English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 129
Total Views: 82 382 707
topics: 10 827
replies: 124 945
views: 38 859 027
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Skelms

replies: 17
views: 502
25 Jul 2019 @ 13:04:41 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years

Het persone, wat nie lede van die forum is nie, toegang tot die advertensies? Het enige iemand al suspisieuse reaksie op 'n advertensie gehad soos vals foonommers, koper tans oorsee ens? Dankie vir jul hulp!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 13:38:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7844
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Nog nie hier n probleem opgetel nie. 

Nie lede kan net die topics lees maar nie kommentaar lewer nie. 

Moet regestreer om iets te adverteer. 

Admin het goeie beheer op ongeruimdhede.

Rapporteer aan Admin as jy iets verdags opmerk. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 14:53:08 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years

Dankie Chuck. Iemand het op my advertensie van 'n Kavango gereageer maar dit lyk vir my verdag...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 15:23:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13777
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dankie Chuck. Iemand het op my advertensie van 'n Kavango gereageer maar dit lyk vir my verdag...

Maak maar net doodseker geld is beskikbaar in jou rekening voir jy wa gee......daar is nou juis weer iemand op fb wat huil wat ingedoen is en sy wa is weg

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 15:38:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4248
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ja ek glo as iemand eg is sal hulle dalk nie omgee dat die geld eers wys nie maar die probleem kom in as daar streke is en die geld word weer afgetrek as mens dit nie dadelik oorgeplaas het nie.

Enige onsekerheid draai maar eerder om dink ek is die wagwoord.

Ek hoor die mense kry ook dat mense sit ek kyk as jy iets as "WANTED" vra. Dan skielik kom 'n verkoper na vore en dan na jy betaal het kry jy nooit jou item nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 19:24:33 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years

Maak maar net doodseker geld is beskikbaar in jou rekening voir jy wa gee......daar is nou juis weer iemand op fb wat huil wat ingedoen is en sy wa is weg

Dit is een van die manne wat kamstig in die buiteland werk.......

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 19:56:56 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Moenie net die geld wat met EFT betaal is aanvaar nie. Daai transaksie kan nog vir 3 dae na inbetaling terug gevat word.

Beste is beide partye gaan in die bank in en geld word binne die bank oorbetaal.  Vra dan ook vir die kasiere dat geld dadelik beskikbaar moet wees. So kan die transaksie nie teruggedraai word nie.

Die oomblik wat jy se betaling word slegs binne die bank gedoen dan vat hulle die pad as dit nie 'n ware koper is nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 21:08:00 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Leon. Ek het n reel wat ek vir myself gestel het.  Kry ek n EFT betaling moet dit wys as beskikbaar. Net daar plaas ek daardie geld in n ander rekening. As dit daar beskikbaar is dan handig ek die produk oor

 

 

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 21:37:02 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 237
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Stem saam Bak oor ek doen dit ook so om dadelik die EFT geld na n ander rekening oor te plaas. Moet ook nooit die transaksies by snaakse plekke en winkel sentrums of garages in kontant doen nie want hulle volg jou en roof jou weer daarna. Doen dan liewer die transaksie in die bank.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jul 2019 @ 22:20:13 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 112
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years

Het lank terug by ‘n persoon geleer.  Ontmoet die persoon in die bank hy het nooit aan die geld gevat nie sodat jy ook nie die risiko binne in die bank het nie en gevra dat fondse onmiddelik beskikbaar moet wees.  Niemand kan jou agtervolg nie aangesien jy nooit in besit is van die geld  is nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2019 @ 10:35:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon. Ek het n reel wat ek vir myself gestel het.  Kry ek n EFT betaling moet dit wys as beskikbaar. Net daar plaas ek daardie geld in n ander rekening. As dit daar beskikbaar is dan handig ek die produk oor

 

 

As jy die geld oor betaal na 'n ander rekening en die ou keer die transaksie om, wys jou rekening 'n minus.  Daai ou se motivering is hy het dit in die verkeerde rekening oorbetaal.  So iets kan bv met enige iemand werklik gebeur. Onthou hierdie is "Organized Crime".  Veral as die persoon wat in die bank werk deel is van die scam. Dis nie 'n ou wat skielik besluit hy gaan jou met 'n strik vang nie.

