English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 424
Total Replies: 232 914
Total Views: 82 453 230
topics: 10 894
replies: 126 505
views: 38 913 329
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Ry ons in die geel lyn of nie?

replies: 42
views: 6756
15 Aug 2016 @ 17:43:18 pm
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 27 years
Ek weet die onderwerp is al holrug gery, maar hier is n voorstel!

Met my 7000 km trippie na KNP en die bosveld was dit weer opvallend hoe die karavaners verskil oor of ons moet kans gee vir die 120 km voertuie as die meeste van ons 100 km ry.Party ry vir my gevaarlik ver na links terwyl ander amper op die middelyn ry en nie n duit sal kansgee nie.
Ek het met n kennis gesels in die KNP wat my die volgende aangeraai het, wat ek toe toegepas het op pad terug en dit werk soos n bom!
In plaas van om links of regs van die geellyn te ry, ry ek met my voertuig presies in die middel van die geellyn. Die voordele hiervan is as volg:
1. As n voertuig van agter kom kan ek hom sien (ek het nie n agtervenster in my karavaan nie) en hy kan die aankomende verkeer sien sonder om sy neus verby my karavaan te druk wat gevaarlik is.
2. Nog belangriker, as n voertuig van voor agter n vragmotor ry en sy neus na regs uitdruk, dan hoef ek nie weg te swaai nie.Selfde met die die ongeskiktes vandag wat van voor n voertuig verbysteek en dan oorleun in jou baan,daar is nou genoeg spasie dat jy nie hoef uit te swaai nie. Ons weet almal dat by verre die meeste karavaan ongekukke is wanneer die bestuurder vining moet uitswaai en die karavaan begin sweepslaan met die gevolg dat dit die karavaan of voertuig of beide omtrek.
3. Vir die meeste van die N1 is die teerpad links van die geellyn beter as regs daarvan, so jou rit is meer stabiel
4. Of jy verder na links beweeg om n voertuig kans te gee hang af van die breedte van die geellyn area, toestand van die pad, sig, ens, ek gee kans as ek kan , maar dis jou keuse.

Hierdie het vir my gewerk in praktyk, wat se julle?
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 17:47:47 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6418
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

En as n voertuig in die geel lyn gebreek staan waar gaan jy en as dit in die nag is en hy het nie ligte aan nie het jy brobleme , ek ry waar die ander karre ry ,ek betaal ook om die pad te gebruiklaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 18:03:26 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14556
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Willie dis 'n goeie idee, maar dit het ander dinge tot gevolg.  Jy sal nou aankomende verkeer kry wat iemand sal verbysteek net om daai ekstra stukkie spasie wat jy nou maak te gebruik.

Ek doen die volgende: Ek ry op my plek in die middel van my baan soos die padreels sê. As ek verkeer van agter sien nader(Try kamera), skuif ek na links in die geel lyn in slegs in die volgende omstandighede:

  1. Die teer en oppervlakte daar, dit toelaat.
  2. Breed genoeg is.
  3. Dit duidelik en vêr genoeg vorentoe skoon is.
  4. Glad nie gedurende die nag nie.

Op die manier is daar geen moontlikheid vir misverstand tussen my en veral aankomende vekeer nie.

Ek het in Nigerië op 'n pad gery waar dit so gedoen word en verkeer kom van vooraf by ander voertuie verby en druk ons toe sommer van die pad af.  nou ek weet dit is SA se voorland, maar as dit moontlik is will ek nie daai wetteloosheid bespoedig nie.

