English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 136
Total Replies: 227 842
Total Views: 82 286 988
topics: 777
replies: 12 447
views: 4 974 128
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Sleep - Deel van vakansie?

replies: 58
views: 4065
page 1 of 2
05 Dec 2016 @ 19:54:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek hoor baie mense s dat jou vakansie begin sodra jou wa by die huis gehaak het. Ek het al probeer om my "mind" ook s in te stel, maar kry dit nie reg nie. Jy kan basies s ek haat dit om af te sleep na n oord toe....ek wil net daar uitkom. My vakansie begin as ek by oord is en alles uitgepak op sy plek en ek lekker agteroor kan sit in n stoel en kan begin ontspan. Hoe ervaar julle dit?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2016 @ 19:56:31 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Dis nie net as ek sleep nie....ook as ek in n chalet sou bly...die rit af soontoe is beslis nie vir my prettig nie en ook nie deel van vakansie nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2016 @ 20:27:34 pm
Anonymous

Ja nee swaer, is swaar swaer, kyk my vakansie begin as ons op 'n kamp besluit, die beplanning, die pakerasies, alles.laughing

MAAR om eerlik te wees, my vakansie  mood val plat  sodra ek in Johannesburg / Pretoria verkeer issealed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2016 @ 20:49:25 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Vat dit rustig manne.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2016 @ 21:01:02 pm
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1295
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years
Ek is mal oor bestuur, so die sleep is alles deel van die lekker (behalwe as Ma elke nou en dan wil aftrek om 'n draai te loop...gelukkig sus die brom van die diesel haar meestal vinnig aan die slaap!)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 06:18:10 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Ja nee swaer, is swaar swaer, kyk my vakansie begin as ons op 'n kamp besluit, die beplanning, die pakerasies, alles.laughing

MAAR om eerlik te wees, my vakansie  mood val plat  sodra ek in Johannesburg / Pretoria verkeer issealed

Yip what he said.... and then some..... If I never get to where I planned to go because "The road less travelled".......

Then I'm even happier.....

My very best memories are not of Bendigo @ Banana beach where I spent many holidays, or Umtentwenie or Richards or Port Nolleth or any of the far to many caravan parks to mention, but of the adventures I've had along the way while going nowhere slowly....

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 06:38:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Toe ek begin karavaan sleep het was ek noodgedwonge verplig om 90km/h te sleep. Ek het op daai stadium met 'n 8jaar oue Ford Saphire 3.0 GLX gesleep. Nou kyk hy het die Penta gesleep maar ek het die voertuig maar ge"Nurse" want sou hy breek het my wa gestaan en daar was nie ander voertuig om eers mee te ry nie. Dit was dit! ! ! !

Nou die verpligte rustig ry veral om die Ford te beskerm het my sonder dat ek dit besef in 'n rustige sleep gewoonte gesit en is dit so deel van my dat toe ons laas jaar Desember met Krimp Varkie getoer het ek steeds net 100 - 110 km/h gery het.

So ons maak die ryery verseker deel van die vakansie. Ek beplan juis die jaar om in drie dae af te ry plet toe en ook so weer terug te kom. Mens sien plekke en waardeer dorpies wat jy nooit sou sien as jy bietjie meer haastig is nie. Ek beplan om nie sommer meer as 600km te ry per dag nie. En ons stop as dit net lyk of ons dalk dors kan wees.

Nooit in jou lewe sal jy sommer ry van Pretoria af en by die monument van Ammajuba stop om te kyk en lees wat daargebeur het nie. 'n Gulde geleentheid om dit te doen as mens die land deurkruis oppad na die lieflike oorde regoor ons land. Daar is baie geskiedkundige plekkies wat mens kan besoek en die plaaslike mense brand om jou van dit te vertel. Ja jy kan dit seker gaan oplees in 'n boek "Maar dissie ie selle nie"

Opgesom as my gat daai "seat slaan" is ek op verlof. Verkeer iriteer my nie ek iriteer hulle.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 06:57:07 am
Anonymous

"Opgesom as my gat daai "seat slaan" is ek op verlof. Verkeer iriteer my nie ek iriteer hulle."

