English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 784
Total Replies: 222 735
Total Views: 82 045 516
topics: 10 607
replies: 120 957
views: 38 701 042
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

STAANPLEK PRYSE

replies: 37
views: 601
19 May 2019 @ 20:39:04 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1374
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Desember maand kamp vir 14 dae oor kerstyd in Natal by die see. Kry n kwotasie van R19500.00. is dit die norm of is dit buitensporig.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 21:07:55 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12623
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

John. Ek weet nie watse oord dit is nie, maar kyk bietjie wanneer eindig hulle piek seisoen tariewe. Van hulle slaan al baie vroeg in Januarie oor na middel seisoen tariewe....dan is dit beter om net voor kersfees te kom en dan bietjie later te bly in Januarie....spaar dan heelwat. Hoeveel mense is jul?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2019 @ 21:15:25 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1374
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Kwotasie is vir 2 mense. 

Vir 7 duisend meer kan jy vir n week Thailand toe gaan.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 05:47:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

So tyd terug was daar 'n artikel in die Weg Ry/Sleep oor die Natalse kampeer tariewe.  Dit is regtig belaglik hood in vergeleke met oorde langs die tuin roete en WesKaap en eintlik maar enige ander binneland oorde oor dieselfde tydperk.

Dit is regtig jammer dat dit so is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:27:34 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 680
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Dit is werklik belaglik, maar jy sal ook oor die R11000 betaal by Buffelspoort vir 14 dae as LID.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 07:44:39 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1144
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Desember en April is maar wanneer oorde hulle bonusse maak vir die jaar. Vandat kind nie meer skool gaan nie is dit n "no go" tyd vir ons, behalwe paas naweek.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 08:06:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12623
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die keuse by Natalse kus is eintlik baie groot. Die meeste groot oorde vra R1000+ per dag, maar as jy regtig see toe wil gaan en daai pryse is te hoog, daar is heelwat oorde wat heelwat minder as dit vra. n Voorbeeld is n plek soos Leisure view....hulle prys vir 2 oor Desember is R530/nag. TO Strand is R850 vir nie-lede. Ons het laas Desember by Karridene gestaan teen R290/persoon wat vir jou R580 sou uitmaak. So die keuses is daar.....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 08:09:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is steeds baie hoër as by ander kus oorde.  Dis nou maar een maal die trek krag van die warm waters van die Oos kus. Dan vra die oorde wat hulle wil.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 09:31:45 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1631
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

So vakansie kos vir jou 'n verskriklike klomp geld as jy verblyf, brandstof en "nice to have's" in berekening bring. Dan nog rente op belegging in 'n woonwa.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 09:59:10 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 497
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Die onderwerp is al holrug gery.

Al die oorde vra wat hulle wil. Dit hang af van die gewildheid van die oord en waar hy geleë is. Dit kom terug na vraag en aanbod wat vir enige diens/produk geld. 'n Goeie voorbbeeld hiervan is die prysverskille tussen Villa Spa, Natalia en Karridene. Laaste 2 genoemde oorde grens aan mekaar en die eersgenoemde is 'n klipgooi van hulle geleë. Dieselfde geld vir TO Strand en Leisure View. Eersgenoemde is teen die stand en laasgenoemde moet jy van jou voertuig gebruik maak.

Soos reeds genoem, daar is 'n wye verskeidenheid om van te kies. Niemand verplig jou om na die duurste een te gaan nie. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 11:34:42 am
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1374
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek dink nie die punt van die saak is of n kamper verplig voel om baie of min te betaal om by n kamp vakansie hou. Dit is hoekom ek die vraag vra.

Die vraag is of pryse belaglik is of nie. Jy huur n 7 by 8 meter stukkie gras en in baie gevalle n vuil en oorbenutte ablusie blok vir daardie geld. Kom jy by sekere oorde of het onvoldoende hoeveelheid wasmasjiene of halfte is gebreek.  Nou kom die ander kostes by soos karavaan, sleepvoertuie, brandstof etc..

Net vir wat dit werd is die bogenoemde oord het nie eens n swembad of selfs n asblik by jou staanplek. By gesê dan op die Natalse kus kan jy drie dae oor Desember afskryf om strand toe te gaan. 

Ek wil weet betaal ek te veel of word ek vir n ride gevat. Dit wil my voorkom Suid Afrikaners is meestal n klomp kla kouse met baie geld en cry poverty maar het geen rug murg om op te staan vir reg en verkeerd en om dit uit te wys. Ek is dankbaar dat ek nog n mening kan lig sonder on populariteit na te jaag. As jy terug kyk na die geskiedenis van ons land het die onderdrukte nie gestop en gesê  " nee wat die ding is al deur getrap ons gee moed op, nee hulle het aan gehou en n land oor gevat' Ek het baie geleer deur dit

Baie dankie vir die wat terug voering gee met raad en daad om die forum en n lekker kuierplek vir vriende te hou.

