Geert, DK sal jou kan sê wat dit is.
He-he Herman, dit moes iets gewees het om te aanskou. Maar ek stem, swaeltjies kan maar in my huis inkom maar beslis nie 'n slang nie. Ek weet net, nie ek nie, maar Colin sal die moed moet hê om hom aan te vat. Teen daai tyd staan ek lankal bo-op die eetkamertafel, en die Engelsman dalk langs my?
. Mag die Vader my behoewe dat so iets ooit moet gebeur.
Geert, daai is beslis 'n bruin huisslang. Hulle kan nogals groot word, het anderdag een van 1,3m hier by my gekry.
Wat doodmaak van slange betref, ons het die afgelope jaar 8 slange in en om die huis dood gemaak. 3 x bosveldkapel (was altyd egiptiese kobra genoem), 2 x pofadder, 1 x huisslang (het hom verwar met kobra) en 1 boomslang. Ons seuntjie is 2 jaar oud en ons kan nie die kans vat deur slange net te verwilder en dan kom hulle net terug nie. Op die res van die plaas laat ons slange met rus.
n Boer in die omgewing is 3 weke terug deur n pofadder in die been gepik. Hy was vir n week in ICU en hulle moes so baie weefsel wegsny (elke dag geopereer vir 5 dae) dat hulle op n stadium gevrees het dat hy sy been gaan verloor. Hulle is besig met veloorplantings (hulle sny vel uit sy rug en ander been uit om op been oor te plant) en hy gaan n lang moeilike pad stap na herstel.
Kyk ek self is ook nie lief vir die goeters nie. Ten minste weet jy waar is die slang se kop en tande. Met 'n spinnekop het jy minder beheer daaroor.