Middag al julle medekampers. Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om Pieter en sy span van Salt Rock Karavaanpark baie geluk te wens met die aangename en goedversorgde park wat hy daar onderhou. Die park is in uitstekende toestand, van die badkamers tot op die strand en op elke staanplek. Dankie Pieter, ons weet dis jou werk, maar jy doen BAIE meer as net jou werk. Ons waardeer jou moeite!! As julle wil seevakansie hou, mense Salt Rock is die kamp!! Graag verneem ek van ander mense wat daar gaan kamp het, is ek reg of wat?
Hi Bob
Ek stem heelhartig saam met jou. Alhoewel die wind ons amper weggewaai het het hulle ons gou gou help opslaan en kon ons twee weke lekker kamp. Die personeel almal is vriendelik en knoop sommer maklik geselsies aan. Dankie aan almal wat die kamp lekker gemaak het
hennie
Hennie, jy is nie van Middelburg nie? Ja die wind en die see is maar sinoniem, cargo net is die antwoord!
Bob,
Baie welkom hier op die Forum, hoop jy gaan nog lank lekker saam met ons hier gesels en kom kamp asb. saam met ons by die Saamtrekke.
Ja Saltrock is 'n lekker oord om by te kamp. Sinoniem van alle oorde met staanplekke baie naby aan die strand is moontlikheid van wind. Dus moet jy maar net voorberei wees met 'n Stormnet.
Ek gebruik sommer 'n sokkernet Bob. Hy werk net so goed. Van my kant ook baie welkom hier. Hoop ons gaan nog baie van jou hoor.