Wetenskaplikes beweer dat as jy ophou rook, kan jy tien jaar langer leef, maar dit gaan jou baie kos om tien jaar langer te leef.
Rook is net ń slegte gewoonte weet want ek het self gerook.
My jonger broer het eenkeer gesê, as 'n pakkie 20 die dag R1.00 kos, hou hy op rook, nou ja, ons rook steeds.
Gelukkig nog nooit behoefte of begeerte daarvan nie.. sterkte met die wat nog wil ophou
Het in 1986 opgehou om te rook nog nie ń sent gespaar nie kan sien hoekom rook goedkoper is maar sal nie weer begin rook nie
Ook al 20 jaar laas gerook, het dit vir die diuwel gegee
Kan nie onthou wanneer ons opgehou rook het nie.
Kyk, daai eerste Texan in die oggend het soos chocolate gesmaak.
En moenie vergeet van daai "After action, satisfaction." Lexington nie.
My vrou se orle tante het 3 huise gekoop met haar man se rook en drink geld elke keer as hy ń pakie sigerete of ń botel koop wou sy die geld hê
Kom ek "depress" almal met bietjie statistiek!
Regering se stats van laas jaar.
Belasting op pakkie sigarette = R10,62
Dood agv rookverwante sietktes = 7de op die lys.
(Terloops, ek rook ook!)
Gestel 2 mil mense rooh 1 pakkie per dag = R21mil rand belasting per dag wat die staat kry.
×365 dae???? My rekenaar kan dit die uitwerk nie.
Dan behandel hulle die hen wat die goue eiers le soos bollie?
As ons almal ophou rook, sal die gemiddelde belasting betaler moet R3500 per maand ekstra belasting betaal om die geld in te vorder.
Kyk, dit bly n vieslike gewoonte, aar hierdie geld wat ons betaal ??? Ek het so pas terwyl ek hier tik, nog 50c belasting betaal!!!!
Hannes wat is die stats wat dit die regering kos met rook vewante siektes sal dit ook graag wil weet
Nee dankie vir rook. Iemand het een slag 'n goeie antwoord gehad toe ek vra hoekom rook hy. Dit was: " You've got only one road to your lungs; you may as well tar it!"
Ek het 3 jaar terug opgehou rook. Rook was vir my BAIE lekker, maar ek kon nie myself langer om die bos probeer lei oor die gesondheids gevare nie.
Ek mis die kalmte wat ek ervaar het as ek eers 'n sigaret aangesteek het en dan 'n probleem aangepak het. Nou is dit net doen en eers na die tyd dink oor hoe ek dit eintlik moes gedoen het.
Nee dankie vir rook. Iemand het een slag 'n goeie antwoord gehad toe ek vra hoekom rook hy. Dit was: " You've got only one road to your lungs; you may as well tar it!"
N-o-o-o-o
Oh hell no! Then I'm gonna live forever 'cause I never smoked...
Don't worry Warren the landy smoke for both of you.
Lekker trap jy in die een.Haha
Skerp Tonki!
HURUMPH.....
Het rook gelos 15 Januerie 2007. Was nie maklik nie maar jy moet jou kop regkry om dit te los. Geen plakker of kougom gaan jou help nie. Dit is jou besluit en jy moet jou reg instel om jou besluit deur te voer. Met genade van Bo kon ek dit regkry en is baie dankbaar. rokers wat wil ophou het al my simpatie. Neem jou besluit en staan of val daarby. Rookgeld gespaar maak n lekker vakansie
Maak Warren nou sy ribbekas oop. Goeie een.
Dit is skrikwekkend. Ek koop vir my werker by die Pakistanies naby my huis Sharp sigarette vir R13 n pakkie. Die somme maak dan nie lekker sin nie. Dis is wel n suid afrikaanse sigaret - as ek reg verstaan.
My brand is baie duurder, so ek kan glo die staat vat oor die R10 vir belasting.
Ons rook glad nie in die huis nie, gaan sit onder die lapa al sous dit.
Het rook gelos 15 Januerie 2007. Was nie maklik nie maar jy moet jou kop regkry om dit te los. Geen plakker of kougom gaan jou help nie. Dit is jou besluit en jy moet jou reg instel om jou besluit deur te voer. Met genade van Bo kon ek dit regkry en is baie dankbaar. rokers wat wil ophou het al my simpatie. Neem jou besluit en staan of val daarby. Rookgeld gespaar maak n lekker vakansie
baie intresant hoe ex rookers die datum onthou wanneer hulle opgehou het. Myne was 10 oct 2000. moeilik maar die moeite werd. geen gereelde verkoues of longontsteking meer nie
Ouers speel 'n groot rol in die opvoeding en gedrag van kinders in hulle latere lewe. Die Pa wat gereeld met sy kleinding gaan sit en die implikasies en gevolge van sekere gedrag met hom bespreek plant van kleins af saadjies van oorweeg eers die nagevolge. Ouers wat kwaai drink en rook kan dit ook doen, maar hulle voorbeeld praat harder as hulle woorde.
