English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 026
Total Replies: 259 550
Total Views: 83 476 627
topics: 11 860
replies: 143 321
views: 39 465 850
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

SNAPPY CHEF STOOF EN POTTE INFO

replies: 22
views: 422
06 Aug 2020 @ 07:58:30 am
LEEN
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 11 years

Wie het n snappy chef stofie en watse "spesiale" potte moet gebruik word want ek is nie van plan om r5000 te betaal vir n stel snappy chef potte van 6 as ek net 1 nodig gaan kry nie.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 09:31:58 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 194
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 45 years

Gaan na Makro daar is baie potte wat op hom werk .Erde potte werk ook op hom asook ysterpotte .Jy kan gaan kyk op talealot ek het myne daar gekoop was ook baie goedkoper as Snappy potte 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 09:51:53 am
Kurper
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 270
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 37 years

Gebruik 'n magneet, as die pot die magneet aantrek kan jy hom gebruik.

β€œHe was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 10:07:03 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3973
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Gerhard, die magneettoets werk blykbaar gewoonlik maar nie altyd nie.  Ons dogter-hulle het 'n duur stel Duitse potte wat sterk magneties is, maar dit werk nie op 'n Speedqueen ingeboude stoof nie.  Hulle koop toe 'n goedkoop Suid-Afrikaanse stel potte wat wel werk. Albei stelle is ewe sterk magneties.  Ons kon nog nie uitwerk waarom dit die situasie is nie.

Madelene, ek sou voorstel neem die stofie saam na die winkel toe en vra dat hulle vir jou een van die potte daarop toets.  Dis nogal teleurstellend as die goed nie werk nie, veral as jy duur daarvoor betaal het. Miskien is die Snappy Chef minder vol nonsies as die ingeboude een.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 10:11:28 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18072
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Die potte of hul verpakking wys of hy vir induksie stoof gebruik kan word of nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 10:11:42 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 704
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Ek wil graag 'n vraag of twee vra oor onkunde omdat ek nie die Snappy Chef ken nie.

1.  Is die Snappy Chef vinniger as gas Plate?

2.  Word Snappy Chefs meer gebruik tydens kamp?

3.  Gaan die net oor kragbesparing of is daar ander voordele?

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 10:16:18 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3973
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Geert, dis ook nie absoluut die.  Ons kinders se Duitse potte dui aan dat hulle geskik is vir induksiestowe.   Jy kan nie altyd glo wat op verpakkings staan nie. Ons het 'n stel porseleinware waarop aangedui is dat die skottelgoedwasser en mikrogolf veilig is.  As jy egter iets in die die mikrogolf daarin verhit, word die porselein self so warm dat dit jou brand.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 10:31:21 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18072
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek wil graag 'n vraag of twee vra oor onkunde omdat ek nie die Snappy Chef ken nie.

1.  Is die Snappy Chef vinniger as gas Plate?

2.  Word Snappy Chefs meer gebruik tydens kamp?

3.  Gaan die net oor kragbesparing of is daar ander voordele?

1.  Is die Snappy Chef vinniger as gas Plate? 

Volgens my....baaaaaie vinniger. Ek het nou tydens load shedding water op gas gekook....neem baie langer as Snappy Chef

2.  Word Snappy Chefs meer gebruik tydens kamp?

Elkeen kamp verskillend. Ek sleep normaalweg geen gas bottel saam nie....so as ek n stoof benodig, is dit maar Snappy Chef. Ander verkies weer gas

3.  Gaan die net oor kragbesparing of is daar ander voordele?

Vinnig en is lekker om iets op n sekere temperatuur te hou.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 10:51:41 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 194
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 45 years

Ek gebruik geen ander stoof in my huis ook het 3 Snappy chef plate in my huis .Is vinnig en baie maklik om skoon temaak .Sal nooit weer in my lewe n ander plaat as Snappy gebruik as ek kamp ook .My potte almal bestel op Takelot nie Snappy potte werk baie goed .Myne almal op verpakking aangedui vir Induksie stoof en almal werk 100 % .Ek gebruik geen gas as ek kamp .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 10:57:45 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 704
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Dankie Geert.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 12:32:18 pm
LEEN
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 11 years

Dankie almal - ek sal rondkyk en toets Campworld verkoop net vol stelle belaglike prys en regtig gaan my kamp potte nie meer eksklusief of duurder wees as my kombuis potte nie.   

