English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 136
Total Replies: 227 855
Total Views: 82 287 461
topics: 399
replies: 3 878
views: 1 472 018
Talk about the current road conditions throughout the country

Simpel SIlys

replies: 10
views: 275
18 Apr 2019 @ 22:00:36 pm
Anonymous

Hierdie onderwerp plaas ek maar onder "Road Conditions".

Ek sleep vanoggend vanaf Modimolle suid, huiswaarts.

Op die R21 snelweg kom een "WINDGAT" met sy Duitse kar waarvoor sy maatskappy seker voor betaal, asook sy brandstof.

Ek sleep in die middel baan teen 120/km/h.

Die ""DomDo"S" kom verby my en sit rem aan. 

My vriend, as jy hier lees:

Ek was die persoon met die silwer X-trail en word groot ASB.

Jy veroorsaak karavaan ongelukke.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 07:42:04 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2959
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek verstaan ook nie hierdie tipe gedrag nie.

Hy MOET voor jou ry, en dan ry hy stadiger...waarvoor?

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 11:37:24 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6384
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Dit kom van die ou dae toe die manne nog gesleep het teen 60-80kmpu, as jy een sien dan weet jy ek moet verby want volgende opdraend gaan ek sit teen 60kmpu

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 11:49:42 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 514
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Dit was ek gewees Dennis. Wou jou net laat besef het hoe gevaarlik dit is om teen 120km per uur te sleep en iets gebeur onverwags.

Ek grap sommer net Dennis.☺

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 11:49:46 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2332
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Miskien het hy vir jou probeer sê jy sleep te vinnig.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 12:44:58 pm
Anonymous

Dit is gewoonlik my sleep spoed as die pad mooi en stil is, vanaf 110-120 km/h.

Ek het al ouens gekry wat teen 140 sleep.

Ek dink die ou was uiters net bloot "spitefull".

Dan kry jy manne in die regter baan wat op sy selfoon sit en verminder spoed na 60.

Dit irriteer die k@k uit my.

As ek ry is my foon af asook die radio. Ek soek doodse stilte vir konsentrasie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 14:13:35 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2332
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

In die Skandanawiese lande is die maksimum sleepspoed 80k/u.  Daar is goeie redes daarvoor. In ons land is daar per kapita BAIE meer ongelukke.  Is die mense oorversigtig of ons dalk onverantwoordelik teenoor onsself, ons gesinne in ons motors en ander padgebruikers?   Alles gaan goed solank dit goed gaan maar die oomblik as iets verkeerd gaan, veral as jy teen 'n te hoë spoed sleep, is hy en jou gesin in die moeilikheid.  Dink gerus daaraan.  

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 15:51:46 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dennis jy moes daai X trail se neus net so effe onder sy kar se gat in gedruk het.  Skade op sy kar 3 keer meer as joune

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2019 @ 18:41:41 pm
Anonymous

Leon, dit het gevoel of ek bo-oor sy Merc wou ry.

Ek was alreeds moerig oor die mense met hulle selfone terwyl hulle bestuur.

@Fred, ek verstaan jou punt ivm spoed, maar ek dink eties genoem, ń ongeluk kan gebeur met lae of hoog spoed, ongeag.

Dit hang altyd af, wie dit veroorsaak?

Ek dink die meeste ongelukke gebeur agv die "joker" gister asook sluipelinge teen 60-80 in die verkeerde baan.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2019 @ 08:02:29 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2959
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Vir die manne wat so voor jou inswaai kan ek net se...

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2019 @ 11:58:43 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2686
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Teen 'n laer spoed, is daar baie meer tyd om goed te doen (uitdraai, rem, omry, versnel en te stop).

Mees noodlottige ongelukke is veroorsaak deur spoed/drank.

Teen 'n laer spoed kan mens die trip rustig vat/neem, die omgewing sien, rustige musiek te luister, meer rustig en minder moeg by jou bestemming uitkom, minder brandstof gebruik en sonder om so hard te konsentreer, vol stress by die huis te kom, kwaad vir jou mede padverbruikers, met rooi bloedbelope oe van die konsentrasie en nog uitgeput ook...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required