My voorstel is ry waar jy moet want die pad reels sê dit, tot dan is dit wat almal verwag. Ons moet sommige bestuurders in SA nie 'n pinkie gee nie want dis net tyd dan gryp hulle die hand.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 18:13:14 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 38 years
Die probleem om in die geel laan te ry is as volg:

1. Wanneer jy moet terugkom na die normal elaan, gee niemand vir jou 'n gapinig nie. Hulle ignoreer jou totaal.

2. In die geel lyn area is waar jy die meeste pap wiele kry. Waarom sukkel as jy nie daar hoef te ry nie.

Ek weier om in die geel laan area te sleep. Stem saam met Willie
Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 18:16:39 pm
Tom Sainsbury
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 03 May 2016
Ek voel presies soos Leon sÍ vir presies die selfde redes. Ek kon dit nie beter gestel het nie.
I know that my redeemer lives.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 18:39:04 pm
Happydays
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 09 Jan 2015
Experience: 19 years
Ek weier om in geel baan te ry. Ek het amper in n stilstaande smokkel-trokkie vasgery wat in die geelbaan gebreek het. Hierdie wat so oprlaai is oppad buurlande toe. Hulle maak self n plan van herstel langs die pad en los spykers en allerhande twak in die geelbaan. Nee wat. Het nou n plakker wat wys ek ry 100km per uur op karavaan se gat geplak. Xxi
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 19:06:57 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ek praat onder korreksie maar ek dink dis onwettig om in die geel lyn laan te ry.
Is daa iemand wat weet wat sÍ die wet???
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 19:15:39 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2028
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Vir my gaan dit waarmee ek gemaklik is en padtoestande dit toelaat. Het al self padgegee vir voertuie om verby te kom en ook dankbaar as ander bietjie oorbeweeg om my te help om beter te sien wat voor aangaan as ek sleep. 

So ek volg nie 'n vaste reel nie en pas aan.    

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 19:32:32 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5651
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Johan, ek dink jy is 100% reg.

Ek het ook tru kamera(s) agter op die karavaan en kan baie goed agter my sien en indien die pad oop is voor my dan wys ek vir die ou agter my deur my regter flikker so 3 keer te laat flikker.  Indien dit nie veilig is nie sit ek die NOOD flikkers aan.  (het dit by swaar voertuig trokke geleer).

Ja ek het 'n wye hoek (170°) kamera agter en nou vir my 'n gewone huis kamera hoog gesit wat 'n baie kleiner hoek het en dit laat my dan baie verder sien, nou gaan dit eers lekker wees.

Die wye hoek een is vir in verkeer en die ander een vir die oop pad.  Hy is nie permanent vas nie want die opwas dakkie en rakkie hang daar, so ek skuif hom uit by die kamp plek tot ons weer op die pad gaan.

    

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 19:32:37 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years
Ek sal in geel lyn ry as ek dit kan doen, veilig.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 19:54:25 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14221
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Doen ook soms...hang maar af van omstandighede. Soms wens mens dat n sekere persoon net moet verby steek. Het al gesien dat die N4 enkel gedeelte tussen Pretoria en Rustenburg basies as dubbelbaan gebruik word...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 20:50:22 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2565
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years
Oom Koos (Johan) dit is inderdaad sedert 'n paar jaar gelede, wettig om in die geel baan te ry met sekere baie logiese veiligheids vereistes, basies soos iemand hierbo genoem het. Dis is egter 'n keuse en NIE 'n verpligting nie. 'n Ou agter kan dus dankbaar wees as jy hom 'n geleentheid gee maar hy kan dit nie van jou verwag nie. Dit lyk egter vir my, veral op die N1 suid van Bloem, asof sommige bestuurders, aanvaar jy SAL links beweeg as hy van voor af aankom en 'n ander voertuig verbygaan. Doen jy dit nie, gaan jy in 'n kop teen kop botsing betrokke wees.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2016 @ 21:51:04 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5118
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek ry ook maar net links genoeg dat hul kan sien of hul die kans moet vat of nie


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 05:53:46 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ek sal Slegs in die geel baan ry as EK veilig voel en ver vooruit kan sien. Op berge en dale, vergeet daarvan.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 05:57:13 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

I COULD say I drive  a Landrover and never have to drive to the left Hehehe

But seriously? I don't have a hard & fast rule.

