English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 243
Total Replies: 229 716
Total Views: 82 362 868
topics: 117
replies: 1 843
views: 41 296
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

SKOKBREKERS VERVANG OP DAK.

replies: 30
views: 461
15 Sep 2019 @ 15:54:59 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Is dit moeilik om die oplig-dak skokbrekers te vervang.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 15:57:31 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Waarvoor moet mens voor oppas. 

m.a.w.  wat jy NIE moet doen nie. 

Iemand het my gevra om te help met dit en ek nog nooit so-iets gedoen nie.

HELP.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 17:29:21 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4231
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Dis iets wat ek sal se mens moet mintens 2 wees. Dit kan moeilik wees om die stut tot op die regte lengte in te druk sodat mens by die monterings hefboom kan kom. Dit sal ook wissel van model tot model.

Mens het nogal krag in jou spiere nodig vir die indruk veral as dit tot 'n hoew druk opgepomp is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 17:43:47 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2458
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Johan, Dit is heel maklik- ek het myne op die Sprite alleen vervang omdat ek nie van beter geweet het nie. Ek was darem heelwat jonger en die oues was al bietjie gedaan, maar die nuwes natuurlik sterk.  Maar luister gerus wat Danie sê.  

Nuwe gaslifters kos hier by R250 stuk by Midas, maar jy kan dit laat herlaai. Ek het juis verlede week twee van my ou Sprite se eenhede by die plaaslike Al-Ko tak laat oppomp teen R40 stuk om in my Venter sleepwa te gebruik. Die Sprite was 'n 1984 model so die goed kan baie lank gebruik word.  Net 'n stukkie raad: pasop vir oorpomp want dit kan nie weer afgeblaas word nie. Daar is 'n formule op Gabriel se katalogus oor hoe om die regte druk te bereken, wat ook maar effens onbruikbaar is.  Moonlik is die regte druk steeds leesbaar op die ou gaslifters wat dit natuulik baie makliker sal maak. Die formule bereken die aantal kilogramme wat nodig is terwyl hulle die druk in  ek dink Newton-meter bereken word.  Ek het sowat 17kg per skokbreker nodig gehad en ongelukkig die eerste een te hard laat pomp.  In my geval sou 20 kg ongeveer 200 N-M druk wees en ek het hom 400 laat pomp op aanbeveling van die winkelassistent. Hy was bereid om dit in fases op te pomp sonder ekstra koste.  Dit sou 'n goeie idee wees om 'n badkamerskaal saam te neem en na die eerste pomp te kyk hoe sterk die eenheid is en dan 'n tweede pomp te doen indien nodig.

Ek weet nie of daar 'n Al-Ko tak of 'n ander handelaar op Bloem is wat die werk kan doen nie, maar Al-Ko se fabriek is op Vereeniging en aangesien julle binnekort op Parys gaan kamp, kan jy dalk daarheen oorry as niemand op Bloem jou kan help nie.  Dis nou as jou vriend nie reeds nuwes gekoop het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 17:53:21 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Sal hoor by die man. Dis juis n ou van parys. Oho en nou is ek n expert.😎

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 18:53:06 pm
Floris2
New Member
37% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 08 Dec 2018

Ek het dit een keer self gedoen op 'n Penta.

Die belangrikste les wat ek ten duurste geleer het is - doen een op  'n slag. Moet onder geen omstandighede twee stutte gelyk verwyder nie. 

Dan is dit relatief maklik - veral as jy twee mans is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 19:57:02 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7803
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek het dit een keer self gedoen op 'n Penta.

Die belangrikste les wat ek ten duurste geleer het is - doen een op  'n slag. Moet onder geen omstandighede twee stutte gelyk verwyder nie. 

Dan is dit relatief maklik - veral as jy twee mans is.

Welkom op die forum. 

En vir die waarde volle raad.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 20:40:30 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Ek het dit een keer self gedoen op 'n Penta.

Die belangrikste les wat ek ten duurste geleer het is - doen een op  'n slag. Moet onder geen omstandighede twee stutte gelyk verwyder nie. 

Dan is dit relatief maklik - veral as jy twee mans is.

Dankie mater. 

Snaaks dat ek ook die gevoel gehad het dat mens dit een-een moet doen 

In elk geval ... welkom op die forum. En dankie dat jy ook n waardevolle bydrae gelewer het.. 

Op dié manier help ons almal vir almal. Dis juis dit wat die forum so suksesvol maak en presies wat CHRISTUS JESUS van ons verwag.  Shalom.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2019 @ 21:30:04 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4231
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Oom Johan as jy wil oppomp kan jy seker ook navraag doen by Diesel Electric takke. Ek weet in Wynberg het ek myne by hulle laat oppomp.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 06:03:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het ook die gaslifters op my Penta na 11 jaar vervang.  Vir my was dit nogal 'n joppie en die rede daarvoor was dat, al is die dak op sy hoogste opgedruk  dit nie noodwendig die volle lengte van die gaslifters was nie.  Die seiltjie om die dak en die staal brackets het dit bepaal.

Die gevolg was dat toe ek die een gaslifter met 'n gesukkel uithaal hy self nog ongeveer 40 - 50mm uitgedruk het.  Met die terug sit ietwat moeilik.  Want nie net moet ek die dwars pennetjie indruk nie, ek moes eers die gaslifter "Compress" tot die regte lengte dan die pen indruk. Sonder hulp is dit onmoontlik want die spasie by die bracket waar pennetjie moet deurgaan is maar beknop vir 4 groot hande.

Ek het vir my toe 'n "compress" tool gemaak.  Die het die gaslifter saam gedruk tot die regte lengte en dan het ek net die pennetie met sy circlip maklik ingedruk.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 06:41:45 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Goeiedag vriende,

Vanoggend maak die rekenaar my baie vies.   Sodra ek die 'alt' sleutel en nommerkode intik om byvoorbeeld die 'kappie o' of die 'kappie e' in te voeg dan spring die bladsy terug na die hoof soekenjin bladsy toe.   Is dit 'n Windows 10 probleem of omdat Caravan Parks my aanse om my registrasie te aktiveer?   In die sin kon ek nou nie die ' kappie e' intik waar ek moes nie.

Verskoon dus asseblief die "goeiedag" hierbo wat vriendeliker sou klink as ek "-more" kon gebruik eerder dan "-dag".

Ek het die artikel oor die vervanging van gasstutte en die opwipdak se seil wat in WEGSLEEP van Okt 2014 verskyn het sopas inskandeer.   As iemand dit verlang,  stuur epos na tmb6722bygmail.com en ek stuur dit aan.   Dit is 4 bladsye wat saam sowat 20MB is.  Ek sal dit in 4 eposse aanstuur om die stuur en aflaai te vergemaklik.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 06:44:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Theo stuur asb vir my.  Ek sal graag wil sien hoe stel hulle voor mens dit doen en ek wil dit by my databasis voeg.

leon   @   dlsys dot co dot za

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 06:45:29 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jammer jy kan dit as een pdf doc stuur hy behoort deur te kom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 06:59:45 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 6 years

Gestuur maar as jpg inskandeer.  Het intussen geleer hoe ek moet maak om die grootte te verander.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 07:05:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het bladsy 2-4 gekry (3) blaaie. Dis bietjie klein en mens sukel om te lees met bladsy op normale groote.

Stuur asb die gewone groete ook.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 07:06:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sien hulle verwyder die hele surround seiltjie ook. Dis verk baie werk.  Sal maar alles lees. Daar is mos maar 'n rede vir alles.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 07:37:20 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4231
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon/Fred raak juis die punt aan hoekom ek noem dat mens 2 moet wees en ek persoonlik sal nie meer die stut kan indruk om dit kortrt te kry om die pennetjie te kan insit nie.

Dus wees maar voorberei. 

Nee wat om die seil te verwyder is nie nodig volgens my ondervinding op die Caravette nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 07:47:29 am
DANIE V T
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 06 May 2015

Ek het 12mm threaded rod gevat met 2 boute en twee hakkies gemaak wat aan elke kant van die gas lifters vang. Die een bout op threaded rod vas geweld en die ander bout draai jy in om die lifter intetrek tot waar hy in pas sit die twee kante op lifters dan vas op hul posisie en draai die bout op threaded rod weer los om lifter te laat skiet. Werk baie maklik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 07:57:41 am
Jurie
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 13
Joined: 30 Mar 2017
Experience: 23 years

My ondervinding: Vervang een op 'n slag, boor klein gaatjies net onder die koppe van die stutte. Stut die dak by een dakstut met 'n hout. verwyder die ou stut, meet die lengte wat die stut moet wees en druk dan 'n nuwe stut in met behulp van die karavaan se gewig - plaas die nuwe stut onder die koppelstuk met sy ander punt op 'n houtblokkie. laat sak die karavaan mbv die jocky wiel tot op die lengte soos gemeet. Gebruik binddraad (deur die gaatjies) om die stut te bind en te hou. Installeer die stut in die dak en verwyder die binddraad. Volg dieselfde stappe met die ander 3 stutte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 09:44:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het 12mm threaded rod gevat met 2 boute en twee hakkies gemaak wat aan elke kant van die gas lifters vang. Die een bout op threaded rod vas geweld en die ander bout draai jy in om die lifter intetrek tot waar hy in pas sit die twee kante op lifters dan vas op hul posisie en draai die bout op threaded rod weer los om lifter te laat skiet. Werk baie maklik.

Die tool wat ek van gepraat het, het op dieselfde manier gewerk.  So druk hy die gaslifter in, jy verwyder die pennetjies en haal die gaslifter gemaklik sonder spanning daarop uit.

  • Moenie verstel aan die tool nie.
  • Druk gaslifter teen die grond op 'n plank en haal die gaslifter uit die tool.
  • Skroef die staal ogies af en terug op die nuwe gaslifter.
  • Haak die tool se bo punt aan bokant van gaslifter druk op grond (hout) met gewig en haak dan die onder punt van tool
  • Nou is die nuwe gaslifter reeds die regte lengte inmekaar gedruk vir die plek waar die ou een uitgekom het.
  • Pas hom in en sit die pennetjies terug

Onthou die blink stang van die gaslifter is altyd onder met die omhulsel bo.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 09:54:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Baie belangrik is die tool wat gemaak word is spesifiek vir 'n plek wat jy hom gaan gebruik.  Die lengte van die gaslifter in die dak oplig omgewing is normaal langer as die plek waarin hy gaan pas.

Die rede is as die Threaded rod te lank is pas hy nie in op die plek waar die gaslifter wat ingedruk is moet in gaan nie.

So die special tool vir 'n Sprite swing se gaslifter gaan te lank wees vir 'n Jurgens Penta weens die hoogte verskil tussen die karavane se dak rante en die opgeligte dak.

Met die tool wat Danie VT verduidelik het is dit basies die lengte van die threaded rod by die verskeie karavane.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 10:42:44 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1313
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Het my Fleetline s'n gedoen so 3 jaar terug. Twee langerige plat metaal strokies by Chamberlains gekoop (lyk soos groterige Meccano plaatjies en is reeds vol gate geboor soos ook Meccano s'n). Deur die twee plaatjies oor mekaar te skuif kan jy die totale lengte verstel met twee klein boutjies (mens kan ook fynverstelling doen deur 'n paar ekstra gaatjies nader aan mekaar in die plaatjies te boor). Die twee punte van die saamgestelde ding het ek omgebuig en effe oopgesaag sodat dit twee hake vorm. Stel dan die totale lengte om te pas by jou huidige lifts (die hake skuif oor die lifter se twee monterings en hou die dan ingedruk). Werk soos 'n droom om die oue mee uit te haal. Ek gebruik dan een van daai langerige houtklampe om die nuwe lifter mee te kompres tot die plaatjie magafter weer oor kan skuif, skuif dan die lifter wat nou ingedruk bly weer in op sy dakmonterings en sodra die lifter se penne in plek is skuif die magafter weer uit ek doen die volgende ene. Neem sowat 30 minute of so om al 4 lifters van my Fleetline te doen

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 10:45:25 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2458
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek dink jy kan ook sommer met draad 'n redelike "tool" maak om die eenheid voldoende in te druk, dis nou as jy nie Leon se gereedskapstuk kan kry nie. Sommer 'n stuk draad met twee ogies dan haak jy dit oor die twee punte van die gaslifter.  As jy die gaslifter effens korter hou as wat nodig is op die dak, kan die dak waarskynlik effens afgetrek word om by te kom.  Ek het myne jare gelede vervang so ek kan nie onthou presies hoe ek dit gedoen het nie, maar ek weet ek het nie so 'n gereedskapstuk gehad nie, so ek kon dalk 'n draad gebruik het.  Maar ek was nog jonk en sterker as wat ek nou is, so moontlik het ek dit sonder sulke hulp gedoen.  Die gaslifters vir die karavaandak kan arem nie so sterk wees nie- miskien maar sowat 20 of 25 Kg wat nie onmoontlik is om te hanteer nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 10:52:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis waar wat jy sê Fred die 20-25kg is nie onmoontlik om te hanteer nie.

Dis net moeilik op die plek waar die gaslifter sit.  Normaal weg druk mens die gaslifter in met jou liggaam gewig. Daar moet jy iets hê om dit vir jou te doen.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 11:08:41 am
Klaasvakie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 14 Nov 2013
Experience: 69 years

Oom Jeep. Ek het sopas al vier my skokbrekers vervang. Die eksperts in die Noordelike Voorstede kwoteer my R 370 en R500 installasie Per EEN. Ek het dit gedoen vir R 250 per een en gratis installasie😀

Julle moet twee wees. Vir geselskap en koffie....en nonsens praat.. dit is terapeuties

Ek het dit alleen gedoen! NB:1. Die nuwe gaslifts is langer as die wat jy uithaal, die oues is mos pap.2. Die brackets waarin skokbrekers pas is van harde plastiek. Moenie die boute te styf draai nie. DIT IS NIE NODIG NIE. Jy kan die boute te styf draai en die brackets se flanges breek. Dan is dit MikeTango!!!! Gebruik boute van S/S en nylocks moere. Gewone boute roes en na 6 jr moes ek nou een afgrind. Gebruik n plank om die dakdeksel te stut sodat hy nie sak as jou ou gaslift uitkom. NB Die oue het nog biki druk in. Ek het n ratchet en twee kabelstroppe gebruik om die oue se spanning op te neem. Draai boute dan los en verwyder gaslift. Meet die afstand tussen die bo en onder gate waar die boute inkom.Daar is twee maniere om die spanning op die nuwe te sit: Die nuwe skokbreker het twee kante,die silinder kant en die "rod "kant elk met n ogie (eyelet). Draai nou n draad vas om die eyelet se basis aan die silinder kant. Die los ent van die draad moet lank genoeg wees om by die ogie"eyelet" se basis aan die rod kant by te kom. "Kompres" nou die skokbreker met n lang houtwerk klamp( Of gebruik die disselboom van die karavaan en die jockeywiel.) tot die regte lengte van die gate hierbo gemeet. Vice grip nou die draad se los ent vas aan die eyelit se basis aan die rod kant . Ek het masking tape gebruik om die metaal te beskerm teen draad en vicegrip. Goeiehoop onderdele Brackenfell se pryse is goed (en hulle sit lug ook in  as jy wil weet). Hierdie metode word gevolg deur Loftus Caravan City. Die skokbrekers is ook by hulle te kry. Sterkte. Laat weet as ek verder kan help. My sel is 0832613020. Ek kan fotos van die aksie stuur op watsap as jy wil. Dit is van al die aksies.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 11:12:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nou ja daar ie nog 'n manier om dit te doen deur iemand sommer onlangs.

Boer maak 'n plan bly maar 'n getroue gesegde.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 11:38:41 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2458
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Net 'n belangrike punt: Die gaslifters moet geïnstalleer word met die silinderdeel bo as die dak opgelig is.  As die stang bo is, lek die gas mettertyd uit.  Dit klink vanselfsprekend, maar ons 1984 Sprite s'n het juis vinnig papgeword omdat CI Caravans dit verkeerd gemonteer het. Dit was die eerste jaar wat hulle gaslifters gebruik het en hulle het uit onkunde die fout gemaak op al die karavane wat toe vervaardig was. As hulle reg gemonteer is, is daar olie om die suier wat keer dat die gas ontsnap.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 11:48:22 am
Klaasvakie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 14 Nov 2013
Experience: 69 years

Jy is reg Fred. Silinder bo en rod onder! Ook gelees in n tegniese tydskrif, moenie die rod olie nie. Dit mag n vretende effek op die seël hê wat die lug binne hou. Ek het aanvanklik geolie omdat die blink rods geroes het binne 3 weke op Buffelsbaai. Dit was McNaughtens. My nuwes is naamgenoot van die Engel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 15:58:17 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Baie dankie aan algar van julle 

Ek glo my neef en ek, ons is albei ambagsmanne...  sal die ding kan doen soos hierbo beskryf.   

Wonder ek, as die pro's R500 ' per item vra, ?  Dans daar mos n kans vir n paar  bugs om te maak. Nêh.  Dankie dankie.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2019 @ 16:01:38 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Dis iets wat ek sal se mens moet mintens 2 wees. Dit kan moeilik wees om die stut tot op die regte lengte in te druk sodat mens by die monterings hefboom kan kom. Dit sal ook wissel van model tot model.

Mens het nogal krag in jou spiere nodig vir die indruk veral as dit tot 'n hoew druk opgepomp is.

Dankie Danie, dis nou vir die raat oor krag in die spuere. Ek het nie, maar die plan om dit met die wa se gewig te doen.... soos die raat hierbo..   is puik.

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2019 @ 06:19:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons kan bietjie hieroor gesels teen die naweek Oom Johan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required