English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 316
topics: 402
replies: 3 912
views: 1 473 256
Talk about the current road conditions throughout the country

Sasol to Eiland Spa

replies: 12
views: 6649
17 May 2016 @ 21:22:23 pm
Anonymous

Gegroet mede kampers, ek beplan 'n mid week laat Julie vanaf Sasolburg na Eiland Spa.

Daar is drie roetes wat google aanbeveel, waarvan die N1 via Polokwane die die een is wat volgens google die beste is al is dit so bietjie verder.

1. N1 via Polokwane of

2. Via R25 of

3. Via R36

Ek hoor graag van julle wat die roetes beter ken, enige voorstelle sal waardeur word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2016 @ 22:03:04 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 368
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 14 years
My suster bly in Pololkwane en hulle ry duiwelskloof oor volgens hulle die beste pad hulle beveel nie MAgoebaskloof aan nie hoop dit help
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 07:37:40 am
Johan
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 161
Joined: 01 Jan 2012
Experience: 22 years
Magoebaskloof of Duiwelskloof. Ek ry Duiwelskloof sowat 20km verder maar die pad is makliker en goed. Georgesvalley is gesluit weens grondstortings.
Lekker kamp.
Johan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 09:25:19 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

More Johann

Daar is heelwat padwerke ( teer hom oor) op die N1 tussen Pta en Polokwane. Meestal word pad vernou na slegs 1 baan, geen stop & go. Die pad is nie sleg nie. By Polokwane, die Tzaneen bypass bou hulle nuwe pad so padwerke vir 15+km. Pad is nog nie sleg nie maar jy kan heelwat verkeer kry.

Persoonlik ry ek elke keer na Tzaneen via Magoebaskloof. Die pad 2 maande terug gery en hy was mooi. (weet nie nou nie) Magoebaskloof is pragtige wereld en die moeite werd. Die kloof self is maar 7km lank. Ek verstaan Georgesvalley is gesluit. ook maar goed want ek beveel hom glad nie aan nie.

Het 2 jaar terug die R81 van Polokwane Eiland toe via Duiwelskloof/Modjaji gesleep. Die pad was vir my boring en sal nie weer daardie pad ry nie. Beide paaie kom basies op dieselfde punt uit by Tzaneen, dan ry jy Phalaborwa se kant toe. Net na Letsitele kry jy die afrit Eiland toe.

As jy n TomTom (DOMTOM) gebruik kan hy jou op ander pad lei via Giyani. Bly weg! dis grond pad.

Vinnige opsomming,  Nes jy inkom by Polokwane, vat jy die bypass Tzaneen toe. Jy sal sien jy kry die Peter Mokaba Stadium ( seker so 3-4km) op linkerkant. (4 rigting stop) Jy hou aan reguit Louis Trichardt se kant toe. Dievolgende afrit moet jy vat. Dan het jy die keuse. By robot draai regs as die die pad via Magoebaskloof wil vat of....Ry oor robot tot by volgende robot. draai regs, dit is die R81 via Duiwelskloof. Jy sal die Mall of the North dan aan jou linkerkant sien.

Geniet hom.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 09:45:22 am
Karel
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 357
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 44 years

Môre Johann, lê tans op die Eiland en die weer is lekker. Nie so warm soos verlede jaar nie, maar beslis beter as Bloemfontein s'n. Ons ry elke jaar die N1. Die tolgeld is hoog maar dit is 'n goed onderhoude pad sonder enige moeilikheid. Ek het in Maart hier aangekom en kan nie onthou van enige pad werke op die N1 nie. Ons het in April vir 3 weke deur Botswana gaan toer en op 2 Mei weer die N1 gery vanaf Potgietersrus sonder enige padwerke. Pad oor Magoebaskloof is mooi, maar baie verkeer (glad nie roekeloos nie) op die gedeelte tussen Pietersburg en ZCC kerk. 'n Week gelede het ek gehoor dat "hulle" bande gebrand en klippe gegooi het op die R81 wat jy moet ry om Duiwelskloof oor te kom. Ek staan nog hier tot einde Augustus voor ons teruggaan huistoe. Lekker ry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 13:56:11 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Hi Karel, jy is korrek. Maart maand was alle padwerke gestaak tot na die ZCC saamtrek tydens paasfees. Daarna het dit weer begin. Ek bly in polokwane en werk in Potgietersrus. Hulle is tans besig hier by Potties om die N1 te teer.

Die padwerke by Polokwane het ook weer begin. Dit lyk of hulle die N1 gaan verbreed na dubbel bane. Hierdie gaan n laaannng projek wees en ek glo dit sal tot volgende jaar duur.

Jy is ook korrek met die bande brand en klippe gooi op die R81. Ek het skoon daarvan vergeet. Ek vermoed dit het iets te doen met hierdie klomp skole wat afgebrand was laasweek???? wat so in die nuus is.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 14:13:56 pm
Anonymous

Baie dankbaar vir julle hulp, Tjaart, Johan, Hannes en Karel, die mense van hierdie forum, maak dIe forum great, ek self het meer as twee jaar laas die pad gery, dinge verander vinnig, daarom dat ek op datum wil bly.laughing

@ Dankie Hannes, dit is duidelik dat ek Duiwelskloof soos die duiwel self moet vermy.wink

@ Karel, ons arriveer DV Sondag 17 Julie, en bly tot Vrydag oggend 22 Julie. Ek weet nog nie watter staanplek op Blok A gaan Anita aan ons gaan toeken nie, ek het vir haar genoem dat ek groot staan benodig vir die LWB kar en Penta. Sy het genoem dat sy sal laat weet,maar sy reken ek kan 'n 14 x 18m stand kry.👍

Ons sal uitkyk vir julle, ek sleep my Penta met silver kleur Sedona, jy kan my wa maklik uitken met die groot 5 sticker agter op wat Frans Pretoruis vir my gemaak het.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 18:33:41 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ry Witbank Belfast Dulstroom Lydenburg Origstad Hoedspruit Phalagat net voor Phalaborwa is n pad wat se Gravelot Dan die eerste afdraai Eiland is grond moenie daai pad vat nie die tweede afdraai Eiland is teer regdeer die pad is nie 100% maar ek het hom Saterdag gery en hy was OK

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 20:56:29 pm
Anonymous

Dankie Willem, google sê dit is stadiger, maar dit is hoekom mens eerder die forum vertrou.👍

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2016 @ 21:54:03 pm
Karel
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 357
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 44 years

Johann, ons staan by A63 en ons kyk uit vir julle. Ry voorspoedig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2016 @ 13:25:11 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Die Pietersburg higway is mooi ja duiwelskloof ,Tzannen eiland pad vir jou sterkte en geniet
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 15:15:46 pm
Anonymous

Karel, my niggie-hulle gaan saam ons Eiland toe daai week, Eiland Spa kon ons toe net in C blok saam sit, C40 en C41.

Ons moet plan sien om mekaar daar raak te loop, dit sal lekker wees om nog forum vriende te ontmoed. Ons het al hele paar vriende so ontmoed en almal is baie aangename mense.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 17:54:25 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Het ook plek gesoek vir laaste week van skoolvakansie.  Gelukkig plek gekry by Klein Kariba.

Sou graag Eiland toe wou gaan.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required