My perspective: - I'm in front, I'm in control, you can lump it or leave it, it's my decision.

If I'm 100 % certain the verge (between the yellow line & edge of the tar)  is wide enough & clear vision for long enough including these not so obvious ones like weather / curves to the left ahead / road conditions: -

No edge-of-the-tar break-away's (What I call crumbling)

Enough space OFF the verge (on the sand)  in case I have to evade the vehicle as it overtakes

Then I will indicate Left, move over & slow down (very difficult to do that in a Landy I must say)....        Slow down that is ...Hehehe ...

Mostly though what I will do is: -

When I notice a vehicle behind I will acknowledge with my flashers, &  indicate with my right indicator that the roadway ahead is clear for overtaking.

It's up to him to understand, tough cookie if he doesn't

 

 

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 06:06:22 am
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 58
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 49 years
Ek sien ook niks voud daarmee om vir 'n haastige ou pad te gee nie.. ek doen dit as 'n reel as die padtoestande dit toelaat.. beter dat hy sy nek gaan breek erens op 'n anderplek..
Frik
More sal self vertel....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 06:19:54 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
As daar n stuk pad beskikbaar is om tydelik in te beweeg, met nodige veiligheid, dan glo ek dit is hoflik om te doen. Sou al die stadige bestuurders besluit om nie oor te beweeg nie, dan gaan dit maar bitter op ons paaie gaan.
Ek waardeer dit baie, en gee maar terug wat ek ontvang.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 06:23:05 am
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 813
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 28 years
Ek ry ook slegs in die geel streep as die pad die toelaat, soos bo genome met of sonder n karavaan mense gee jou net nie weer kans om terrug te kom nie, hulle maak asof jy voor hulle wil indruk, dit gaan eerste oor my en my gesin se veilligheid wanneer ek daardie besluit moet neem. En ja sover ek weet is die verbode om daar te ry dis n nood lyn
Diederik Strachan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 07:27:01 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years
Stem saam met "neef Herman"

Ek waardeer dit as ander persone dit vir my doen.

Soms ry ek met my ou Suzukie wat ook nie baie vinnig is, soos oom "sitniewasnie" se Landy. Dan kan dit soms 'n gesukkel raak om by ander voertuie (veral vragmotors) verby te gaan.

Het dan n lang aanloop nodig wat die mense agter my met hulle vinnige voertuie nie noodwendig nodig het nie, met hulle kragtige motors nie. Ek moet wag vir n lang gapping, maar moet dan ook fokus op mense wat agter my is, wat my en voorste voertuig gelyk verby wil verby gaan. Dan gebruik hulle my lang gapping en dit raak nag vir my om n beurt te kry. Hulle verstaan nie, dat ek nie soveel krag as hulle het nie, veral nog teen n helling, wanneer vragmotors nog stadiger ry nie.

Soms gluur hulle jou aan omdat jy nie verby gaan nie.

Dan kry jy die ander, wat net verby gaan en HOOP geen verkeer kom van voor af nie en hulle "airbag" werk nog goed.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 07:46:47 am
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Ek maak ook soos meeste ander lede, ry slegs links as omstandighede dit toelaat en aankomende verkeer teveel is vir normale verbygaan. Danksy 'n R20 kort fietsrek het ek nou weer lekker wye spieels wat agter kan sien. Die ou rekkie was genoodsaak deur die nuwe Toyota se spieels wat na buite toe nouer word en die spieels is al twee keer gegryp net voor hulle heeltemal af gly.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 08:14:52 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Colin sal net oorbeweeg as hy weet die omstandighede is heeltemal reg.  Hy beweeg ook net 'n bietjie oor, nie heeltemal nie.  Hy is ook bang vir spykers optel en doen dit dus nie sommer nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 10:02:43 am
Wessel
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 22 Mar 2016
Experience: 5 years

Ek ry daagliks op die N2 hier in die Overberg en sien dus baie mense wat aftrek op die geelstreep omdat hulle dink ek wil verby gaan teen die bult of om die draai.