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 14:02:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10342
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Dankie almal - ek sal rondkyk en toets Campworld verkoop net vol stelle belaglike prys en regtig gaan my kamp potte nie meer eksklusief of duurder wees as my kombuis potte nie.   

 

Jy moet jou Buurman beindruk........lol

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 16:35:29 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16492
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Gebruik 'n magneet, as die pot die magneet aantrek kan jy hom gebruik.

Baie belangrik is die magneet moet aan die bodem van die pot klou.  Hoe sterker die magneet klou hoe beter sal die pot op die snappyshef werk.

Ons gebruik sedert 2011 induksie plate in die huis en in die karavaan.  Nuwe huis het ek gas stoof ingesit weens die loadshedding issues in die land.  Ek het nog nie 'n ketel of potte gekoop wat as die magneet daaraan klou die pot of ketel nie op die induksie plaat werk nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 20:52:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18072
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Dankie almal - ek sal rondkyk en toets Campworld verkoop net vol stelle belaglike prys en regtig gaan my kamp potte nie meer eksklusief of duurder wees as my kombuis potte nie.   

 

Koop by Binuns in Menlyn Retail Park....hulle het potte, panne en ketels wat net soos Snappy Chef sin lyk vir baie goedkoper 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2020 @ 07:37:16 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10342
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Die classique het een binne, hom nog gladnie gebruik nie.

Nog nie eers aangesit nie.

Het nie eers potte vir hom nie.

Ons gebruik die gas stoof of die vuur buite vir kos.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2020 @ 07:02:06 am
Antonf
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 44
Joined: 13 Nov 2016
Experience: 43 years

Ons gebruik die motorhome se gasplaat net vir die koffieperkoleerder, an sou die induksieplaat daarvoor gebruik het as enige van sy stellings gewerk het. Verder gebruik ons die induksieplaat vir allwes wat 'n pot of pan benodig. Potte het ons by Game gekoop op 'n uitverkoping.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2020 @ 07:41:08 am
Joos Pretorius
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 162
Joined: 23 Aug 2013
Experience: 71 years

Hoeveel krag gebruik so stoof?

Ek het n klein kragopwekker (1kv), sal hy gebruik kan word?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug 2020 @ 12:20:08 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1573
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

Net ‘n opmerking oor die naam Snappy Chef. Net soos was mense alle stofsuiers op ‘n stadium Hoovers genoem het gebeur dieselfde nou met induksie stowe. Daar is ‘n verskeideneid fabrikate,

Ons Het

Ons het ‘n klompie jare gelede ‘n AMC Classic weergawe gekoop. Dit het met ‘n ronde plaat gekom wat, as jy dit op die stofie sit, enige houer daarop kan gebruik, asof dit ‘n elektriese element stoof of gas stoof is.

Die vlekvrye staal kookgerei wat induksie stoof vriendelik is het ‘n I aan die onderkant in gestempel.

Ek moes myne laat heelmaak nadat ek dit met my kragopwekker, wat nie ‘n inverter opwekker is nie, probeer gebruik het. Induksie stowe is blykbaar baie sensitief vir die gehalte stroom wat gebruik word.

Wanneer ons kamp gebruik ons ons sin gereeld vir potjiekos, stywe pap en ontbyt in die gietyster pan. Dit help met ‘n groot besparing aan gas uitgawes.

