Willie Happy Wanderers (sinkplaatpad vir omtrent 3km) kan jy van sekere staanplekke die see sien maar my 1e keuse sal wees Rocky Bay. Verder suid kan jy nie die see sien maar jy loop net tussen plante deur vanuit 'n privaat hek wat gesluit is van binne die Voetplaatpark karavaan park by Anerley suid van Hibberdene.
My raad sal wees bespreek vir 1-3 nagte by bv Rocky Bay. Afhangende v d tyd v d jaar hoef jy dalk nie eers te bespreek nie. So baie mense kamp by Scotties en Rocky Bay vir maande lank. Rocky Bay bied staanplekke waar dit oop is met niks om jou nie. Dan is daar ander wat beskut is en ander wat dieper in die park is met minder wind. Jy kan kies en keur. Ry dan vanaf Rocky Bay en gaan kyk of jy iets sien wat jy meer van hou na jy by elkeen was. Daar is so vrek baie van Toti tot by Port Shepstone.
Dwarswegstrand oord het ook staanplekke voor met vol see uitsig. Hulle is in grootbrak area.
ATKV Natalia sou ek aanbeveel. Soos reeds genoem boonste terasse.