ABSA se woorde aan my is dat die enigste manier om seker te maak daai geld bly in jou rekening is 'n transaksie binne die bank.  En dan vra jy vir die kasiere dat die geld onmiddelik beskikbaar moet wees.  Dit vat 'n tydjie in die bank en dit kos jou so R170. Maar ek dink dis die moeite werd as jy die R170 vergelyk met R300 000.  Die EFT geld is na 72 uur (3 dae) ook net vas in die sin dat  ABSA jou sal bel as die sogenaamde transaksie dan omgekeer wil word.

Kom ons se daai ABSA persoon wat jou bel kry jou dan ongelukkig nie in die hande nie.

????????????????????????????????????????

Ek beskou R200 000 vir my Navara, R135 000 vir 'n boot, R200 000 vir  Classique, R300 000 vir my vorige Ranger maak of breek geld as ek dit sou verloor.  So ek vertrou nie 'n EFT nie.  Nie eers as dit deur familie lid betaal word nie.

Jy sal sien dat bloot die feit dat jy noem dat die transaksie slegs binne die bank sal verloop. Sal maak dat die rowers die pad vat.  Want hulle weet hul kan nie die geld dan terug kry nie.

Dit maak jou gemoeds toestand ook meer gemaklik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2019 @ 10:43:03 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Weereens is dit elke ou vir homself.  In die geval volg ek die raad wat die bank my gegee het.  Want hulle sit daagliks met die tipe van scams en probleme.

Daar is tans groot maatskappye wat jou motor vinnig vinnig by jou kom koop.  Betalings doen en sommer die papier werk ook afhandel daar by jou huis.  (Advertensie op die radio)

Hoe weet jy daai persoon is wie hy se hy is. Glo jy hom net omdat hy 'n T-hemp dra van die plek????????

My raad is.................  ry na hulle perseel toe dan weet jy verseker met wie jy te doen het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2019 @ 13:10:22 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2489
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons het 'n paar jaar gelede my vrou se Corolla aan 'n swart polisieman verkoop en op kontant aangedring.  Hy het heeltemal verstaan waarom ons dit vereis het.  Hy en 'n kollega, beide gewapen, het die geld gebring, die transaksie afgehandel en baie gelukkig met die voertuig vertrek.  Hulle het gesê hulle was nog selde so bang as toe hulle met die hoop geld na hulle motor toe moes stap nie. As twee groot gewapende polisiemanne bang is, wat van ons gewone onopgeleide, ongewapende outjies?  Hy het 'n paar weke daarna gebel om te sê die kar is op sy naam geregistreer en ons weer bedank dat ons die voertuig, wat hy as puik beskou het, aan hom verkoop het.   Lekker om sake te kan doen sodat beide partye tevrede is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2019 @ 14:08:39 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Mense; Luister na Leon rakende die doen van 'n transaksie binne die bank en die onmiddellike vrystelling van die geld. Dit is al wat werk. Die ander opsie is om 10 werksdae te wag sodat geld op die normale wyse beskikbaar gestel kan word, en dan moet die koper 10 dae wag voordt hy die produk kan kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2019 @ 08:44:50 am
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years

 

Ek het onmiddelik agterdogtig geword oor die werk in die buiteland storie en toe hy vra of ek PayPal betaling aanvaar.  Het ook nie weer van hom laat hoor nadat ek hom ignoreer het nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2019 @ 15:17:55 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Baie bly dat jy die ou die lyn gegee het.

'n Ware koper sal wel sy opwagting maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2019 @ 07:39:57 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13777
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

 

Ek het onmiddelik agterdogtig geword oor die werk in die buiteland storie en toe hy vra of ek PayPal betaling aanvaar.  Het ook nie weer van hom laat hoor nadat ek hom ignoreer het nie.

As jy my vra bly hy naby jou....maak betaling  en stuur kamma mense om wa namens hom te haal sodat as hy uitgevang word hy net kan sê hy kom haal namens koper. As hy weer kontak maak, sê vir hom jy verkoop nie die wa aan iemand as hy nie self eers persoonlik kom kyk nie, want jy soek nie stories na die tyd van n teleurgestelde koper nie.....dan los hy jou gou-gou

 

Ns....ek sien boswaens en off roadsters is redelik op die "hit list" deesdae

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2019 @ 11:35:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit maak nie saak wat jy op die net plaas om te verkoop nie.  Karre, TV's, horlosies, trailers, Enige iets van waarde.  Selfs 2de handse selfone.

Dit is 'n vinnige manier van geld maak as die verkoper niks vermoed nie.  

My seun het my nie raad gevra nie en 'n paar jaar terug sy laptop so verloor.

Baie duur skool geld.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required