nie n' ander SUV met sulke km koop vir wat ek betaal het vir die nuwe Pajero. Ek het ook ongelukig seeker no go-es. Jeep & Landrover en bakkie's is nie op my kyk lys nie. Die voertuig moet ook off-road capable wees. Die VW's en Merc's is soft roaders maar hulle het ongelooflike krag en 1MR+ prys. So dit los net n' paar SUV's wat genoeg krag het en in my prys klas is.

Ek het met verskeie Misubishi Specialist plekke gepraat en hulle se met die BK sal ek maklik die Exclusive sleep. Hulle raai almal ten sterkste aff om enige modifikaasies aan die ECU program (Chip) aan te bring. Hulle sien baia karre met die goed wat groot probleeme optel. Ek glo ook dat as jy meer krag will he koop die kar wat dit as standaard lewer.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 11:34:01 am
REAList
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 183
Joined: 11 Aug 2015
Experience: 24 years

Hi Paul

Die Pajero het meer as genoeg krag vir enige ding wat mens  wil aanvang. En sy betroubaarheid is jare terug al bewys.

Sleepspoed teen Schoemanskloofpas sal so 80 kmhr wees .

Stadiger of haastige voertuie maak dat ek stadiger ry.

Teen die skuins afdraende aan die ander kant sal ek die Paj in 3e of 4e los maar ek laat nie toe dat die revs oor 3000 rpm gaan nie.

Weet jy dat Pajero nog net in ‘n paar lande bemark word? En ek sien nie kans vir ander make nie.

En die kilowatts pratery beindruk my nie. Wat gaan mens met 180 kw plus maak?

Ek kan sien dat goeie 2ehandse Pajeros baie skaars  gaan word.

Myne moet  hou tot ek my kop neerlê.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 13:57:15 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Ek het my Pajero nou amper 15 jaar gery en sy is uiters betroubaar.

Ek hoor Mitsubishi will die Pajero LWB einde volgende jaar in die paar oorblywende lande ook stop. Dan sal my vervanging een maar ook net weer 15 jaar moet hou.

Ek glo my nuwe een gaan veel beter sleep as my huidige 2005 model met die vorige generaasie engine.

Ek kry haar volgende week en sal seeker die naweek daarna weer sleep Dinokeng toe. Ek sal terugvoer gee.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 13:59:53 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14489
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Daars dit nou. Gaan vir goud Paul.   Ek glo sy gaan doen wat jy verwag.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 14:56:23 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1774
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Miskien moet ek ook 'n straaltjie piepie oor my ervaring om my 2-ton Exclusive te sleep. My sleepkarretjie is 'n 2013 Nissan Pathfinder, 4-silinder 2.5dCi, handrat :-

  •  Enjin grootte = 4-silinder 2.5 liter (2488cc)
  • Common rail direct diesel injection
  • Maksimun krag : 140kW@4000rpm
  • Maksimum wringkrag : 450Nm@2000rpm
  • Ratkas : 6 handratte
  • 4x4 aandrywing

My P/F is standaard soos wat dit uit Spanje ingevoer is.  Ek vind dit heeltemal onnodig om nog krag iewers uit te krap want ek vind die 450Nm meer as genoeg om die Exclusive gemaklik te sleep.  Ek sleep minstens jaarliks die 4000km uit die Kaap tot in die Kruger Wildtuin en weer terug teen 100-110kpu.  My gemiddelde dieselverbruik tydens lang sleepritte in alle omstandighede beloop 17 liter per 100km  -  soms klim dit hoër en soms heelwat minder, maar die gemiddeld beloop altyd 17 liter per 100km.  Toegegee, dis nie 'n akkurate pomp-berekening nie, maar wel 'n gemiddeld oor lang afstande.

Omdat dit net ek en my annerhelfte is wat deesdae kamp, word die meeste losgoedere en ons vrieskassie agterin die P/F gelaai.  Nadat ons die twee rye sitplekke platgeslaan het, skep dit 'n reuse, 100% gelyk laairuimte van 2091 liter !  Met 'n lekker volvrag hier gelaai en die 2-ton Exclusive gehak, sak die P/F bitter min op sy kronkelvere en geen veer-ondersteuning is nodig nie.

Hierdie is my tweede P/F en albei die Pathfinders het nou al gesamentlik die Exclusive oor 72 500km gesleep met absoluut geen problem nie.  Om een of ander rede was hierdie voertuig nie populêr in Suid-Afrika nie en is intussen onttrek.

