vertrek jors troelie Saterdag vir n 14 dae lekkerte by Ebb n Flow. Ek maak gewoonlik my tent-toukanale lekker skoon voordat ons vertrek om seker te maak gogga en sy maats het nie nes daarin gemaak nie. Wanneer ons by die kamp aankom poeier ek die kannal met gewone baba-poeier. Ek gebruik n lekker dik tou wat ek in die baba-ppoeier doop en rek dit n paar keer deur die kanaal.
Voor ek vir 'n naweek iewers heen gaan word die wa gewoonlik gewas. Dan spuit ek die aliminium kanal skoon met die tuin slang. Somtyds nie elke keer nie spuit ek dan silicone spray in die kanaal.
Ek kan verstaan as julle by die kus dit dalk meer gereeld skoon maak en poeier of so gee. Die aliminium neer slag is erger daar as hier by ons op die rand.
Hi Leon,
I have never thought of this, and never really had a problem that I am aware of.
I think your advice is great and will certainly put this into practice.
Go in safety
Dankie Danie.
Mooi ry en bly veilig. Geniet die kamp. Self, het ek sopas teruggekeer en sal in Feb / Maart weer n uitstappie bybring. VREDE
Was ook als sodra ons terug is.
Spuit ook silicon spry.
Moet nog een seil was maar dit reën elke dag hier.
Vanoggend weer 60mm uit gegooi.
Wag nou vir CR om te hoor tov grense, Dan langkamp êrens.
Leon, die skoonmaak van n ou se goed na afloop van n vakansie bly vir my n heelikheid. Dit neem my maklik n week, maar daarna is alles weer op sy plek. Ek was en skuur selfs my penne. Ek sê altyd, as n man skielik daai emmer pale toe kop moet jou goed se toestand nie vir jou vrou n probleem wees nie.
Nadat ons van Wildernis terug is wag daar n lang periode van naweek-kampe voordat ses weke se Wille Kruger vir ons wag. Julle Gauties moet darem onthou, ons Capies gooi vier maklike aande voordat ons Punda Maria binneval. Agt aande van ons 21aande is op die pad.
Danie, jy doen dit reg. Jy móét die reis ook geniet- dis deel van die vakansie en nie net 'n lastigheid tussen jou huis en bestemming nie. Dit het ons al 'n week van Pietersburg tot Stilbaai geneem- onder andere Durban om, PE om, Sutherland om. Ons probeer so ver moontlik elke keer effens anders ry en na interessanthede langs die pad kyk- museums en so meer en die kinders besoek. Die ryery is in elkgeval nog altyd vir my 'n plesier en die Kuga dra grootlike daartoe by- hy is heerlik op die lang pad.
Leon, die skoonmaak van n ou se goed na afloop van n vakansie bly vir my n heelikheid. Dit neem my maklik n week, maar daarna is alles weer op sy plek. Ek was en skuur selfs my penne. Ek sê altyd, as n man skielik daai emmer pale toe kop moet jou goed se toestand nie vir jou vrou n probleem wees nie.
Nadat ons van Wildernis terug is wag daar n lang periode van naweek-kampe voordat ses weke se Wille Kruger vir ons wag. Julle Gauties moet darem onthou, ons Capies gooi vier maklike aande voordat ons Punda Maria binneval. Agt aande van ons 21aande is op die pad.
Julle ry soos wat ek ry. Ek geniet die sleep van die karavaan vreeslik baie en as ek my sin kry sal ek twee weke vat van PTA tot in die Kaap. Dis net my wederhelfte sien haar familie min so as ons in daai rigting neig dan moet ons RY. Nou Des het ek in 7 dae kaap toe gery.
Ek is 100% met jou rakende die onderhoud op die wa. As ek oppak word alles daar en dan skoongemaak en korrek weggepak. Tent penne word in emmer met water gegooi en deeglik gewas voordat hulle weggepak word. Ek was net die wa as ek by die huis kom.
Aiiiii, en nadat ek alles hierbo gesê het maak Ebb n Flow die rivier toe. Damn!
Ek noem iets van die wet op n ander topic.
Ek sit nou en beplan maar n trip met die 4x4 wa op na Koingnaas, via Lutzville en Groenrivier 4x4 kuspad. Dan op na Kleinzee, Alexanderbaai, Lekkersing en Eksteenfontein na Oewer-rus langs die Oranje. Dan weer terug huistoe oor Beaverlac.
Ai.
Het vanoggend gehoor hoe die mense by Island Lake by die hordes opgepak het toe die meer toegemaak is. Ook gehoor hoe n vriend moes oppak nadat Strandfontein skielik toegemaak is.
Die riviere is toegemaak ingevolge CR se nuutste aankondigings hoewel die Knysna-episode dit dalk beïnvloed het. Die situasie is blykbaar dat jy steeds in die see mag swem maar nie binne 100 meter vanaf die hoogwatermerk mag kom nie, so hoe jy in die water kom, word nie verduidelik nie, watter sin dit ookal maak. Dit impliseer dat jy wel ONDER die laagwatermerk mag kom- in die see! Jy mag blykbaar wel vis vang mits jy 'n hengellisensie het, en dan die strand betree, maar dan mag jy nie swem nie. Moenie my vra hoe rym dit nie.
Dis nie dalk 1 April nie- as afgetredene hou ek nie juis die kalender dop nie?
Kyk na hierdie berig op News24:
https://www.businessinsider.co.za/trending/sas-legal-definition-of-a-beach-will-keep-you-well-away-from-anything-resembling-one-2021-1