English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 135
Total Replies: 227 832
Total Views: 82 286 291
topics: 777
replies: 12 447
views: 4 974 081
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

SLEEP JY IETS AGTER JOU KARAVAAN ?

replies: 18
views: 4620
11 Nov 2016 @ 16:26:43 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1648
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Wil graag met kampers gesels wat iets soos n venter agter hul karavaan sleep en wil die volgende weet.

Wat sleep jy.

Hoe swaar en wat laai jy,

Sukkel jy met rond swaai en stabiliteit.

Wat is die moets en moenies

Wat se die wet op ons paaie.

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2016 @ 17:01:18 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

John, die treintjie slepers het ek al op pad teëgekom.   Die wat ek van naderby kon besigtig was onwettig op die pad.   Hulle het meestal met bakkies of SNV'e gesleep waarvan die tarra gewig om en by 1850kg is.  Een van my kennisse het juis sy Fortuner opgegee vir 'n swaarder Pajero om die gewig kwessie van sy Splash en sleepwa op te los.

Die rede vir my stelling hierbo is dat hulle nie reël 151 van die Padvervoer Regulasies lees nie.   Die reël bepaal dat waar twee sleepwaens getrek word, die BVM van die twee saamgetel word en hierdie nuwe BVM mag nie die tarra gewig van die sleepvoertuig oorskrei nie tensy die sleepwaens met 'n diensrem stelsel toegerus is.  Die diensrem stelsel is NIE die inloopremme wat op karavane, ens, voorkom nie.

Die BVM van jou Fleetline en die BVM van 'n sleepwa wat minder as 750kg is, is waarskynlik minder as die tarra gewig van jou Cherokee.   Dan hoef jy net te sorg dat die sleepwa ook inloopremme het.

Oor stabiliteit, parkering by vulstasies en dies meer kan ek nie kommentaar lewer nie.

groete

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2016 @ 17:16:26 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4452
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ek persoonlik sal dit nie doen hoekom jy kan nie so ver agter sien wat aangaan nie
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Nov 2016 @ 18:13:37 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

By die meeste woonwaens kan jy skaars jou tandeborsel inlaai voordat jy die bvm oorskry. Dit is waarom die swaar goed gewoonlik in die sleepvoertuig gelaai word.

Wat weeg so ekstra sleepstang en gepaardgaande struktuur alleen?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2016 @ 08:39:13 am
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Ek het so n paar keer n ventertjie agter n sprit sunway ge sleep, met stabaliseerders en nee ek sal nie weer nie. Die waentjie kan nie gesien word nie en jy weet nie wat daar agter aangaan nie. Terugstoot was uit dit is soos om n link agteruit te stoot, daar was toe ook nie al die beperkings soos nou nie. Parkering bly n probleem met ny woonwa en erger nog met n waentjie agter hom. As jy so baie goed moet saam karwie kry liewer n bakkie met n kappie. Ons het gou geleer om nie vir gaste te pak nie net vir die gesin, het dinge makliker gemaak. Sterkte want jou waarborg word ook benadeel op nuwe karavane.
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2016 @ 09:54:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

John, die treintjie slepers het ek al op pad teëgekom.   Die wat ek van naderby kon besigtig was onwettig op die pad.   Hulle het meestal met bakkies of SNV'e gesleep waarvan die tarra gewig om en by 1850kg is.  Een van my kennisse het juis sy Fortuner opgegee vir 'n swaarder Pajero om die gewig kwessie van sy Splash en sleepwa op te los.

Die rede vir my stelling hierbo is dat hulle nie reël 151 van die Padvervoer Regulasies lees nie.   Die reël bepaal dat waar twee sleepwaens getrek word, die BVM van die twee saamgetel word en hierdie nuwe BVM mag nie die tarra gewig van die sleepvoertuig oorskrei nie tensy die sleepwaens met 'n diensrem stelsel toegerus is.  Die diensrem stelsel is NIE die inloopremme wat op karavane, ens, voorkom nie.

Die BVM van jou Fleetline en die BVM van 'n sleepwa wat minder as 750kg is, is waarskynlik minder as die tarra gewig van jou Cherokee.   Dan hoef jy net te sorg dat die sleepwa ook inloopremme het.

Oor stabiliteit, parkering by vulstasies en dies meer kan ek nie kommentaar lewer nie.

groete

 

 

Reg wat Theo sê. Ek stem net nie saam dat die klein S/wa ook inloop remme moet hê nie.

