Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22147 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17887 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6350 |
Bostoe | 5513 |
BrianB | 5441 |
HM | 4790 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3224 |
mulderpm | 2761 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2156 |
Chris Boucher | 2025 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1878 |
Nico | 1777 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1694 |
Dansan | 1533 |
Butts | 1471 |
Mars Member | 1000 + |
DK | 1352 |
George | 1281 |
Louvan | 1261 |
RichardJ | 1199 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 867 |
JohanMarais | 825 |
Piet Ford | 738 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 667 |
Benkie | 595 |
Douglas Green | 578 |
Willie54 | 456 |
1Pierre2 | 450 |
Platinum Member | 250 + |
Harv | 424 |
Rare Breed | 423 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 387 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 370 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
captiva | 280 |
Meerkat | 272 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Hennie1968 | 233 |
Bushbaby | 208 |
Trev1 | 201 |
Joos Pretorius | 200 |
BigG | 187 |
elkerlyc | 187 |
Stephan | 182 |
Maurits | 173 |





Sjinese voertuie
Ek lees daar kom alweer 'n nuwe Sjinese voertuig na on land genaamd die LEPAS. Sulke nuwe name of nuwe modelle van dié land af is amper 'n weeklikse verskynsel. Hulle SUV's, wat seker die populêrste segment van die voertuigmark is, is een en almal van buite baie mooi voertuie met indrukwekkende spesifikasies teen baie lae pryse. Maar ek sal nie een koop nie.
Van die name het al gekom en gegaan, een het gekom, gegaan,weer gekom en onlangs weer gegaan. As jy so 'n voertuig het, wat word van naverkoopdiens? As iets verkeerd gaan en jy het onderdele nodig, gaan jy dit kry? Ek het al gelees, ook op hierdie Forum, van mense wat maande gewag het vir onderdele op van die meer bekende en stabiele name, so wat nog van die talle ander wat maar min verkoop of van die mark af verdwyn het? En as jy tussen Niks en Nêrels reis en hy raak onklaar en die naaste agent is honderd kilos ver in 'n stad, wat maak jy dan?
Jy betaal wel min aanvanklik maar as jy verkoop of inruil, wat gaan jy kry? 'n Familielid het 'n Chery SUV sedan gekoop, die wat verdwyn het voor hulle weer verskyn het. Toe sy verkoop het, was hulle nog op die mark. Sy het sowat R200 duisend nuut vir hom nuut betaal en na 'n jaar met bitter min kilos op, slegs R100 duisend vir hom gekry toe sy besluit het om 'n sedan te koop. Ons weet nuwe voertuie se waarde daal vinnig maar darem nie sò vinnig nie. En hy was in 'n puik toestand. Volgens die lyste van mees gesteelde voertuie wat ek gesien het, is Sjinese voertuie nie juis op die lys nie. Dis miskien 'n bedekte voordeel, maar dan weer, as diewe dit nie eers wil hê nie, hoekom sou ek wou?
Ek dink as jy hierdie voertuie soos 'n kledingstuk wil beskou wat jy dra tot hy gedaan is en dan gee jy dit weg of gooi dit in die vuilgoeddrom, is dit seker aanvaarbaar. Maar selfs hierdie voertuie kos 'n paar honderd duisend rand so ek is nie bereid om hom so te hanteer nie .
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred dit is alles waar maar nogtans het die oosterse voetuie nou die plek ingeneem waar die Europese vervaardigers so 15 jaar terug was. Die Europeese vervaardigers trek swaar en begin om aff te skaal.
Ek het in Swakopmund van M & Z Motors verneem dat hulle kliente het (Indiese voertuie) wat onder waarborg 3 maande al wag vir onderdeele. En hulle wag nog!
Lepas (a combination of the words “leap” and “passion”) van Chery.
Groete,
Paul
Is die nie die BRICS venote se plan om die Duitse fabrikate asook ons eie Ford, Toyota en Nissan met goedkoop goed uit die mark te dwing nie. Ons fabrieke maak toe weens lae verkope, net vir een van die BRICS manne om later in die Merc / BMW / Audi / Ford / Nissan gap in te stap of een oor te vat vir next to nothing nie?
Kyk maar wat is die pad wat Yskor geloop het. Wie het geld gehad om die te koop, en later wou niemand Yskor he nie?
Ek gaan nie juis vir samesweringsteorieë nie maar ek wonder of jy nie dalk reg is nie. Groot geld veroorsaak gereeld handelsoorloë. Dink maar aan die Nederlandse-Spaanse oorlog van n paar eeue gelede, die Boere oorlog, die twee Amerikaanse oorloë in die Midde Ooste, die streeksoorloë in midde Afrika en so meer. Dit gaan maar alles oor geld.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die oornaame van die voertuig mark deur die ooste is n' internationaale tendens. Die Europese fabrieke en hulle ander fabrieke in Suid Afrika en Australie en America en Mexico het nie meer die verkoope wat hulle 15 jaar terug gehad het nie en dus maak van hulle toe.
Groete,
Paul

