English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 663
Total Replies: 237 214
Total Views: 82 704 487
topics: 11 049
replies: 129 238
views: 39 040 003
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Skottelgoed was hulp

replies: 38
views: 575
03 Dec 2019 @ 05:54:55 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14721
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Na aanleiding van die draad wat handel oor fooie vir tent opslaan hulp. Wie van julle maak gebruik van helpers wat jou skottelgoed was en hoeveel betaal julle so n persoon?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 06:19:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek maak net gebruik van die skottelgoed dames as ek baie lui is en daar is 'n yster pot wat skoongemaak moet word na Pottjie kos of pap daarin gemaak is.  Dan betaal ek R10 in so geval.

Meeste van die tyd doen ons dit self want die Maia is baie gerieflik ingerig met die buite kombuis en dis 2 messe, 2 vurke, 2 borde en 2 glasse of koppies.

Met die buite kombuis is daar altyd 'n bietjie seep water in die wasbak so as iets gebruik was word dit dadelik gewas en op die droog rakkie geplaas.

So bly alles skoon en dan ook netjies.

So ek gebruik die skottelgoed dames net as daar 'n groot pot of pan is wat gewas moet word en ek is te lui om die joppie te gaan doen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 06:19:40 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 969
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Ek is die hulp. Kry geen betaling nie...😁

Nee wat. Ek geniet dit om te staan en met ander kampeerders te gesels terwyl ek  skottelgoed was. Dit is alles deel van die kamp ondervinding.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 06:42:07 am
Rare Breed
Platinum Member
66% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 18 Feb 2016

Ek is die hulp. Kry geen betaling nie...😁

Nee wat. Ek geniet dit om te staan en met ander kampeerders te gesels terwyl ek  skottelgoed was. Dit is alles deel van die kamp ondervinding.

+1

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 07:01:06 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8565
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

+2

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 07:51:51 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 292
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years

Ek was ook eerder self, dan weet ek my skottelgoed word nie in groentesop gewas nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 08:38:19 am
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 195
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Doen dit nie by die huis nie maar as ons kamp is dit n joint venture vir ons

veral die gesels daarby

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 09:27:26 am
Karin*
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 96
Joined: 20 Feb 2012
Experience: 16 years

Was ook maar self. Het in verlede laat was maar van my eetgery het nie weer terug gekom nie, of ek kry iemand anders se stop messe in ruil vir my nuwe mes.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 11:38:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja daar is verskeie redes waarom 'n mens maar iets self doen.  Sop water wat koud is, is verseker een daarvan.  'n Tweede die eetgery wat iewers vergete gelaat word (sê maar so).  Vol bottel skottelgoed seep kom half terug.

Wys jou ek is nie die enigste een wat dit al ervaar het nie.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 11:47:37 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 345
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek maak net gebruik van die skottelgoed dames as ek baie lui is en daar is 'n yster pot wat skoongemaak moet word na Pottjie kos of pap daarin gemaak is.  Dan betaal ek R10 in so geval.

Meeste van die tyd doen ons dit self want die Maia is baie gerieflik ingerig met die buite kombuis en dis 2 messe, 2 vurke, 2 borde en 2 glasse of koppies.

Met die buite kombuis is daar altyd 'n bietjie seep water in die wasbak so as iets gebruik was word dit dadelik gewas en op die droog rakkie geplaas.

So bly alles skoon en dan ook netjies.

So ek gebruik die skottelgoed dames net as daar 'n groot pot of pan is wat gewas moet word en ek is te lui om die joppie te gaan doen.

Ons volg ook die modus operandi, werk vir ons.

Hang af wat is die algehele grade van luigatgeit in die Clan en besluit dan maar van daar af.

Vat vas manne!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 12:10:59 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 893
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ons was maar self. En snaaks, skottelgoedwas tydens kamp is geensins 'n "issue" soos wat dit meestal by die huis is nie (ons het nie 'n skottelgoedwasser nie).

