Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21920 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17701 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6145 |
Bostoe | 5447 |
BrianB | 5229 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3217 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2575 |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1993 |
Swanie | 1857 |
Nico | 1759 |
steamer | 1694 |
Hennie Botha | 1671 |
Ski | 1669 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1239 |
Louvan | 1231 |
RichardJ | 1131 |
Gerden | 1125 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 844 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 767 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 591 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 426 |
Harv | 424 |
Andre Smit | 417 |
Rare Breed | 416 |
1Pierre2 | 385 |
LEEN | 381 |
Kamp is Koning | 372 |
survivalist | 352 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Dieter | 265 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 237 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 198 |
BigG | 182 |
Trev1 | 182 |
Ruk winde en pop up terwyl opgeslaan
Hi julle. Kan julle advies gee oor die pop up dak met verskriklike ruk winde terwyl n mens opgeslaan is. Laat sak n mens die dak? Het iemand se dak al ooit afgewaai?Ons kamp met n 2003 Penta. Ons het die verskriklikste paar nagte agter die rug met vreeslike winde naby rustenburg. My ouers se tente en gazebo's is heeltemal beskadig. Ek os bekommerd oor die pop up dak wanneer die wind so ruk. Die hele karavaan skud eintlik as die wind so waai.
Ek het nog nooit gesien dat die wind so dak kon afruk .Wat ek wel gedoen het, toe ek met popups gekamp het ,ek het die dak laatsak in sulke ruk winde, want daai seil maak so geraas, dat ons nie kon slaap .As jy veiliger en rustiger so voel ,sal ek sê laat sak die dak .
Ook nog nie gesien dat pop up dak afgewaai het nie. Het al op hoofweg gery waar iemand se pop up dak oop was op 100km n uur....so lyk my dit kan nogals baie hanteer.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ook nog nie gesien dat pop up dak afgewaai het nie. Het al op hoofweg gery waar iemand se pop up dak oop was op 100km n uur....so lyk my dit kan nogals baie hanteer.
Maar maak seker nie skade om veilig te speel nie....sulke wilde winde is darem nie aldag nie.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Ons het 95% Silwer skadu net wat styf oor die karavaan en sytent gespan is wat heelmoontlik help.
Om jou self gemoedrus te gee, laat sak.
Afgesien van die onderwerp: Ja die winde en weer in Limpopo en NW is hierdie jaar "Bo - Natuurlik" met kragkabels wat gereeld breek agv weerlig en winde.
Sjoe, ruk winde kan mens ontsenu.
Maar, ons het wél so 'n dak sien afwaai tydens 'n storm.
In Desember 2020 by Tava Lingwe gestaan toe so 'n storm binne sekondes (letterlik!!) ons tref. My Sprite SC ("Pophuis") se opslaandak was ook oop, maar ons het nie skade aan die karavaan gehad nie. Skade was wel aan die mikrogolf oond, ysmasjien, gazebo, kos rakkies, tafels, eetgerei alles wat buite onder die tent was ..... inmekaar gefrommel. 'n Swift Sport (so 1999 model) het 2 staanplekke verder weg gestaan, dak ook opgeslaan. Die wind het die dak afgeruk en neergegooi, so 10/20 meter verder aan . Aangesien die karavaan dakloos was, het die arme mense net daar opgepak en vertrek. Lelike skade, en hartseer om te sien.
Nog nooit gesien of gehoor dat n' pop top weg waai nie. Nie eens met die orkaan by Satara in November nie. Alle tente het weg gewaai maar die nie pop tops nie.
As dit jou pla laat sak hom. Dit is so eenvoudig en vat sekondes.
Groete,
Paul
Deesdae kry ons erg Warrel winde en al wat ten gronde gaan is "Pop-Up Gazebos".
Dit hang ook af hoe jou "Setup" is: Ons "Face Oos".
Die Suide wind is veilig, maar Noord tot NW, wees maar waaksaam.