English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 770
Total Replies: 269 430
Total Views: 83 848 999
topics: 827
replies: 13 368
views: 4 988 639
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Sleep met Mercedes Benz ML 350 CDI

replies: 14
views: 399
20 Nov, 2021 @ 12:39:11 pm
Wilk 91
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 09 May, 2020
Experience: 42 years

Ons sleep tans met 'n Land Rover Freelander 2 SD4 2.2 Diesel. Specs is 140kw en 420nm. Wil graag woonwa opgradeer na Jurgens Classique. Ons oorweeg 'n 2012 Mercedes ML 350 CDI.  Sy specs 165kw en 510nm. Enige wenke asseblief.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2021 @ 14:55:11 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11140
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Hak en gaan kamp, geniet die classique.

Kom nou so rukkie terug van kamp met myne ini Bos.

Reën lekker...

Al weer oppad iewers heen.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov, 2021 @ 17:58:10 pm
Kierie
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 163
Joined: 01 Feb, 2021
Experience: 13 years

Ek bedoel die vlg nie sarkasties nie....maar hiers my antwoord op jou vraag...n dik beursie sou daar iets fout gaan op die ML en vir sy dienste..

Behalwe vir bogenoemde sal dit n vrek lekker kombinasie wees.

If its worth doing, its worth doing well.
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
21 Nov, 2021 @ 19:16:02 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 08 Sep, 2009
Experience: 45 years

Ek bedoel die vlg nie sarkasties nie....maar hiers my antwoord op jou vraag...n dik beursie sou daar iets fout gaan op die ML en vir sy dienste..

Behalwe vir bogenoemde sal dit n vrek lekker kombinasie wees.

Dit laat my dink aan iemand wat jare gelede ook 'n MB ML gehad het. Hy noem nou die dag dat hierdie voertuig hom vir die res van sy lewe 'n les geleer het om nooit weer so "grand" kar te besit nie.

Nietemin 'n baie lekker voertuig en sal baie goed sleep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2021 @ 07:26:36 am
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 638
Joined: 04 Jan, 2021

Ek bedoel die vlg nie sarkasties nie....maar hiers my antwoord op jou vraag...n dik beursie sou daar iets fout gaan op die ML en vir sy dienste..

Behalwe vir bogenoemde sal dit n vrek lekker kombinasie wees.

Ek sekondeer.

Op die ML's is daar ń sekere sensor wat oneindige probleme verskaf en is skaars soos hoender tande.

Die sensor is ook nie herstelbaar nie, maar as jy een opspoor = R15k is die "going" prys.

Ek het nou die dag die oord eienaar waar ons is se sensor vervang na ń wag tydperk van bykans 3-maande.

Dit is die "airflow meter sensor".

Verder ń aangename voertuig met groot rygenot en lekker krag.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2021 @ 12:22:40 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1284
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ek het vriende wat ML'e ry. MOENIE een tree van die TEER af ry nie. Tensy jy vir jou ander bande opsit. Die ML het n waenhuis-grootte pakplek, heeeeerlike kar om te ry, ENIGE kar met daai driehoek-kenteken op is n ry-plesier.

165 kw gaan OK wees, maar vir 40% van die prys gaan n V6 Prado vir jou MEER (210kw) krag gee en presies dieselfde plesier en veiligheid. 

You'll never never know if you never never go
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2021 @ 13:07:59 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1762
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Ek sekondeer.

Op die ML's is daar ń sekere sensor wat oneindige probleme verskaf en is skaars soos hoender tande.

Die sensor is ook nie herstelbaar nie, maar as jy een opspoor = R15k is die "going" prys.

Ek het nou die dag die oord eienaar waar ons is se sensor vervang na ń wag tydperk van bykans 3-maande.

Dit is die "airflow meter sensor".

Verder ń aangename voertuig met groot rygenot en lekker krag.