Ons was ook ons klere met die hand. Selfs dít is vir my lekker tydens kamp. My vrou hou nie van die wasmasjiene wat by meeste oorde gebruik word nie. Volgens haar word die seep nie ordentlik uitgespoel tydens die spoelsiklus nie. Vanjaar by Punda Maria het die wasgoed amper slegter gelyk na die was as voor die was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 12:29:25 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1777
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Skottelgoedwas is ‘kuiertyd’ saam met mede-kampers. Ons geniet dit om na opwasplek te gaan en skottelgoed te was. Klere was, ophang en afhaal hier by die huis en by die kamp is my taak. Ma kan maar rus en sy weet sy moet skoon wasgoed wegpak. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 12:30:55 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1676
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Nee wat. Ons is met vakansie.

Hang af.

Kort kamp met minimum toerusting ens was ons sommer self. Of saam en geniet dit of ons maak beurte. Ons tel nie beurte nie.

By lang kamp hanteer ons dit anders. Mijn vrouw betaal (deur my), een van die oordwerkers (gereëlde een) om 3 maal per dag skottels te kom haal en was, daagliks om die tent skoon te vee (mopaniblare) en twee keer per week wasgoed te was en stryk.

Ons plek is netjies, ons skottels skoon en klere gestryk. Dan hou ons alby lekker vakansie.

Ek was net die koffiemasjienerie. Ooreenkoms is ek hou dit skoon en vrouw maak koffie.

Ons maak self binne die wa en die tent skoon.

Nog nooit skottels verloor of vuil nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 12:33:16 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1676
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Terloops, mijn vrouw onderhandel jaarliks 'n dagtarief wat ons dan maandeliks betaal.

Lank staan is maand of meer. Soms 5 maande (Eiland)

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 13:26:58 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2060
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Jaarlikse groot vakansie met al die kinders saam gebruik ons die dames van die kamp wat in die oggend die skottelgoed kom haal en was teen vooraf bepalende fooi. 

Res van die dag was die mans die skottelgoed en kuier lekker saam. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 13:56:08 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2160
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek was self. Geniet dit en geniet om met die mense by die opwasplek te kuier. Ek hou nie daarvan as vroutjie skottelgoed was. Dis my job. 

As ek kamp probeer ek alle werkies van my vrou se hande af neem want kamp is my tyd om haar te bederf.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 14:00:19 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Was self die skottes en die klere...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 17:12:28 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

Bak oor very good of you to give your wife time off. We guys normally do the braaing so my wife usually washes. It is a good time to chat to other campers so also don't mind washing and a bit too much of glamping style to get the camp helpers to wash up. Like to have help putting tent up and taking it down but draw the line there.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 18:22:27 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2160
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Paul. Elke paartjie se omstandighede is verskillend. Myne is net waardering van elke dag se ontsettende harde werk wat sy doen. Sy help ook maar ek probeer dit so gemaklik maak vir haar as wat ek kan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 18:25:48 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8565
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Kyk die Girl sal nie dat ek skottelgoed was nie. As jy haar wil kwaad maak sê ek moet dit gaan was.

Die pan of braai rooster kan ek was.

By die huis is n wasmasjien.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 18:33:31 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

We have never had anyone wash dishes and or clothing for us while camping or for that matter at home either for the last  years.

We enjoy doing the washing up as it is part and parcel of camping and presents another opportunity to meet other people with similar interests. It's all part of camping.

Again!!! my gripe is, some people seem to expect a cleaner to run after them and clean up the washing area after them.  ( what do their homes look like )

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 18:41:34 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8565
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

By die huis is daar ook nie een wat kom skoonmaak nie. Die Girl doen dit self.

Ek het wel een gekry om my gras en tuin te kom skoonmaak aangesien ek dit nognie mag doen nie.

Anders werk ek self indie tuin.

Ons doen alles en het nie hulp nodig nie. Nie dat ons een wil hê nie maar dat ons nie daarvan hou dat iemand anders agter my moet skoonmaak nie.

Nou met die Classique maak elkeen die stort skoon na hy gestort het.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 18:54:07 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1676
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

We have never had anyone wash dishes and or clothing for us while camping or for that matter at home either for the last  years.

We enjoy doing the washing up as it is part and parcel of camping and presents another opportunity to meet other people with similar interests. It's all part of camping.

Again!!! my gripe is, some people seem to expect a cleaner to run after them and clean up the washing area after them.  ( what do their homes look like )

Nobody is running after us cleaning.

