English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 237
Total Replies: 248 893
Total Views: 83 115 505
topics: 11 387
replies: 136 614
views: 39 268 220
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Skool oor die internet

replies: 12
views: 221
21 Apr 2020 @ 10:18:11 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Dit klink wonderlik dat die kinders in die inperkingstyd nog steeds kan skoolgaan oor die internet. Of is dit werklik so wonderlik? Wonderlik vir wie? Die uitverkorenes?

Die gaping tussen die have's en die have not's rek net al groter.

My kleinkinders sit elke dag en doen vier ure se skoolwerk d.m.v. hulle iPads en die internet. Hulle het 'n pouse, en kan snoepietyd hulle broodjies eet. 

Ongelukkig is dit net vir die bevoorregtes beskore. Wanneer die skole weer na normaal terugkeer sit die oorgrote meerderheid in die klas soos ape en verwonder hulle oor hulle maatjies wat nou in 'n hoër standerd of graad tuis hoort.

Ek is nie teen vooruitgang nie, maar as daar van snoepietyd tussen internet skool lesse gepraat word wonder ek maar net oor die kindertjies wat nou honger ly, want hulle enigste daaglikse maaltyd by die skool het tot 'n einde gekom.

Vir ouers om vir hulle kinders van iPads of laptops te voorsien is een uitdaging, maar waar moet die geld vir al die lugtyd of data vandaan kom? Ek het begrip vir ouers wat murmureer omdat hulle bo-op dit alles nog skoolfondse ook moet betaal. En dit gedurende 'n tyd waar baie met verminderde of geen inkomste oor die weg moet kom.

Maar nou ja, een van die wyse manne van ouds het mos gesê "life was never supposed to be fair".

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 11:43:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Vodacom verskaf gratis data vir die tuisonderrig skool program....al werk jy met Cell C, MTN, Telkom....daai link vat jou toestel deur na gratis Vodacom data. My 3 werkers kry ook almal toegang tot gratis 1000mb data per dag wat hulle via Tshwane munisipaliteit se wifi torings kry. Laasgenoemde is nie beperk tot lockdown tydperk nie....dis al reeds n jaar wat hulle al die gratis fasiliteit het. Bittermis het nie slim fone nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 16:44:19 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dit klink wonderlik dat die kinders in die inperkingstyd nog steeds kan skoolgaan oor die internet. Of is dit werklik so wonderlik? Wonderlik vir wie? Die uitverkorenes?

Die gaping tussen die have's en die have not's rek net al groter.

My kleinkinders sit elke dag en doen vier ure se skoolwerk d.m.v. hulle iPads en die internet. Hulle het 'n pouse, en kan snoepietyd hulle broodjies eet. 

Ongelukkig is dit net vir die bevoorregtes beskore. Wanneer die skole weer na normaal terugkeer sit die oorgrote meerderheid in die klas soos ape en verwonder hulle oor hulle maatjies wat nou in 'n hoër standerd of graad tuis hoort.

Ek is nie teen vooruitgang nie, maar as daar van snoepietyd tussen internet skool lesse gepraat word wonder ek maar net oor die kindertjies wat nou honger ly, want hulle enigste daaglikse maaltyd by die skool het tot 'n einde gekom.

Vir ouers om vir hulle kinders van iPads of laptops te voorsien is een uitdaging, maar waar moet die geld vir al die lugtyd of data vandaan kom? Ek het begrip vir ouers wat murmureer omdat hulle bo-op dit alles nog skoolfondse ook moet betaal. En dit gedurende 'n tyd waar baie met verminderde of geen inkomste oor die weg moet kom.

Maar nou ja, een van die wyse manne van ouds het mos gesê "life was never supposed to be fair".

As hulle nie die geld in hul sakke druk nie, kon hulle dit ook gehad het.

Ja dit is jammer, hoop hulle oë gaan oop wat ek dink nie sal gebeur nie.

En die arme kinders ly daar onder.

Maar, my klein kinders moes dit ook aanskap in Saudi Arabia en moet dit dan die skoolwerk van Arabies of Frans omskakel na engels om te kan werk.

Gaan maar moeilik maar darm is hulle slim, (Oupa se Brein) ......lol.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 18:09:28 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2173
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Elkeen moet maar sy deel bring. Almal kan nie bly bakhand staan nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2020 @ 08:54:16 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Elkeen moet maar sy deel bring. Almal kan nie bly bakhand staan nie.

