Natural Instincts Heat Reflector. 6m x 8m. Gekoop in Junie 2017, soos nuut, net een keer gebruik. Te groot vir ons tent. R900.00. Port Elizabeth. Bel Colin 0828730208.
Quite a bargain. had one 733x300 made up at SASHADE for R1278.
Waar het julle dit gekoop want dit is nou regtig n lekker groote eeste plekke is net 4.8 x 6.6
Hier is ek nou eers terug oor die silwer seil. Eerstens omdat my broer verlede week oorlede is, familie gekom het en begrafnis plaasgevind het.
Tweedens, omdat ek hoogs ontstoke is vir Colin. Toe hy my vra om die seil hier op te sit, was hy nie seker van die mates nie en skat dit toe volgens die grootte van ons tent. Ek vertrou hom toe maar daarmee! Net daarna het iemand hom gebel en gesê hy wil definitief die seil koop. Toe hoor ek hy sê vir die man hy gaan dit Saterdag (as die tuinman kom) oopmaak mooi afvee en dan seker maak van die mates. Toe is die mates 5.6 x 4.7. Wil julle nou meer? Ek was baie vies vir hom en het nie eers lus gehad om weer hier te laat weet nie. Ons moes aan die voorkant van ons tent die seil terugvou omdat dit te groot was. Johan Viljoen het dit by Forever Plett gesien, die enigste keer wat ons dit gebruik het en sommer gou weer afgehaal.
Nouja, die koper wou dit ongelukkig toe nie meer hê nie want hy moet 'n groter een hê.
Hello Johan. Ek dink baie aan julle en hoop dit gaan goed. Ons prys is baie goedkoper as wat ons daarvoor betaal het en dit is eintlik nog nuut. Ek glo net nie ons sal dit weer gebruik nie, want dit is regtig te groot. Die man by ons karavaanwinkel het vir Colin gesê hy sal vir hom 'n koper daarvoor soek, hy kry sulke navrae.
Stuur groete aan Elma.