Ek was al 'n paar keer by albei en my antwoord sal wees Rocky Bay. Mens het die keuse om by die see te staan by die rotse maar daar is nie bome nie. Dan kan mens kies hoeveel beskutting soek jy omdat dit oor so groot deel kampering bied.
Omdat mens gereeld gaan strand toe stap sal ek nie die ent wil stap tot by die hek van Caravan Cove en dan ook oor die spoor voor mens op die strand is nie.
Rocky Bay se tariewe is ook baie beter as die R350 per dag vir 2 mense in die lae seisoen wat Caravan Cove nou vra.
Frans jy kan ook altyd jou wa afhaak by Rocky Bay se hek en gou ry na Caravan Cove wat altyd staanplekke beskikbaar het en gaan kyk en besluit dan watter een lyk vir jou die lekkerste.
Caravan Cove vir paas naweek:
4-bed chalet @ R675 / nag
Kampeer met 4 @ R 780 / nag
Caravan Cove vir paas naweek:
4-bed chalet @ R675 / nag
Kampeer met 4 @ R 780 / nag
Hulle het special aan vir paasnaweek. Dis lekker cheap vir n chalet, veral oor paas naweek
Hulle het special aan vir paasnaweek. Dis lekker cheap vir n chalet, veral oor paas naweek