English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 084
Total Replies: 212 674
Total Views: 81 649 297
topics: 120
replies: 1 798
views: 315 315

SKERM VIR WIND/PRIVAATHEID

replies: 36
views: 861
10 Jan 2019 @ 18:04:34 pm
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014

Dis nou maar 10 Januarie en hier volg die heel stupidste vraag van 2019. Ek het onlangs vir my 'n "windskerm" / boma aangeskaf en aanvaar dat die ankertoue, ens. ingesluit is. Dit was toe nie. Die seil/net het slopies vir die paaltjies. My dom vrae nou: 1. Watter tipe ankertoue kan ek gebruik en 2. hoe anker ek die paaltjies dat hulle stewig en regop bly ? Baie dankie aan almal wat weet. Kokkie de Kock.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 21:33:23 pm
Heindrich
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1293
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Jy gebruik maar die normale ankertou wat jy na-aan die paaltjie inkap. Ek sit maar normaalweg een aan elke kant van die paal. Daar behoort aan die onderkant van die net by die paal n lus te wees waardeur jy n reguitbtentpen in die grond inkap. Dit hou die paal geanker aan die onderkant. 

Hoop jy kom reg. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 22:01:44 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11072
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek maak hom maar vas soos op die foto. 2 toue by elke paaltjie....1x elke kant van net. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 22:12:01 pm
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014

Hallo Heindrich en Relaxed Camper

Baie dankie vir julle raad en ook vir die foto. Nou weet ek wat om te doen. Net nog 'n laaste vragie: Hoe maak julle die ankertou bo-aan die paaltjie se punt vas.....sommer 'n lussie, of knoop julle die ankertou daar vas? Nogmaals baie dankie. Kokkie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 22:26:25 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11072
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die bo kant lyk so....net n lussie oor dit

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 22:40:43 pm
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014
Baie duisend dankies, Relaxed camper. Nou't jy my probleem heeltemal opgelos.
Ek waardeer jou hulp. Groete, Kokkie.
 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2019 @ 22:40:59 pm
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014
Baie duisend dankies, Relaxed camper. Nou't jy my probleem heeltemal opgelos.
Ek waardeer jou hulp. Groete, Kokkie.
 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 04:00:18 am
Hennie
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 14 years

Kokki, daar het jy die oplossing in 'n japtrap.

Indien jy die windskerm by 'n verskaffer gekoop het moet die paaltjies en anker toue ingesluit wees, miskien moet jy gaan navraag doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 06:50:48 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11376
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek stem saam dat die toue penne en paaltjies deel van die koop moes wees

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 09:00:55 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 622
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Stem ook dat die anker toue en "simpel" tent penne ingesluit moes gewees het met die koop deur 'n verskaffer.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 09:24:04 am
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014

Dis darem 'n wonderlike forum hierdie waar almal bereid is om van hulle kennis en ervaring te deel. Baie dankie vir julle hulp. Ek het die windskerm deur Gumtree gekoop en moet nou maar aanvaar dat ek self die ankertoue moet maak. Dis darem nie te erg nie. Die paaltjies was wel ingesluit. Nogmaals baie dankie aan almal vir julle vriendelike hulp. Ek waardeer dit...... en my probleem is iets van die verlede. Groete, Kokkie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 09:37:19 am
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1679
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Kokkie die ou pennetjies wat jy saam met die skerm kry beteken met respek nie veel nie. Kry maar vir jou die beproefde krom penne en gebruik hulle. Die ou klein pennetjies weerstaan nie eers n ligte briesie nie. Gelukkig is die klaargemaakte ankertoue ook nie duur nie. Geniet jou skerm.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 09:53:50 am
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014

Baie dankie, Piet. Ek sal so maak. Groete, Kokkie.