Japan se werks- en lewensomstandighede is nie kampeer vriendelik nie. Daar is 'n "warm bed" situasie soortgelyk aan 'n duikboot slaap fasiliteit 'n algemene verskynsel in die fabriekswerkersomgewing. Nee dankie, nie vir my nie.
Ekstra dae verlof beteken niks v my nie. Kan in elk geval nie tyd kry om soveel verlof te neem nie!
Vorige Co het vir my 5 dae ekstra gegee........maar ek kon dit nie gebruik nie. Daar is net n paar dae tussen Kersfees en Nuwe Jaar.
Behalwe as ons dit omdraai en eers Nuwe Jaar en dan Kersfees hou! 😁😁😁😁😁
Kan nie onthou wanneer ons opgehou rook het nie.
Kyk, daai eerste Texan in die oggend het soos chocolate gesmaak.
En moenie vergeet van daai "After action, satisfaction." Lexington nie.
baie intresant hoe ex rookers die datum onthou wanneer hulle opgehou het. Myne was 10 oct 2000. moeilik maar die moeite werd. geen gereelde verkoues of longontsteking meer nie
Kan nie onthou wanneer ons opgehou rook het nie.
Kyk, daai eerste Texan in die oggend het soos chocolate gesmaak.
En moenie vergeet van daai "After action, satisfaction." Lexington nie.
My buurman agter my was 'n kettingroker. Hy is 'n paar maande jonger as ek. Hy het 'n massiewe beroerte aanval gehad, met twee weke in intesief waavan 10 dae aan lewensondersteuning, en toe nog 6 weke in 'n rehabilitasie sentrum. Toe die mediese fonds uitgeput raak moes hy noodgedwonge huis toe kom. Die een helfte van sy liggaam is verlam. Hy het geen beheer oor sy lewensfunksies nie en is in doeke (nappies). Die huis moes aangepas word vir 'n rolstoel, en hy het nou 'n hospitaal bed, want hy voeter van 'n gewone bed af.
Dit sou beter gewees het as hulle hom liewer nie op "life support" gesit het nie, want hy is nou verby sy "sell by date" en 'n ontsettende probleem vir sy vrou wat self nie te gesond is nie.
Volgens die dokter het hy homself in daardie toestand in gerook. Hy wou nie ophou toe hy aangesê was hy gaan homself in 'n zombie in rook nie, en nou sit sy naasbestaandes met 'n hengse probleem wat baie geld verg. Selfs in hierdie toestand vra hy gedurig vir sigarette.
Ek merk nou net op dat ek op 12 November laas jaar kommentaar gelewer het oor my buurman. Wel, die ou het op 25 November lepel in die dak gesteek. Darem wonderlik hoe net goeie mense begrawe word. Ek wonder soms wat word van al die sondaars.
Neef Herman, 'n lewende testament gaan geen dokter dwing om wanneer jy met 'n moerse beroerte aanval by noodgevalle opdaag jou nie op lewensondersteuning te sit nie. Hulle steur hulle min aan daardie dokument, en doen bloot net wat nodig is om miskien jou lewe te red. As dit duidelik is dat jy tegnies dood is kan so 'n dokument help dat lewensondersteuning gouer afgeskakel word.
Die verskil tussen mense wat opgehou het om te rook en die wat nog steeds rook is wilskrag en deursettingsvermoë. Twee eienskappe wat in baie mense se lewens die verskil gemaak het tussen 'n sukkel bestaan en uitstyg bo jou vermoëns.
Daar word vertel van tweelingbroers wie se pa 'n volslae alkoholis was en homself dood gesuip het. Die een broer word toe 'n mediese dokter en die ander broer 'n volslae alkoholis. Toe die alkoholis broer gevra word waarom hy so suip antwoord hy omdat sy pa so gesuip het. Toe die mediese dokter broer gevra word waarom hy nie soos sy broer suip nie, antwoord hy omdat sy pa so gesuip het. So maak elkeen van ons sy keuses.
Net gedog ek stof die fred so biki af.
Rook julle rokers nog?
Ek is nou 50, het 29 jaar daarvan gerook, nou sonder n sigret vir 4 maande en 4 dae.
Jy kan ophou as jy regtig wil, maar, dis dooooners moeilik gewees en is nog steeds n stryd elke dag.
Om nie te praat van gewig aansit nie!!!
Ek het geraporteer dat my seun opgehou rook het wel dit was net vir 'n wyle.
Hulle rook maar weer.
Nog nooit gerook. Dank die Vader daarvoor.