 

 

 

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 12:01:52 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons het altyd gedurende die April Vakansie Dolphin Holiday Resort toe gegaan.  Na 9jaar in 2006 was dit ons laaste besoek aan die Natalse kus gedurende seisoen tyd. Dit het belaglik duurgeraak vir die huur van daai patchie gras en 'n ablusie wat jy moet deel.  Deur R30 by te sit daai tyd het my ouers en Suster hulle 'n woonstel gehuur per dag.

Volgens my eie maatstawwe moet die tariewe darem gepaard gaan met die fasiliteite wat die oord bied.  Ek en my broer het toe so bietjie navorsing gedoen en agter gekom dat die Natal oorde saam staan en almal baie naby aan dieselfde bedrag hef per dag gedurende seisoen tye.  So het van die oorde wat half vol permanente inwonners het, die selfde gevra as 'n oord soos Dolphin, Bazely Beach en Salt Rock wat basies lang die see is en kinder programme aan bied.

Volgens my moes die groter oorde dit begin doen om seker te maak hulle het voete in die oord.  Die uitgangs punt is as almal duur is maak nie saak hoe tros die oord is nie sal hulle steeds bespreekings kry en die tros oord as hy dan daai tyd 'n bespreking kry baat hy inelkgeval daarby.

Dis net buite seisoen wat die tariewe meer gekoppel is aan dit wat die oord regtig bied.

Jy sal my dus nie maklik kry kamp gedurende seisoen tyd aan die Natal se kus nie. Ek sleep my karavaan eerder Suid Kaap toe en betaal twee derdes to driekwart die tariewe minder en ek geniet my vakansie netso baie.

Volgens my is dit belaglike tariewe om te betaal.  Ongelukkig is die mense daar wat bereid is om R22 800 te betaal vir amper 3 weke kamp langs die kus. Waar ek in die Suid Kaap R6300 betaal het vir 21 dae.

Dis maar 'n persoonlike ding. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 12:19:16 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 497
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Bak oor, ek het nie na jou as persoon verwys toe ek gesê het dat niemand jou verplig om na die duurste oord te gaan nie. Dit was in die algemeen bedoel.

Wat vir die een persoon as te duur en 'n uitbuiitery is, is vir 'n ander billik en aanvaarbaar. Ek persoonlik sal nie na so 'n oord toe gaan nie. Gelukkig is ek in die posisie om buite seisoen te gaan kamp en dan selfs kyk ek na die  gemiddelde tariewe.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 12:28:37 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1631
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek stem saam met jou Leon. Die oorde gaan hulself uit die mark uit prys en dan gaan dit te laat wees. Mense gaan eerder na die meer afgeleë en goedkoper oorde toe waar jy in elk geval (my opinie) lekker uitspan. Ons was laaste paar jaar, nadat my vrou uit die onderwys getree het, gelukkig om buite seisoen teen laer tariewe te kamp. Oorde is dan ook nie so vol nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 13:05:35 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Die oorde soos natalia en daai plekke mal duur ons betaal R8200 vir 17 aande in hiberdene. Ek hou nie van die plekke met die ster gradeuring nie ek hou van die ou kampe wat jy jouself moet besig hou.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 13:32:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12623
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek sê nie kamp is goedkoop nie...maar dink pryse is redelik in lyn met wat woonstelle in omgewing kos. Ballito vra miskien R1200 per dag....maar ek dink n woonstel kos ten minste R2500+ in daai selfde omgewing. Mens kan daai R1200 kamp geld ook nie vergelyk met n woonstel elders nie soos bv woonstel in Margate nie....want kamp in Margate gaan jou R440 kos. In Margate gaan jy weer sukkel om n woonstel te kry vir R440. So kan mens maar deur die hele Natalse kus beweeg. 

Ek dink as jy net bietjie google gaan jy goedkoper regkom by kus oorde as baie van ons binnelandse oorde, maar mens is gou geneig om direk net aan oorde te dink soos Natalia, Dolphin, Salt Rock ens.  Die keuse daar is baie groter.

