English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 318
topics: 10 827
replies: 124 951
views: 38 859 686
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Sekuriteit - beams en motion sensors

replies: 22
views: 371
09 Sep 2019 @ 08:02:36 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Die naaweek het ek n bietjie rondom die huis geloop en gekyk na die beams wat ek op het en die kamaras weer ingestel. Dit is nou n groot probleem met die dat hulle die honde so vergiftig. Daar is nou in die laaste tyd net in ons area oor die 40 honde vergiftig (wat aangemeld is). Omdat die kenners se dis beter dat honde in die huis slaap is dit natuurlik wat vroulief doen. Dit beteken ek sal die sekuriteit, buite, om die huis moet opskerp. 

Die kamara stelsel (wit en swart) wat ek nou het begin nou flikker. Net die een kamara flikker op die skerm, so dit moet seker die splitter of die kamara self wees. Dit is nogal lastig in die nag. Ek het toe besef dat die beams wat ek op het en die kameras is nou al by die 10 jaar oud.  

My vraag is - watse kamara stelses het julle en hoe goed werk dit.  Is dit die moeite werd om duur stelsels in te sit wat met jou sel foon gekoppel is en wat wireless is, ens? 

Watse beams het julle. Net die wat alarm maak binne die huis as daar beweging buite is of is daar wat alarm maak, ook vir jou se waar die beweging was en dan ook n baie helder lig aan sit as daar beweging is buite?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 08:30:04 am
Frikadel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 212
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

As jy dink aan al die verdriet wat gepaard gaan met aanrandings en moord en emosionele skade kan n mens maar n paar randjies spandeer.

Ek moet myselwers maar opgradeer.

Gister begin met die montering van my 30.06 se night vision teleskoop, hy sien n skelm baie mooi.

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 09:16:01 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Die "beams" wat ek gebruik, is op die huis se alarmstelsel gekoppel. Van hulle het 'n 180 grade hoek wat hulle dek en dan het ek ook wat net 90 grade is. By my motorhuis het ek 2 lang "beams" wat albei deure dek.

Jy kan die stelsel programeer dat indien die alarm nie gestel is nie, hy 'n sein binne in die huis gee as daar beweging buite is. Elke "beam" word afsonderlik geprogrameer. Op die kontrole panel kan jy dan sien watter "zone" daar beweeging is. Indien die alarm gestel is, sal die sirene skree. Die "beams" kan ook afsonderlik ge"by passs" word.

'n Nuwe ding wat nou sy kop hier in Centurion uit gesteek het en seker maar by ander plekke ook, is hulle steel die "beams". Dit is al amper meer gesog as hekmotors.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 09:19:57 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4248
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

"'n Nuwe ding wat nou sy kop hier in Centurion uit gesteek het en seker maar by ander plekke ook, is hulle steel die "beams". Dit is al amper meer gesog as hekmotors."

Dan moet mens maar beams opsit om die beams dop te hou - coolcool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 09:20:57 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Baie dankie Chris. Ja, n mens sal nie wen nie, jy moet net probeer om altyd een voor te wees. Terwyl die beam daar is kan jy darem n paar minute voorsprong kry. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 09:47:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Onthou net geen meganiese toestel kan jou as mens vervang nie.  Jy as persoon is die enigste teen werking vir jou veiligheid.

As die toestelle jou vroegtydig kan waarsku is dit great.  My opinie is met beams moet tenminste twee beams gelyk gebreek word om vals alarms te voorkom deur voels of ander diere.

Vlakke van beskerming/waarskuwing.

As jy by die huis is:

  • Sagte alarm as indringer oor muur geklim het of in die tuin beweeg.  Dit maak jou met 'n beter gemoed wakker en jy skrik jouself nie in 'n verlamming in nie.
  • Verdere alarm gekoppel aan zone/waar as naby die huis is.
  • Harde alarm as venster of deur gebreek word.

As jy nie by die huis is nie:

  • Stel ek voor dadelike harde alarm as die tuin betree word binne sekere afstand van huis af.

Met kameras is my raad, kyk dat jy 'n kamera kry wat baie duidelik die area dek en dat die kamera gefokus bly.  Verskeie afstande wat jy gedek wil hê kan groot rol speel en dalk noodsaak dit eerder twee kameras as een wat 'n area dek.  Beligting is van kardinale belang.  'n Indringer kan vooraf 'n plan maak met buite ligte.  Kry dus 'n kameras wat nag vermoëns het.

Ja kameras kan gebruik word as afskrik middel as hulle sigbaar is.  Maar dit kan soos die sensors ook geld vir die indringer in bring.  So ek sou sê steek hulle maar weg of plaas op moeilike bereikbare plekke.

