My blikkie is klaar en soek die naweek 'n nuwe blik want ek gebruik hom waar jy die tent in-ruig. Baie het al gewaarsku teen die gebruik van Silicon maar die intersante deel was toe ek lees op die blik.
Dit is toe dat ek besef hoekom het ek nog nooi probleme gekry nie, koop toe 'n ander maak maar sien toe op die blik staan dit bevat Bucane (spelling) die goed wat vinnig verdamp.
Soek toe nou op die web en kom toe op die wat ek het se web af, hier is die skakel.
Gaan na hulle web en laai die Herschell Catalogue af.
Dankie Wilsur. Dit gaan help.
Johan
Ja ek stoot die GROOT rally self in van vooraf.
Onthou net dit is nie alle Silicon wat vriendelik is met jou tent nie maar dié een spesifiek is tent vriendelik.
Wilsur dankie vir die inligting dis soos Murphy law if everything falls reed the instruction
Thanks Willem. I've made this topic a "Cool Topic."
Ek gebruik dit al baie lank. Spuit dit ook op die hoekstutte se skroef draad. Daar bly 'n wit poeier agter wat die smering gee wat jy nodig het en die stof en sand pak nie daarop aan nie.
Ek het dit eerste gebruik om op die mat te spuit van 'n boot sleep wa se stutte waarop 'n boot lê. Dit maak die optrek van die boot op die sleepwa baie makliker. Dit werk netso goed om Jetskis op te trek. PASOP moenie dit opspuit en die jetski met die sleepwa in die water opry nie jy gaan met die ski bo op jou voertuig eindig.
Yes I saw that Willie, Tx
Probeer gerus maar Wynn's Slick 'n Shine multi use spray.
Dis maar dieselfde silikoon wat baie fantastiese take verrig. Ek gebruik dit al baie jare lank. Sluk deesdae ook my pille daarmee. Moet net kwaai knyp anders is dit dwarsdeur !! LOL
Gaan more by BW kyk, dit kan net van hulp wees. Ek hou altyd Q20 in die toolbox, maar lyk my hierdie is veel beter.
Q20 het weer ander voordeel met ander doel.
Johann, kontak my asb. e-pos of WhatsApp.
You got mail.
Tx Johann
Geert
Solank dit net nie "butane" (spelling) bevat nie en ook sê "Caravan tent groove lubricant"
TX
Wag jy tot dit droog is, of ryg jy die tent nat in?
Dit werk vir baie goed ek spray die boude van die karre voor ek dit insit en vasdraai vernaamlik stainless boude
Die tent se "rope line" word nie NAT nie, ek spuit altwee die tent en die gleuf as hy nie maklik wil inruig nie, nie nodig om dit elke keer te doen nie.
Dit werk vir baie goed ek spray die boude van die karre voor ek dit insit en vasdraai vernaamlik stainless boude
Willem
Daar is spesifiek vir S/Steel. Dit op die katalogis gekry wat ek op hulle web afgelaai het.
Stainless Steel Spray
Formulated to effectively deal with the work-hardening properties
and poor thermal conductivity associated with the drilling and
tapping of stainless steel.
Nickle Anti-Seize
A nickle based thread compound which is
specifically suited to the anti-seize of stainless
steel threaded components. Service
temperature up to 1200°C
Assembly Paste White D
A white and therefore a clean anti-seize paste.
Typically suited to the dairy industry and
stainless steel threads.
Bolt failure (over-stretch) is a result of not selecting the correct product at the point of
initial assembly. The use of a thread compound/anti-seize will also ensure easy release
or dis-assembly of components and saves both time and money.
Het ook by BW gekry - teen R50 vir 'n pak SS en Multipurpose 300ml saam.....goeie deal reken ek. Toe is dit nou nie net die beste silicon spray vir hierdie doel nie, maar ook die goedkoopste van die lot = happy camper :)
Net vir inligting bring ek weer die draat navore.
So effens op 'n ander maar verwante noot: Die kanale waardeur die tent se "beading" gaan, is gewoonlik die ene stof en maak die seil vuil, meer nog as jy iets soos silikon gebruik. Ek het altyd gesukkel om dit eers behoorlik skoon te kry maar nou dink ek ek het die oplossing: Ek gebruik 'n stuk sagte tou, in werklikheid die koord wat vir beading gebruik word, wat ek dubbel saamgedraai het (twisted), so 'n meter lengte, en trek dit deur die kanaal. Dit werk baie goed en vinnig.
So effens op 'n ander maar verwante noot: Die kanale waardeur die tent se "beading" gaan, is gewoonlik die ene stof en maak die seil vuil, meer nog as jy iets soos silikon gebruik. Ek het altyd gesukkel om dit eers behoorlik skoon te kry maar nou dink ek ek het die oplossing: Ek gebruik 'n stuk sagte tou, in werklikheid die koord wat vir beading gebruik word, wat ek dubbel saamgedraai het (twisted), so 'n meter lengte, en trek dit deur die kanaal. Dit werk baie goed en vinnig.
Ek het vreeslik gesukel met 'n glas skuif deur wat sukkel om oop en toe te maak.
Daar is so pen wat die deur adisioneel sluit bo en behalwe die meganisme by die deur raam. Ek kon die pen glad nie gebruik nie want dit is asof die deur gesak het.
Mens is nooit te oud om te leer nie en 'n mede kamp maat het my vertel van die verstelskroewe wat die wieletjies aan die onderkant kan verstel dan lig die deur weer. Kyk die deur is oud en dit wat ek kon verstel het het bietjie gehelp.
Toe onthou ek die "Wonder Spray" silicone. Spuit dit toe op die spoortjie onder en aan die "mat" gedeeltes bo en siedaar die deur skuif so maklik hy slaan amper teen die raam toe ek dit toe maak.
Ja die wieletjies sal seker vervang moet word want die pen sluit steeds nie maar tenminste kan Ma hom nou gemaklik oop en toe maak.
Silicone jou doring.
Kan 'n mens ook SS gebruik om die hoekstutte se wurm te smeer of wat gebruik julle daarvoor ?