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 09:54:01 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1854
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ek hou nie van die windskerms nie want dit skep te veel "privaatheid".  Van die lekker in 'n kamp is juis om verbygangers te groet en soms bietjie te gesels.  Die skerm skep die indruk dat die inwoners nie juis met hulle bure wil meng nie, so ek sal nie op hulle privaatheid inbreuk maak nie.  Dan is ek ook nie seker hoe effektief die skerms as windbrekers is nie.  Ek het ook al gesien hoe waai hulle om as die wind bietjie sterk is. En dis nog ekstra goed om saam te piekel en dan neem dit langer om georganiseerd te raak.   Ons staan nooit meer vir lang tye nie, so miskien voel mense anders as hulle dit wel doen.

Maar dan, ons het elkeen ons eie voorkeure en ek kan nie sê 'n ou wat van my verskil is verkeerd nie, en netso andersom.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 09:58:18 am
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014

Baie dankie, Fred. Ek sal dit ook in gedagte hou. Groete, Kokkie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 10:07:42 am
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1345
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek hou nie van die windskerms nie want dit skep te veel "privaatheid".  Van die lekker in 'n kamp is juis om verbygangers te groet en soms bietjie te gesels.  Die skerm skep die indruk dat die inwoners nie juis met hulle bure wil meng nie, so ek sal nie op hulle privaatheid inbreuk maak nie.  Dan is ek ook nie seker hoe effektief die skerms as windbrekers is nie.  Ek het ook al gesien hoe waai hulle om as die wind bietjie sterk is. En dis nog ekstra goed om saam te piekel en dan neem dit langer om georganiseerd te raak.   Ons staan nooit meer vir lang tye nie, so miskien voel mense anders as hulle dit wel doen.

Maar dan, ons het elkeen ons eie voorkeure en ek kan nie sê 'n ou wat van my verskil is verkeerd nie, en netso andersom.

Het so situasie aanskou by Kaia Manzi waar mense so ietwat van ''Kleur'' wou skei wat nie mooi aanskoulik was nie.

By Smilin Thru destyds het ek nie 'n keuse gehad nie en moes myne opsit agv redelike deurlopery asook baie stof met verbygaande voertuie soos die foto aandui.

Vir lang kamp neem ons hom saam om net versekering te kry ingeval van 'n verkeerde staanplek waar die wind dalk geniepsig kan raak.

Ek moet ook byvoeg dat myne redelik stewig staan gedurende erg winde en nog nooit mee gegee het nie, veral by Malonyeni.

 

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 10:30:19 am
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014

Baie dankie vir die foto's, Fred.  Ons gaan vanaf 18 Januarie vir 'n lang termyn op Mosselbaai staan. Uiteraard is een van die redes om ons teen die wind te beskerm, maar ons het in die verlede dit ook al ondervind dat onbedagsame kampeerders sommer kortpad vat oor ons staanplek. Dit wil ons graag probeer uitskakel. Nogmaals dankie vir jou bydraes. Groete, Kokkie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 11:28:55 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1854
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Kokkie, Soos ek gesê het, elkeen doen maar soos hy goed dink.  Persoonlik is ek nie juis gepla deur mense wat oor my staanplek loop nie- solank hulle net nie iets saamneem nie. Ek verstaan jou motivering oor die wind- dit kan nogal kwaai op Mosselbaai waai.  En ek dink daar is sekerlik verskille in behoeftes tussen korttermyn en langtermyn kampeerders. Ons onderneem deesdae net kort toere van so tien dae met gemiddeld twee nagte op een plek, so wind of nie wind nie, ekstra sklerm sal vir ons net lastig wees. 

Laat weet gerus as julle daar is, waar julle staan.  Die moontlikheid is groot dat ons self êrens na Februarie ook daar sal uitkom.  Dis lekker om ander forumlede raak te loop. Ons Skipper en Kuga dink ek is redelik erkenbaar, so waar ons ookal kamp, as daar forumlede is, loer gerus in.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
1
11 Jan 2019 @ 14:27:15 pm
Jan Meyer
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1848
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Ons skerm is rondom ons skottelgoed wasbak vir netjiesheid maar sjoe het al regoor mense gekamp wat heeldag openlik vir jou sit en kyk. Het niks om weg te steek nie maar dis baie ongemaklik. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 14:34:29 pm
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014

Jy's reg, Jan. Ander ouens stap sommer tussen  jou en jou karavaan deur as jy sit en braai. Dan val hulle amper oor hulle eie voete soos wat hulle in jou karavaan probeer inkyk.tongue-out

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 14:45:16 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11072
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Of hulle begin slote grawe op jou voorstoep op oukersdag...

