Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21920 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17701 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6145 |
Bostoe | 5447 |
BrianB | 5229 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3217 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2575 |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1993 |
Swanie | 1857 |
Nico | 1759 |
steamer | 1694 |
Hennie Botha | 1671 |
Ski | 1669 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1239 |
Louvan | 1231 |
RichardJ | 1131 |
Gerden | 1125 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 844 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 767 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 591 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 426 |
Harv | 424 |
Andre Smit | 417 |
Rare Breed | 416 |
1Pierre2 | 385 |
LEEN | 381 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Dieter | 265 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 198 |
BigG | 182 |
Trev1 | 182 |
SJINESE VOERTUIE
Ek het die afgelope jaar of meer heelwat opgelees oor Sjinese voertuie en ook toetsritte met twee onderneem. Op papier het hulle almal baie goeie specs. Ek was nie heeltemal so beëndruk soos met gevestigde make nie. Dit is behalwe vir hulle brandstofverbruik wat almal sleg vergelyk met Europese, Japannese, Indiese en Koreanse voertuie. Prysgewys is hulle egter een en almal 'n winskopie en uiterlik is hulle ook almal heel aantreklik. Ek is egter nog nie oortuig dat hulle goeie waarde vir geld is nie en dit is ook nie vir my duidelik hoe duursaam hulle is nie. En dat weet ek ook nie of hulle almal oor 'n paar jaar nog hier bemark sal word en of onderdele beskikbaar sal bly nie.
Sover ek kan agterkom, is die swetterjoel voertuie van die land almal vervaardig in fabrieke wat gedeeltelik of in geheel aan die regering behoort. Ek wonder ook of hulle nie maar onder die vel almal dieselfde is met net die name en sommige estetiese verskille nie. Dit pla my nie juis nie want dit begin almeer met alle voertuie gebeur dat hulle belangrike onderdele soos masjiene en dryfstelsels maar uit dieselfde fabrieke kom. Selfs minstens een Aston Martin lees ek onlangs, loop met 'n Ford masjien. Ook sommige Jaguars loop met Ford masjiene. Daarteen het ek ook niks nie want Ford se masjiene is heel betroubaar en ekonomiese.
Die rede dat die Sjinese voertuie besonder goedkoop is, is onder andere daaraan te wyte dat die Sjinese regering op verskeie maniere die produksie van die voeretuie subsidieer en dan verdien die werkers ook maar 'n breukdeel van die salarisse van byvoorbeeld Europese werkers. Die EU se motorbedryf, oa VW, word nou erg geknou deur die goedkoop Sjinese invoere en daar word nou al hoër invoerbelasting op die voertuie gehef, in die geval van MG karre byvoorbeeld 45%. Dit gaan hulle groot voordeel bo Europese voertuie wegneem en dan sal kopers weer verplig word om voertuie op 'n gelyke speelveld te beoordeel. Ek meen op hierdie stadium sal Sjinese voertuie nie meer sulke goeie kopies wees nie, maar die tyd sal wel leer.
My vraag is nou, sal jy 'n Sjinese voertuig koop as hy prysgewyse op gelyke voet met gevestigte make is?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Geen manier nie. Goedkoop koop is duurkoop koop. Ek wil nog sien hoe betroubaar hulle oor die lang termyn is, hoe beskikbaar onderdele is en wat dit kos, en hoe herverkope lyk. Intussen koop ek liewer ‘n tweedehanse bekende en betroubare voertuig vir dieselfde prys.
Never too old to have a happy childhood
Nee. Ek is nie so ryk om Chinese voertuie te koop nie.....kan nie bekostig om kortkort weer iets anders te moet koop nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Die GWM P series is n indrukwekkende Bakkir. Goeie waarde vir geld.
Alle voertuie het maar hul eie probleme. Tans ry ek n maatskappy half tonner. NP200 met 505 000km op die klok. Ek weet nie of Chinese voertuie dit kan doen nie alhoewel 1 al gese het hulle waarbog die enjins vir 1 milj km. Glo nie die res vd voertuig sal dit kan byhou nie.
