English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 643
Total Replies: 267 842
Total Views: 83 785 660
topics: 12 226
replies: 148 428
views: 39 630 665
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Security beams of PIR stelsels

replies: 10
views: 234
5 days ago @ 17:50:43 pm
Piet Ford
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Ek het twee van die beams aan die voorkant van die huis wat die alarm laat afgaan as dit n beweging optel.  So laas week het een van hull afgegaan ongeveer 2 uur die nag. Ek het op die kamaras gekyk en niks gesien nie. Het die alarm Weer aangesit. Maar oor die naweek, toe ek in die voortuin besig is, sien ek die beam is weg (gesteel). Die beams is deur die sekuriteits maatskappy geinstaleer so 2 jaar terug en het goed gewerk. Het miskien so 2 tot 3 keer in mande die alarm laat afgaan en as ek op die kamaras kyk was dit meeste van die tyd n kat wat voor die beam op die muur gespring het. 

Ek wil nou meer beams opsit en sien die Roboguard produk op die internet. Wie van julle ken die produk en kan advies gee of dit n goeie stelsel is om te gebruik voor ek R11000 betaal om die hele erf buite te dek.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 19:01:08 pm
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2042
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

R11000? Het jy ooit iemand betrap of gesien of gearresteer as gevolg van die stelsel? Skies, ń foefie. Miskien ń afskrik middle? Sit plastic cameras op.

Ek gaan nou gas kry:)

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 19:52:57 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11110
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Dis darm maar baie geld wat so dood gaan hang teen die muur.

Maar as dit werk, werk dit.

Sterkte vir julle.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 19:59:53 pm
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2042
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Dis darm maar baie geld wat so dood gaan hang teen die muur.

Maar as dit werk, werk dit.

Sterkte vir julle.

 

Hi Jin.

Mooi gestel!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 21:57:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19617
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

As beam gesteel is behoort alarm nie weer aangesit kan word behalwe as zone ge-bypass word nie. 

Ek sou liewer gaan vir Paradox as jy wireless wil gaan

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 06:20:42 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1429
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

Ek het twee van die beams aan die voorkant van die huis wat die alarm laat afgaan as dit n beweging optel.  So laas week het een van hull afgegaan ongeveer 2 uur die nag. Ek het op die kamaras gekyk en niks gesien nie. Het die alarm Weer aangesit. Maar oor die naweek, toe ek in die voortuin besig is, sien ek die beam is weg (gesteel). Die beams is deur die sekuriteits maatskappy geinstaleer so 2 jaar terug en het goed gewerk. Het miskien so 2 tot 3 keer in mande die alarm laat afgaan en as ek op die kamaras kyk was dit meeste van die tyd n kat wat voor die beam op die muur gespring het. 

Ek wil nou meer beams opsit en sien die Roboguard produk op die internet. Wie van julle ken die produk en kan advies gee of dit n goeie stelsel is om te gebruik voor ek R11000 betaal om die hele erf buite te dek.   

Herman, jou vraag of dit 'n "goeie stelsel is om te gebruik". Ek het my Robogaurd al jare en nog nooit issue gehad.

Gladnie besef dit is nou al so duur nie.

Paul se vraag of jy ooit iemand al betrap het, is ook waar. Dit gee jou egter 'n waarskuwing indien iemand wel in jou erf is. My stelsel is nie op my alarmstelsel gekoppel en het sy eie sirene.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 07:42:14 am
Piet Ford
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Apr, 2019
Experience: 36 years

Ek neem aan nie almal het dieselfde veiw oor hoe ver n mens moet gaan met sekuriteit nie. Verder hang dit ook seker maar af wat op die oomblik in jou area aangaan. Hulle vergiftig die honde. Dit was nog altyd so maar op die oomblik is dit baie erg en nou dring vroulief daarop aan dat die honde in die huis slaap. As die honde in die huis is kan hulle nie buite oppas en alarm maak nie. Dit geld ook as hulle vergiftig word. Mense sit elektriese huinings op, maar dit hou hulle nie uit nie. Niks hou hulle uit nie, dis hoekom kenners van plekke soos ADT se die beste is om n "early warning" te kry en vir daardie doel werk beams die beste

Op die vraag of ek al ooit iemand betrap het is nee. Maar, om by die beam te kom wat gesteel is moes hulle oor die muur geklim het om hom af te haal. Dit beteken hulle was in die erf en dit is al reeds erg genoeg vir my.  Toe die alarm afgegaan het het dit gewys op die board dit was die voorste beam. Dit is n wireless stelsel en op die key board flikker die power liggie nou. Maar, ek kan nog die alarm aan sit. 

Ek wil natuurlik nie he dit moet met ons gebeur nie, maar net daardie een keer wat ek vroeg genoeg gewaarsku word dat hulle is in die erf is genoeg rede om te bele in iets soos Roboguard. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 08:04:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19617
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek sou voorstel om te gaan inloer by n plek soos Regal Security...hulle het takke regoor die land en verskaf stelsels aan hordes sekuriteits installerings maatskappye

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 09:17:09 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1429
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

"Ek wil natuurlik nie he dit moet met ons gebeur nie, maar net daardie een keer wat ek vroeg genoeg gewaarsku word dat hulle is in die erf is genoeg rede om te bele in iets soos Roboguard. "

Herman, hierdie is ook my gevoel. Early warning.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 14:40:13 pm
1Pierre2
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 53
Joined: 05 Dec, 2018
Experience: 23 years

Hi Herman

Ek het ook in early warning bele met Roboguard en was nog nooit spyt nie. Ek het al 'n boemelaar lekker met gas gegooi toe hy nog mooi sukkel om oor die muur te kom.

Vir my was die belangerikste die man wat die installasie doen moet sy werk en die produk ken, anders, soos in my aanvanklike geval - was die Roboguard niks werd nie. Reggestel en daar gaan ek nou al 4 jaar later sonder enige probleem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 15:55:05 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 354
Joined: 27 Jan, 2015
Experience: 16 years

ADT het my beam geinstalleer vir heelwat minder as dit. Dit is aan die alarm gekoppel en gee mens die gemoedsrus dat die alarm sal afgaan voordat iemand tot by die huis kan kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za