Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 22884 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18390 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6649 |
| BrianB | 5900 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3577 |
Saturn Member | 2000 + |
| Kanneman | 2171 |
| Chris Boucher | 2158 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1903 |
| Nico | 1814 |
| Hennie Botha | 1721 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1607 |
| Butts | 1516 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1405 |
| RichardJ | 1390 |
| Louvan | 1332 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 912 |
| JohanMarais | 829 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 671 |
| Benkie | 605 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 560 |
| Willie54 | 515 |
| Tjaart | 475 |
Platinum Member | 250 + |
| Herman | 444 |
| LEEN | 418 |
| Oumens | 399 |
| Kamp is Koning | 372 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 351 |
| Pontius | 285 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Grompie | 263 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 254 |
Gold Member | 100 + |
| Hennie1968 | 247 |
| Trev1 | 225 |
| Chris Steffen | 206 |
| Joos Pretorius | 204 |
| BigG | 192 |
| Stephan | 185 |
| Ad Rem | 183 |
| Driesvan | 181 |
| Maurits | 180 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
| HarryOpieTremspoor | 148 |
| Dolrik | 148 |
Sjinese voertuie
Ek lees daar kom alweer 'n nuwe Sjinese voertuig na on land genaamd die LEPAS. Sulke nuwe name of nuwe modelle van dié land af is amper 'n weeklikse verskynsel. Hulle SUV's, wat seker die populêrste segment van die voertuigmark is, is een en almal van buite baie mooi voertuie met indrukwekkende spesifikasies teen baie lae pryse. Maar ek sal nie een koop nie.
Van die name het al gekom en gegaan, een het gekom, gegaan,weer gekom en onlangs weer gegaan. As jy so 'n voertuig het, wat word van naverkoopdiens? As iets verkeerd gaan en jy het onderdele nodig, gaan jy dit kry? Ek het al gelees, ook op hierdie Forum, van mense wat maande gewag het vir onderdele op van die meer bekende en stabiele name, so wat nog van die talle ander wat maar min verkoop of van die mark af verdwyn het? En as jy tussen Niks en Nêrels reis en hy raak onklaar en die naaste agent is honderd kilos ver in 'n stad, wat maak jy dan?
Jy betaal wel min aanvanklik maar as jy verkoop of inruil, wat gaan jy kry? 'n Familielid het 'n Chery SUV sedan gekoop, die wat verdwyn het voor hulle weer verskyn het. Toe sy verkoop het, was hulle nog op die mark. Sy het sowat R200 duisend nuut vir hom nuut betaal en na 'n jaar met bitter min kilos op, slegs R100 duisend vir hom gekry toe sy besluit het om 'n sedan te koop. Ons weet nuwe voertuie se waarde daal vinnig maar darem nie sò vinnig nie. En hy was in 'n puik toestand. Volgens die lyste van mees gesteelde voertuie wat ek gesien het, is Sjinese voertuie nie juis op die lys nie. Dis miskien 'n bedekte voordeel, maar dan weer, as diewe dit nie eers wil hê nie, hoekom sou ek wou?
Ek dink as jy hierdie voertuie soos 'n kledingstuk wil beskou wat jy dra tot hy gedaan is en dan gee jy dit weg of gooi dit in die vuilgoeddrom, is dit seker aanvaarbaar. Maar selfs hierdie voertuie kos 'n paar honderd duisend rand so ek is nie bereid om hom so te hanteer nie .
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred dit is alles waar maar nogtans het die oosterse voetuie nou die plek ingeneem waar die Europese vervaardigers so 15 jaar terug was. Die Europeese vervaardigers trek swaar en begin om aff te skaal.
Ek het in Swakopmund van M & Z Motors verneem dat hulle kliente het (Indiese voertuie) wat onder waarborg 3 maande al wag vir onderdeele. En hulle wag nog!
Lepas (a combination of the words “leap” and “passion”) van Chery.
Groete,
Paul
Is die nie die BRICS venote se plan om die Duitse fabrikate asook ons eie Ford, Toyota en Nissan met goedkoop goed uit die mark te dwing nie. Ons fabrieke maak toe weens lae verkope, net vir een van die BRICS manne om later in die Merc / BMW / Audi / Ford / Nissan gap in te stap of een oor te vat vir next to nothing nie?
Kyk maar wat is die pad wat Yskor geloop het. Wie het geld gehad om die te koop, en later wou niemand Yskor he nie?
Ek gaan nie juis vir samesweringsteorieë nie maar ek wonder of jy nie dalk reg is nie. Groot geld veroorsaak gereeld handelsoorloë. Dink maar aan die Nederlandse-Spaanse oorlog van n paar eeue gelede, die Boere oorlog, die twee Amerikaanse oorloë in die Midde Ooste, die streeksoorloë in midde Afrika en so meer. Dit gaan maar alles oor geld.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die oornaame van die voertuig mark deur die ooste is n' internationaale tendens. Die Europese fabrieke en hulle ander fabrieke in Suid Afrika en Australie en America en Mexico het nie meer die verkoope wat hulle 15 jaar terug gehad het nie en dus maak van hulle toe.
