English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 254
Total Replies: 229 884
Total Views: 82 371 508
topics: 401
replies: 3 903
views: 1 473 015
Talk about the current road conditions throughout the country

Roete vanaf Pietermaritzburg/ Hilton na Morgan's Bay

replies: 6
views: 2962
12 Jan 2017 @ 12:01:37 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years
Ek wil later hierdie jaar Morgan's Bay toe, en dan al lanks die kus Kaap toe. Vanaf Hilton na Morgan's Bay is daar twee roetes wat ek kan neem. Ek kan Noord om Lesotho ry, by Aliwal Noord oornag, en dan Morgan's Bay toe. Die afstand is omtrent 1100 km - 'n aansienlike ent in twee dae, maar ek aanvaar die pad is OK. Alternatiewelik kan ek deur die Transkei ry tot by Maclear, en dan tot Morgan's Bay. Dit is aansienlik korter (omtrent 700 km) maar ek weet nie van die pad nie. Ek is 'n bietjie skrikerig vir die Transkei. Wat dink julle? Groete, Frans.
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2017 @ 13:18:46 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2690
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Hallo Frans,
Altwee roetes wat jy noem is langer.
Die pro bleem met Maclear is dat daar nie 'n karavaan park daar is wat ek van weet nie. Die maklikste roete is om van Pietermaritzburg, Richmond, Ixopo, Umzimkulu tot by Kokstad te ry. Die pad draai weg op die buite wuike van die dorp na Mt. Ayliff, Mt Frere tot Mthatha, verder tot Dutywa, Butterworth en die Keibrug Oos Londen se kant.
Jy sal dan die eerste afdraai pad kry tot Keimond/ Morgansbaai wat 'ngrondpad is. 'n Paar killos verder, net verby die Mooiplaas Hotel, sal jy die afdraai links kry wat jou sal neem tot Keimond/Morgensbaai.
Dis teerpad heelpad.
Wees net versigtig deur al die dorpies in die ou Transkei, veral Mthatha wat spoedhobbels het. Hou net die vensters en deure gesluit. Indien moontlik, moet niks in die voertuig binne sig laat rondlê nie. Sluit maar in die kattebak toe.
Die skurke loop af tussen die voertuie padlangs, en indien hul iets binne die voertuig waarneem, sal hul die deur probeer oopmaak, en daar was al 'n voertuig se ruit gebreuk om goed wat rondlê te verwyder. Hul weet jy sal hul nie straat af jaag om jou goed te herwin nie. Daar is daagliks duisende voertuie deur al die dorpies en met bietjie beplanning is daar geen rede vir hul om jou te steur nie.
Wees net versigtig en bedagsaam en moet niks uitloklik in jou voertuig laat rondlê nie.
Vertrek vroeg uit Pietermaritzburg en ry deur in een dag. Dit sal minder as 700kms wees, dan is jy by jou bestemming. Ry versigtig en stadig. Net buite Mthatha aan die suide kant, na die Universiteit aan jou linkerkan, is daar 'n vulstasie met Wimpy/Steers aan die regte kant van die pad net na 'n stel robots by 'n redelike groot interseksie.
Hier kan jy aftrek om voertuig vol te maak, bene te rek en middagete te geniet. Heel aanvaarbaar.
Geniet jou trip en jou vakansie hier in die Oos Kaap.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2017 @ 15:19:47 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years
Baie, baie dankie Campervan vir al jou moeite.
Groete
Frans
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2017 @ 15:51:02 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2001
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Vriende van my het verlede week deur Mhtata gery met twee fietse agter op hulle hak maar was nie vasgeketting/slot nie. Die fietse is by 'n verkeerslig net eenvoudig afgehaal en toe hulle uitspring is hulle met messe gedreig. Fietse weg.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2017 @ 16:05:05 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Edge se aanwysings en raat is 100 %in die kol. Baja goeie raat.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2017 @ 18:38:21 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1889
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
As dit enigsins moontlik is ry deur die Transkei op n Sondag. Ons doen dit gereeld so. Die pad en dorpe is dan stil en ons het nog nooit n probleem gehad nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2017 @ 19:57:29 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Vriende van my het verlede week deur Mhtata gery met twee fietse agter op hulle hak maar was nie vasgeketting/slot nie. Die fietse is by 'n verkeerslig net eenvoudig afgehaal en toe hulle uitspring is hulle met messe gedreig. Fietse weg.   

Sjoe, dis erg.   Maar dit kan op sekere plekke hier in die stede waar ons bly ook gebeur.   As ons Natal toe sou gaan, sal ons ook doen soos Edge sê, ek dink nie daar is 'n beter opsie nie.  Duisende mense doen dit daagliks.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required