English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 344
topics: 120
replies: 1 899
views: 42 834
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Seelwerk - Verdict van experts teenoor die handelaar.

replies: 5
views: 249
10 Sep 2019 @ 12:31:51 pm
JacquesFev
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 23 Dec 2015

Ons het vroeg in die jaar 'n 2007 Romany gekoop by 'n handelaar. Baie van die eksterne seelwerk wys donker en selfs swart vlekke. Is dit aanvaarbaar? Wat veroorsaak dit?

2dens toon heelwat van die seelwerk klein krakies (soos rubber wat perish). Is dit aanvaarbaar?

Die handelaar sê die seelwerk is fine en beter om dit so te los as wat mens dit uitkrap en oordoen.

Ek hoor graag wat sê die ervare manne.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 13:27:17 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Leon weet ek het dit al gedoen. 

Glo hy sal jou later kan antwoord. 

Sterkte. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Sep 2019 @ 14:42:30 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Seëlwerk met klein krakies is ou seël werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 06:31:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jacques dis soos Jannie noem. Daai seelwerk van jou is oud en moes al lankal oor gedoen gewees het.

Die swart vuil wat jy sien is die was wat weens hitte uit sweet en stowerigheid wat daarop pak.  Dit is reeds 'n indikasie dat dit tyd is om jou wa te herseel.  

'n Handelaar gaan jou ongeveer R1800 - R2600 vir die werk vra.  Jy kan dit self doen iets wat ek sou aanbeveel dan weet jy dis reggedoen. Maar maak jou gereed vir 'n naweek se joppie.

Die voorbereiding is die meeste werk die herseel met sikaflex gaan jou dalk 40min besig hou.

Die vuil sweet merke kan jy skoonmaak met parafien. Dit sal ook die ou sikaflex beter laat lyk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2019 @ 06:33:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As jy in 'n baie warm area bly of jou wa staan baie in die son uitgesluit die tye wat jy kamp is dit raadsaam om jou wa elke tweede jaar te her seel.

Op die manier hou jy hom tip top kondisie en is kanse op hout vrot baie minder.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 18:18:54 pm
JacquesFev
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 22
Joined: 23 Dec 2015

Dankie vir die antwoorde. Ek het die karavaan terug geneem na die handelaar waar dit gekoop is. Hulle het onderneem om die seelwerk saam met 'n grocerie lys van ander foute oor te doen en reg te maak. Ek sal komende week gaan kyk wat hulle doen en seker maak die regte goed word gebruik. Hulle het 'n goeie naam in Bellville soos ek veronderstel maar ek sal nogtans opvolg.

Weereens baie dankie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required