When on long holiday, and as long as I can afford to, we will get help for dishes and washing.

Obviously the rest around camp we do ourselves.

I worked 16 to 18 hour days for years on end and mijn vrouw also worked in a demanding job, so I see no reason why we cannot now cash in on the time to catch up personal time.

Call it glamping, I do it to enable mijn vrouw and myself to enjoy our way of camping, albeit different to what others prefer.

Everyone unto his own.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 19:11:16 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14721
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Kyk die Girl sal nie dat ek skottelgoed was nie. As jy haar wil kwaad maak sê ek moet dit gaan was.

Die pan of braai rooster kan ek was.

By die huis is n wasmasjien.

 

Miskien bang jy flirt by die opwas area?🤫

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 21:15:50 pm
Rare Breed
Platinum Member
66% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 18 Feb 2016

[quote]1012,250180705[/quote

I wish people could clean the sink the dirt or grime left behind after pulling out the plug. 

👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 21:42:11 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 1989
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Sommer so vir die interresantheid merk ek op dat ons tans hier gesprek voer oor minstens drie onderwerpe waar persone "ekstra" betaal word vir n diens wat hulle voor betaal word. Dit kom ekstra uit die kampeerder se sak al is dit vrywillig. Is hier nie dalk n kultuur besig om te vestig dat jy moreel verplig voel om ekstra te betaal vir n betaalde diens omdat jou mede kampeerder betaal en nou voel jy skuldig as jy nie ook betaal nie.? Moet asseblief nie verkeerd verstaan nie, ek keur nie die gebaar af nie ek wonder net hoe lank hierdie lys kan word en wanneer gaan dit later by die werkers as n "reg" beskou word.

Ek verwys na :- 1. Skoonmakers by badkamers . 2. Skottelgoedwas. 3. Hulp met opslaan van tent. en 4. n Ruk gelede het ons ook gesels oor karwagte. 

Ek sonder nie die groepe alleen uit nie want daar is nog. Ek het gemerk uit die gesprekke dat daar verskil in mening is hieroor. Ek gaan beslis ook nie kant kies nie, al waaroor ek wonder is die vraag of ons nie onnodige druk op ander kampeerders plaas wat dit dalk om een of ander rede (finansieel of beginsel of andersins) nie kan bybring nie , maar as hy/sy dit nie doen nie mag daar vingers gewys word hetsy deur die werkers(wat die fooitjie nou al as n reg beskou) of die kampeerders wat dit wel doen.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 22:11:30 pm
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2160
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

As iemand n werkie doen vir my betaal ek hom daarvoor. Tuinwerkers by ons vra R200 per dag. Dan gee ek hom n ordentlike ete en iets om te drink. Sien ek die persoon het werklik ekstra gedoen betaal ek hom meer. My keuse nie syne. So met alle werkers. Karwagte: As ek elke karwag n R5 moet gee sal dit my nie minder as R600 per maand kos. Kelners weet ek werk net op fooitjies. Hul gee ek 10 persent wat ek glo almal doen.

Ding is wanneer jy jou kop by die deur uit steek betaal jy mense. Dis n never ending story dis crazy. Dan kry jy ou mense wat nie geld het om te betaal maar is bang om nee te se sent hul vrees vir hul lewe. Tel alles bymekaar?  Hierdie fooitjie ding ruk hand uit. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2019 @ 06:13:22 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8565
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Miskien bang jy flirt by die opwas area?🤫

Nee. Dit word by die wa gewas.......lol

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2019 @ 06:21:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

[quote]1012,250180705[/quote

I wish people could clean the sink the dirt or grime left behind after pulling out the plug. 

Ditto.

It probably boils down to the same issue as with leaving a toilet in a bad state after you have used it.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2019 @ 10:46:13 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1676
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

[quote]1012,250180705[/quote

I wish people could clean the sink the dirt or grime left behind after pulling out the plug. 

Hi Mawonga,

I agree with you. It shows your respect or disrespect for fellow campers, being the person after you to utilise the facility.

Same goes for toilets as Leon says.

A person who do not respect others, normally have no selfrespect either.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2019 @ 12:01:59 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4572
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

My Liefie was ook meeste v d tyd soos sy kosmaak. Na ete is basies net die eetgerei en borde en koppies/glase wat gewas moet word.