Die manne met die detail kennis van kameras en sensors kan meer help met wat se tipe uitrusting by name om te koop.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 10:56:42 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Die naaweek het ek n bietjie rondom die huis geloop en gekyk na die beams wat ek op het en die kamaras weer ingestel. Dit is nou n groot probleem met die dat hulle die honde so vergiftig. Daar is nou in die laaste tyd net in ons area oor die 40 honde vergiftig (wat aangemeld is). Omdat die kenners se dis beter dat honde in die huis slaap is dit natuurlik wat vroulief doen. Dit beteken ek sal die sekuriteit, buite, om die huis moet opskerp. 

Die kamara stelsel (wit en swart) wat ek nou het begin nou flikker. Net die een kamara flikker op die skerm, so dit moet seker die splitter of die kamara self wees. Dit is nogal lastig in die nag. Ek het toe besef dat die beams wat ek op het en die kameras is nou al by die 10 jaar oud.  

My vraag is - watse kamara stelses het julle en hoe goed werk dit.  Is dit die moeite werd om duur stelsels in te sit wat met jou sel foon gekoppel is en wat wireless is, ens? 

Watse beams het julle. Net die wat alarm maak binne die huis as daar beweging buite is of is daar wat alarm maak, ook vir jou se waar die beweging was en dan ook n baie helder lig aan sit as daar beweging is buite?

 

In die 10 jaar hoeveel keer was daar iemand in jou tuin of huis dat dit gewerk het en die persoon gevang is. 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 11:13:10 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek het 10 kameras op my huis kleur het hulle hoog op die dak gemonteer so hulle gaan besig wees. die ander manne het weer deer die dak ingekom so ek het nou n kamera in die sieling. maar as die manne wil maak hulle plan.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 12:45:50 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Jin, jy is reg. In die laaste 10 jaar was daar geen persoon in die erf nie (waarvan ek weet). Gebruik meestal die kamaras om te sien wie / wat is by die hek as die honde blaf.

Al is dit so, sal ek nog steeds beter voel met die beams en kamaras al is hulle oud. Die probleem met die ou beams is dat hulle my wakker maak omdat hulle die buure se kat ook optel. Ek verstaan die wat jy vandag kry sal net mense optel? 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 13:07:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Jin, jy is reg. In die laaste 10 jaar was daar geen persoon in die erf nie (waarvan ek weet). Gebruik meestal die kamaras om te sien wie / wat is by die hek as die honde blaf.

Al is dit so, sal ek nog steeds beter voel met die beams en kamaras al is hulle oud. Die probleem met die ou beams is dat hulle my wakker maak omdat hulle die buure se kat ook optel. Ek verstaan die wat jy vandag kry sal net mense optel? 

 

 

Dit werk mos so, het jy hom, kry jy hom nie nodig nie, het jy hom nie........ 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 13:40:52 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jin, jy is reg. In die laaste 10 jaar was daar geen persoon in die erf nie (waarvan ek weet). Gebruik meestal die kamaras om te sien wie / wat is by die hek as die honde blaf.

Al is dit so, sal ek nog steeds beter voel met die beams en kamaras al is hulle oud. Die probleem met die ou beams is dat hulle my wakker maak omdat hulle die buure se kat ook optel. Ek verstaan die wat jy vandag kry sal net mense optel? 

 

 

Met die nuutstes moet twee beams gebreek word en diere soos voels, honde en katte is te klein om beide in een slag te breek.

Stem saam die goed is altyd nodig die dag as jy dit nie het nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 13:55:05 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

In verband met beams wat gesteel word......jou alarm behoort aan te gaan sodra beams gesteel word, die beams kyk vir mekaar en sodra daar lyne gesny word of beams gesny word, verbreek jy kommunikasie tussen 2 beams wat dan alarm gee

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2019 @ 14:46:49 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jip dis waar geert. Probleem is dan is die Beam/sensor klaar weg.

Dalk 'n staal houer of bracket bo oor vas sit dat dit nie meer so maklik is om te verwyder nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
1
10 Sep 2019 @ 08:18:01 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 283
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

My beam is aan die alarm gekoppel, maar is nie sigbaar van die straat af nie. Ek gebruik wifi HD kameras wat ek self geinstalleer het. Mens kan dan op jou selfoon na die beeld kyk. As die beam afgegaan het, kan ek die kamera wat 'n sd kaart inhet terugspeel om te kyk wat die beam afgesit het. Die kameras het 'n goeie beeld, het nagvisie en kos so R700 elk. Mens het egter uncapped wifi nodig daarvoor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 13:53:23 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Dankie Nabro. ek moet mooi dink wat ek wil doen. Ek sal wel die keer die wit en swart kamaras met kleur vervang. Sal ook n kleur splitter en monitor moet kry.