Enigste rede vir dit is dat ek nog nie 'n regulasie kon kry wat uitspel as 'n sleepwa onder 750kg weeg en hy agter 'n ander S/wa, karavaan, boot of wat ookal gesleep word moet hy inloop remme hê nie.  Want normaal weg as hy onder 750kg is, is dit nie nodig vir dit nie, behalwe as die 750kg die sleepvoertuig se tara oorskry nie. Bv 'n ou klein Mini sleep 'n 6" Venter Trailer.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2016 @ 10:02:55 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7617
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Darm nog nie soveel goed nodig gehad om ekstra saam te sleep nie.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2016 @ 10:17:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dan het ek van 1997 tot 2003 my eerste bootjie met 40Hp agter my Penta gesleep. Toe weer van 2008 tot 2014 my Infanta 6.2 met 100Hp agter die Penta gesleep.

My spoed was oor die algemeen 80km/h Want stop afstande en stabiliteit speel 'n rol.

Verste wat ek gesleep het is so 90km. So dis dam toe en dan weer terug.

Infanta 6.2 was die swaarste maar steeds onder 750kg. Navara se Tara was 2180kg as ek reg onthou. Dus was ek net net binne die regulasie. Sou iemand my weeg verseker oor die gewig weens Jurgens se geknouery met die BVM gewigte op karavane.

Ondervinding:

Sodra jy 75-77Km/h bereik begin die S/wa agter die karavaan klein swaai bewegings die heeltyd maak. As die spoed af neem tot onder 75km/h stabiliseer dit weer. Dis met net 'n Yellowblade tussen Navara en Penta. Ek het toe ook 'n Yellowblade tussen Penta en Boot gesit toe gesleep tot 105km/h sonder probleme (Maat agter my gery).  Ek is nie 'n voorstaander van gebruik 'n stabiliseerder om bestaande probleem reg te maak nie, maar "It beats towing 85km to and from the dam 4 times on one weekend". Dus het ek die stabiliseerders so met sukses gebruik en my spoed ook beperk tot net 80km/h.

Sal ek groter afstande so sleep? Nee ek glo nie. Ja ek sien myself as 'n rustige sleeper maar 80km/h af Natal toe of Kaap toe. Dit sal 'n ewigheid vat. Konstand vinniger as 80km/h sleep?  Nee wat nie maklik nie al werk die stabiliseerders puik. Ek dink die veranderlikes op ons paaie is te veel en te groot om 80 te oorskry met soveel gewig op jou stert.

Dus opgesom "been there done that". Sal weer, maar niks verder as kom ons sê 100km nie en teen spoed van 80km/h of minder.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2016 @ 10:25:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Laastens kan ek sien as mens dalk 'n bootjie of so saam met jou dam toe sleep. Maar regtig 'n ekstra S/wa. Hoeveel tafels, stoele, kaste, kratte seile en tente het mens nodig om te kamp.

As voorbeeld wil ek sê, wanneer ons stop wil ek gemaklik in die karavaan inloop en oor niks klim nie.  Agter op my Tipper is gewoonlik hout vir kamp vuur 'n braaier en charcoal.  Ek sit ook die Rally of tentop die bak want dis makliker om dit daar uit tehaal en weg te bêre as jy kamp opslaan of oppak.

So 'n boot sal ek sleep maar nie 'n sleepwa nie. Ek sien dit as teveel kamp uitrusting.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2016 @ 10:49:44 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Is daar voorsiening gemaak op die woonwa vir hegting van 'n sleep stang? Indien nie, en jy doen dit in elkgeval, wat se jou asuransie?

Ek het dit nog nie gedoen nie, en sal ook nie.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2016 @ 14:49:21 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nee daar is nie spesifieke hegtings punte nie.

Ek het my eie karavaan towbar ontwerp.

1.  Sekergemaak die trek kragte maw vorentoe is direk aan die hoof gedeelte van onderstel vas. Dus het die staal onderstel gedien as 'n lang sleepstang met wiele in die middel.

2.  Sekergemaak dat die "nose weight" as ook die gewig van die geboude sleepstang is versprei oor 'n groot oppervlakte van die vloer. Nie net twee of vier boute en moere soos normaal nie.

Geen probleme gehad nie. Mens moet net bietjie beplan en stresvlakke (druk en trek kragte) op sekere punte bestuur.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2016 @ 14:51:51 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Autobar in Gezina Pretoria, het al sulke sleep stange vir karavane gebou. Hulle is pro's.

Ek het my eie ding ontwerp en gemaak. Was baie lig ek kon die hele ding met eenhand oplig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2016 @ 07:02:29 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Leon ek stem as jy weet hoe, of jy neem hom na profesioneel toe, sal die werk reg gedoen word. Ek is nog steeds versigtig, toe ek my Romany koop het ek vir Loftus gevrae oor 'n trek stang op die wa en hulle het gese omdat daar geen hegting plek is nie "mag jy dit nie doen nie".

Dan kom ek weer trug na asuransie as die vervaardiger of sy verteen woordiger (Campworld of handelaar) se dat dit nie gedoen moet word nie kan hulle weier om die uis uit te betaal?

