English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 482
Total Replies: 234 541
Total Views: 82 528 704
topics: 141
replies: 2 175
views: 50 965
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Skokbreuker by haak vir 1982 Sprite Sport

replies: 6
views: 158
07 Oct 2019 @ 10:10:32 am
Oppies
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 10 years

Ek moet die skokbreuker vervang, maar die wat ek kry is langer as die huidige een. Kan ek die nuwe skokbreuker net so insit of moet daar modifikasie gemaak word op die haak?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 12:49:56 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jaco jy behoort reg te kom met die korrekte item waavan die lengte ook reg is by Campworld of Roadque.

Daar is basies twee tipes.  Die gewone een en dan 'n effe swaardiens een wat vir swaarder karavane gebruik word.

Ek sal voorstel kry die regte een. Die diensbaarheid van die toestel het 'n direkte implikasie of jy met veiligheid sleep of nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 14:31:26 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2594
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jaco, Dis 'n ou karavaan, so ek hoop jy gaan die regte item kan kry.  Ek kan nie insien dat 'n ander lengte eenheid sal werk nie.  As dit te lank is, gaan jou remme waarskynlik nie in werking kom nie en die hele stootkrag van die karavaan gaan op die skokbreker neerkom wat gaan maak dat hy vinnig gaan breek.  Dieselfde as hy te kort is, dan gaan jy die karavaan aan die skokbreker sleep en hy gaan netso vinnig breek.  As jy nie by die karavaanhandelaars regkom nie, kan jy dalk by AL-KO probeer, hoewel jou karavaan sekerlik nie 'n AL-Ko stelsel het nie.  Hulle verskaf die meeste sleephake vir huidige karavane en dit mag dalk wees dat hulle die regte een vir jou karavaan kan hê.  Ek sou voorstel jy haal die eenheid uit en meet sy kortste en langste lengte.  Soos Leon sê, die krag van die skokbreker is belangrik.  Waarskynlik sal een wat vir 'n sleepwa wat nastenby jou karavaan se gewig is, die regte een vir jou wa wees.  Laat weet asseblief hoe jy vorder.  Ander lede op die Forum kan dalk soortgelyke dilemmas hê.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 02:32:41 am
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 257
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Hi Oppies probeer Pretoria Karavane hulle het die een aan my karavaan vervang met sy laaste diens. Jy kan ook  by Roadque uitvind miskien sal jy daar geholpe raak vat net die ou een saam.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 08:37:55 am
Oppies
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 10 years

Hi. Het Roadque gekontak, volgens die verkoopspersoon het hulle nie voorraad nie. Wag blykbaar al drie maande vir voorraad. Hulle verkoop net die swaardiens skokbreukers.  My karavaan se GVM is 970kg. Dink nie die swaardiens een gaan op my karavaan werk nie. Gaan Pretoria Karavane probeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 14:42:48 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jaco daar is nog Campworld en leisure World handelaar in PTA.  PTA oos is daar een en hier op die ou Hanstrydom pad halfpad tussen Waterkloof lugmagbasis en Waterkloof Hoerskool.

Laas genoemde het so week of wat terug voorraad gehad toe ek daar was.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 07:53:22 am
Oppies
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 10 years

Was gister by Pretoria Karavane. Die een (Alko) wat hulle het is langer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required