Goeie more ek is taamkik nuut hier maar geniet die wysheid en insig en raad sal graag die groep se opinie wil hoor op die sleep kombinasie van 'n 2012 Kia Sportage AWD 2.0 crdi auto en 1998 Penta.
More sê Francois en welkom op hierdie forum.
Ek het nie soveel kennis van die KIA Sportage wat jy ry nie, maar met die enjin wat darem so 135 kW en 390 Nm uitskop behoort jy nie veel van 'n probleem te hê nie. Skoonseun sleep die identiese karavaan (baie lekker wa moet ek erken!) met sy 2,4 liter Fortuner wat 'n laer kraguitset het (alhoewel swaarder) sonder enige probleme.
Jy gaan in elk geval met vakansie, so spoed is redelik getem in die omgewing van 100 - 110 km/u so dit behoort te werk.
Ek het al wel 'n paar Huyndai's en KIA's van verskillende grootes en met verskillende karavane agter aan raakgeloop tydens ons kampe episodes, so jy is in goeie geselskap
Dus - nee wat, jy behoort lekker oor die weg te kom .... kamp en geniet dit!
Ek dink die enigste ding om uit te kyk sal wees om nie die Penta te swaar agter te laai nie.
Met die groot spasie onder die bed, gebeur dit baie maklik en dan sleep n mens nie baie lekker nie. Bo 100km/h dan begin sy gat baie lekker te swaai.
Baie dankie ja daar sal nie oor 'n 100km/h gesleep word nie tensy ek laat is vir iets lekker om te braai. En ek het net die tent bokant en silver seil onder bed en klere in die kaste. Sal maar kyk hoe hy sleep en verander soos benodig. Baie dankie vir advies.
Welkom hier op die forum.
Francois welkom hier by ons
Dankie en hopelik kan ek 'n positiewe bydrae lewer en kom ons kyk ek doen 'n kort rekkie run volgende week Basslake toe vir 'n week en sal dan terugvoering gee.
Gaan loer op hierdie website en sit jou besonderhede in....
Almal verwekom Francois maar hy is al lid van 27 Sep. 2015. Hy is wel nie baie aktief met net 3 plasings. 👍
Dankie vir die tow car webwerf Relaxed Camper dit is nou nice ..
Daai Kia sal lekke sleep
Bostoe ek is so lus vir kamp al stoot ek die wa self maar kamp gaan ek kamp
Almal verwekom Francois maar hy is al lid van 27 Sep. 2015. Hy is wel nie baie aktief met net 3 plasings. 👍
Na so lank terug aktief, moet Hy weer welkom geheet word.
Dankie Chuck ek voel welkom
Sal oor so week kan terugvoering gee
Stem saam Chuck...welkom... en sleep lekker met die Kia. Hy het genoeg krag. Hou net die gewig dop.
My Niggie hulle slaap hulle wa met die Kia en hy sleep soos n droom. Hou maar by die 100km/h omgewing en jou Kia gaan jou lang sleep km's gee.
Geniet Basslake Lodge dis so effe koel daar in die gat so vat maar 'n warm kombersie saam.
Gaan loer op hierdie website en sit jou besonderhede in....
My Territory word nie daar gelys nie, het al lank terug gaan kyk. ☹
Stuur dit vir hulle, dan is joune ook daar.
Ry hom nou al van 2011 af, was op 27,000km nou op amper 170,000km. Laaste trip met die Exclusive was terug van Dinokeng Resort Ja. 2020. Nou loop hy min en sleep net die 3B.
So ek ken hom al goed.
En so is ek toe terug jammer vir laat terug voering en kan ek wel sê dat die kombinasie baie goed werk. Ek het so 9.4 lt per 100kmgekry teen 90 tot100km/h. 100km/h + het hy op gegaan na 10.7. Baie lekker en stabiele kombinasie. Het so bietjie ''n kloutjie geloop om die verkoper se woord te vat dat daar geen hojtvrot was nie en toe is daar by die voor venster(my eie skuld) maar nou ja nou het ek 'n lekker projek wat voorlê.
En so is ek toe terug jammer vir laat terug voering en kan ek wel sê dat die kombinasie baie goed werk. Ek het so 9.4 lt per 100kmgekry teen 90 tot100km/h. 100km/h + het hy op gegaan na 10.7. Baie lekker en stabiele kombinasie. Het so bietjie ''n kloutjie geloop om die verkoper se woord te vat dat daar geen hojtvrot was nie en toe is daar by die voor venster(my eie skuld) maar nou ja nou het ek 'n lekker projek wat voorlê.
Dis goeie brandstof verbruik. Jammer om te hoor van die houtvrot.....soms voel dit soos ouens wat braaihout verkoop....almal se hout is droog, maar op die ou einde is meeste sin nat....nog nooit gehoor of sien dat iemand adverteer dat hy nat braaihout vekoop nie, maar dis vollop.
Sterkte met die projek
Ja Relaxed Camper ek het die van so geniet dat ek nie die houtvrot my onder sal laat kry nie maar dit as 'n uitdaging sien. Die vergelyking met droë bosveld braaihout is spot-on.