English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 632
Total Replies: 254 153
Total Views: 83 291 958
topics: 804
replies: 12 900
views: 4 965 839
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Sleep Exclusive met voorwiel aangedrewe voert

replies: 8
views: 13585
17 Dec 2010 @ 10:10:50 am
Kaspaas Breekwater
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 01 May 2007
Experience: 18 years
Ek het nou my Rexton Ex320 4 jaar, en hy het maar 45000km op die klok, waarvan seker 60% sleep kilometers is - Jurgens Exclusive. Die afgelope jaar het ek 2 keer gesleep, en omdat die 4x4 so swaar is op Petrol - 5km/l met die wa gehaak - en omdat ek nou baie minder sleep, oorweeg ek dit eerder om 'n "stadsmotor" te kry soos die Lexus Gs300, Citroen C5 of die Chev Lumina, MAAR beide die motors het die nodige torque, maar kan mens regtig met die voertuie sleep ? Gaan hulle bakwerk/onderstel dit hou, want hulle is tog sekerlik nie ontwerk om sleepvoertuie te wees nie ? En die universals op die voorwiel aangedrewe voertuie, sal hulle dit hou ? Ek vertrou net nie die idee om R600K te betaal vir 'n voertuig, as sy lewe drasties verkort gaan word deur karavaan sleep nie. . Het enigiemand al die idees ondersoek, of sleep iemand dalk 'n Exclusive met 'n voorwiel aangedrewe voertuig ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2010 @ 15:12:25 pm
Pierre
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 30 Oct 2010
Hi Kaspaas.Ek het 'n normaalweg voorwiel aangedrewe NISSAN X-trail wat ek my Gypsey Regal met 'n GVM van 1180kg mee sleep. Dit is nie 'n Exclusive se 1700kg GVM nie,maar ek ondervind slegs 1 probleem met dit. Wanneer jy sleep en jy trek weg b.v. op gruis,is daar voor wiel tol wat plaasvind terwyl dit nie maklik met 'n agterwiel aangedrewe voertuig sal gebeur nie.Ek sal jou egter raadpleeg om die voertuig wat jy in belang stel se handlyding na te gaan vir die vervaardiger se aan bevele maximum sleep gewig en om die voertuig se TARA gewig na te gaan en seker te maak dat dit meer is as jou woonwa se GVM nie. Persoonlik verkies ek die d/kajuit en SUV tipe voertuis verkieslik met 4 wiel dryf om my uit die moeilikheid te hou!Sterkte met jou besluit en probeer eers jou woonwa agter jou droom voertuig haak en vir 'n toets rit te gaan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2010 @ 18:11:04 pm
Kaspaas Breekwater
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 01 May 2007
Experience: 18 years
Hi Pierre. Ek het dit self ondervind met my Minibussie wat ek gehad het wat voorwiel aandrywing was, dat mense my moes kom help as die pad nat is, of die opdraand na die kamp area te styl is, maar ek het toe my kampeerplekke begin sif waar ek wel kan inkom sonder om vas te sit. 4x4 Voertuie is vir my oor die algemeen te swaar op brandstof in allerdaagse verkeer, en daarom omdat ek nou baie minder sleep as 2 jaar gelede, om eerder 'n voertuig vir die doel te koop, want dit gaan dom wees om 'n nuwe 4x4 te koop as ek net 2-4 keer 'n jaar gaan sleep, en die res van die tyd elke dag in spitsverkeer met hom gaan vassit. . Volgens my ondervinding is wringkrag en handelaars spesifikasies geen aanduiding van uithouvermoe van so 'n voertuig nie, en meeste voertuie se waarborg is nie eers die papier werd waarop dit geprint word nie. Die dag as jy van die vertoon vloer af ry verander jou rol van Koper na oorlas, vir enige handelaar. Se-nou net die kamp gogga byt weer, en ek begin weer om elke 4de naweek te kamp, dan wonder ek hoe lank die voorwiel aangedrewe voertuie se ratkaste/kruiskoppelinge gaan hou. Al persoon wat die vraag vir my sal kan antwoord is iemand wat ook 'n Exclusive sleep met 'n voorwiel aangedrewe voertuig.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2010 @ 19:47:54 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years