Goed gestel Leon, maar julle ouens is daai JHB / Pretoria verkeerd, gewoond, ek bly nou al so dertig jaar in Vaalpark en het op plaas dorpie groot geword met peak hour traffic van 'n almintige 10 karre per uur. laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 07:02:25 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 366
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years
Geert, sleep is maar nou een maal stresvol as gevolg van al die faktore daarby betrokke, soos bv padtoestand, verkeer, ander onosele padverbruikers, voetgangers, dronk en onverskillige bestuurders en dan soms ook loslopende diere soos bokke en beeste.
Maar met alles ingenome, bly dit steeds vir my 'n lekker deel van die vakansie. Die lekker begin eintlik al met die besluit op 'n plek, en dan al die beplanning wat daarmee gepaard gaan. Jy is al so te s reeds "op vakansie" want dit sit jou in daai vakansie gees/stemming. Ek sleep net teen 100km/h, is nooit haastig nie, en vat dit rustig. Die sleep is noodsaaklik, en jy moet maar net probeer om dit deel te maak van jou vakansie, anders sal jy dit naderhand as 'n pyn beskou en nooit wil weggaan nie. Sterkte.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 07:14:39 am
Anonymous

"Opgesom as my gat daai "seat slaan" is ek op verlof. Verkeer iriteer my nie ek iriteer hulle."

Goed gestel Leon, maar julle ouens is daai JHB / Pretoria verkeerd, gewoond, ek bly nou al so dertig jaar in Vaalpark en het op plaas dorpie groot geword met peak hour traffic van 'n almintige 10 karre per uur. laughing

Om in Germiston se midde stad te ry, nie eens sleep nie, is genoeg om jou dag, naweek of vakansie goed in die wiele te ry. Al wat jy hoor is ''hooters'', dim en bright agter jou en dan stop die ''Bl**%ksem in die middel reg voor jou.

Oor die algemeen hou ek ook nie van sleep nie. Ek is een hele senuwee bol sodat ek 'n Calmet moet drink om die vrees te oorkom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 07:21:33 am
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Leon jy is reg met jou denke. As jy die wa haak moet jy rustig word. Ek en ma stop sommer langs die pad en drink eers koffie net om nie te jaag nie. Die sleep is beslis deel van die vakansie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 07:21:36 am

06 Dec 2016 @ 07:41:26 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2959
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Eks heeldag op die pad. As my wa gehak is is ek rustig.

Noudat Ons met die SUV sleep is ek nog rustiger. Nou is beide die wa en kar myne so eks meer versigter as ooit.

My stresvolle tyd is die op en afslaan want Dan irreteer almal die dinges uit my uit!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 07:53:24 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

My verlof begun wannier ek verlofdag uit my kantoor loop. Ek beplan gewoonlik die ry gedeelte van ons verlowe goed, amper so dat ek min of meer weet hoe laat ek by die volgende diesel stop gaan wees, Janet se ek is 'n pyn met die beplanning kant van die trip. Ons kom gewoonlik vroeg middag by ons bestemming aan, so die kamp opslaan gedeelte is vir my ook lekker want niks jaag my nie.

Ek is gewoonlik baie rustig agter die stuur, maar moet erken ek het maar redelik gestres terwyl ek gesleep het. Moet se, na my trippie Julie Augustus in die Kaap met daardie woeste winde is ek nou heelwat kalmer agter die stuur met die wa agter my. My sienning is as ek veilig daar deur gekom het, is normale sleep nie so erg nie.   