 

 

 

 

 

 

Happiness is not getting what you like, but liking what you get.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2020 @ 06:00:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18072
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Net ‘n opmerking oor die naam Snappy Chef. Net soos was mense alle stofsuiers op ‘n stadium Hoovers genoem het gebeur dieselfde nou met induksie stowe. Daar is ‘n verskeideneid fabrikate,

Ons Het

Ons het ‘n klompie jare gelede ‘n AMC Classic weergawe gekoop. Dit het met ‘n ronde plaat gekom wat, as jy dit op die stofie sit, enige houer daarop kan gebruik, asof dit ‘n elektriese element stoof of gas stoof is.

Die vlekvrye staal kookgerei wat induksie stoof vriendelik is het ‘n I aan die onderkant in gestempel.

Ek moes myne laat heelmaak nadat ek dit met my kragopwekker, wat nie ‘n inverter opwekker is nie, probeer gebruik het. Induksie stowe is blykbaar baie sensitief vir die gehalte stroom wat gebruik word.

Wanneer ons kamp gebruik ons ons sin gereeld vir potjiekos, stywe pap en ontbyt in die gietyster pan. Dit help met ‘n groot besparing aan gas uitgawes.

 

 

 

 

 

 

Toe ons Desember by Dolphin was, was oord se krag nie lekker nie.....toe het Snappy Chef heeltyd n E4 kode uitgegooi, wat beteken dat Volts te laag is. So as mens afhanklik is van Snappy Chef en jy kry hierdie probleem, het jy probleem as jy nie alternatief het nie. Bygesê....nog net by Dolphin ervaar....nie algemene probleem nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2020 @ 07:44:18 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16492
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Onder die produkte Tab van die web blad is daar 'n plaat wat jy kan koop wat jy op 'n induksie stoof kan sit om ander tipe pote daarop te kan gebruik.

Ek self het dit nog nie so gebruik nie, so ek kannie sê hoe effektief die addisionele plaat werk nie.

Ek stem saam dat die induksie plaat goed werk met bespaaring op gas as jy bv pap maak of dalk die beesstert lang moet laat kook om sag te word.

In my oë is dit 'n puik produk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2020 @ 11:46:12 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3973
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Die plaat is maar aan die duur kant.  As jy dit wel gebruik vir potte wat nie op 'n induksiestoof werk nie, verloor jy van die voordele van induksie.  Ek dink dis betrer om eerder die regte potte te kry, sommige van die stelle is heel goedkoop by Game.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2020 @ 16:23:38 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 50 years

Ek het twee Snappy Cheffs in die huis en n kleiner in Froggy.

Met ons krag wat so aan en afgaan in die buurt het my eerste een opgepak, net rook waar jy kyk. Dit was na 6 jaar se voltyd se gebruik in die huis. Vrou doen "catering"

Ek het n nuwe een gekoop. Die ou een oop gemaak en gekyk of ek hom vir "spares" kon gebruik. Alles het binne gebrand.

Snappy Cheff agentskap het vir my gevra om hom vir hulle te stuur. Ek moes courrier betaal na hulle en hulle het gesê hulle sal courrier terug betaal na my toe. Hulle sal my n kwotasie gee om regtemaak. Tot my verbasing bring n courrier die ou masjien terug na my huis. Hulle het hom mooi reggemaak en weer gediens. Rekening was in die boks  R 500.00. Vir my was dit n "bargain". Hy werk alweer voltyds vir n jaar. Kon nie glo hulle vat n kans en wag vir betaling nie.

Het maar die nuwe een gebere. Moes maar eeder gewag het voor ek weer nuut een gekoop het.

Dit is nou baie goeie diens

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2020 @ 17:04:27 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1407
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Ek het my Snappy Chef (Travel Model) gratis ontvang vanaf CaravanParks.com danksy my deelname aan "Resort Ratings". Dit het in onbruik hier gestaan omdat ek nie die korrekte kookware gehad het nie - totdat ek gesien hoe gerieflik my seun syne gebruik. Ek het dadelik vir my 'n 17-stuk Blaumann vleklose staal kookstel deur Takealot bestel en nog nie een oomblik spyt gewees nie. Ons het dit nog nie tydens kamp gebruik nie, maar vind dit uiters gerieflik in die kombuis.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za