English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 836
Total Replies: 257 013
Total Views: 83 393 715
topics: 305
replies: 4 506
views: 114 462
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Skokbreker vervanging by sleepstang - XT140

replies: 10
views: 187
23 Feb 2021 @ 11:13:24 am
Skonk
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 64
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 38 years

Goeie Dag,

 

Ek beoog om my Jurgens XT140 se skokbreker self  te vervang wat voor by die sleepstang werk doen vir die inloop remme.  Ek het dit nog nie tevore vervang nie (die huidige een is so te se gedaan) maar dit lyk nie vir my na Rocket Science nie en juis daaroor is ek half bekommerd want ek is nie die mees tegniese persoon in die rondte nie maar kan instruksies goed volg, lol.

Ek wil net so bietjie raad vra van diegene wat alreeds so iets self gedoen het of goeie kennis daarvan het so ek verwelkom advies of kommentaar veral waarvoor ek versigtig moet wees of as daar dalk "maklike" manier van dinge doen is.

 

Dankie by voorbaat

Hein

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2021 @ 17:16:23 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1218
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 8 years

Goeiedag Hein.

Jy sal ook aan die remme moet stel.   Ek het 'n Al-Ko dokument wat kan help.   Stuur epos aan tmb6722@gmail.com en ek stuur dit vir jou.

Groete

Butts.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2021 @ 08:28:30 am
JannieGerber
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 25 Feb 2021

Ek het ook ‘n vragie oor die skokbreker.

Dit wil voorkom of die skokbrekers op nuwer modelle vanself terugkeer na ‘n rustende posisie wanneer rem getrap word en hy indruk. 

Op ouer modelle (Jurgens fleetline 2 1980), keer hy nie terug nie. Die trekvoertuig doen dit wanneer hy weer vorentoe versnel. 

Is die stelling korrek..? 
Jannie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2021 @ 08:49:20 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1218
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 8 years

Jannie, ek weet nie.   Op my Swing vervang ek nou vir die 2de keer die skokbreker.  As die wa gehak is dink ek nie die skokbreker sal die sleepvoertuig kan wegstoot om terug te keer na die uit posisie nie.  Ek sou dink daar is fout as die wa alleen staan en die skokbreker beweeg nie uit nie.   Dan sou ek sê dis tyd vir 'n nuwe.

Wat sê die ervare mense?

Butts

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2021 @ 09:03:29 am
JannieGerber
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 25 Feb 2021

Hi Butts,

ek het maar die verskillende skokbrekers met die hand getoets met waens wat stilstaan. Ek het ook 2 nuwe skokbrekers getoets soos die een op die  Jurgens 1980, en altwee nuwes het soortgelyk gereageer.. keer nie terug nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2021 @ 14:24:42 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3827
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ons vorige 1984 Sprite s'n het beslis teruggekeer.  Die ding is waarskynlik gasgevul en as die gas ontsnap, sal daar geen uitsit-aksie meer wees nie.  Ek vermoed ook die wat jy getoets het, was maar net gedaan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2021 @ 17:51:52 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1203
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years
Die skok breker is net daar om die stamp uit tehaal Hy het nie 'n return to posiesie nie.
As jy trek demp hy met uittrek.  dan sodra jy remtrap demp hy die inloop aksie om nie die stamp te voel nie.
 
hy moet dus met weerstand in beide rigtings beweeg
dis om die inloop remme te help
Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2021 @ 14:23:46 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10187
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Ek het ook ‘n vragie oor die skokbreker.

Dit wil voorkom of die skokbrekers op nuwer modelle vanself terugkeer na ‘n rustende posisie wanneer rem getrap word en hy indruk. 

Op ouer modelle (Jurgens fleetline 2 1980), keer hy nie terug nie. Die trekvoertuig doen dit wanneer hy weer vorentoe versnel. 

Is die stelling korrek..? 
Jannie

Welkom op die forum.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2021 @ 15:11:32 pm
JannieGerber
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 25 Feb 2021

Baie dankie vir almal se insette. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat my skokbreker nog heel goed is.

Jammer Hein dat ek jou topic ge-hijack het 😁. Hoop jy het reggekom met jou vervanging van skokbreker!

Jannie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2021 @ 18:30:01 pm
pieterc
Gold Member
37% Profile Strength
Posts: 101
Joined: 10 Mar 2015

Hein

Kyk mooi hoe jy alles uitmekaar haal en sit terug in reverse order, maar teen die tyd his jy seker al klaar met die "straight forward joppie".

Tensy die remme afgestel is om die pap skokbreker se vinniger remeffek teen te werk dink ek nie dit is nodig om remme te stel as die skokbreker vervang word nie. Dit is egter altyd goed om te weet hoe dit gedoen moet word indien dit nodig sou wees.

My Slipstream se nuwe skokbreker op die inlooprem stoot ook self terug / uit as ek dit met die hand indruk maar stem saam met Butts dat dit nie die karavaan of sleepvoertuig sal beweeg om tot die "extended" posisie terug te keer as dit ingedruk was terwyl dit gehaak is nie.

Die ou skokbreker het nog redelik weerstand gebied wanneer ek dit met die hand ingedruk of uitgetrek het, maar ek kon die verskil voel as ek sleep. Ek dink nie ons kan die selfde kragte met die hand op die skokbreker sit as die sleepkombinasie nie, en is die "hand-toets" volgens my nie n akkurate aanduider van die toestand van die skokbreker nie.

As die karavaan begin ruk-en-pluk omdat die inlooprem te maklik/ vinnig aktiveer word glo ek dit is tyd vir n nuwe skokbreker.

My persoonlike en nie-expert opinie.

Pieter

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2021 @ 15:36:33 pm
Skonk
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 64
Joined: 19 Sep 2017
Experience: 38 years

Butts baie dankie vir die dokument dit maak dinge baie eenvoudiger vir my, dankie vir jou raad ook Pieter.  Ek het nog nie kans gehad om die werk te doen nie maar dit sal hopelik binne die volgende week of drie gebeur.

 

Groetnis

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za