Wat die geelstreep-drywers nie besef nie is dat hulle al wat 'n klip opgooi en my, en ander padgebruikers, se windskerms en enjinkappe so erg beskadig. Die geelstreep-gedeelte is vol klippe en sand.

Ja ek ry dan maar stadiger om die ouens kans te gee om weer in die pad in te beweeg, maar as daar 'n veilige verbygaan kans vir my is, dan moet ek deur daai klippe-reen ry om verby te kom.

Ek self sleep nie in die geelstreep nie, want my karavaan het nie 'n net voor nie, so ek wil nie my karavaan vol klip merke he nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 10:30:21 am
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 58
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 49 years
Dis nou werklik interessant om al die verkillende menings te lees oor diť onderwerp.. Gedink 'n ou met verstand sal nie padgee op 'n aansluiting nie want dit is die enigste plekke waar ek al klippies op die pad sien lÍ het. Ek sÍ gee pad vir haastige verkeer as jy duidelik voor jou kan sien en solank jou wiele op teer bly.. Dit is 'n frustrasie om agter iemand aan te ry wat die wereld se tyd het of nie die vermoŽ het om saam die verkeer te beweeg nie.
Die gevaarlikste ding op die pad deesdae is mnr treintjie ry of 'n ou wat dink sy motorlisensie gee hom sekere regte.. Die ou agter jou betaal dalk 150 lorrie lisensies per jaar teen gemiddeld R14,000 per lisensie.
Groete Frik
More sal self vertel....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 10:38:54 am
The RETIRED Boring Camper
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2355
Joined: 01 Jan 2007
Experience: 50 years

I recieved this information from the President of CCSA a good many years ago.

I still adhere to this ruling. As a matter of interest, between 2002 and 2012, I was an Assessor for the Tourism Grading Council and spent most of my time towing a caravan all over the country assessing caravan parks for Star Grading. I covered (towed a caravan) around 25 000 (twenty five thousand) kilometers a year, stayed on over 80 odd caravan parks a year, and called in on about 150 caravan parks a year. Hence the name : "The Boring Camper"!

Moving over into / driving in the yellow lane.

This is a controversial item. However, the legal interpretation as per the authorities is that 'you may not drive to the left of the yellow line, on the shoulder of the road or in the emergency lane at any point in time, other than in the case of an emergency.' 

Having said that the authorities have indicated that it would be most unlikely that a caravanner would be prosecuted for driving in the emergency lane in order to allow faster traffic to overtake. This 'un official concession' would only be applicable to single lane type of roads, and not on a highway or multiple lane roads.

If it so happens that the traffic flow slows down to such an extent that a caravan travelling in the yellow lane travels faster than the main flow of traffic, it could be construed to be overtaking other traffic in the emergency lane! In the event of an accident etc. that causes traffic to come to a halt, this could well mean that you will also be at a stand still within the yellow lane. If emergency vehicles are as a result obstructed, say no more!

In all cases fines for offences committed around the yellow lane zone carries stiff penalties, and R500 in some provinces or municipal area's could be considered cheap. I totally agree with other motorists towing a caravan with as far as his frustrations are concerned, and to add just one more point of contention to this issue: - When the yellow lane narrows or there is an obstruction preventing you from continuing, just try and get back into the flow of traffic! The abuse suffered and frustration endured outweighs the vexation of the faster travelers by far.

Having said that, all members of the Caravan Club of Southern Africa are bound by a code of conduct, and I quote rule three which has relevance: 'To cause as little inconvenience to other traffic as possible by keeping well to the left or giving way to faster traffic and to travel at a reasonable speed considering the condition and width of road etc.' Club members are thus encouraged to give way (yellow lane travel) but without endangering themselves or exposing themselves to prosecution. All Club members will adhere to this rule, but many will not travel in the yellow lane, mainly due to personal reasons.