Air flow sensor (MAF) fits Mercedes CDI 0281002695

MERCEDES-BENZ: A6420940148 / A 642 094 01 48
MERCEDES-BENZ: 6420940148 / 642 094 01 48
BOSCH: 0281002695 / 0 281 002 695

Koop hulle by Golf Wagen  kos so R1500.00 ingestap betaal en geloop geen wagtyd

Mercedes gebruik BOSCH = OEM

 

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2021 @ 21:00:41 pm
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 07 Aug, 2016
Experience: 52 years

Ek sleep my Classique 167 met 'n ML 320CDi met air suspension en al op grondpad, teerpad, oorals... lekker kar en wa, sleep net in Sport  suspensie stelling anders tel jy alles wat in die badkamer rakkies was vanaf die vloer op.

As my ML die gees gee, kry ek 'n ander een...

More sal self vertel....
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov, 2021 @ 21:04:11 pm
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 88
Joined: 07 Aug, 2016
Experience: 52 years

Dankie vir daai inligting Swanie, was nog nie nodig , maar mens weet nooit!

More sal self vertel....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec, 2021 @ 11:13:12 am
Wilk 91
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 9
Joined: 09 May, 2020
Experience: 42 years
Baie dankie vir die kundige manne se advies. Hierdie is my sesde Merc. Ons gaan lekker sleep!
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec, 2021 @ 16:19:58 pm
JohanMarais
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 708
Joined: 04 Mar, 2014
Experience: 33 years

Die V6 Prado het egter baie minder torque as die ML 350 CDI.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Dec, 2021 @ 10:55:19 am
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1762
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Baie dankie vir die kundige manne se advies. Hierdie is my sesde Merc. Ons gaan lekker sleep!
  geniet hom

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
22 Dec, 2021 @ 17:13:53 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 6026
Joined: 20 Jan, 2003
Experience: 35 years

Ek is nog happy met my Territory ST 4.0L petrol turbo, 245kw en 480Nm op 2,000 RPM.  Met baie pakplek.

Oppad na die volgende kamp.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr, 2022 @ 16:03:56 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Ons sleep tans met 'n Land Rover Freelander 2 SD4 2.2 Diesel. Specs is 140kw en 420nm. Wil graag woonwa opgradeer na Jurgens Classique. Ons oorweeg 'n 2012 Mercedes ML 350 CDI.  Sy specs 165kw en 510nm. Enige wenke asseblief.

Ons het van 1967 af MB gery, tussen my pa en broers het ons 23 gehad.  My 240D het 726,000km gehou en elke ses maande 'n sestienvoet Jurgens see toe gesleep, en gereeld ons sewevoetsleepwa, horse box ook.  Ekself het vyf besit.  

Onderdele was baie goedkoop, soos ook deur CAR Magazine oor en oor bewys.  Mense het klaaglike wanpersepsies.  Maar die OM642 V6 drieliter Diesel MOET die regte smeerolie kry en moenie dit vir kort afstande gebruik nie.  Dis 'n masjien wat op temperatuur wil bly en hard werk.  Dit is legendaries in die Sprinter, maar faal as mense bv net kafee toe ry met 'n Geländewagen. (Uitspr ghe lende wagen):

Ons twee OM617 vyfsilinder 300D's het meermale 16km/l gegee, het nie gebreek nie en dienste was heelwat goedkoper as ons Toyota/Nissan/Ford/VW/Opel/Chev/Honda's. Om nie van die vrekduur, onbetroubare Audi te praat nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr, 2022 @ 17:18:55 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Dit laat my dink aan iemand wat jare gelede ook 'n MB ML gehad het. Hy noem nou die dag dat hierdie voertuig hom vir die res van sy lewe 'n les geleer het om nooit weer so "grand" kar te besit nie.

Nietemin 'n baie lekker voertuig en sal baie goed sleep.

Die ouer ML's was problematies en swak gebou in Tucson, AZ.  Later modelle was regtig beter gebou en baie betroubaar. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required