English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 537
Total Replies: 252 853
Total Views: 83 252 257
topics: 11 581
replies: 139 257
views: 39 344 519
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Skade = Woede = Geld

replies: 16
views: 479
05 Jul 2020 @ 09:55:25 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1219
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Net as jy dink alles gaan goed, dan kom die skade ..... My Ma het altyd gesê "Ver van jou goed, naby jou skade!"

In ons meenthuis kompleks het ek nie juis plek vir my karavaan nie (te veel ander rygoed ...) en stoor "Pophuis" dus by 'n stoorplek so 5 km van my af. Sekuriteit bestaan uit elektriese omheining, "Ogies" en, sou daar alarms ens. afgaan is die plaaslike Sekuriteitsmaatskappy daar, wapens en al.

Stoorgeld is nie te onaanvaarbaar nie, en die 'vaantjie staan al daar vir so 17 maande of wat.

Weens die feit dat ek nie die battery kan laai by die stoorplek nie, besluit ek om die karavaan te gaan haal, hier by die kompleks te laai, skoon te maak ens.(ons moes redelik vinnig voor die Inperking terugkeer van ons uitgebreide kampvakansie en het nie juis alles kon skoonkry voor die stoorplek gesluit het nie). Sodoende is ons dan reg vir die KNP in Augustus ....

Met die karavaan gehak, bly my Touareg vir my wys dat die karavaan agter nie "gelees" word nie en die tru-sensors bly dus aanhoudend skree. Weer die prop nagegaan en maar besluit om so huis toe te ry - dis net 5 km. 

By die kompleks wil die yskas glad nie aanskakel nie, die ligte in die karavaan wil nie aan nie, tenspyte van die feit dat die kragkabels wel gekonnekteer is om die battery te laai. Onder ingeklim ... en met 'n skok gesien dat AL die drade onder die karavaan geknip en so gesteel is .... die koper in die drade sal seker die wetter so R15 in die sak bring maar vir my is dit omtrent R2000+ skade. Sal more 'n kowatsie moet kry.

Die stoorplek het beslis dat die *&*$@#* onder deur die elektriese heining gekom het, en dat die "ogies" wel die alarm laat skree het wat die sekuriteitsmaatskappy in kennis gestel het. Niks gesien nie, drade alles in orde (die #$%%$$ het seker teen daardie tyd onder "Pophuis" weggekruip , en ja, daar sit ek met die probleem.

Ai tog! Gelukkig is ons volgende kamp nie dadelik nie, want hierdie gaan seker 'n tydjie neem om reg te kry.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 11:13:30 am
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 430
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

Hope insurance will cover you but excess will probably be as much. So infuriating and they will make so little out of it.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 15:57:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17423
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hartseer. Toe my vrou paar jaar terug n winkel gehad het, het ons grootmaat gekoop by n verskaffer en toe 2x toesluit motor huise by daai storage plek langs N1 langs Waterkloof lugmag basis gehuur om voorraad daar te stoor. Toe ons eendag voorraad wil optel, sien ek ander slotte op my garages. Ons haal toe slotte af en vind dat beide garages leeg gesteel was.....soos in 100% leeg. Was 2x van daai 9meter garages, so jy kon onmoontlik alles op 1x vrag kry. Met navraag werk elektriese heining nie en geen CCTV material beskikbaar by hoofhek nie. 

My broer se dubbel as trailer is gesteel by storage plek in Irene omgewing. Nee wat, ek bly weg van daai plekke

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 17:18:12 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 237
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Ja dit is hartseer maar n kans wat n man moet vat. Ons is nie almal bevoorreg om toesluit afdakke ensomeer te geniet nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 18:04:12 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16142
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My wa het sedert Nov 2011 by n maat van my op sy plot gestaan.  Dis die Classique en Maia.  

Alhoewel hulle maar altyd op die plot is en die sekuriteit buitengewoon goed is, is mens maar altyd bekommerd.

Het n groot afdak nou vir die wa opgerig.  Tipper, Ford Fiesta en VW Up staan gemaklik onder die dak.

So wa kan nou elke dag by huis slaap, as hy nie gebruik word nie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 18:05:38 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16142
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jammer om van jou skade te hoor Nico

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 18:49:00 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2240
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Jammer oor jou skade Nico. Wens mens kan hulle op hete draad betrap. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 19:30:46 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 652
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Jammer om te verneem van jou skade Nico. 'n Mens voel so magteloos en woedend as so iets met jou gebeur.  

My wa staan onder 'n afdak wat aan 3 kante van bo tot onder toe is met skadunet en voor is ook skadunet wat ek kan oprol. Ek het 'n alarm binne in die wa asook 2 "beams"  agterr in die erf wat my gaan waarsku as daar iemand oppad is na die wa toe.

Probeer maar als in jou vermoê doen om jou bates te beskerm maar jy het geen waarborg dat jy nie gaan skade kry nie.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2020 @ 20:21:03 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1306
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Só dankbaar dat ek eerstens in 'n plattelandse dorpie woon wat nog relatief vry is van misdaad. Tweedens staan my wa toegesluit in sy eie garage by my huis. Sterkte vir diegene wat nie sulke fasiliteite het nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 10:03:41 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2031
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek is ook een van die gelukkiges wat 'n eie motorhuis vir ons Exclusive het met die verdere voordeel dat ons in 'n sekuriteitskompleks woon.