Vrae maar net.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2016 @ 07:06:03 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1592
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years
Die wet is daar en dit is wettig. Respekteer jou trein en jy sal nie probleem he nie. Op die weegbrug gaan ek ook makliker deur gaan want my wa is leeg behalwe my kleure en bjetjie kos
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2016 @ 07:15:24 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1075
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Reg wat Theo sê. Ek stem net nie saam dat die klein S/wa ook inloop remme moet hê nie.

Enigste rede vir dit is dat ek nog nie 'n regulasie kon kry wat uitspel as 'n sleepwa onder 750kg weeg en hy agter 'n ander S/wa, karavaan, boot of wat ookal gesleep word moet hy inloop remme hê nie.  Want normaal weg as hy onder 750kg is, is dit nie nodig vir dit nie, behalwe as die 750kg die sleepvoertuig se tara oorskry nie. Bv 'n ou klein Mini sleep 'n 6" Venter Trailer.

 

Leon,   Ek kyk toe weer na Reg 151 van die Padvervoerwet.   Van Par 151(1)(a) tot en met die einde van sub-para (c) is alles een sin.  Dis die laaste stukkie na (c) waarin die twee waens gemeld en die BVM nou saamgetel word.  Die afleiding is dat die waens waarvan die gesamentlike BVM die tarra gewig oorskrei dus eie remstelsel moet hê ongeag die enkel gewig van die sleepwa agter die karavaan.

Die kennis na wie ek hierbo verwys het, was juis so aanbeveel deur 'n verkeersman na hulle Reg 151 bekyk het.

groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2016 @ 12:50:53 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon,   Ek kyk toe weer na Reg 151 van die Padvervoerwet.   Van Par 151(1)(a) tot en met die einde van sub-para (c) is alles een sin.  Dis die laaste stukkie na (c) waarin die twee waens gemeld en die BVM nou saamgetel word.  Die afleiding is dat die waens waarvan die gesamentlike BVM die tarra gewig oorskrei dus eie remstelsel moet hê ongeag die enkel gewig van die sleepwa agter die karavaan.

Die kennis na wie ek hierbo verwys het, was juis so aanbeveel deur 'n verkeersman na hulle Reg 151 bekyk het.

groete

Stem saam met jou als wat jy sê behalwe dat afleiding gemaak kan word.

As dit nie daar in die regulasie staan nie is dit nie wet nie. Dus kan my afleiding dat dit nie nodig is vir inloop remme op die S/wa net so geldig wees soos die teenoorgestelde dat dit wel nodig is.

Die regulasie wat die vereistes vir remme reguleer spreek dit aan per eenheid (S/wa) en Karavaan en so aan. Die karavaan is eenheid op sy eie. Die S/wa 'n eenheid op sy eie. Gepaard gaande met die gewigte soos per eenheid bespreek.

Dus vir my, tensy dit in 'n regulasie weergegee word dat 'n S/wa wat minder of gelyk aan 750kg weeg ook met 'n inloop rem toegerus moet wees indien so 'n S/wa agter 'n ander S/wa (karavaan) gesleep word, hou ek by dat dit nie nodig is nie.

Dis maar soos ek dit sien.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2016 @ 13:36:22 pm
EvWyk
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 25 Nov 2015
Experience: 44 years

Ek ket ook my 4.8m Infanta agter my vorige Fleetline gesleep. NOOIT WEER NIE. Dit is "white-knuckle stuff" - soos wat jou hande om die stuur klou en jy die agter spieeltjie dophou. Het van Kaapstad na Wildernis (+-450km+) gesleep + 'n paar korter trips na Hermanus (100km+). So dra ek oor 80km gaan begin die hele besigheid te "snake". Selfs as 'n groot vragmotor van voor af kom het die wind die trein geruk en dan het die "snaking" weer van vooraf begin. Al om dit te stop is om die spoed af te bring tot omtrent 40km/h en dan weer stadig op te bou tot by 80km. Dit was geen plesier nie!! O ja, die petrol verbruik was so 3.6km/l.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2016 @ 19:08:38 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13771
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit lyk chapperig. Die trein van jou. My ondervinding was darem nie so erg nie. Maar soos ek genoem het ek het dit maar kort afstande gehou. Max 100km

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2016 @ 21:30:38 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1592
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years
Ek sleep al so van 1991 af woknwa en sleepwa en baie jare het ek woonwa met 5m missile boot en later 4.5m rubber duck gesleep. Het sprite sport jurgens fleetline, esprit, classique gypsey 5 en sunway so gesleep nooitbprobleme gehad nie. Hetboo, baie die boot gesleep met sleepwa agter as ek met tente gaan kamp het. Het ook die land plat gery met F1 boot en 4.5m rubber duck toe ek by die sport betrokke was. Sleep voertuie was toyota avanti, nissan skyline, verkeydenheid bakkies en suv's
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required