Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21828 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17659 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6075 |
Bostoe | 5439 |
BrianB | 5153 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3209 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2502 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2141 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1978 |
Swanie | 1854 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1745 |
steamer | 1690 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1664 |
Dansan | 1528 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1211 |
Louvan | 1197 |
RichardJ | 1111 |
Gerden | 1092 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 838 |
JohanMarais | 819 |
Fanie | 746 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 661 |
snys | 631 |
Benkie | 588 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Harv | 424 |
Willie54 | 422 |
Andre Smit | 416 |
Rare Breed | 408 |
LEEN | 379 |
Kamp is Koning | 369 |
1Pierre2 | 355 |
survivalist | 352 |
Herman | 336 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Dieter | 265 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Fienie | 229 |
Sit en Rus Karavaan Park by Laingsburg kry n groot groen lig as goeie oornagstop
Ek het besluit - terwyl ons onlangs die weeksmiddag en -nag by hierdie woonwaparkie oorgestaan/gekampeer het, dat sodra ek terug is by die huis, ek tog n deeglike verslag daaroor wil skryf, Juis ook omdat ander form-lede en ek voorheen baie skepties was oor hierdie parkie, as moontlike oornagplek op pad Kaap toe of terug...
Kortom: ek kon regtig nie verder verkeerd wees in my besorgheid en vrese as in die geval nie. Vir my was dit n heerlike en baie interessante belewenis, en is al my vrese opgeklaar...
Eerstens is die sekuriteit so goed as wat mens kan kry: hekbeheer, hoe heinings, en mure en goeie ligte.
Tweedens was die grasperkie pragtig groen en netjies instand gehou.
Derdens het dit pragtige blombeddings.
Vierdens baie goeie koelte. Alhoewel die hele grasperk nou natuurlik nie onder koelte is nie, is die bome wat teen die heining geplant is, al so groot en op so n manier geplant dat die son vanaf op die hitte van die dag bo-oor die bome loop sodat daar heerlike koelte is waar mens jou tent opslaan. Ek kan sien dat die Motorhomes, vir wie daar teen die agter muur 'n teerblad is, dalk meer in die son sal staan, veral in die na-dag... maar nie voormiddag nie.
Ons het egter, op die gras kampeer naaste aan die hek, waar daar heerlike koelte was en bankies om by te eet en te sit...
Ek kan dus hierdie oornagstop sterk aanbeveel, juis ook omdat...
Kyk, ek het besluit dat ons daar gaan kampeer ten spyte van my vrese, en dat ek heel oopkop gaan bly, maak nie saak van wat gebeur nie.
Dit was gevolglik ook vir my baie interessant om heerlik daar onder die bome langs die heining te sit en om die bruinmense wat, veral in die namiddag, na werk, daar verby kuier op pad huistoe, te hoor...
Dit was nooit steurend nie, en ek het dit baie geniet om na die kuiergeluide te luister, tussen die verkeergeluide deur, van die op-en afstappers. Skynbaar is die Kleurling woongebied aan die ander kant van die KaravaanPark... maar dit moet n hele ent wees, want ek kon dit nie sien nie.
Selfs laataand, was dit nooit steurend nie, al het daar tot laatnag toe steeds enkele mense verbygegaan. Hoe weet ek dit? Ek moes n draadjie gaan loop en het toe lank buite gestaan en die sterre gekyk en na die lorries geluister...
...die lorries: n eindelose belewenis van klanke dwarsdeur die nag. Gelukkig gebruik hulle nooit hulle lugremme nie, en het ek nie een keer die geluide van die vragmotors as steurend gevind nie. Inteendeel, Sadia se sy het die vroegoggend geluide van die groot lorries, in die Vragmotor Oornagplek net langsaan, by die Motorhawe, geniet. Daar was ook een vragmotor, skynbaar n koeltrok, waarvan die koetrok-verkoelerenjin heernag geloop het... maar ook dit was nooit steurend nie.
Teen drie-uur die oggend, toe ek my draadjie geeloop het, het ek vir die eerste keer die magdermenigte brakke in die Kleurling woonbuurt hoor blaf... en ook net omdat die lorries begin afneem het... ek dink nie ek het in my hele lewe so baie honde gelyktydig, daardie tyd van die nag, hoor blaf nie...
Ek was heel gefassineerd...
Maar die hele simfonie, van klanke het my heelgou weer, soos die voornag, in diep slaap weggesis... Ons bakkie, waar ons agterin geslaap het, is maar net so klankdig soos 'n woonwa...
Jy dink seker ek is nou tong-in-die-kies, en dat ek eintlik tussen die lyne skryf? Maar ek is nie - dit was regtig n heerlike belewenis om daar te kamp en ek sal enige tyd weer teruggaan soontoe. Want dit staan eenvoudig uit as een van die verassings op ons reis en n hoogtepunt.