Friend van my het ook gesit met die dinge wat julle pla, hy het toe n lig op brandstof motor gekoop, hy het toe n cortina 30V6 bakkie gekoop hom stadig aan reggemaak en gebruik hom net ver sleep en so nou en dan vuilis weg ry, het ook al n paar manne gaan haal wat se koppelaars die gees gegee het en het kar en karavaan gesleep. my ander maat is nou besig met n ford ransero v8 ver die sefde doel die v6 doen so 6km op n litre maar die res van sy rondry is godkoop.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Dec 2010 @ 13:10:40 pm
Pierre
Bronze Member
25% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 30 Oct 2010
Kaspaas,die idiale voertuig wat lig op brndstof is,gemaklik die stad se spits verkeer kan hanteer en 'n exclusive kan sleep is in my opienie 'n agterwiel aangedrewe automatiese Mercedes Vito 115 of 120. My skoonpa het nou sy 3e Vito en dis sy eerste automaties met "Tiptronic".Die Vito hanteer vir my baie maklik in die spits verkeer van Pretoria en Johannesburg, is baie lig op brandstof 13km/l en sleep my karavaan met gemak. Volgens sy handlyding en tarra kan hy tot 2000kg sleep. Die vito is baie groot, maar hanteer so maklik soos 'n klein stads motor. My x-trail is 4x4 en daarom kan ek hom in 4x4 sit as ek op 'n moeilike plek moet ingaan.Persoonlik sal ek nie 'n "net voorwiel aangedrewe" voertuig aanbeveel nie want jy het soveel moontlik gewig nodig op jou voertuig se aandryf-wielle.Die enigste ander opsie is om willem se raad te volg,want ek weet nie van 'n klein lig op brandstof stads motor wat 'n 1800kg exclusive kan sleep nie.Sterkte met jou besluite, hoop ek kon help en 'n Geseende Kersfees vir julle. ns. Die Vito is splinter nuut heelwat onder R600k.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec 2010 @ 16:15:55 pm
Jan
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 25 Dec 2010
Hi Kaspaas. Dit sal goed wees om jou terugvoering te kry oor wat jy besluit het en die rede daarvoor asook jou ervaring met die eerste sleep met die nuwe kombinasie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Dec 2010 @ 11:47:59 am
Kaspaas Breekwater
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 01 May 2007
Experience: 18 years
Jan/Pierre/Willem - dankie vir die terugvoer. My Rexton E320 het nog 11 maande oor dan is hy klaar betaal, so tot dan sal ek maar moet vasbyt met 5km/l - nog voordat ek die karavaan gehaak het. Al hoekom ek begin dink het aan 'n nie-4x4 voetuig is omdat hulle baie ligter op brandstof is, veral i.v.g met die Rexton wat permanent 4x4 is. Ek weet watter stremming so 'n karavaan op 'n voertuig sit, en my logika se dat 'n voorwiel aangedrewe voertuig nie die aangewese opsie vir die karavaan is nie, maak nie saak hoe mooi die spesifikasies op papier lyk nie. Ook in allerdaagse verkeer is voor of agterwiel aangedrewe voertuie oor die algemeen ligter op brandstof as 4x4's. Soos ek nou daar oor voel , dink ek om vas te byt en die Rexton klaar te betaal, en dan einde 2011 iets te kry soos 'n stadsmotor en dan die 4x4 net vir die karavaan te gebruik. . Die doel van my plasing was om uit te vind of iemand dalk 'n exclusive sleep met 'n voorwiel aangedrewe voertuig, en of daar al kruiskoppeling probleme was, maar niemand het met sulke terugvoer gereageer, wat seker klaar vir my 'n antwoord is. . Ander opsies met agterwiel aangedrewe voertuie is die Vito, of Chev Lumina, BMW 330D, Merc CDi 320, maar ek weet regtig nie of die voertuie se onderstel gebou is vir die stremming wat 'n karavaan daarop sit nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Dec 2010 @ 17:51:24 pm
Jan
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 25 Dec 2010
Hi Kapspaas. Hulle sÍ die beste voertuig is 'n afbetaalde voertuig. Sterkte
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Feb 2011 @ 23:06:22 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1530
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years
Hallo Jan, Blykbaar is daar een beter as 'n afbetaalde voertuig. Met hom kan jy enigiets doen - off-road, duine, sleep net wat jy wil mits die ding 'n sleepstang het, en geen bekommernis oor slytasie, reparasie of onderhoud nie. En wat sou dan kwansuis so wonderlik wees? 'n Gehuurde motor natuurlik. Met party van die lughawes se weergawes het jy selfs peppermente saam gekry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za