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 08:27:04 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Jig. Ondersteun almal se sienings.
Ek weet wanneer ons ry is die vakansie voor die deur... maar ai ai wil so graag daar kom... probeer nie dink aan die opslaan nie want dis ve my n hengse shlep. Ons ry deesdae so kuier kuier af. Lank terug as ek haak ry ek tot die diesel klaar is , p , gooi en ry tot by die bestemming.Deesdae sien ek die eerste stop as n bestemming. So nou gaan ons kaap toe... stop by colesberg ve ontbyt, maak myself honger ve daai een. Dan karoo NP kannie wag om daar te stop nie... ensovoorts.
Johann ek hou ook nie van die swaar verkeer in gauteng nie. My senuwees is gewoonlik op as ons anderkant kom. En my moermeter is in die rooi. Meeste oukies dink mos n karavaan voor hulle teen 90/100 kpu is n obstikel en moet by dit verby kom om voor hom stadig te ry.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 08:42:04 am
Anonymous

@ Geert, maak 'n doel bewuste besluit dat jy rustig gaan sleep en hou aan om jouself  daaraan te herhinner terwyl jy sleep. Dit kom dan  vanself met tyd. Dit is nie maklik  nie, maar jy kan. 

@ Dennis, ek kry julle stadsmense regtig  jammer, ek  het so 3 jaar in Randburg gewerk, my sewendewees was opmoney-mouth

@ Hannes, daai op slaan is die tyd wat my tande af skaaf tot op die gums, want net ek en my vrou weet hoe en wat ons wil doen maar kinders wil help (moet) hulle is meer in die pad want hulle verstaan nie die volgorde nie😩

@ Fred, ek het ook Kaap toe, my eerste werklike lang pad meer rustig geraak. Ons het vyf dae af gery, twee plekke twee nagte oor geslaap om die nuwe dorpe te besigtig en net alles te geniet wat ons kon.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 09:37:49 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2331
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek het baie simpatie met mense wat deur Gauteng moet ry oppad na hulle bestemming.  Dit lyk of alle paaie deur Gauteng loop, altans vir ons hier in die noorde, en daar is geen manier wat die stuk pad lekker kan wees nie- dis net te gejaag, maar sodra ons deur die provinsie is, raak dit al lekkerder.  Soms het ons, en nou nog, 'n spesifieke bestemming, soos Ballito om by die kinders te kuier en dan is ons ook soort van bestemming-gerig en dan is die rit nie heeltelam so lekker nie en dis sonder die karavaan sodat jy half haastig voel. Andersins is elke rit 'n toer wat by die hek begin. As jy nie in die "rit-is-die doel" gees kan kom nie, kan jy seker nie, en dat kry ek jou jammer want jy mis baie. Soos die lewe ook, is vakansie (myns insiens) 'n rit- geniet elke oomblik daarvan.

Johann, nou weet jy.  Daardie koffies langs die grootpad is onverbeterlik.  Die oorslaap in jou eie bed op vreemde plekke......Ai, hoe lus het ek nou om te toer!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 10:16:08 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1039
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Vat dit ook maar rustig - hou van die sleep-teen-100km/u - en geniet elke oomblik. Hou ook daarvan om te stop langs die pad en 'n vleisie te braai (of ontbyt op die gasbottel te maak). HEERLIK! En dan lag ek en Joanie ook as ander mense ongeduldig raak ... ons het ook vroeer (voor ons kamplewe) gekla oor die stadige "trailer trash" ... nou is ons gelukkig ook deel daarvan en kan die ligte kant van die saak insien. Wat my wel frustreer is die ander karavaan slepers wat teen 140 km/u by my verby vlieg. Weet nie wat hulle probeer bereik nie, maar dis hulle probleem. Lekker sleep - ons gaan Elangeni toe by Waterval-Onder.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 11:19:24 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years
Ons vakansie begin as ons alles bymekaar maak en pak. As ons die pad vat is ons nie haastig nie en stop waar ons wil. Hou daarvan om van so 300 tot 600 Km per dag te sleep. Raak net party keer haastiger met die terug gaan huis toe maar jaag nie.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 11:44:31 am
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
My vakansie begin as ek daai sleutel draai, sleep rustig en ignoreer alles wat geraas maak om my. Taxis sit my geensins af nie en ook nie trokke of flikkerende ligte nie. Hul gaaie ek het ook n voorreg soos hulle om die pad te gebruik. Sleep rustig en vroeg in die oggend om verkeer mis te ry in die dorp.
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 13:19:17 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years
My vakansie begin ook as ek wegtrek.