 

Net om n voorbeeld te noem....ek het laasjaar goedkoper aan Natal se kus kampeer as in die Drakensberge.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 14:52:18 pm
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 280
Joined: 28 Feb 2018

Inland not much cheaper, caravan site near Hartebeespoort dam, paying R 6 200 for 9 nights over Christmus and new year

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 19:30:51 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4809
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

As oorde vol bly is pryse nie belaglik nie... Ek meet in my besigheid ook maar so, die afgelope 8 jaar onsettend besig en basies maande vooruit geboek so hoekom pryse sak?

Net so met oorde as hul besoekers kry en oorde is meer as 80% vol, hoekom nou nie?

Ek voel ook maar daai pyn maar ek werk hard deur jaar en betaal dan maar my vakansie by die see teen daai R1000+ per dag... Mens gun jouself die rus en vakansie tyd. Ek is dankbaar dat ek dit kan doen en geniet nog elke jaar my vakansie al kos dit my soms selfs R40k is maar so. Ek gun my gesin dit vir die jaar se sweet


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 06:43:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is so en dis hoe jy voel oor die saak.  Elke ou verskil. Dis nou maar die rede waarom daai oorde se tariewe steeds sal styg.

Ons hier op die forum verteenwoordig dalk 10% van die kamp gemeenskap. As dit so baie is.  So as ons hier voel ons betaal nie daai hoë tariewe nie is daar net 'n ou om die hoek wat die bespreking met twee hande sal aan gryp.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 09:54:45 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Elke ou kamp soos en waar hy wil. Ek nie bereid om daai prys te betaal nie maar ander man heel happy met prys. Dis vir daai rede dat daar so groot verkeidenheid van kampe is. Ek soek nie al die entertainment nie ander man soek dit weer. 

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 10:19:10 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 680
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Dit is waar Nico. Die entertainment pla my nou gladnie aangesien ek nie meer kinders in die huis het nie. My dogter  het dit nou weer nodig vir die kleinkinders en kan ook ongelukkig nou net skoolvakansies weggaan.

Ek is maar rustig en hou nie baie van groot "crouds" nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 13:28:18 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1374
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek luister so na almal. En omtrent elk een het n geldige punt beet. Ding staan so. As daar n eksklusiewe oord is met eksklusiewe diens. Badkamers tip top, braai geriewe skoon gereeld die vuilis verwyder, behoorlike opwas geriewe en puik swembad, tent joggies, was en stryk geriewe. Skoon ge onderhoude kamp terein. Elke oggend n chocolate in jou tent los na hulle in en om skoon gemaak het daagliks dan kan hulle hul prys maak en vir so iets ek betaal dit. Maar ons betaal teen duurste vir teleurstellende kampe, swak dienslewering en n dont care attitude van oord bestuurders

Soos al gese is op die forum, daar is te veel kampers vir ons hoeveelheid oorde, as daar n gap is gryp kampers dit en worry nie wat hulle betaal. Maar dit is seker hoe meeste van ons is, ek self is skuldig met tye. Sou oorde so n top standaard en diens lewering het sal ons minder "varke" daar kry. Want die sal dadelik uitgewys word. Daardie varke is daar want daar is nie oord personeel wat toesig hou. Dit is ook nie ons verantwoordelikheid om mense te nader om mense in plek te hou, daar moet oord personeel wees wat net sy werk moet doen.

Bottomline is ons manne verskuldig om ons famililies die beste moontlike vakansie te gee wat ons is in meeste gevalle die alfa figuur. Daarom moet ons iets doen om hierdie oorde in kennis te stel en hulle moet weet hulle oord en dienslewering is nie op standaard vir wat hul tariewe is. Wat goed en aanvaarbaar vir ons mans is, is dalk nie so wonderlik vir vrou en kinders. 

Ek was onlangs by n oord en die ablusies was n onbeskryflike nagmerrie. Ek het my voet neer gesit en die bestuur so op hul plek gesit, saam gestap ablusies toe en daarna was daardie ablusies voltyds ge onderhou. Die hele kamp het voordeel daar uit ge trek. Dit begin by een persoon en een persoon kan n verskil maak

So oorde kan hul pryse maak en hul sal ook as ons nie ons mening spreek. Moontlik is baie mense bang as hul iets sê word hulle ge brandmerk. Maar so n vrees veroorsaak dat jy elk geval jou eie voet raak skiet.

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 21:24:25 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7186
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sal maar vir my n plekkie in die bos soek.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 14:23:52 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1349
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ons kamp vir 4 weke in Desember by Forever Plett sonder om vir kamp te betaal! Ongeveer R1,300 per dag met nuwe pryse. 4 volwassenes en 1 kind.

Ons dra by tot kos en drinkgoed.

Ons voordeel is dat ons kinders hulle karavaan verkoop het. Spaar vir groter een. So, hulle betaal die kampplek en ons as familie van 5 gebruik ons Penta en add a room om te kamp.

