Welkom Thys. Sal ook wil weet wat dit gaan kos.
Met n gewone 220V yskas is dit maar n moeilike storie om te regverdig.. soek jy n portable kit? En hoe lank gaan jy sonder krag staan?
Thys, aangesien jy niks het nie, stel ek voor jy begin dan met die regte items.
As jy net een keer so iets gaan doen, koop sommer gewone batterye, baie goedkoop, of deep cycles is een opsie beter..
As jy iets ordentlik soek, werk dan met n ordentlik solar application AGM battery stel...
In my opinie, kry maar rofweg 360W of selfs 400W.. Dit gaan hier oor jou yskas, as jou yskas baie effektief op krag was soos die 12V yskassies, kon jy 160W tot 200W maklik gebruik. Jy kan kleiner probeer, en kan dalk werk in jou oe, maar battery trek baie swaar..
Jy kan maar klaar regmaak vir 2 batterye, 3 sou ideaal wees, 4 sou jou pynlose ervaring gee saam 400W sonpanele.
Daar is wel n oplossing om kleiner sonpanele te gebruik... as jy sou ry, sou dit ideaal wees as jy sommer n sterk laaistelsel in jou voertuig het. Dan ry jy en charge 1 of 2 batterye, terwyl ander die yskas hardloop saam panele.. kom terug en koppel batterye op inverter, of jy kan die laaistelsel koppel met n lekker 8m of 10m kabel en jou voertuig n rukkie luier om jou yskas te help. Ek praat van rofweg 30min tot n uur se hul as jy n sterk stelsel het, ek praat nou nie van goedjies uit winkels nie.. serious 50Amp charge rates..
Ek wil ook nie dat jy die dam onder eend uitruk nie, want as jy iets gaan koop, moet jy dalk klaar reg koop om die stelsel tuis ook te laat werk, dan raak dit moeite werd...
Daar is baie mense wat reken jy kom met minder reg, en daar gaan paar wees wat al geleer het.
kostes? Ja, dit kan duur raak.. generator is goedkoopste opsie, maar raas en dis baie lang ure se gasse ens...
hoor maar bietjie rond wat plekke jou aanbied, maar as jy wil kan ek jou bietjie dinge wys wat ek doen vir manne wat met batterye kamp ens.
Ek is in Pretoria Noord omgewing maar kom ook baie in Centurion se rigting. Daar is baie maniere om dit te doen, maar mens moet in ag neem as jy 3 weke staan is dit redelike groter issue as 5 dae... sou jy net 5 dae staan was dit nou makliker...
watter sprite het jy?
Die forum maak nou nie paragrawe waar ek dit gemaak het nie, jammer..
Belangrik is om te weet wat jou yskas regtig trek op peak start en lopende kragverbruik.. gewoonlik is goeie yskaste nie te erg nie, maar jy moet ongelukkig vir die peak start voorsiening maak..
Goeie pure sine inverters sal vir jou pynlose voorsiening bied, waar ander dalk riskant is..
Jy gaan effektief moet werk, en gas gebruik om koffie te maak ens.. om mikrogolf te hardloop en haardroeers gaan jou krag kos..
As jy nie n redelike begroting het nie, pak droe ys en koop maar kort kort ys en kamp met battery ligte, want anders gaan jy geld mors as jy verkeerd koop.
Ek weet so iets kan jou maklik by R20k uit die sak jaag vir n ordentlike stel, indien nie meer nie..
Jy kan ook baie eenvoudiger gaan, maar daar kom n ount waar mens redelik moet wees oor wat jy gaan regkry en of koste dit gaan regverdig...
Ek weet van klomp mense wat oor R100k spandeer aan kragstelsels in karavane en dan speel hulle nie met krag nie.. veral off road karavane waar manne in Afrika gaan speel, daar werk jy altyd net op jou batterye, hetsy met son en voertuig ens. Party mense het so vinnige oplossing en voel hul kom reg, ander soek bietjie meer gemoedsrus, jy moet maar bepaal in watter vlak jy gaan wees..
Ek self sit met n 2015 jurgens fleetline met 180l yskas wat se motor heeltyd loop.. ekt n batterystel al gekoppel en 1 nag was albei batterye doodgetrek.
Soveel soos jy wil he.. Hoe meer jy bysit, hoe sterker jou stelsel...
Dit help nie mens neem te groot panele vir kamp doeleindes nie. Neem eerder meer kleiner panele vir maklike hantering.