Ek vat dit rustig en stop baie meer as normaal.

MAAR DIE TERUG KOM !!!!!
Dan is dit nie meer vakansie nie.
Ek stop nie sommer nie en ry ook vinniger as die gaan.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 13:22:20 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Sodra die eerste kookeier teen die dashboard getik word, begin die vakansie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 13:42:09 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Sodra die eerste kookeier teen die dashboard getik word, begin die vakansie.
Ja Ja Ja stem! ! ! !
Die kaas en tamatie toebies.
Die mincebolletjies.
Die hoenderstukke toegemaak in voellie.
Die driehoek kaasies.
EN Daai eerste beker sawwelyf. Man reik en lekker

Man dis mos deel van die langpad.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 14:09:18 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Praat so van padkos, daardie padteken van die boom as afsaal plek het my baie naging laat kry. Ek het altyd gese ons sal by die volgende boom stop, en die kinders kon nou nie verstaan dat ek bome verby ry en ons stop nie om padkos te eet nie.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 15:01:31 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

My vakansie begin wanneer ek begin pak! Dis gewoonlik die vorige naweek.smile

Nog steeds soos 'n skoolkind - OPGEWONDE en sien uit daarna.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 16:41:19 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek is darem bly om te sien hier is ander mense wat ook die oude doos se manier van broodjies, meatballs, eiers, worsies,visvingers en oo daai pilchards viskoekies met uie en al die ander lekker geniet sommer in die ry of stop net waar mens 'n plek kry. Hoef nie vies te word as die diens swak is by die wimpy of as mens moet wag vir 'n sitplek nie. Dankbaar om 'n liewe vroutjie te he wat graag lekker goed wil maak vir die pad.

Ja vir ons mense so tussen die verkeer is die wegtrek by die huis alreeds vakansie want ons voel sommer gou is ons buite die rat race. So kry daai lekker treinry ry gevoel sodra ons die oop pad vat en dis jy en jou rig. Ja dit is inspanning en soveel om na te kyk maar dit bly ook lekker. Selfs die gevoel as mens by jou bestemming kom. 'n Sug van verligting en dankbaar om daar te wees. Dit net soos as biker in die winter om by 'n robot te stop - skielik kry jy warm en die ander mense kry steeds koud :)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 17:09:04 pm

Hi Danie... dis mos die lekkerste om pad langs te stop, en so toebroodjie te maak... Eiers / kaas / uie / ham en blaarslaai, so bietjie sout en n giggltjie peri-peri saam koffee en so die wereld rondom bekyk.... Wat's met die rush-rush....

Onhou, ek's die outjie wat so n hoender oppi engine gaar maak... Na so 3 uur dn ryk n mens net hoender, kan nie uithou... moet stop en die hoendertjie so op die bonnet uitmekaar en eet.....

Ag hoe lekker man.... Geen haas... laat die haas verby ry.....Ek's op HOLY-DAY....

BTW only 5 days to go...... Only 5......

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 17:25:49 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek hoor daai ding v d manifold gebruik vir die hoender :) Voor ek weer getroud is toe vat dit my 5 dae om v d Kaap af huis toe te ry na Kersfees een jaar. Ek wonder nou met company en as ek 'n wa so ver moet sleep hoe lank gaan dit my dan vat?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 17:42:33 pm
Anonymous

Liewe ouers, nou het julle my bek sopnat, die kweil drip op my hemp, my breintjie werk in overdrive vir 'n lekker laaang sleep, net om daai tuis gemaakte padkos te eet.

Ai, as ek net, toe ek nog jonk en lelik was, vandag se rustigheid gehad het, dan sou ek veel meer die lang pad sleep en meer rus-rus gery het soos ons nou doen.