At last !!!!
Die miljoen km waarborg is geldig maar net vir die eerste eienaar en vir tien jaar. Dis n feit dat moderne enjins die duursaamste groot onderdeel in n voertuig is. Ek glo Chery en Haval sal bittermin gedwing word om die waarborg te eerbiedig maar dis n goeie reklamefoefie wat baie mense beïndruk. Ek meen Suzuki gee n realistiese 200 duisend km enjinwaarborg op een van hulle voertuie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dit is nie duur om ‘n enjin waarborg te verleng nie.
My swaer het ‘n GWM bakkie. Na 280000 km is die ding heeltemaal sat.
Die ander kant van die muntstuk - die ou wat my ou 2007 Isuzu bakkie gekoop het noem dat dit nou ver oor die 300000 harde plaas kilos op het en nog sterk loop.
Never too old to have a happy childhood
Geen manier nie. Goedkoop koop is duurkoop koop. Ek wil nog sien hoe betroubaar hulle oor die lang termyn is, hoe beskikbaar onderdele is en wat dit kos, en hoe herverkope lyk. Intussen koop ek liewer ‘n tweedehanse bekende en betroubare voertuig vir dieselfde prys.
Ek voel ook maar soos Louvan hierbo. Ek is al bekommerd omdat so baie mense my bangpraat oor my Ford, so sal maar wegbly van die Sjinese. Ek lees ook baie van die swak brandstof verbruik en ook dat die masjiene en ratkaste nie altyd so lekker saamwerk nie.
Mens sal nooit die waarheid hoor oor wat alles vervang is met voertuie wat 500 000Km of meer op het nie. Die water pomp, injektor pomp, starter motor, viscous fan, clutch, thrust bearing, CV joints, shocks, wiel laers e.n.s. hou nie so lank nie. As die engine nie oopgemaak is nie is niks vervang nie....well dit is hoe baia rideneer??
Pajero offer vry dienste na 1 miljoen Km. Ek gaan nie probeer om dit te beproef nie.
Groete,
Paul
Paul, jy laat my dink aan die man wat n byl het wat sy voorvader nog saamgebring het toe hy saammet van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Hy sê dis nog heeltemal oorspronklik. Dit het nog net tien nuwe stele en vyf nuwe koppe gekry.
n Dame in Kaapstad het vertel haar Maxda 323 hwt as 1.3 miljoen kilos gedoen en ry nog. Ek het nie gehoor wat alles vervang is nie.
n Maat van my se pa het n 1200cc Kombi vir baie jare gery. Die oom het nie geglo aan olie vervang nie en moes die masjien driemaal met ander tweedehandses vervang. Hy moes ook op n slag die bakwerk vervang na die Kombi gerol het maar het steeds dit as sy oospronklike wa beskou.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Mooi Fred. Net so ook met branstof verbruik. Die syfers wat mense aanhaal het ek nog nooit gesien nie. Ek weet eintelik nie hoe hulle daarby uitkom nie. Seeker maar om hulle besluit van voertuig te onderstuen.
By voorbeeld met my Pajero kry ek 6.2L/100Km in die wildtuin sonder sleep en dit ook net tussen Punda Maria en Shingwedzi en net in n' suidelike rigting (45Km/h). Dan waneer ek terug sleep Pretoria toe en die wind is sterk skuins van voor kry ek 19L/100Km. Dit is alles volgens die verbruiks meter in die voertuig wat ek bewys het om so 2L/100Km optemisties te wees.
Dit gaan seeker maar oor hoeveel onderhoud en kostes mens moet aangaan voordat dit onaanvaarbaar begin raak. Dit is seeker maar n' persoonlike dremple.
Groete,
Paul
Ons het al op die Forum verwonderd gestaan oor branstofverbruik van lede. Daar is blykbaar voertuie wat met n karavaan op die haak, minder brandstof gebruik as wat die vervaardigers beweer. En die mense is reeds so ietwat oor-optimisties soos ons weet.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het voorheen die GWM Steed 3 gehad met 2.4 petrol engine.