En, moet moet ek byvoeg, dat omdat daar in die dorp ook aan die teerpad gewerk word, was daar een netjiese Kontrakteurswoonwa op die gras naby ons, en daar was n hele paar ander werkers wat in die oornagkamers gewoon het... ek weet, want ek het hulle sien kom namiddag na werk en vroegoggend oppad uit... maar nie een keer het die mense, wat baie ordentlik voorgekom het, my onrustig gemaak nie.
Inteendeel, die ou in sy woonwa het sy netjiese woonwa uitgevee en ek kon sien dat hy heel netjies en beskaafd is... en my ook so gegroet.
Ek skryf hierdie kommentaar juis so krities en grof, sodat ek die werklikheid van die situasie kan oorbring asook die gerustheid, dat ten spyte van die alles, dit lekker is om daar te kampeer.
En wat my ook opgeval het, is dat die skoonmakers, netjies aangetrek in uniform, en hulle toesighouer al 7uur die oggend begin het om die ablusieblokkie en die kamers skoon te maak.
Die enigste negatiewe ding wat ons daar ervaar het, wat ek glad nie kan verklaar nie, maar wat nie regtig belangrik is nie, is dat die netjiese skoon en versorgde ablusieblokkie baie warm is binne... en nugter weet hoekom, want die deure staan oop en die vensters... Dit moet iets met die dak te doen he, soos dat die dak van beton, wat lank na sononder steeds warm bly, is... ek kon nie sien nie... maar dit sal n raaisel bly.
Ek vermoed die rede hoekom die Karavaan Parkie so oulik is, is omdat dit skynbaar aan die eienaar van die plaaslike Shell Vulstasie behoort... kon nie bevestig nie... want toe's ons oppad Sutherland toe....
Fanie thanks for your report, do you have any pictures ? it has reminded me of a tour down to Cape Town many, many years ago and also camped there with two other caravans also just a night stop over, but I could never remember the name of the park. Whilst were were there after unhooking our caravans we shot over to Maitjiesfontein and while we were in the bar having a drink the Blue train arrived and a lot of people disembarked for a tour we were invited to board the train for a quick tour which we did and then took the tour around the town & Hotel.
I will definitely add this one to my Google Maps camping layer and stop over there again, hopefully soon.
Dankie Fanie, dis nou n aangename vertelling. En sommer n komplement : jy het werklik n positiewe uitkyk. Die geraas van die vragmotors sal baie mense, seker maar ek ook, as steurend sien, maar jy geniet dit! Laat my dink aan Niel Diamond se Beautiful noise. Ek het jou houding ook in van jou vorige bedraes opgemerk.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Sweet memories you have!
Pics are on the way...
Dankie vir die kompliment Fred - ek het juis myself so ekstra positief ingestel omdat ek vooraf die risiko's verstaan het van om daar te kamp.
Daar is nou al elders gepraat oor Muskiete... en Raakskiete en Muggies...
Ons het vanoggend bietjie nabetragting gedoen oor ons afgelope twee weke se verlof, en dan meer spesifiek ons sewe dae reis vanaf Knysna, oor Herbertsdale, Van Wykdsorp, Ladismith, Laingsburg, Sutherland, Merweville en Prince Albert oor De Rust langs terug.
En een van die vrae wat ons vir mekaar gevra het, so tussen die meer aangename vrae deur, en die lekker gesels deur, is: "Wat was regtig sleg op die reis en wat wil jy nie weer oor he nie?"
En Sadia se antwoord was: "Die muskiete en die muggies en die goggas..."
Maar nou weet ons al dat sy baie vatbaarder vir byte van enige aard is as ek.
Maar toe voeg sy by: "...maar die wonder is, dat daar op Laingsburg, by die Sit-en-Rus karavaan Park nie een enkele gogga of muskiet of muggie of 'n ding was wat gebyt het nie."
En ons vind dit fassinerend. Hoekom nie? ...kan dit die dieseldamp wees van al die lorries wat naby die Karavaan Park verbygaan, en net langsaan by die Truck Stop oornag? Want, soos ek al voorheen genoem het, sy het die geluide van die lorries wat aanskakel... opstart... baie geniet..."seker" so verduidelik sy "omdat haar Boeties altyd so aangegaan het oor die enjins van karre en sy lief geword het vir enige ding met n enjin..."
Maar kan jy jou indink: geen enkele muskiet nie! Unheard of!
Msekien moet iemand die dieseldamp van lorries blik, en dan kan mens dit in die lug inspuit en aanspuit... nou nie dat ons enigsins van dieseldamp daar geruik het nie. Gladnie.
Wat dink jy Relaxed?