English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 412
Total Replies: 232 684
Total Views: 82 441 645
topics: 1 126
replies: 11 528
views: 4 807 245
Jokes and everything else that makes you laugh

School

replies: 8
views: 780
25 Jun 2017 @ 13:44:46 pm
Andal
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 6 years

p

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2017 @ 15:55:06 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Andal, jy was bietjie skaars die afgelope tyd.   Goed om weer jou naam te sien.  

Ek probeer uitwerk wat jou "School" grappie is.....   laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2017 @ 17:37:22 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1509
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Hy leer seker eers om te spel[lol]
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 06:50:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ha Ha Ha .................................... goeie een.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 08:48:39 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1053
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Laat my dink aan die mannetjie wat uitgenooi is om saam met 'n vriend na 'n klub te gaan.

Die Klub is glo 'n GRAP-klub, maar die mense wat die "grappies" vertel staan op die verhoog, noem 'n nommer en dan skater die mense wat daarna luister dat die balke dreun - van hulle rol omtrent in die gange rond soos hulle lag.

Vra hy aan sy vriend: "Wat is hier aan die gang? Daardie ou sê 193 en dan lag almal hulle siek?"

Vriend: "Kyk daar is net soveel grappe in die wereld, en ons ken hulle almal. Nou, om tyd te bespaar noem ons net die nommer van die grap, almal weet wat die grap is en dan lag ons daarvoor!"

Na die klub-grap byeenkoms vra die vriend toe of die mannetjie sal belangstel om aan te sluit, en omdat die niks beter het om te doen nie, sluit hy toe aan, kry 'n boek met grappe as geskenk, en word aangesê om as inisuasie 'n grap voor te berei om die volgende week te kom gee - deur net die nommer te noem natuurlik.

Hy neem 'n hele week, soek 'n baie snaakse grap uit, memoriseer die nommer en stap toe die volgende week stap na vore, klim op die verhoog, stel homself voor en "vertel" toe die grap ........."Tweehonderd drie en dertig!"

Groot was sy verbasing toe net 'n paar mense so 'n effense glimlaggie op die gesigte het, maar niemand lag nie.

Heel verbaas, en verward, vra hy sy vriend waarom die mense nie gelag het nie - dit was tog 'n baie goeie grap?

"Man", sê sy vriend, "Dis nie WAT jy vertel nie, maar HOE jy dit vertel" .........

Dus Andal ..... goeie grap!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 09:30:02 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Oulike storie, Nico.   Het sommer gemaak dat ek nou lekker lag vir Andal se goeie grap.

p      laughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 09:50:29 am
Andal
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 25 Nov 2012
Experience: 6 years

Hel ek is bly julle geniet dit!!

"School"  moes nooit uitgegaan het nie, iets het fout gegaan met die plasing van n foto, ek kry hom sover as die gallery maar kry dit nie geplaas nie!!

 

maar as troosprys:  n Dame wat lanklaas haar kieliebak hare geskeer het kom die kroeg binne gestap, steek haar hand hoog in die lig en skree vir die Barman vir n bier, n lekker gekoringde customer wat langs toonbank sit se vir die Barman "Ek sal betaal vir die Ballerina se bier" Die Barman vra hoe weet jy sy is n Ballerina, Hy se toe "enige vrou wat so hoog kan skop moet n Ballerina wees"

Groetnis.

Be the person YOUR DOG thinks you are.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 11:29:53 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2736
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Baie goeie grappe,
Sal graag afskrif van daai grapboek sal wil hê...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jun 2017 @ 13:33:46 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1053
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Moes dieselfde gekoringde ou wees in die kroeg wat al sy geld uitgedrink het, maar nog nie genoeg gehad het nie.

Vra toe vir die kroegman vir 'n brannas en coke op skuld, maar die wil nie gehoor gee nie.

Dronkie: "Goed, as ek my oog kan byt, sal jy my dan 'n dop gee?"

Kroegman dink dis redelik onmoontlik en stem dus in.

Dronkie haal toe sy vals oog uit, en byt dit. Kroegman besef hy is gevang vir 'n "sucker" en bedien die dronkie sy drankie. Na 'n rukkie vra die dronkie vir nog 'n dop. Weer weier die kroegman ....

Dronkie: "Goed, as ek my ander oog ook kan byt, kan ek DAN nog 'n dop kry?"

Kroegman dink dis absoluut onmoontlik dat die ou 2 vals oë kan hê en stem toe weer in.

Dronkie haal sy valstande uit, en byt die ander  oog ......

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required