My brandstof verbruik sonder sleep = 6km/lt.
Destyds nog die Swift gehad wat lig was: 860kg.
Vanaf Parys +/- tot in Alberton = 40lt petrol op n sleepspoed van 100km/h, want jy kry nie meer nie agv te min trekkrag.
Ek het vinnig van hom ontslae geraak met slegs 88 000km.
My bure het die Hover en baie, baie vinnig n Lexus "convesion" laat doen.
Bly weg van "Chinese", dit maak jou bank rekening vinnig "SAK"
Ons het al op die Forum verwonderd gestaan oor branstofverbruik van lede. Daar is blykbaar voertuie wat met n karavaan op die haak, minder brandstof gebruik as wat die vervaardigers beweer. En die mense is reeds so ietwat oor-optimisties soos ons weet.
Jip...lede het al ontrek omdat ander nie glo hul kry tot 40km op n liter met karavaan agter hul nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ja wat Fred, tel my maar ook by jou sienswyse ...
1. Ek glo nie dat die "goedkoop" Sjinese voertuie op die einde van die dag so lank sal hou nie,
2. Dat hulle herverkoopwaarde so aantreklik sal wees as hulle eweknie ander Europese vervaardigers nie,
3. En dat hulle ondersteuning in die volgende paar jare so goed sal wees nie.
My vorige werknemer het met moeite van sy GWM ontslae geraak - ander (en dit sluit almal in) wou geensins die voertuig as inruil aanvaar nie, en selfs GWM het maar 'n baie lae waarde as inruil op hulle nuwer model aangebied. Voertuig is uiteindelik uit die hand verkoop teen seker 90% van die oorspronklike aankoopprys. Voertuig was onder die 100 000 km merk, maar het reeds geld gekos om te onderhou.
'n Ouderling in ons kerk ry 'n Tata en sy eie woorde was dat dit maar "^%$"is, en die dienste was hoog ... hy kan egter nie die koste dra om dit met 'n ander motor te vervang nie.
Nee wat ... ek koop ook nie 'n motor met die herverkoopswaarde in die oog nie, maar tenminste wil ek hê dat die ding my tevredenheid sal gee oor die tydperk wat ek dit hou.
Toegegee, die Sjinese voertuie lyk besonder mooi deesdae, maar nouja, die spreekwoord : "Al dra 'n aap 'n goue ring ... " kom na vore
Nie vir my nie dankie, ek het ook my trots!!
My skoonsuster het 'n Chery Tigo 2Liter gehad, van die vorige reeks voor hulle tydelik van die mark verdwyn het, seker so tien jaar gelede. Sy het 200 duisend rand vir hom betaal en na 'n jaar het sy hom vir 100 duisend rand moes verkoop om 'n Ford Focus te koop. Hy het baie lae kilos opgehad en het niks makeer nie. Hy was toe steeds op die mark maar 'n regte raserige stuk blik. Nuwe Cherys is beslis beter, maar ek wonder of sy herverkoopwaarde nie maar soortgelyk sal wees nie- moet miskien bietjie op Webuycars gaan kyk.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
GWM se ou naam = Gay White Men het varander na:-
- Go With More = Cook and Smoke.
My skoondogter het die Havaal gehad. Om geld te bespaar, sit sy eers net 2x nuwe bande op dmv om geld te spaar vir die volgende 2x bande.
Die "Blik" het liggies laat aankom soos n Kersboom en in "Limp" gegaan.
Na navraag:- Reken GWM dat sy al 4x bande moet vervang gelyktydig agv: verhouding tussen hoogte voor en agter verskil en maak voertuig rekenaar deurmekaar.
Sy het hom daarna dadelik verkoop teen n hengse verlies.