Dit pas ons goed, want vrouw en ek bly dan maand langer aan teen afslag tarief vir pensioenarisse (R 2,750?).

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 14:33:48 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13042
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wat 'n bargain.  Dis nou wat ek noem goeie beplanning.  Dis mos die oord reg langs die lagoon?

Vat jy 'n boot saam?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 14:41:11 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1349
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ja, dis die oord teen die Keurboomsrivier.

Skoonseun wou boot koop, toe raai ek hom af. Ook maar goed want hulle besigheid het 'n "flat spot" opgetel en moes toe nog kapitaal insit. Gaan darem nou weer goed.

Ons sal maar huur as ons boot wil gebruik. Die bootklub is net oorkant die pad.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 13:46:36 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Dit gaan oor vraag en aanbod! Ek glo ook dat die oorde "konsortiums" vorm om die pryse vir vergelykbaare plekke die selfde hou oor die selfde tydperk. Maar as die vraag afneem sal die pryse moet sak of die woonwa park sal moet omskakel na iets anders wat geld maak.

Oor die jaare het die vakansie mark maar so gesee-saw tussen vakansie flats/huise en kampeerdery. Die kamper maak maar sy sommetjies en op n' stadium is dit nie meer die mooiete werd om te kamp nie en dan bly die famielie in n' flat of huis. Dan vat die woonwa vervardigers en kamp mark n' knock en die pryse moet sak om aan die lewe te bly.

Ek kamp buite seisoen en verkieslik in die bosveld. Dan is dit baia bekostigbaar. Ek gaan nou begin Junie bos toe vir 2 weeke en dit kos my R2085. Dit is wat n' challet my sal kos vir een aand op die selfde plek. Daarna gaan ek heel noord vir die eerste week van die skool vakansie (10 dae) en dit kos my R3650. Dit is nie bad nie!

Vraag en aanbod!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 14:38:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12623
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dit gaan oor vraag en aanbod! Ek glo ook dat die oorde "konsortiums" vorm om die pryse vir vergelykbaare plekke die selfde hou oor die selfde tydperk. Maar as die vraag afneem sal die pryse moet sak of die woonwa park sal moet omskakel na iets anders wat geld maak.

Oor die jaare het die vakansie mark maar so gesee-saw tussen vakansie flats/huise en kampeerdery. Die kamper maak maar sy sommetjies en op n' stadium is dit nie meer die mooiete werd om te kamp nie en dan bly die famielie in n' flat of huis. Dan vat die woonwa vervardigers en kamp mark n' knock en die pryse moet sak om aan die lewe te bly.

Ek kamp buite seisoen en verkieslik in die bosveld. Dan is dit baia bekostigbaar. Ek gaan nou begin Junie bos toe vir 2 weeke en dit kos my R2085. Dit is wat n' challet my sal kos vir een aand op die selfde plek. Daarna gaan ek heel noord vir die eerste week van die skool vakansie (10 dae) en dit kos my R3650. Dit is nie bad nie!

Vraag en aanbod!

Oor die "konsortium" waarvan jy melding maak. Heelwat oorde in Natal behoort aan die "Association of premium caravan resorts" in KZN. Dit kan wees dat daar bespreek word hoe die opkoms was afgelope jaar en daarvolgens hulle besluit oor pryse. 

https://www.premiercaravanresorts.co.za/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 14:45:33 pm
mulderpm
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Geert, heel moontelik. Dit klink vir my loogies as jy in die bedryf will bly moet jy jou pryse in lyn hou met die ander oorde en dus ook wat kampeerders bereid is om te betaal. Ek dink n' ofisieele "Konsortium" om "price fixing" te bepaal is onwettelik.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 15:26:36 pm
Bak oor
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1374
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Onwettig en rampokkery

I WENT TO CAMP KNOWING TO MAKE FRIENDS, ENDED UP WITH A AMAZING NEW FAMILY.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 16:14:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 12623
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek moet eerlik wees.....as ek n oord gehad het en ek kan hom maklik vol maak met kampeerders teen R1200 per nag, sou ek ook nie R500/nag gevra het nie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 17:22:26 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 4809
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek moet eerlik wees.....as ek n oord gehad het en ek kan hom maklik vol maak met kampeerders teen R1200 per nag, sou ek ook nie R500/nag gevra het nie. 

Stem, besigheid moet geld maak, wat jy hierdie jaar maak, maak dalk op vir die volgende jaar, en wat jy hierdie jaar mis, moet volgende opgemaak word of die besigheid maak toe.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First