'n Paar jaar terug moes ek egter noodgedwonge die Exclusive vir drie maande by 'n stoorplek hier in Brackenfell stoor waar talle ander karavane, bote, antieke motors en surplus winkelvoorade gestoor word  -  'n regte "la-de-da" plek met elektriese heinings, sekuriteitspersoneel wat 24 uur aandiens is en siersteen geboue.

Langs my Exclusive was 'n groot boot geparkeer wat tot gevolg gehad het dat die karavaandeur net op 'n baie klein skrefie oopgemaak kon word  -  iets wat my nogal groot gerusstelling gegee het.  Op 'n dag bel die bestuur my en sê ek moet die wa kom uittrek sodat my karavaan se deur behoorlik toegemaak kan word, want dit staan op 'n skrefie oop.  Daar gekom, doen ek inspeksie, maar kan natuurlik nie deur die deur na binne kom nie.  Ek stap om om van die anderkant deur die venster te loer  -  daar vind ek die venster is oopgeforseer, gelukkig nie gebreek nie, my nuwe Samsung elektroniese mikrogolf is gesteel en deur die venster verwyder. Die dief het natuurlik die deur van binne af probeer oopmaak, vandaar dat dit op 'n skrefie oopgestaan het.  Ongelukkig is die naaste CCTV-kamera so geplaas dat dit net-net my wa gemis het en kon ongelukkig nie die dief opneem nie.  Die dubbele elektriese heining was nêrens beskadig nie en die enigste verklaring was die volgende: Van die besigheidskliënte stuur hulle werknemers om voorrade uit hul stoorplek te verwyder (daar is voortdurend paneelwaens wat voortdurend vir dié doel in- en uit beweeg) en die vermoede is dat van hierdie werksmense die diefstal helder oordag gepleeg het.

Die Bestuur was uiters professioneel, het my ten volle vergoed vir 'n nuwe mikrogolf en vir my 'n ander staanplek, nader aan die kantore, gebied.

Maak nie saak watter voorsorg getref word nie, maar steel sal gesteel word.  Ek is daarom baie dankbaar my Exclusive staan hier by my, onder my neus.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 10:17:52 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het my classique ook vir drie maande by n selfstoreage gestoor onder dak.

Hulle is goed geordin maar dit bly n risiko.

Ek het elke dag gaan kyk of als nog reg is, some twee keer n dag.

Dit het so op my senuwees gewerk want hy was en is nog steeds splinter nuut.

Het n afdak by die huis gebou en moes wag vir die goedkeuring van die planne 

Binne 15 werks dae was die dak op en dit was al 5 Feb gewees.

Darm met die inperking was my wa by die huis.

Vêr van jou goed, Na aan jou skade.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 15:19:05 pm
kleinman
Silver Member
48% Profile Strength
Posts: 81
Joined: 27 Nov 2017

Ja wat, ons land het so geword dat jy deesdae als moet agter slot en grendel toesluit. Die d๐Ÿ˜ nners dink nie aan die ongerief wat hulle vir jou veroorsaak nie...dankie tog my Sherpa staan agter in  my garage...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 17:20:34 pm
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 40 years

Ai man, dis darm maar sad.

Wat my altyd laat wonder is hoe die manne altyd weet waar die kamera's nie kyk nie en wanner die drade nie werk nie.

Ek se altyd "inside job".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jul 2020 @ 18:00:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17423
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ai man, dis darm maar sad.

Wat my altyd laat wonder is hoe die manne altyd weet waar die kamera's nie kyk nie en wanner die drade nie werk nie.

Ek se altyd "inside job".

Dink ook so. Hierdie is iemand wat baie tyd gehad het.......dink nie iemand sal inkom en onder n wa gaan lê om drade te sny nie.....te donker in die aand. Sal liewer venster breek en iets duurs gryp, maar dit sal baie opsigtelik wees en almal sal weet in watter skof dit moes plaasvind en sodoende die regtes vastrek. Hierdie is baie onopsigtelik....so niemand kom dit agter nie en niemand kan verwys na n sekere skof wat aan diens was wat verantwoordelik gehou kan word nie. 

Mens betaal n maandelikse fooi vir n stoorplek met n werkende elektriese heining en n werkende CCTV stelsel.....maar T&C's sal hulle seker weer vrywaar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 06:24:12 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 996
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

As dit 'n algemene stoorplek is, dan wonder ek hoeveel ander waens ook skade het?

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jul 2020 @ 07:48:59 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3487
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar is mense in ons land, moontlik besoekers van oor die grens, wat alles steel wat hulle kan.  My vier lanterns by my voorhekke is almal afgebreek en is weg.  Dis nie eers waardevolle metaal nie, sommer goedkoop pewter. Baiemaal een rand se wins vir 'n duisend rand se skade.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 12:11:07 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Jammer Nico. Dit moes n' maklike steel gewees het om dit die mooite werd te maak om die bietjie draade van n' woonwa te steel.

Ek het n' toesluit motor huis vir my woonwa gebou. Die Gypsey en die Penta het in gepas. Die Exclusive is 150mm te hoog. So hy staan in die drive way. Die plan was nooit dat hy daar vir so lank staan nie maar ek belowe dit gaan binne die volgende weeke verander. Nog net die kos moet ingepak word. Ek het nou genoeg gehaad en moet weg kom van hierdie hot spot.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za