Finanale gevolgtrekking uit my ervaring :

Wringkrag van minstens 450Nm is heeltemal voldoende om 'n Exclusive gemaklik in alle omstandighede te sleep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 15:14:20 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 863
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Wel, dit klink vir my asof die meerderheid reken dat om te 'chip' is hetsy inderwaarheid 'n onding of buitendien onnodig. Ek het nou-al met 2 Ford 2.5 TD's gesleep, 'n Colt 2.8 en tans my derde Hilux (die eerste twee 3.0 en die huidige 2.8). Al hierdie voertuie het my wa uitstekend gesleep. Ek kon in geen geval dink dat ek meer krag benodig nie.

My seun het 'n vorige Hilux van hom ge-'chip' en homselfdie wêreld se klomp bollie op die hals gehaal. En hy't my geweet te vertel die voertuig 'perform' soveel beter. Nadat ek dit self bestuur het, kon ek geensins agterkom dat die 'chip' sy voertuig beter laat presteer het nie. Nadat sy enjin die gees gegee het in Namibië - en derduisende Rande later - het hy uiteindelik grootgeword en besluit dat 'n voertuig sal nie weer ge-'chip' word nie.

Ry jou Pajero, Hilux, Ranger, Isuzu, Amarok, Navara, of wat ookal. Maar bly weg van n 'chip' af. En terloops, die ouens wat aan die mite glo dat 'n groot persentasie ouens wat met 'n Hilux sleep se voertuig is ge-'chip', sal waarskynlik nog aan Kersvader ook glo.

En terloops, my brandstofverbruik tydens my afgelope vakansie tot die Laeveld was as volg:

Kleinmond  tot Phalaborwa (al die pad gesleep): 10,5 liter/100 km oftewel 9.47 km/liter

ATKV Eiland Spa tot Kleinmond (al die pad gesleep): 10.82 liter/100 km oftewel 9.24 km/liter

Dit is behaal met 'n sleepspoed (GPS spoed) van 90 kph met 'n 2.8 outomaties en die meeste van die tyd met 'cruise control'.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 16:43:51 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1866
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Wel, dit klink vir my asof die meerderheid reken dat om te 'chip' is hetsy inderwaarheid 'n onding of buitendien onnodig. Ek het nou-al met 2 Ford 2.5 TD's gesleep, 'n Colt 2.8 en tans my derde Hilux (die eerste twee 3.0 en die huidige 2.8). Al hierdie voertuie het my wa uitstekend gesleep. Ek kon in geen geval dink dat ek meer krag benodig nie.

My seun het 'n vorige Hilux van hom ge-'chip' en homselfdie wêreld se klomp bollie op die hals gehaal. En hy't my geweet te vertel die voertuig 'perform' soveel beter. Nadat ek dit self bestuur het, kon ek geensins agterkom dat die 'chip' sy voertuig beter laat presteer het nie. Nadat sy enjin die gees gegee het in Namibië - en derduisende Rande later - het hy uiteindelik grootgeword en besluit dat 'n voertuig sal nie weer ge-'chip' word nie.

Ry jou Pajero, Hilux, Ranger, Isuzu, Amarok, Navara, of wat ookal. Maar bly weg van n 'chip' af. En terloops, die ouens wat aan die mite glo dat 'n groot persentasie ouens wat met 'n Hilux sleep se voertuig is ge-'chip', sal waarskynlik nog aan Kersvader ook glo.

En terloops, my brandstofverbruik tydens my afgelope vakansie tot die Laeveld was as volg:

Kleinmond  tot Phalaborwa (al die pad gesleep): 10,5 liter/100 km oftewel 9.47 km/liter

ATKV Eiland Spa tot Kleinmond (al die pad gesleep): 10.82 liter/100 km oftewel 9.24 km/liter

Dit is behaal met 'n sleepspoed (GPS spoed) van 90 kph met 'n 2.8 outomaties en die meeste van die tyd met 'cruise control'.