I trust that this resolves the matter? I doubt it very much as we all have our own opinion on the matter. The legal aspect remains, no matter what our opinion may be.

Jan Heyneke

President
Caravan Club of Southern Africa. 

Regards.
This is how we spent the last fifteen years - working our buts off!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 10:57:44 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1053
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Nee wat, ek dink as 'n voertuig (bv. trokke of ander karavane) stadiger is as die res van die verkeer, dink ek dit is selfsugtig om die volle rybaan te gebruik. In die Vrystaat is dit algemeen om in so 'n geval oor te gaan na die geel streep toe (NATUURLIK as dit geskik is om te doen) en ander verkeer van agter te laat verby kom. Meeste van die voertuie wat so verby kom is normaalweg baie dankbaar en dui so aan met hulle noodligte. Dus, ek ry op dieselfde manier wanneer ek sleep - trek af vir vinniger verkeer. Moet erken ek het nog nooit spykers of soortgelyks gekry nie, was seker maar gelukkig. Ook, wanneer dit veilig is, kom ek gemaklik weer terug in die stroom - nog nooit werklik iemand gehad wat my NIE wil laat inkom nie - as hulle dieselfde spoed ry as ek is daar van beide kante geen probleem nie.

"Leef en laat leef!!"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 12:02:32 pm
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Willie...... See your'e back! How's the grumbles? Still got a "cake" to give you...

Anyhow...

Sorry Willie, not quite the last...

Just to add this...

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 12:47:03 pm
trevorg
Silver Member
62% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 14 Jul 2016
Experience: 6 years
A controversial topic that must have come up numerous times .
I think Leon has it spot on with his
1.Die teer en oppervlakte daar, dit toelaat.
2.Breed genoeg is.
3.Dit duidelik en vÍr genoeg vorentoe skoon is.
4.Glad nie gedurende die nag nie.
just a thought about punctures that can be picked up from driving in that yellow lane .
Some motorists expect you to pull over but how wrong they are its your choice you paid lots of hard earned money for your caravan and if you do pull over there will always be that risk element especially if there are cyclists and pedestrians in that lane .
on Friday I stopped at a pedestrian crossing to allow children to crossover and a lady in a car passed me with a great speed and failed to stop at the pedestrian crossing she narrowly missed two children and her side mirror hit the one child .
luckily he was not seriously hurt it could have been fatal for those children .
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 12:47:34 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years
Soms lÍ daar groot klippe wat iemand agter gelaat het, wat aan hulle motor gewerk het.

So mens moet 100% fokus.

Soms kom n string voertuie deur van agter af en daar is eweskielik 'n problem voor in die pad by die geel streep en jy wil terug. Dan wil niemand jou n opening gee om terug te kom nie, al sit jy jou flikker aan en jy moet noodgedwonge stop.

Dan strip ek my mo..............r goed. Selfsug van die mens. Gee die pinkie en dan vat almal die hele hand.

Ek ry ook glad nie in die nag in die geel strepe nie. Met ligte van voor sien jy niks wat daar kan lÍ nie. Gewoonlik bestuur en glad nie eers in die nag nie.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 13:38:26 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14221
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Stem saam met Froggy...sal nie in die aand in geel streep ry nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 15:16:22 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14556
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek praat onder korreksie maar ek dink dis onwettig om in die geel lyn laan te ry.
Is daa iemand wat weet wat sÍ die wet???

Jy is reg Oom koos. Pad verkeers wet sê dis 'n noodbaan en dat jy nie daar mag ry nie.

Nou vra ek myself net af is ek 'n groter gevaar in die geel lyn as ek vir kort tydtjie pad gee of as ek 'n klomp ander voertuig bestuurders agter my ongeduldig maak deur glad nie pad te gee nie.

Dis waar dat voertuie jou ook nie maklik kans gee om terug te beweeg nie maar dit moet deel wees van jou beplanning as jy eerstens bereid is om links te skuif.