Van die stelsels is 200W, 240W, 360W en meer soos nodig. Daar is al stelsels van 600W ook gedoen..
Belangrik gaan wees om te bepaal presies hoeveel vir jou die werk gaan doen.. Dus gaan mens jou yskas se kragverbruik moet uitwerk en sorg dat stelsel bietjie groter is om dit vir jou betroubaar te maak..
Yskas in my huis wat reeds voorverkoel was, het 1 nag geloop en 2 battery was ook pap.
As jy wa in son gaan staan, gaan dit belangrik wees om die heat exchanger te verkoel met n klein waaiertjie in die dag sodoende te probeer om jou kragverbruik in hitte af te kry, en ekt gesien n voller yskas is meer doeltreffend as n lee yskas.. die items behou koue kapasiteit
Brommer, ek sien jy beveel aan 'n goeie "pure sine inverter". Hoe verskil dit met 'n "simulated sine inverter " ?
Watter kapasteit inverter skat jy word hier benodig ?
Jy bedoel seker iets soos modified sine.. ja, groot verskil.. eskom gee jou basies baie naby aan n sinus golf, bitter naby, maar n pure sine inverter is topklas sein wat uitkom en kan motors en goed met peak starts beter hanteer. Modified sine is goedkoper, daarom beskikbaar, vir goedkoper items ens, maar jy moet n baie groter modified sine inverter koop vir iets wat n kleiner pure sine sou doen..
Party mense sal regkom met 1000W, maar verkort leeftyd van inverter, veral as jy dit meer gereeld of permanent gaan gebruik. Ek sou minimum 1500W voorstel, maar as jy by huis wil gebruik ook sal ek se kyk selfs na 2000W.. ekt n maand terug n 2000W in n karavaan ingesit, man, hy loop die vrou se haardroeer te lekker... ;)
Weereens gaan jou gemiddelde doel vir die inverter sy grootte bepaal.. ekt n 1500W modified sine vir noodtye vir my karavaan wat net yskas en die bietjie ligte sal dryf vir kort periode van 6 tot 10 ure sou daar kragprobleem by kamp wees, wat al gebeur het.. hy werk, maar ek wou nie dadelik n pure sine koop nie omdat ek die een nie by my huis gebruik nie, huis kry n groot stelsel van pure sine met 2x 4000W inverters, maar ekt gedink om die modified elkgeval te verkoop en later n 2000W pure sine maar in te bou aangesien ons ook gaan visvang oor n ruk en daar geen krag gaan wees nie, dan kan mamma haar en dogtertjie se hare blaas... tans werk 1500W met die haardroeer op laer vlak, maar ek wil graag opgradeer..
Modified werk in steps en is n"growwe" uitset sein. Pure sine is n smooth uitset sein ideaal vir sensitiewe toestelle en werk beter met peak starts... MAAR jy kry maar goeie en slegte inverters van almal, n goeie oure sine is maar altyd duur, maar moenie onnodig duur vir n goedkoper 1 betaal nie!
Thys, as jy iets ordentlik soek en my hulp nodig het, kontak my by epos pieterdc2015(aapstert)gmail.com
Kan vir jou help met baie lekker stelsel wat jy dan self by huis ook kan gebruik deur die jaar as jy nie kamp nie, dat stelsel ietsie vir jou doen dalk om meer moeite werd te maak, alhoewel dit klein gaan wees vir n huis stel, maar darem iets kan doen..
Ek wil nou nie Thys se draad kaap nie, maar dit lyk vir my die prys om te betaal is hoog as jy met kompressor ys-/vrieskaste wil kamp waar daar nie krag is nie. En om daardie spul swaar batterye, sonpanele en inverter saam te moet karwei moet 'n kwaai shlep wees !
Ek verkies maar nog steeds my Dometic absoropsie yskas en Edesa vrieskassie wat maklik na gas kan oorskakel, asook my 12V ligte en waterpompie in die Exclusive wat met die karavaan-battery of direk van die Pathfinder se battery van krag voorsien word. Alles teen nie 'n sent ekstra koste of gewig nie.
Yskas koste verskil maak tog n verskil?
Dit kan dalk goedkoper wees om dus eerder n gas yskas of so in te sit.. Weet nou nie wat dit kos nie...
Ander alternatief is om net n 12V yskassie aan te skaf n jy kan met 1 battery en goeie sonkragstel van 200W goed regkom vir 3 weke.. werk moontlik goedkoper uit, want jy skakel inverter uit prentjie, wat soms baie geld kan wees...
?