Frikkadelle, kort gesnyde stukkies wors, soos Leon sê, daai "toebies" met tamatie, blaarslaai en uie met lekker koffie kapitaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 17:44:32 pm
Anonymous

Geert, jy het nou hier 'n draad begin wat nie gaan stop nie, en gaan draai maak by elke boom wat 'n stoeltjie kan verkoel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 19:57:39 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Wil byvoeg, daai eerste stop vir tenk volmaak.
Wimpy koffie in die hand, voel die wiele deur of laers mooi koel is, skop ook sommer die bande, weet nie hoekom nie, maar gesien dit word gedoen, so maak ook maar so.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 20:04:08 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek dink mens skop die bande omdat hulle nie kan trug skop nie - hahaha

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 20:56:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Praat so van padkos, daardie padteken van die boom as afsaal plek het my baie naging laat kry. Ek het altyd gese ons sal by die volgende boom stop, en die kinders kon nou nie verstaan dat ek bome verby ry en ons stop nie om padkos te eet nie.

Dit was wel n teleurstelling as jou ouers beloof het ons gaan by die volgende boom en concrete meubels stop en jy sien in die verte daar staan alreeds n kar!😪
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2016 @ 21:49:22 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4928
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek hou van die ry... lekker om te voel jys oppad erens heen... my vrou voel anders daaroor.. maar sorry, dan moet die wat nie wil ry nie vlieg.. die vlieg storie werk vir my.. ek kan pad geniet en bietjie rustig wees..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 06:18:30 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Dit was wel n teleurstelling as jou ouers beloof het ons gaan by die volgende boom en concrete meubels stop en jy sien in die verte daar staan alreeds n kar!😪

Hehehe

Het nie boom noodig... vat my eie boom saam...

Only need a breathtaking / restful / interesting view......

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 07:10:25 am
Anonymous

'n Eenvoudige vraag.

Is dit nog deesdae ''Veilig'' om by die aftrek plekke met bankies en tafels te stop vir 'n blaas kaans, veral op openbare paaie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 09:06:09 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek glo nie - dis natuurlik as jy nog sulke bankies kan kry ? Darem het mens in sekere dele v d land baie 1 stops en ultra stops en ook hasies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 09:08:37 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years

'n Eenvoudige vraag.

Is dit nog deesdae ''Veilig'' om by die aftrek plekke met bankies en tafels te stop vir 'n blaas kaans, veral op openbare paaie?

Dalk op die Kaapse paaie.

Weet nie meer nie.

Ons stop maar by 'n Wimpy of Spur
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 09:54:52 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4452
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
My vakansie begin sodra ek al die kos, klere ens inpak sodra wa opgehak is is dit vakansie vir my
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 10:02:00 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2686
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Vir my begin die vakansie met die beplanning.
Wanneer ek ry, is die roete in my kop geskets.
Ons is baie selde twee aande in een plek.
Seker 5 keer in tien jaar. Dis selde.
So vir ons is die rit die vakansie.
Ons probeer die bestemming altyd op 'n ander pad te bereik.
So sien ons altyd iets nuuts, wat dit vir ons preetig maak.
Probeer altyd om die groot plekke mis te ry.
Soek altyd 'n mooi plek om te stop vir brunch.
Solank as daar genoeg plek is om aftetrek.
Het nie fansie goed nodig nie.
Soos Warren, ry my eie saam.
Tafel is genoeg, teen kos tyd het ons genoeg gesit.
Padkos is wat vorige aand oorgebly het.
Indien niks oorgebly het nie, is brood en koffie reg.
Toenele met berge is al wat ons nodig het.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 10:50:06 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Wil byvoeg, daai eerste stop vir tenk volmaak.
Wimpy koffie in die hand, voel die wiele deur of laers mooi koel is, skop ook sommer die bande, weet nie hoekom nie, maar gesien dit word gedoen, so maak ook maar so.

Hehehe,. Herman hoe lekker lag ek nou. Het n ma-ken-niks in workshop gehad,, wat so fluit fluit die dinge deurgegaan het , so n skoppie na die tyre. Hierdie ding is f#$cked up. Dit was so amusant.

My vrou wil niks weet van stop oppie pad ve eet uit n broodblik nie. Sy se hulle moes dit altyd h as hulle vir ouma gaan kuier het.
Ek het weer groot geword daarmee. As ons na tant sussie toe gaan op Warden, dans ons die opgewondenheid vanself. Ons gaan broodjies, worsies en n gekookte eier langs die pad kry.