My moto is ek ry op die normale ryvlak want dis wat die padreels vereis. Maar ek sal 'n toegewing maak deur links te skuif as ek nie daardeur benadeel gaan word nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 16:33:07 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2738
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Agree with Nico and Leon,
You do not know what stresses or emergencies the guy behind you has. It is not worth causing an accident because only you have all the rights. This is the problem in our societies these days, we think only of ourselves and our rights.
The guy behind you could have a medical emergency or some other emergency which they could do nothing about and which you know nothing about. Why be a frustation to them. I agree, most people in a hurry only have themselves to blame, but this will not solve the problem by being the cause of a major accident which could then also involve you, the inconsiderate driver.
If you have space and it is safe, move over. This surely cannot be such a problem.
I drive slowly and will always open the road for faster traffic and expect the same from other road users when I have places to get to in a certain amount of time.
You must know how frustrating it is to sit behind a person who hugs the centre line. Just to drive with your left wheels next to the yellow line helps a passing driver to get past quicker and safer as opposed to be hugging the centre line.
Just my two zuptas worth.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Aug 2016 @ 17:15:09 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 48 years
Wat maak jy as die BLOU LIGTE BRIGADE van agter af kom en hulle wil verby ??

Ootree jy dan die wet om vir hulle pad te maak. of gaan hulle by jou verby gaan in die noodbaan ?

Sien deesdae seker mense gaan jou sommer verby in die noodbaan, as jy nie pad maak nie. Kyk maar wat doen van die taxi's
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2016 @ 08:29:45 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8239
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years
Die probleem om in die geel laan te ry is as volg:

1. Wanneer jy moet terugkom na die normal elaan, gee niemand vir jou 'n gapinig nie. Hulle ignoreer jou totaal.

2. In die geel lyn area is waar jy die meeste pap wiele kry. Waarom sukkel as jy nie daar hoef te ry nie.

Ek weier om in die geel laan area te sleep. Stem saam met Willie
Groete.


Net as ek regtig moet, om n pap wiel tekry deur goedgunstig te wil wees is nie die moeite werd nie.

Die swaar voertuie trek nie eers na meer na links vir ander verkeer nie.

Bly maar in my baan.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2016 @ 17:05:00 pm
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 27 years
Ha Ha vriende, gedink die onderwerp gaan lekker hittig wees!!!

Net n laaste pie in die pot....
Die algemene gevoelens baie divers, om kans te gee as dit veilig is ...of om definitief nie kans te gee nie
My bydrae is gebassseer op om kans te gee as dit veilig is en terselfdertyd my in n possisie te plaas dat ek nie skielik hoef uit te swaai nie,want dit kan fataal wees.
In praktyk werk dit lekker, geen papwiele nie, geen mense wat my my nie toelaat as ek wil regs beweeg nie(sit flikker aan en beweeg stadig na regs na 10 sekondes)
Ek sleep nie in die nag nie, maar sal dan nie na links beweeg nie
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2016 @ 19:13:36 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Baie intersante draad jip ek sal oorgaan as dit veilig is en net innie dag
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Aug 2016 @ 19:23:02 pm
Anonymous

Ek sal na links beweeg, mits dit veilig is en ek vir ongeveer 'n kilometer kan sien, dan gaan ek ook net sodat die middel van my kar regoor die geel lyn ry, niks meer nie.

