English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 770
Total Views: 82 282 713
topics: 10 756
replies: 123 495
views: 38 809 030
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Sleep met 'n Alfa?

replies: 2
views: 3457
07 Jan 2004
Anonymous
Ek sleep tans 'n 1998 Raven met 'n 2003 Alfa 156 2.0. Oorgenoeg krag en goeie brandstof verbruik. Die suspensie sak egter baie, al is my neusgewig 75kg. Dit wil my voorkom of ek die enigste persoon in die land is wat met 'n Alfa sleep, want ek het nog nooit 'n ander een gesien of van gehoor nie. Indien daar wel is, wat is jou indrukke en wat kan ek doen met die vering?

Japie
Elarduspark
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2004
VELTIE
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 25 Apr 2007
Hallo Japie,

Ek sleep nou wel nie met 'n Alfa nie maar ek het dieselfde probleem gehad tov die vering. Van Zyl Spring Works (Tel 326 3686) in Vermeulen straat (Pretoria) het my vere vervang met 'n sterker veer 1mm dikker as standaard. Ek het daarna geen probleme gehad nie. Die vere kos ook nie 'n fortuin nie.

Groete
Kobus
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2004
Anonymous
Ek het 'n Alfa 156 Sportwagon en het sopas 'n nuwe karavaan gekoop (Sprite Scout) en sal binnekort vir jou my indrukke kan gee. Al het ek die Alfa al twee jaar was my vorige karavaan nie bruikbaar nie en die enigste sleep wat ek gedoen het was toe ek hom in Desember na Benoni Caravans gesleep het!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required