Dennis, in my vorige lewe, toe kinders nog klein was het ons ook so langs die pad gestop. Gasbottel en skottelbraai opgestart vir lekker ontbyt...
Dink ook dis deesdae onveilig. :-):-) daars gelukkig oral wimpies langs die pad, vir koffie, ontbyt, bearings-voel en bande skop. Nie te praat om te kyk wat staan nog regop in die wa nie.

Ai ai.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 10:52:25 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hehehe,. Herman hoe lekker lag ek nou. Het n ma-ken-niks in workshop gehad,, wat so fluit fluit die dinge deurgegaan het , so n skoppie na die tyre. Hierdie ding is f#$cked up. Dit was so amusant.

My vrou wil niks weet van stop oppie pad ve eet uit n broodblik nie. Sy se hulle moes dit altyd h as hulle vir ouma gaan kuier het.
Ek het weer groot geword daarmee. As ons na tant sussie toe gaan op Warden, dans ons die opgewondenheid vanself. Ons gaan broodjies, worsies en n gekookte eier langs die pad kry.

Dennis, in my vorige lewe, toe kinders nog klein was het ons ook so langs die pad gestop. Gasbottel en skottelbraai opgestart vir lekker ontbyt...
Dink ook dis deesdae onveilig. :-):-) daars gelukkig oral wimpies langs die pad, vir koffie, ontbyt, bearings-voel en bande skop. Nie te praat om te kyk wat staan nog regop in die wa nie.

Ai ai.

Hahaha...lag nou lekker. Wonder ook wat is die doel van bande skop😁?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 12:28:17 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Ja Geert dit was nie lekke as die sement boom beset was nie.

Ek onthou twee gevalle waar ons met die wa langs die pad gestop het om te eet.

Een keer was dit net buite Orkny so 06:00 die oggend toe bou ons gou 'n brekfis, terwyl die manne verby ry op pad werk toe. Ons het baie vingers en vuilkyke gekry.laughing

Die ander keer was daar 'n ongeluk op die Bloemfontein pad, en ons het toe ook somme afgetrek, ons stoelle uitgepak braier uit en het 'n lunch gemaak, en lekker koffee en koeldrank gedrink terwyl die mense in 'n 28km opondhoud gesit het. Ons het omtrent vir 2 uur uitgespan en net so 30 motors het verby gegaan in daardie tyd. Hulle was ook dik vir ons

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 13:43:38 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek wil my eie afleiding maak oor die bande skop - as ek mag! Ek dink jare trug veral op plase met trekkers en lorries was dit nie te snaaks dat wiele afkom. So ek sou dink die skop is om te sien of die wielmoere nie los is en of die bearing nie dalk geen balls meer het nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 14:36:20 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2331
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Of dit veilig is om by stopplekke te stop?  Ek weet nie, maar ons doen dit in elkgeval. Deesdae ry ons warm water in 'n fles saam met hierdie lekker sakkies alles-in-een wat jy net ingooi en roer en sit dan soms sommer in die kar en drink.  As daar moeilikheid kom, glo ek ons sal vinnig kan verkas.

Maar, is dit nodig om bang te wees?  Ek kan nie onthou dat daar al aanvalle by sulke plekke was nie en ek dink ook as 'n mens begin bang raak, het die slegte ouens reeds gewen. Dan ook toer ons meestal indie Weskaap waar dinge nog rustig is- miskien mslei ons onsself, maar dis lekker om nie heeltyd te vrees nie. Oppad daarheen en terug, op die N1, stop ons maar by vulstasies.

Toe die kinders nog saamgetoer het, het ons gereeld langs die pad gestop en wat in ons gesin bekendgestaan het as 'n tradisionele ontbyt, gemaak.  Dis spek braai, eiers "sunny side up"  en dit afgesluit mer Rose's Marmalade en koffie. Lekker dae gewees!

