While completing a report on a camp site we visited recently I wondered what constituted a score of 5/5 for security. I noticed that many of the previous appraisers of this camp site awarded 5/5 for security.
The camp site in question was located about 300m from the entrance gate adjacent to a public road. The entrance gate at the public road itself was an imposing structure while the fence on either side was a standard game fence (not electrified). The camping area was fenced off with a similar standard game fence (not electrified) with a sliding gate at the entrance. This gate remained open during our visit. We did not see any guards at the gate or any roving guards during the night.
Ek is van mening dat boosdoeners maklik toegang tot die kampterrein kan verkry deur die twee wildsdrade te knip en daar is ook geen gevaarlike diere wat hulle sou bedreig nie.
Met die bogenoemde bevindings in gedagte onstaan die vraag hoe ‘n persoon 5/5 punte in dié geval vir veiligheid kan toeken?
Of is veiligheid meer ‘n gevoel (“feel good” feeling)? D.w.s. as die kampterrein mooi versorg is met goeie geriewe, min mense en ‘n rustige atmosfeer, kry ‘n mens dan ‘n misplaaste gevoel van veiligheid? Ek sou in dié geval slegs 2/5 toeken vir veiligheid.
Graag hoor ek van ander kampeerders oor hulle mening en hoe hulle punte vir veiligheid toeken en hoe ek die gradering dan moet interpreteer.
Wat ń uitstekende vraag. My swakpunt is diegene wat net ń punt toekenning maak sonder enige verduideliking. Ek dink dit is en sal seker altyd ń subjektiewe mening bly. Sommige ouens voel veilig, wat verseker belangrik is, want wanneer is jy nou regtig veilig? Met of sonder ń korrupte regering? Ek stel voor ons almal motiveer ons punte toekenning meer omvattend dan kan die leser besluit of hy saam met jou stem of nie.
Ek wou nie alles oortik nie, so het hierdie plasing van my ge-copy en paste van Kanneman se draad
Ek stem saam....ek het dit ook al hoeveel keer genoem....n rating waar slegs die sirkels ingevul is beteken vir my ook NIKS. As iemand nie verduidelik hoekom hy n plek 1uit5 rate of miskien 5/5 rate nie, kon hy/sy maar net sowel gelos het. Ek sien deesdae baie ratings waar byna alles 5/5 ge-rate is, maar sê nie hoekom nie. Vertel ons asb hoekom die plek so besonders is....dis wat ons wil weet. Of as jy items n 1 of 2 rate.....hoekom sê jy nie hoekom nie. As jy nie sê hoekom nie, kan oord ook nie daarop verbeter nie. Dan is daar items op lys wat nie altyd vir my lekker werk nie. As bv asblik binne 20m va af jou tent is, kry hy 5....as kraan binne daai afstand is, 5....as asblik in daai afstand is, 5....as jy staanplek nommer kon sien, 5. Dit beteken ook nie as hierdie naby aan jou tent was dat die staanplek wow is nie, maar volgens kriteria kry hy goeie rating. Dieselfde met badkamers en opwas geriewe....hoe nader aan jou tent hoe beter punte. Vir my probeer ek weer bietjie verder weg staan want ek wil nie al daai badkamer geluide vanuit my tent hoor of as ek braai nie....beteken nie badkamers moet swakker ratings kry daaroor nie. Dan die vraag oor kinders of sonder kinders. Ek sien die meeste met kinders rate oord as "met kinders" en dié sonder kinders "geen kinders". Ek het al gekamp waar daar niks is vir kinders nie....kinders tjank van verveeltheid, maar sodra oord ge-rate word, word met kinders gemerk. Mense kan mos op lys van beskikbare fasiliteite sien of hul kinders dit daar gaan geniet of nie....niemand kan jou sê of dit vir hulle gaan lekker wees of nie, elke kind verskil. Sommige kinders soek supertubes en vermaak wat aangebied word, ander is weer gelukkig met net n sandput. Wat ek wel hou van terugvoering is dat às daar iets is wat pla....dit genoem kan word. Facebook se terugvoering is mog swakker....sodra jy eerlik begin raak en dit klink nie goed vir oord nie, word jou posting delete.....soms word jy sommer ook verban vir n ruk. Terugvoering moet positiewe en negatiewe aspekte insluit. Positiewe terugvoering help om oord te komplimenteer en voort te bou daarop. Negatiewe kommentaar help oorde om te sien wat sy kampeerders pla en gee sodoende die geleentheid om daarop te verbeter sodat ander kampeerders baat daarby kan vind
As jou hek by jou huis oopstaan, net n eenvoudige draad heining en geen sekuriteit.....kan mens dit nie eers n 3/5 gee wat goed beteken nie....nie eers n 2 nie, want dit beteken aanvaarbaar. In so n geval n 1/5
Mens sal sweer die meeste mense was nooit kinders nie. Kinders is kinders en die ouers moet net in beheer wees. Maar deesdae is die ouers ongehoorsaam😀
Fielafooi... welkom hier op die forum.
As daar nie veiligheid is nie, verdien dit mos n 0/5.
Jy is reg: dis asof 'n mooi en netjiese kampterrein mens sommer veiliger laat voel. Dan vergeet jy skoon om na die eintlike sekuriteit te kyk. Rietspruitdam by Ventersdorp is 'n goeie voorbeeld. Pragtige oord met gawe eienaars, maar geen sekuriteit wat ons al gesien het nie. Tog een van ons gunstelinge. Hulle het wel ordentlike heinings.
Beste raad probeer terugvoer kry by ander wat reeds gekamp het daar weet dit is soms moelik om wel terug voer te kry gebruik op die web die Resorts soek opsie baie keer se mense wel hoe hulle security daar gevind het en ja wees maar peraat kamp is koning