Soos Leon genoem staan daar altyd 'n bak met water om te kan was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2019 @ 07:38:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het 'n emmer met 'n deksel wat goed seël. Ons beplan gewoonlik die klere was dag saam met 'n entjies se ry as ons 'n plek wil besoek.

Gooi die klere in die emmer met water en seep. Sit agter op die Tipper en ry met hom rond.

So word die klere gewas, terug by die kamp net uitspoel en ophang.  Ek kamp nie met klere wat gestryk moet word nie.  (Maar dis verseker anders as mens vir lang tydperk by oord staan).

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2019 @ 10:25:16 am
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2160
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Leon dit is nou regtig nie n slegte idee. Ek gaan dit beslis probeer dan hoef ek nie twee ure by n wasmasjien te sit.

Solank as ek by n plek uitklim nie my klere gesteel word. En by die see gebruik jy nie Stasoft nie so jy spoel nie uit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2019 @ 07:56:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15054
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Leon dit is nou regtig nie n slegte idee. Ek gaan dit beslis probeer dan hoef ek nie twee ure by n wasmasjien te sit.

Solank as ek by n plek uitklim nie my klere gesteel word. En by die see gebruik jy nie Stasoft nie so jy spoel nie uit.

Dis reg mens spoel net uit.  Ons doen dit selfs op kort trippies met min klere in die emmer.  As ons ry is die emmer agter op want klere was raak 'n pyn in die gat as dit baie word.

So bietjie bietjie op 'n slag is dit amper dieselfde jy hang n handoek op na 'n swem trippie na die see of swembad.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2019 @ 08:02:31 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2665
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Neewat, ons was self skottelgoed- dis maar min vir twee mense. Ons dink as ou mense net op hulle aalies sit en niks doen nie, versleg hulle sommer vinnig.  Dis net in Suid-Afrika waar jy bediendes kry om alles vir jou te doen.  Ons is sekerlik nie treuriger as ander nasies nie,is ons?  Ons het nie eers meer 'n gereelde huishulp tuis nie, waarom sou ons nou met vakansie anders maak?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2019 @ 16:45:21 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ons was ook maar self die bietjie skottelgoed wat daar is. Dis regtig min.. Want ons gebruik papierborde en brand dit sommer in die vuur en gebruik weggooi glasies..

Die res is rooster dalk skoonmaak, of pan, of 'n pot en messe en vurke en braaitang of so.. Dis so min om nog fooi te wil betaal of selfs iemand te kry om dit te doen is nie vir ons nodig nie. Ek sou wel sê die groepe wat so saam kamp en baie skottelgoed het, moet maar dink aan hoe lank daai persoon daar gaan staan en dan is dit soms nodig om maar te kyk of dit werklik goed gedoen is.......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2019 @ 17:47:07 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2665
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek moet net byvoeg dat my ondervinding is die oorgrote meerderheid kampeerders was self hulle skottelgoed.  Dit is by groot uitsondering wat ons huishulpe by die opwasgeriewe kry.  Dit lyk egter of meer mense van,  sulke hulp gebruik maak vir die was van wasgoed wat verstaanbaar is want 'n bondel wasgoed wat was, droogmaak of uithang en stryk behels, neem aansienlik langer as 'n bietjie skottelgoed.  Ons toere is deesdae kort, hoogstens tien dae, so ons neem genoeg klere saam om vir die tyd te hou.  As dit dalk nodig is om iets te was, doen ons dit sommer self.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 08:10:11 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 834
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ons was ons eie skottlegoed. Kamp nie eintlik lank genoeg(meer as week) om nog wasgoed ook te was nie. My karavaan word slegs gebruik vir naweek/langnaweek kampe. 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2019 @ 20:23:32 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8565
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ons was ons eie skottlegoed. Kamp nie eintlik lank genoeg(meer as week) om nog wasgoed ook te was nie. My karavaan word slegs gebruik vir naweek/langnaweek kampe. 

Ons is nou 4 weke op die pad. Dit lyk of ons vir n jaar gaan weg wees soos sy gepak het.

My kas lyk of ek nog by die huis is........lol

Sy was by plekke was masjien het.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required