English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 604
Total Replies: 253 788
Total Views: 83 281 200
topics: 11 619
replies: 139 826
views: 39 360 234
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Sleep in 5de

replies: 2
views: 3736
04 Jan 2005
Anonymous
More

Ek wil graag weer die punt ophaal. Ek het 'n land Rover Discovery V8i and vind dit baie moeilik om nie in 5de rat te sleep nie. 'n Vriend van my het die nuwe 2 liter diesel Tata bakkie en hy kla ook dat die revolusies te hoog is in 4de rat as jy so 80/90 km/h sleep.

Ek ondervind geen probleme om in 5de te sleep met die V8 nie omdat die krag daar is. Ek moet selde na 3de toe gaan. Ons was in die wiltuin en is deur Numbi hek via Witrivier, Nelspruit na JHB. Die enigste plekke waar ek moes afgaan na 2/3de was vanaf Numbi na Witrivier. Verder was dit meeestal 4/5de en so 'n paar keer na 3de toe.

Ek verstaan dat 'n mens baie "strain" plaas op jou voertuig as jy in 5de sleep omdat die rat verhouiding in 5de is 1 tot 1. Dan word ek ook meegedeel dat 'n mens later probleme kan optel met die ratkas as jy in 5de sleep. Dit bekommer my omdat 'n ratkas nogal 'n groot uitgawe is en mens wil nie onnodig jou voertuig beskadig nie.

As iemand meer lig hieroor wil werp sal ek bly wees.

Groete

Petrus
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jan 2005
Anonymous
Petrus,

Ek weet dat meeste voertuie se 4de rat n 1 to 1 verhouding het, maar byfoorbeeld het die nuwer BMWs n 1 tot 1 verhouding in hulle 5de rat. Jy behoort in jou voertuighandleiding te kan sien watter rat n 1 tot 1 of dan die naaste aan n 1 tot 1 is.

Die 1 tot 1 verhouding beteken dat die ratkas die minste of geen rate gebruik om die wringkrak oortedra endusmeer dan minder wrywing met minder sluitasie teweegbring. N Ratkas hou ook nie van hoee hitte nie en omdat hy koeler loop sal jy selfs minder sluitasie kry in jou 3de/2de rat waneer jy vir kortperiodes dit moet gebruik.

Met all hierdie kennis hier bo en nog vele meer sleep ek self in 5de. Hoekom, omdat my 2.6i bus baie kort ge-rat is en die toere baie hoog is bo 100km/h in 4de. MAAR ek het n goue reel vir myself opgestel en dit is dat ek nie meer as 65% brandstofpedaal toevoer sal gee nie. Hoop die reel sal my nog n 160000km gelukige probleem vrye sleep gee.

Hoop dit skep meer lig.

Groete en voorspoed met die nuwe jaar
Daniel Kamfer
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2005
Anonymous
Petrus,
Ek het ook 'n Discovery V8 en sleep ook in 5de maar gaan vroeg terug 4de toe as ek 'n effense opdraende nader.Verder sleep ek baie lekker my Sprite Swing.Iets anders wat jy of van die ander manne dalk mee kan help:ek hoor 'n "whine" in die ratkas.'N ratkas ou het my vertel dit is omdat die Land Rover ratte se tande redelik regop gesny is om dit sterker te maak en dit veroorsaak die "whine".As die tande meer skuins gesny is,het jy nie die geluid nie.Steek daar waarheid in of moet ek begin geld spaar?(Ek is 'n totale analfabeet met goed tegnies)
Terloops,hoe lyk jou brandstof verbruik met en sonder sleep?Die ou van my is nogal nie te beskeie met sy petrol nie!
Groete & lekker kamp!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za