Fred Mostert, ek dink wat jy in die ouens wat verbygery het gesien het, was jaloesie en miskien so 'n bietjie hartseer dat hulle dit nie kon doen nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 15:19:47 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1648
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek hou van bestuur, ek hou van die adrenalien wat pomp heeltyd terwyl jy moet fokus dat alles in orde is terwyl jy sleep. Sleep is nie die vakansie maar n uitdaging. Al jou beplanning, voorsorg, diens en nagaan van die sleep kombinasie kom tot op n punt en as ek suksesvol anderkant uit gee dit my baie bevredigheid.

My familie se veiligheid veral in Desember tye bly vir my n kommer. Ek is n gesoute bestuurder maar die dom foute wat mense op paaie maak is onverklaarbaar. 

Daarom het ek hierdie jaar besluit ek sleep aleen af na die kus en kry my familie op die lughawe in Natal die volgende dag. Dus kan ek lekker opslaan, alles gereed kry en vroutjie kan ontspan en net kom rus.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 17:06:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13454
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek hou van bestuur, ek hou van die adrenalien wat pomp heeltyd terwyl jy moet fokus dat alles in orde is terwyl jy sleep. Sleep is nie die vakansie maar n uitdaging. Al jou beplanning, voorsorg, diens en nagaan van die sleep kombinasie kom tot op n punt en as ek suksesvol anderkant uit gee dit my baie bevredigheid.

My familie se veiligheid veral in Desember tye bly vir my n kommer. Ek is n gesoute bestuurder maar die dom foute wat mense op paaie maak is onverklaarbaar. 

Daarom het ek hierdie jaar besluit ek sleep aleen af na die kus en kry my familie op die lughawe in Natal die volgende dag. Dus kan ek lekker opslaan, alles gereed kry en vroutjie kan ontspan en net kom rus.

Ja...die lughawe is lekker naby aan Salt Rock
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 17:06:46 pm

07 Dec 2016 @ 17:31:55 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 771
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
Ons is 'n bietjie andersom as julle ouens van die noorde. Ons sleep ongeveer elke jaar noord om die Kaapse winterweer te ontsnap. Meestal wildtuin (en ander Laeveld bestemmings) toe. My beplanning vir die volgende jaar begin gewoonlik al terwyl ek nog met vakansie is. Ek het al vir volgende jaar se wildtuinvakansie bespreek terwyl ek vanjaar in die wildtuin is.

Ek beplan my trip tot in die fynste detail. Soos hierbo genoem, is dit deel van die vakansie. S ook die sleep. Ons slaap minstens 4 aande oor oppad wildtuin toe. Volgende jaar se beplanning is vir 5 aande se oorslaap oppad wildtuin toe en 5 aande terug huistoe. Ek sleep nooit in die donker nie (oggend of aand) en ry 'n absolute maksimum van 500 km per dag (maar eerder korter). Gewoonlik vertrek ek nie voor 8vm nie en wil teen 5nm lankal rustig sit met f 'n koue goue f 'n glasie van die Kaapse beste.

Nee - ry/sleep is deel van ons vakansie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2016 @ 19:08:46 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4167
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek glo beplanning is vir sekere mense tot die dood toe. Dit het vir my met aftrede verander want nou maak dit mos nie saak of mens bv hier of daar gaan oorslaap en soos ek altyd se - hoekom so haarfyn beplan en vies word vir skoonsus of swaer omdat hulle 5 min laat opgedaag het vir 'n braai. Maak dit regtig saak?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2016 @ 01:49:59 am
Spit
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 33
Joined: 21 Sep 2016
Experience: 43 years
Hi There,

Wimpy coffee, OH NO

For us, i have done allot of planning in the beginning but now we take the road as it comes.
Leave as the sun rises and take each kilo as it comes.
No worries
Where we stop by 13H00 that's where we sleep for the night.
Towing is part of the Holiday and without it it doesn't feel right.
The fastest that i ever pulled was 100km/h but 90 is what i feel comfortable with.

Ek is 'n Boertjie wat groot geword het met daai lekker toebroodjies en nog oppad na my besteming maak my vrou dit nog.
Blessed, Safe Camping
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2