Ek vermoed sommige moderne Europese en Japanese AWD's sal ook so reageer so dis dalk nie unirk aan die Sjinese voertuie nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Miskien moet ek verduidelik: Met AWD voertuie word die spoed van elke wiel deurentyd gemonitor- waarskynlik 'n klomp kere per sekonde. As daar 'n verskil in die spoed van wiele is wat nie te wyte daaraan is dat die voertuig besig is om om 'n draai te gaan nie, interpreteer die rekenaar dit asof daar êrens gly by van die wiele is en rem dan die wiele wat gly effens om jou uit die moeilikheid te kry. Dis 'n eenvoudige verduideliking en soos ek dit verstaan. As die agterwiele met ou bande op dan deurentyd effens vinniger loop as die voorste nuwe bande, gaan dit waarkynlik die voertuig se rekenaar heeltemal verwar en hy gaan snaakse dinge doen, wat weet ek nie, maar dit kan nie goed wees nie.
Om die rede is ek ook baie skepties oor die dun noodwiel wat oa met my vorige Kuga AWD verskaf is soos ongelukkig met verskeie nuwe voertuie. Dit wiel se omtrek was ongeveer 7% kleiner as die ander wiele en ek weet nie watter skade dit aan die aandrywingstelsel kon veroorsaak het nie. Omdat die Kuga op uitsondering na net met sy voorwiele trek, meen ek daar sal hopelik minder risiko wees as die noodwiel agter opgesit word, (dis my raaiskoot)maar as dit 'n voorwiel is wat vervang moet word, is dit natuurlik 'n groot werk om die wiele om te ruil. Ek het 'n volgrootte noodwiel gekoop. 'n Vriend van my se Renault Scenic AWD het uit onkunde aan die vriend se kant 'n hele ruk met ompaar voor en agterbande geloop en het uiteindelik groot en baie duur skade aan die dryfstelksel veroorsaak. Die deskundiges het gesê dis presien oor die rede wat ek hierbo genoem het.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
My seun het met my X-Trail gery tussen Bela en PTA met 2x 14" bande van my karavaan nadat daar spykers in die pad geplaas is.
Dit is die gedeelte waar hulle wys: Moet nie stop en aftrek vir die volgende 5km nie.
Die kan redelik skade doen aan die ewenaar agv verskil in hoogte in bande profiel: 2x 14" en met 2x 16".
Dit veroorsaak meer "Strain" op die ewenaar se "Planetary Ratte".
Ek het wel ontdek, veral op AWD X5 BMW's, sodra die wielsporing die "geringste" nie reggestel is nie, verdwyn AWD.
OK dan is dit dalk ook die tegniek wat gebruik word as jy n 'mariebiscuit' spaarwiel aansit wat kleiner is as die ander wiele. As die stabiliteitstelsel uitgeskakel word, is die verskil in wielgrootte nie meer n probleem nie. Dalk was jou dogter se voertuig geprogrammeer om net vir n beperkte tyd of dalk net onder n sekere spoed so te werk voor 'limp mode' inskakel. Jy kry egter nie sulke inligting in die voertuie se handboeke nie daarom moet ons maar raai. My voertuig het bv n 'lock up' wringkragomsetter wat ek nêrens in Peugeot se literatuur kon kry nie- ek het dit self vasgestel.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Nee wat . EK dink nie regtig dat die nuwe chinese voertuie sleg is nie. EK ry self n Subaru (Japanees) en my seun ry n Haval 6C. beide van ons is min of meer dieselfde jaar gekoop. Ek het n 2.5 petrol enjin en hy n 2l turbo. EN dis waar ons verskil inkom met branstof. Wanneer hy die petrol pedaal bietjie vinnig intrap, skop die turbo in en daar is beslis swak brandstof verbruik. Maar beide doen minder as 10 000 km per jaar en lyk steeds goed. Behalwe vir die dienste waarin ons beide nie meer deur die handelaar betaal word nie, is daar geen ernstige probleme nie. Iemand anders het ook gesê goedkoop koop is duur koop maar die ander sy van die munstuk is ook waar. Its the .... behind the gun that missed the target. Jy moet jou voertuig behandel soos n huwelik. Met liefde en geduld en gereeld diens. Ha ha