Piet, onder die huidige omstandighede, hoe bring derduisende ouers wat nie weet waar die volgende maaltyd vir hulle kinders vandaan kom nie hulle deel t.o.v. elektroniese internet fasiliteite vir hulle kinders? Dit is die mense waarna ek verwys.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2020 @ 09:48:43 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3234
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek is bly om te sien daar is darem mense wat ook die anderkant kan raaksien en nie net mense veroordeel wat nie doen soos ons doen of meen ons moet doen nie.  Ek het nie voorstelle om die lot van etlike miljoene Suid-Afrikaners wat eintlik lank reeds onder die broodlyn leef, te verlig nie, maar ek dink ons moet minstens empatie met hulle hê en nie voor die voet veroordeel nie.  Ons moet besef elkeen op hierdie Forum is in die bevoorregte klas.   Ons kla omdat ons dalk nie meer kan bekostig om te gaan kamp nie, maar ons het minstens elke dag kos op die tafel en 'n dak oor ons koppe.  Dink maar wat in die Franse, Russiese en Sjinese revolusies gebeur het.  Dit was die gevolg van mense wat in baie dieselfde posisies was as baie van ons mede landsburgers.  Dit maak my baie bekommerd.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2020 @ 13:44:59 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 947
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek is bly om te sien daar is darem mense wat ook die anderkant kan raaksien en nie net mense veroordeel wat nie doen soos ons doen of meen ons moet doen nie.  Ek het nie voorstelle om die lot van etlike miljoene Suid-Afrikaners wat eintlik lank reeds onder die broodlyn leef, te verlig nie, maar ek dink ons moet minstens empatie met hulle hê en nie voor die voet veroordeel nie.  Ons moet besef elkeen op hierdie Forum is in die bevoorregte klas.   Ons kla omdat ons dalk nie meer kan bekostig om te gaan kamp nie, maar ons het minstens elke dag kos op die tafel en 'n dak oor ons koppe.  Dink maar wat in die Franse, Russiese en Sjinese revolusies gebeur het.  Dit was die gevolg van mense wat in baie dieselfde posisies was as baie van ons mede landsburgers.  Dit maak my baie bekommerd.

Ons jongste dogter is 'n down sindroom en nou 26 jaar oud. Toe sy nog op skool was toe was daar baie van die gestermde kinders wat 'n daaglikse bord kos gekry het by die skoo,l en dit was dit. My vrou is nogsteeds by die skool betrokke en tans met die lockdown, wat gebeur nou met daai kinders?

My dogter is vanaf die begin van die jaar, by 'n tehuis in Klerksdorp en daar is ook dagwerkers (gestremdes) wat daagliks etes daar kry. Wat van hulle nou in die tyd? My dogter is wel tans by ons totdat die inperking verby is.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr 2020 @ 18:39:36 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2173
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Pieter my opmerking was nie neerhalend bedoel nie. Ons doen reeds meer as ons deel. Ek verwys na die internet toegang. Die oorgrote meerderheid diensverskaffers bied daardie toegang gratis aan en die oorgrote meerderheid beskik oor n selfoon om toegang te verkry.Ek wil net sien dat jyself ook n poging aanwend. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2020 @ 10:14:05 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years
🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2020 @ 11:25:05 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Piet, ek verstaan nie wat jy bedoel met jou laaste sin nie. (Ek is gewoonlik maar stadig van begrip. Verskoon tog asb.)

Daar is derduisende selfone in omloop. Slimfone is nie so 'n alledaagse item by die informele nedersettings se jeug nie. En dan is elektrisiteit ook natuurlik 'n groot struikelblok.

Die punt wat ek wil maak is dat die lewe nie alle kinders regverdig behandel nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2020 @ 13:31:12 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar is wel op n tyd duisende tablette aan minder bevoorregtes gegee....maar het vinnig weer "verdwyn".

Die probleem van basiese dienste soos elektrisiteit kan toegeskryf word aan apartheid of huidige regering wat al 26 jaar aan bewind is en nog nie aandag daaraan gegee het nie. (Miskien nie geweet daar is êrens R500biljoen nie)

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2020 @ 17:04:55 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2173
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Pieter ek dink Geert het jou vraag hierbo goed genoeg beantwoord en ek wil nie verder daarop ingaan nie behalwe om te se dat die onderwysdepartement destyds miljoene rande aan daardie tablette bestee het waarvoor in n kort tyd geen rekenskap voor gegee kon word nie.

Kyk ook na jou plasing van twee dae terug waar jy onder die onderwerp van "Werk lockdown in SA" gese het "Hoe gouer die die massas selfversorgend word,hoe gouer sal normaliteit terugkeer". Lees jou kommentaar daar waarmee ek volmondig saamstem en wat ook my punt hier ondersteun. Ek misgun dit hoegenaamd nie vir die minder bevoorregtes nie, maar meeste van hulle was reeds die toestelle gratis gegee (ek kan nie instaan wat hulle daarmee gemaak het nie) en nou word hulle gratis lugtyd ook gegee. My opmerking dat hulle self ook iets moet doen en nie net bakhand moet staan nie verwys maar net dat hulle die naaste vodacom,Mtn of Cell c winkel moet besoek om aanlyn te kom. Ek glo hulle is ook daar reeds deur die skool gehelp. Wat nog? Hulle moet net self leer.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2020 @ 17:13:50 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3234
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As ek reg onthou, het die rekenaars van Sahara af gekom, een van die Guptas se maatskappye.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za