Die kabels vir die wit en swart kamara is alreeds daar. As ek nie wireless gaan nie wonder ek of the kabels wat reeds daar is net n swart en wit beeld na die monitor kan stuur of kan dit ook n kleur kamara se beeld na die monitor stuur? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 14:37:50 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 283
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years

Dankie Nabro. ek moet mooi dink wat ek wil doen. Ek sal wel die keer die wit en swart kamaras met kleur vervang. Sal ook n kleur splitter en monitor moet kry.

Die kabels vir die wit en swart kamara is alreeds daar. As ek nie wireless gaan nie wonder ek of the kabels wat reeds daar is net n swart en wit beeld na die monitor kan stuur of kan dit ook n kleur kamara se beeld na die monitor stuur? 

 

Piet, sover ek weet bepaal die kamera of daar kleur beeld is, die drade behoort dus te werk vir 'n kleur kamera ook.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 23:16:57 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1751
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Herman hierdie kamera stelsels wat in kit vorm kom en wat jy by supermarkte koop werk maar nie vir lank. Sommige kameras se footage is nie geldig in n hofsaak.

Ook as dit breek het jy n probleem. Kameras is baie meer ingewikkeld as n DIY by die huis

Goeie kamera kom ook nie goedkoop en ook elke kamera moet op die regte plek geïnstalleer word. Dit beteken nie as jy 4 kameras in kit vorm kry dit gaan dit in elke hoek van jou perseel werk. Infra rooi vir nag sig is baie belangrik. 

Dan kan jy al hierdie met jou sel foon ge - integreer word. Dinge soos motion activation, alarms insluitende op jou sel foon kan gedoen word. 

Daar is n maatskappy wat ek kan aanbeveel wat ook nationaal  baie goed is en geleë is in Alberton. As jy met die manne wil gesels laat weet op die draad as jy meer inligting soek.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 05:56:48 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Hierdie maatskappy se pryse klink nie sleg nie.....

https://cctv-direct.co.za/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 07:02:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Herman hierdie kamera stelsels wat in kit vorm kom en wat jy by supermarkte koop werk maar nie vir lank. Sommige kameras se footage is nie geldig in n hofsaak.

Ook as dit breek het jy n probleem. Kameras is baie meer ingewikkeld as n DIY by die huis

Goeie kamera kom ook nie goedkoop en ook elke kamera moet op die regte plek geïnstalleer word. Dit beteken nie as jy 4 kameras in kit vorm kry dit gaan dit in elke hoek van jou perseel werk. Infra rooi vir nag sig is baie belangrik. 

Dan kan jy al hierdie met jou sel foon ge - integreer word. Dinge soos motion activation, alarms insluitende op jou sel foon kan gedoen word. 

Daar is n maatskappy wat ek kan aanbeveel wat ook nationaal  baie goed is en geleë is in Alberton. As jy met die manne wil gesels laat weet op die draad as jy meer inligting soek.

Dit is baie belangrik dat die kameras se beeld van goeie gehalte is.  Dit is van groot waarde in die hof sou daar 'n saak wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 09:18:24 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Stem saam kwaliteit is eintlik al wat saak maak....baie van  die kit kameras is net goed genoeg om te kan tel hoeveel mense jou plek besteel het met beeld kwaliteit so sleg dat jy geensins gesigte kan herken nie. As mens nie iets ordentlik kan bekostig nie bly eerder daarsonder tot jy wel iets ordentliks kan kry

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 06:35:00 am
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Dankie almal. Bak oor, ek sal graag met die mense in Alberton wil in kontak kom.

Die maatskappy (armed response) wat ek gebruik in ons area kom vandag om raad en kwotasie te gee. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 06:45:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

N goeie kamera hoef nie noodwendig n arm en n been te kos nie....is nie noodwendig hoe duurder hoe beter nie. Mens kry goeie IP kameras wat puik beeld verskaf....selfs as mens inzoom is beeld nog steeds kristal helder teen baie billike pryse. Beste gaan wees om winkel self te besoek en te sien wat hulle op display het en daarvolgens jou keuse maak volgens behoeftes. Dis wel baie handig om nog steeds goeie beeld te ervaar as jy inzoom

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 15:15:56 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Stem vir daai een.  Ons kompleks ook besig om kameras te vervang weens ouderdom.  Dit wat gewys word kos nie 'n arm en 'n been nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required