Groete,
Paul
Fred dit is alles waar maar nogtans het die oosterse voetuie nou die plek ingeneem waar die Europese vervaardigers so 15 jaar terug was. Die Europeese vervaardigers trek swaar en begin om aff te skaal.
Ek het in Swakopmund van M & Z Motors verneem dat hulle kliente het (Indiese voertuie) wat onder waarborg 3 maande al wag vir onderdeele. En hulle wag nog!
Lepas (a combination of the words “leap” and “passion”) van Chery.
Ek aanvaar jy praat van 'n Tata of Mahindra? Jy weet seker dat meeste van die klein sedans in ons land ook in Indië ontwikkel is en dat ons dit van hulle af invoer. Dit sluit die klein Suzukis in. Daar is sover ek weet nie probleme met hulle onderdele nie. Ek dink wat jy noem is maar die gevolg van klein verkope wat veroorsaak dat daar nie genoeg ondedele plaaslik aangehou kan word nie wat dus na my mening dieselfde probleem is as met die meeste Sjinese voertuie. Ekself ry 'n Peugeot 3008 wat maar baie min hier verkoop en ek hou maar duime vas dat as daar model-spesifieke onderdele benodig sal word, dit wel gou beskikbaar sal wees.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het by n firma gewerk tot aftrede wat onder andere afgedankte Transnet lokomotiewe koop en herbou, bv: GM's, GE's, 5E's en 8E's waarvan onderdele vrylik beskikbaar is en daarna word hulle op kontrak basis verhuur aan verskeie myne.
Op n geleentheid begin n nuwe bestuurder wat deel met buitelandse aankope.
Hy oorreed top bestuur om nuwe Chinese Lokomotiewe te koop waarvan kostes baie minder is as om te herbou.
Agt lokomotiewe word aangekoop.
Te 'Pragtig' toe hulle in SA/boot arriveer.
Eerste 'Failure' is geen parte beskikbaar uit China nie en moes alles modifiseer sodat die lokomotief weer 'Railworthy' is.
Gevolgtrekking - Goedkoop Koop is n Baie Duur Koop.
Hopelik sal die mense wat so ywerig Sjinese voertuie koop, dit mettertyd besef en weer terugkeer na betroubare voertuie. Die Sjinese nywerhede is so groot dat hulle die hele wêreld se fabrieke bedreig en dit is tot ons almal se nadeel. En dis nie net wat voertuie betref nie, dis amper alls wat te koop is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja die Sjinese mark maak ons plaaslik vervaardiges baie seer. Het hier oor die naweek gesien dat Nissan die fabriek in Roslyn toemaak. 'n Groot klompie werksgeleenthede gaan daarmee heen wees.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
En pas is weern nuwe model Omodo bekendgestel.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ja dis rof innie voertuig maark
Haak daai wa kamp bly koning
En hier kom nog twee- Changan en Deepal! Onthou ook dat elkeen van die vervaardigers verskeie modelle op die mark het. Kan hule met die geringe verkope van meeste, werklik betroubare naverkoopdiens lewer?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dis karre vir ryk mense. Ons mense wat mooi moet kyk na hul geld moet maar Toyotas ensovoorts koop....kan nie bekostig om elke jaar te moet vervang nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die spreekwoord sê goedkoop koop is duurkoop. Dit sê ook om goedkoop koop goed te koop is n rykman se werk. Dis ou uitdrukkings en steeds waar soos jy sê Geert.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Die GWM Tenk lyk indrukwekkend met goeie wringkrag en is "Boldish" gebou.
Weereens, as iets onklaar raak moet jy seker n SAW Weermag Tenk kry om hom plat te ry om te verkoop vir 'Cash for Scrap'.
n Mede kampeerder het die GWM Hover en dadelik ontslae geraak van die 2.4lt petrol engine en Chinese ratkas en die 'Lexus Conversion' laat doen.
Hy is 'Happy', maar nie sy 'Wallet' nie veral by brandstof verbruik met die V8 Lexus.
Daar is 'n goeie spreekwoord in Afrikaans: "Al dra 'n aap 'n goue ring, bly dit maar 'n lelike ding"
Staan nou die dag 'n nuwe Omoda en bekyk wat tentoongestel word in 'n winkelsentrum (nie dat ek belangstel nie, ek het ook my trots!) maar Joanie wou Dischem toe, en nou ja, dis minder interessant as die Omoda. Eintlik 'n baie moderne motor, so groot soos my Touareg, maar toegerus met 'n 1500 cc masjientjie. Sal beslis nie "Awol"(my karavaan) kan trek nie. Sit toe maar (op aandrang van die verkoopsmannetjie) en bekyk die effense skewe paneelbord - gaping aan die bestuurderkant groter as aan die ander kant. Ek vra die man nou hoe dan so?