Chris. Ek het nou al met n paar  Kersvaders gesels wat in die Toyota handelaar se show room sit en Toyotas verkoop. Hulle staaf dat selfs die dealar principle se Fortuner is gechip en meeste van hul kliente doen ook. Glo dit of nie na ek na n ruk met hulle gesels het oor spesifikasies en kraglewering het ek al twee verkoopsmanne in Toyota se show room gekry wat erken die Fortuner en Hilux kan doen met meer krag daarom chip hulle die goed.  Daarna gaan gesels ek met die kersvader wat hoof van die werkswinkel is en hy beaam dit. Toe vra ek maar wat van warranties wat kan verval se Kersvader vir my solank die unit nie in gesoldeer word maar wel verwyder kan word is als ok. So lyk my julle het n tekort aan kersvaders daai kant daarom glo julle nie meer daar in. 🤣

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 17:12:33 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1866
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Chris. Ek neem deel aan hierdie forum om korrekte inligting te bekom en te deel. Ek se nie dinge as daar feite agter dit is want volgens my sal daar mense wees wat my raad sal volg en sou ek kwaadwillig mense mislei is ek net eenvoudig n idioot. Ja ek grap en trap op mense se tone maar dis gewoonlik wanneer die waarheid en ware kleure vorendag kom. Hier is te veel eie wysiges wat nie sal skroom om n klomp twak te praat van goed wat hulle gehoor het by n braai en met n branna.

Dankie vir die wat eerlik terugvoeing gee op die forum. Dankie vir die wat ook se kort van draad is julle maak my dag en dis julle wat ek hou van om te pes. Eientlik vra julle daarvoor.

Maar belangrikste van alles is dat julle my gehelp het om n baie moeilik besluit oor n baie lang tyd te maak met al die baklei. 

Ford was nog altyd my nommer een keuse en Ford is beslis die voorloper bakkie in vrek baie tegniese, gemak, betroubaarheid  en n wenner in sleep vermoe, nietemin die mooiste onder die lot

Vir redes wat ek bymekaar geskraap het wat my pas en sou ek by n handelaar instap om n kar te koop sal dit sal by Toyota wees. ,,,,,😳

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 17:33:55 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 863
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Soos reeds in 'n ander draad gesê,stry ek nie met "slim" ouens nie. As hulle in Kersvader wil glo - "well, then let it be".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 20:12:38 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1774
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

My leke-opinie oor voertuie "chip" of nie :-

Ek het die volste vertroue in die span ingenieurs van die voertuie wat ek koop dat hulle die produk optimaal ontwikkel en getoets het voor dit wêreldwyd in die voertuigmark gestoot is.  Ek is nie 'n voorstaander van "after market" spesialiste wat allerhande byprodukte verskaf wat werkverrigting of brandstofbesparing na bewering tot gevolg het nie.

Ek is stomgeslaan deur die optrede van Toyota-handelaar personeel wat "chips" aanbeveel sonder 'n amptelike goedkeuring deur Toyota en die oneerlikheid wat openbaar word dat die "chip" nie die Toyota-waarborg sal beïnvloed nie, mits dit nie gesoldeer is nie en uitgehaal kan word om die gebruik daarvan te verdoesel.  

Dis mos loutere oneerlikheid !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2019 @ 20:20:29 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 863
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Len - ek vat dit maar met 'n knippie sout. Nee, inderwaarheid met 'n groot klomp sout. My Toyota-handelaar (Hermanus Toyota) keur dit ten sterkste af.

Maar verder deel ek al jou sentimente t.o.v. hierdie onderwerp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Sep 2019 @ 09:11:07 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Dankie vir al die terugvoer.

Ek glo ook my nuwe Pajero met 441Nm en 141Kw sal my 2 ton Exclusive goed sleep. My voorige Pajero het (nuut) 373Nm en 121Kw gelewer. Die rat verhoudings is ook anders. Dit kan ook n' verskil maak.

Ek het ook met vier Mitsubishi specialist werkswinkels gepraat en hulle raai chip ten sterkste aff. Hulle noem meenigde gevalle wat die probleeme direk as gevolg van die chip is. Die vervaardiger se span specialis ingeneurs weet definitief beeter as die chip verskafers. Ek gaan my Pajero net standaard los.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 09:41:55 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Het gsleep met nuwe Pajero en wat n' verskil. Geen probleem om 110Km/h te hou nie en slak aff na 90Km/h met steil opdraandes. Baia beter as ou een en n' plesier om te sleep en te ry.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 09:48:44 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 770
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Het gsleep met nuwe Pajero en wat n' verskil. Geen probleem om 110Km/h te hou nie en slak aff na 90Km/h met steil opdraandes. Baia beter as ou een en n' plesier om te sleep en te ry.

Baie geluk en die vrese was verniet.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required