Wat ergter my bloed kook, is as jy sien 'n motor kom aan, jy gee pad, en die ou vat sy tyd om verby te kom, dan voel dit my, ek ek wil 'n koronêr skiet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2017 @ 16:54:48 pm
GUS 555
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 145
Joined: 18 Jan 2016
Experience: 24 years
Ek weet hierdie is n ou draad, maar ek het n belangrikke vraag wat ek myself vra, en dit pas ek toe, wat se die streep in die middel?
Ek ry of sleep in die middel van die baan waarin ek is. Sou daar verkeer agter my wees, is my eerste observasie, wat se strepe is op die pad. Stippel streep wat verbygaan regverdig, dan sal ek wydsbeen op die geelstreep beweeg, vir so ver as wat ek die veiligheid in die geelstreep kan sien, en toelaat vir terug beweeg of stop.Dit laat die verkeer agter toe om hulle verbysteek te beplan.
Die oomblik wat n soliede of dubbel streep voorkom, beweeg ek terug na my baan.
Die soliede streep sal ALTYD aandui dat pad omstandighede verbysteek gevaarlik maak.
Dus ek lok niemand uit om my verby te gaan nie want ek stel myself en almal op die pad rondom my in gevaar. Ek gaan nie eens n trok verby, as ek in die aksie oor die soliede streep moet ry.
Die strepe in die pad is daar met n doel. Selfs n goei versekeraar assesor, sal uitbetaling weier sou n ongeluk gebeur a.g.v. soliede streep verontagsaming.

Gustav
Work interferes with my Holidays
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2017 @ 17:29:57 pm
Anonymous

Gustav, ek stem volkome met jou siening saam,  as jy nie ver genoeg kan sien dat die "geel baan" skoon en veilig is om betyds terug te kom in regte baan nie, moet die verkeer maar verlief neem. Ek ry ook mos nou nie teen 60kpu in 'n 120 zone nie, en teen 110kpu (my maks spoed), kan verkeer maar geduld aan leer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2017 @ 18:48:46 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5118
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Weet jy wat, hierdie versekeringsweiering stories werk nou op my spiere. My versekering dek my vir enige iets, al is dit my skuld en al het ek dit met opset gedoen. Dis duidelik uiteengsit. So ek weet nie hoekom mense so bang vir versekering is nie, of is hul verkeerd verseker, of dalk onseker?? 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2017 @ 07:38:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14556
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek weet hierdie is n ou draad, maar ek het n belangrikke vraag wat ek myself vra, en dit pas ek toe, wat se die streep in die middel?
Ek ry of sleep in die middel van die baan waarin ek is. Sou daar verkeer agter my wees, is my eerste observasie, wat se strepe is op die pad. Stippel streep wat verbygaan regverdig, dan sal ek wydsbeen op die geelstreep beweeg, vir so ver as wat ek die veiligheid in die geelstreep kan sien, en toelaat vir terug beweeg of stop.Dit laat die verkeer agter toe om hulle verbysteek te beplan.
Die oomblik wat n soliede of dubbel streep voorkom, beweeg ek terug na my baan.
Die soliede streep sal ALTYD aandui dat pad omstandighede verbysteek gevaarlik maak.
Dus ek lok niemand uit om my verby te gaan nie want ek stel myself en almal op die pad rondom my in gevaar. Ek gaan nie eens n trok verby, as ek in die aksie oor die soliede streep moet ry.
Die strepe in die pad is daar met n doel. Selfs n goei versekeraar assesor, sal uitbetaling weier sou n ongeluk gebeur a.g.v. soliede streep verontagsaming.

Gustav

Ek doen basies dieselfde en dit werk goed vir my.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2017 @ 08:47:48 am
GUS 555
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 145
Joined: 18 Jan 2016
Experience: 24 years
Leon
Ek stemm saam met jou siening op versekering en ek is ook op n goeie "voet" met my versekering. Daar is ongelukkig die ander versekeraars, wat elke moontlikke verskoning sal gebruik. Ek het al te veel van die "hare kloof" sake gesien om enige moontlikke weiering te vermy. Ons praat van baie geld, Onthou daar is altyd n derde party en jy ken nie hulle verwronge reels van toepassing nie. Dan praat ek ook nie eens van die elemente wat hofsake wil maak en tegnies wil bewys dat die onskuldige, dan skuldig is.
Gustav
Work interferes with my Holidays
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2017 @ 11:58:21 am
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Jy gaan hier soveel uiteenlopende inligting kry hieroor, ry soos jy en jou familie veilig voel, na sononder sal ek beslis nie toegee nie.
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required