"Nee Oom," sê hy" Die kar moet nog gaan vir sy "pre-inspection" diens" ............ Op 'n paneelbord?
Nou ja, genoeg gesê!!!!!
Ek het onlangs op internet weer na Sjinese voertuie gelyk en na gesprekke oor die radio gelees en my indruk is steeds baie swak. Een persoon het gesê die Sjinese is op die oomblik nie juis begaan oor wins nie en is inderdaad bereid om onder koster te verkoop om mededinging te onderdruk sodat hulle markaandeel kan vergroot. Omdat hulle regering hulle ondersteun en trouens meeste fabrieke besit, is dit nie moeilik nie.
Daar is pas 'n nuwe Changan aangekondig. Baie mooi SUV met 'n baie indrukwekkende lys van spesifikasies. Pryse is van bietjie oor 300 duisend rand tot onder 500 duisend. Almal is baie goed toegerus en die topmodelle se spesifikasies is soortgelyk aan gevestigde SUV's soos Tiguan wat hier by 'n miljoen rand kos.
Toe gaan kyk en na Hellopeter. Daar is ongelukkig nie juis terugvoere van Changan of BYD voertuie nie, dalk omdat hulle maar klein spelers hier by ons is. Daar is egter baie terugvoere oor die grootste verkopers, GWM/Haval en Chery. En skokkend is dat byna sonder uitsonderring, die terugvoer baie swak is. Byna almal kry een uit vyf sterre, die laagse moontlik. Die klagtes is almal oor naverkoopdiens en in besonder nie-verkrygbaarheid van onderdele. Baie eienaars wag al maande vir onderdele en jy kan raai wat dit in sommige gevalle kos om tydelike alternatiewe vervoer te bekom. Dan lyk 'n sewejaar waarborg nie meer so aantreklik nie. Ek het nie gesoek nie, maar ek kan my nie voorstel dat herverkooppryse noemenswaardig kan wees nie.
Geld praat en mense kyk hulle vas teen die oënskynlik waarde vir geld en so help hulle gevestigde name vernietig. Uiteindelik sal ons maar met Sjinese voertuie as enigste bekostigbare keuse sit. Of hulle dan nog sal probeer om ander te oortref na hulle dit nie meer nodig het nie wonder ek. En ou betroubare vervaardigers gaan nie terugkeer nie. Dink maar aan die Britse voertuie wat permanent van die mark verdwyn het omdat hulle nie teen ander kon kers vashou nie. Vir my lyk die motorvoertuigtoekoms maar duister. Moontlik is my Peugeot my laaste voertuig so dis nie juis my probleem nie- behalwe as onderdele dalk ook skaars word, maar dis nie 'n lekker gedagte dat kwaliteit verlore gaan nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
ek hou ook veral die bakkie mark en spelers dop. die vraag is altyd, as mens weens diefstal of ongeluk jou sleepvoertuig verloor, wat koop mens.??
Pryse van nie-Sjinese trokkies is so duur, dat ek kwalik weer 'n Hilux sal kan koop, van 'n Triton [1ste keuse] praat ek nie eers nie. As die nood druk eerder 'n nuwe Karoo-lammetjie [Mahindra] as 'n gebruikte Hilux, Ranger of Isuzu.
Ek weet nie juis veel van Mahindra en Tata nie, maar ek sou hulle eerder vertrou as Sjineses want hulle het hulleself hier bewys na my mening. Byna al die kleiner voertuie wat ons hier koop, onder andere Toyota, Kia en Suzuki, is eintlik van Indiese afkoms. Die groot maatskappye het Indiese filiale en hulle spesialiseer in die ontwikkeling lyk dit my, van kleiner voertuie, moontlik omdat dit is wat in Indië binne die meeste mense daar se vermoë is. Ek sal hoegenaamd geen probleem hê om byvoorbeld 'n Suzuki Fronx te koop nie- hy en ander Indiese afkoms voertuie is puik. Ek weet dit is nie 'n bewys dat Indiese bakkies ook goed is nie, maar ek is geneigd om dit te vermoed.
Ek het op 'n stadium na 'n Mahindra SUV gekyk voor ek my Peugeot gekoop het maar hy het ietwat rof gelyk en sy bakwerk was vir my maar vaal. Intussen het nuwe modelle uitgekom wat heelwat meer aantreklik is en blykbaar ook ewe gesofistikeerd maar billiker geprys as meeste. En hulle het Japanese Aisin outmatiese ratkaste wat van die beste beskikbaar geag word, in plaas van die dubbelkoppelaars wat meeste Sjineses het.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven