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2019 @ 14:48:40 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Kokkie, jammer man. Jy het sulke interresante "gadgets" ek moes net kyk. Haha.

Die skerm is baie handig in die winter om die konka vuur se hitte by die omsittendes te hou en die kwaai koue van die blaaie af.  Nou sommer lus vir winter kamp.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2019 @ 15:07:45 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6695
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Gebruik hom ook in die winter om die wind bietjie te keer.

Goed om so skerm saam te ry.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2019 @ 14:45:31 pm
Willem
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 29 Dec 2009

Die skerm werk, maar wat mense foute maak, hulle gebruik bv n 85% tot 95% skadunet, dan is die weerstand teerg, dan waai wind hom om.Gewoonlik is die gekoopte paaltjies tedun, ek het vir my self gemaak van dikwand alminuim pype, nou werk hy goed .

Kokki  waar by Mosselbaai gaan jy staan ?Woon jy op Middelburg .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2019 @ 16:36:37 pm
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 672
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ons gebruik ook nie ons skadunet-skerms as ons vir 'n kort rukkie staan nie, maar hou daarvan om 'n erfie van my eie te hê wanneer ek lank staan. Ek het jare gelede (mid 90's) 'n 18 meter (die laaste op die rol) 80% skadunet gekoop. As jy dit oopvou is dit 6 meter breed. Ons het dit presies in die middel deurgeknip - m.a.w. ons het twee stukke van 18 meter en 1.5 meter hoog. My vrou het vir elke stuk se koppenente "pouches" gestik waardeer die paal lekker styf pas. Ek het aluminium-pale laat opmaak - elkeen met sy voetstuk en die bo-stuk wat deur die gaatjies (wat in die net was) pas. Ek het toue opgemaak en gebruik dit nog steeds. Die nette neem min plek in beslag, so ook die pale, toue en penne.

Ek geniet dit om 'n erfie van my eie te hê.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2019 @ 21:22:18 pm
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014

Hallo Willem, ons vertrek eerskomende Donderdag Mosselbaai toe en gaan by die Punt staan. As hulle ons na drie maande jaag, skuif on Santos toe. Ons woon op Kleinmond en verhuur ons huis vir tien maande.

Dankie vir die foto, Chris. Ek hou ook van die idee van 'n 'eie erfie'.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
1
14 Jan 2019 @ 06:15:36 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11376
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek hou nie van die windskerms nie want dit skep te veel "privaatheid".  Van die lekker in 'n kamp is juis om verbygangers te groet en soms bietjie te gesels.  Die skerm skep die indruk dat die inwoners nie juis met hulle bure wil meng nie, so ek sal nie op hulle privaatheid inbreuk maak nie.  Dan is ek ook nie seker hoe effektief die skerms as windbrekers is nie.  Ek het ook al gesien hoe waai hulle om as die wind bietjie sterk is. En dis nog ekstra goed om saam te piekel en dan neem dit langer om georganiseerd te raak.   Ons staan nooit meer vir lang tye nie, so miskien voel mense anders as hulle dit wel doen.

Maar dan, ons het elkeen ons eie voorkeure en ek kan nie sê 'n ou wat van my verskil is verkeerd nie, en netso andersom.

Hoe sê mens...... elke ding het seker sy plek.  Ons het op 'n slag by Dube gaan kamp en daai naweek as ek nie die skerm gebruik het nie het ander kampeerders seker hulle kinders se tente onder my rally kom loop staan maak.  Dube het intussen die staanplekke genommer maar ek verstaan dis steeds op 'n knop en dan sal die skerm weer moet werk.

Dan kry jy weer sommige kampeerders wat deur jou kamp/staanplek loop oppad na nêrens.  Die ou se stappery word ook met so skerm kort geknip.  Selfs kinders wat nie geleer is om met fietse op die paaie en fiets paadjies te hou nie.

Laastens werk hy soos n bom teen die wind, mits dit 'n digte materiaal een is.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2019 @ 06:39:32 am
Chris Boucher
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 672
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Hallo Willem, ons vertrek eerskomende Donderdag Mosselbaai toe en gaan by die Punt staan. As hulle ons na drie maande jaag, skuif on Santos toe. Ons woon op Kleinmond en verhuur ons huis vir tien maande.

Dankie vir die foto, Chris. Ek hou ook van die idee van 'n 'eie erfie'.

Kokki - dan woon ons op dieselfde dorp - as julle die slag by julle huis is. Ons woon in Heuningkloof.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2019 @ 09:06:08 am
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014

1. Chris, kan jy nou glo ! Dankie, ons sal verseker kom kennis maak wanneer ons weer terug is.

2. Dankie, Leon. Dit is presies wat ons nou al 'n paar keer ervaar het en wat my laat besluit het om die skerm aan te skaf. Party ouens is baie onbedagsaam.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2019 @ 17:36:20 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1679
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ons maak ook gebruik van die windskerm veral as ons lank staan soos nou by Hartenbos. Hy word as beskerming teen die wind gebruik en dan word hy so gespan dat Susan se skottelgoed wasplek lekker privaat is. As ek vanaand wil braai en die windjie stoot van die see af skuil ek ook lekker agter die skerm. Wat lekker is van ons Hartenbos staanplek is dat ek die skerm vasmaak aan die pallisade heining. Hy kan nie omwaai nie en keer die wind lekker.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 00:09:56 am
Kokki
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 43
Joined: 19 Mar 2014

Dankie, Piet !wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 09:50:58 am
Fred
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1854
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Net 'n vragie Piet: Wat word van Susan se vuil wasgoedwater?  Ek hoop nie dit beland op die gras nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 11:57:26 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 11376
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het mos so dun deursigtige skerm soos hierbo deur Geert geplaas.  Gaan nou 'n windskerm laat maak wat netjies by die Maia se tent kleure pas en dan sommer die ou een se paaltjies en toue gebruik.

Ek het ook so netjiese een gehad wat by die Classique se tent gepas het.

Willem Brits het hom nog by my oorgekoop want die kleure was nou regtig nie chapperig saam met die Maia se tent nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 12:46:31 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1679
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Nee Fred ons het ook een van daardie tafels met die twee wasbakke. Die wasbakke het proppe wat aan n swembadpyp gekoppel is. Die swembadpype stort die water in n emmer onder die wasbakke en wanneer die emmer vol is ledig ons dit in die naaste afvoerpyp gewoonlik onder die naaste kraan.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2019 @ 13:21:54 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1080
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 40 years

Piet, julle is darem ordentlik. Myne loop langs wa uit dan dan kry ek n modderbad langs die wa en hoef nie by die spa daarvoor te betaal nie. Ek sorg maar net dat daar bietjie advokado olie in is vir gesig.cool

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2019 @ 14:41:05 pm
Hentie06
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 18 Jun 2018
Experience: 12 years

Ek bou gewoonlik so L-shape met hom wat 'n lekker speel hoekie vir die kleinding vorm dat dwaal sy nie ver nie.

Hak laat ons ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2019 @ 20:26:30 pm
DK
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1345
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek bou gewoonlik so L-shape met hom wat 'n lekker speel hoekie vir die kleinding vorm dat dwaal sy nie ver nie.

Die L-shape werk goed vir ń afskorting en privaatheid, maar as daar so bietjie winde is, hou ek daarvan om myne in ń boog formasie op te sit agv daarvan dat my lapa soliede materiaal is.

 

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First