Fred dit is alles waar maar nogtans het die oosterse voetuie nou die plek ingeneem waar die Europese vervaardigers so 15 jaar terug was. Die Europeese vervaardigers trek swaar en begin om aff te skaal.
Ek het in Swakopmund van M & Z Motors verneem dat hulle kliente het (Indiese voertuie) wat onder waarborg 3 maande al wag vir onderdeele. En hulle wag nog!
Lepas (a combination of the words “leap” and “passion”) van Chery.

Ek aanvaar jy praat van 'n Tata of Mahindra? Jy weet seker dat meeste van die klein sedans in ons land ook in Indië ontwikkel is en dat ons dit van hulle af invoer. Dit sluit die klein Suzukis in. Daar is sover ek weet nie probleme met hulle onderdele nie. Ek dink wat jy noem is maar die gevolg van klein verkope wat veroorsaak dat daar nie genoeg ondedele plaaslik aangehou kan word nie wat dus na my mening dieselfde probleem is as met die meeste Sjinese voertuie. Ekself ry 'n Peugeot 3008 wat maar baie min hier verkoop en ek hou maar duime vas dat as daar model-spesifieke onderdele benodig sal word, dit wel gou beskikbaar sal wees.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het by n firma gewerk tot aftrede wat onder andere afgedankte Transnet lokomotiewe koop en herbou, bv: GM's, GE's, 5E's en 8E's waarvan onderdele vrylik beskikbaar is en daarna word hulle op kontrak basis verhuur aan verskeie myne.
Op n geleentheid begin n nuwe bestuurder wat deel met buitelandse aankope.
Hy oorreed top bestuur om nuwe Chinese Lokomotiewe te koop waarvan kostes baie minder is as om te herbou.
Agt lokomotiewe word aangekoop.
Te 'Pragtig' toe hulle in SA/boot arriveer.
Eerste 'Failure' is geen parte beskikbaar uit China nie en moes alles modifiseer sodat die lokomotief weer 'Railworthy' is.
Gevolgtrekking - Goedkoop Koop is n Baie Duur Koop.
We had our time as campers as well as permanent.
The time has come and go to say G/By.

Hopelik sal die mense wat so ywerig Sjinese voertuie koop, dit mettertyd besef en weer terugkeer na betroubare voertuie. Die Sjinese nywerhede is so groot dat hulle die hele wêreld se fabrieke bedreig en dit is tot ons almal se nadeel. En dis nie net wat voertuie betref nie, dis amper alls wat te koop is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja die Sjinese mark maak ons plaaslik vervaardiges baie seer. Het hier oor die naweek gesien dat Nissan die fabriek in Roslyn toemaak. 'n Groot klompie werksgeleenthede gaan daarmee heen wees.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

En pas is weern nuwe model Omodo bekendgestel.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja dis rof innie voertuig maark
Haak daai wa kamp bly koning
