English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 307
Total Replies: 250 380
Total Views: 83 153 050
topics: 11 433
replies: 137 648
views: 39 291 254
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Riverdal kamp

replies: 12
views: 232
31 Jan 2020 @ 17:15:14 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die ou munisipale kamp op Riversdal, Takkieskraal, wat 'n paar jaar gelede gesluit is, is weer oop onder privaat bestuur. Dibiki, die puik kamp op Hartenbos, het dit oorgeneem en noem dit nou Dibiko Riversdal.  Ons het vandag vanaf die hoofpad gesien daar is 'n hele aantal karavane in die kamp, wat verblydend was want Takkieskraal was maar gewoonlik leeg.  Ons het nie tyd gehad om nader ondersoek in te stel nie, maar ek sal dit probeer doen en verslag met fotos doen.  Is daar dalk iemand wat reeds daar gekampeer het?  As dit op dieselfde standaar as die moederkamp onwikkel word, wil ek voorspel dit kan baie populêr word ander andere vir mense wat oornag op die N2 soek.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 20:16:44 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Awesome I hope it goes from strength to strength. If they run it like Dibiki then it surely must go well. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 20:19:48 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Ok it’s called dibiki riversdal

 

Www.dibikiriversdal.co.za

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 20:25:16 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dankie vir die goeie nuus! Wens ander munisipaliteite wil ook tot hul sinne kom en hul oorde privatiseer....tans is daar maar n handjie vol wat aanbeveelbaar is.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 11:29:43 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Wonder of hulle op die net is. Ek hou van Riversdal.

Is die kamp plek in die dorpie ?  

En wat sal die tariewe wees.?

Dankie Fred, hou ons ingelig asseblief.

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 12:33:30 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ja, Johan, dit is in die dorpie self.  Ons het onlangs na die moederkamp op Hartenbos gaan kyk waar die tariewe heel billik is.  As ek reg onthou in die omgewing van R200 per dag en net oor R2000 per maand buite siesoen.  Moontlik is hulle nuwe kamp se tariewe soortgelyk.  Ek sal verslag doen wanneer ons behoorlik gaan kyk het.  Ons is nie langtermynkampeerders nie, maar ek dink dit kan 'n goeie basis wees vir mense wat dit wel doen.  Baie interessante plekke is binne nie meer as 100 km vanaf Riversdal nie en die dorpie self is baie mooi en netjies so aan die voet van die Langeberge, hoewel seker nou nie juis 'n top bestemming nie.  En dis nie 'n kusdorp nie, so die roesfaktor is nie teenwoordig nie. Ek sou eerder vir maande daar bly as bv Tsipise of Eiland, waarvan ons ook hou vir kort besoeke.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 14:11:25 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4232
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

Oom Jeep

Wonder if hulle op die net is 

 

see the link above your post 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 15:05:46 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het nou net gaan kyk en ja, hulle is op internet. (https://www.dibikiriversdal.co.za).  Eintlik sê die webbladsy alles wat nodig is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 15:25:42 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Dankie, sal gaan loer.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 16:42:08 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Goed om te hoor êrens staan daar n geraamte op.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2020 @ 17:08:51 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Goed om te hoor êrens staan daar n geraamte op.

 

 

Jip.  Maar die geraamtes is ma swart verbrand. 😎

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2020 @ 09:12:42 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek dink daar kan wel iets goeds uit die as opstaan.  Silwerstrand by Robertson was ook maar 'n sukkelende park en na die eienaars van Montagu park dit gekoop het, het dit 'n dramatiese verbetering ondergaan.  Die Dibiki eienaars lees ek op Internet, is ook 'n familie wat duidelik weet hoe om 'n suksesvolle kamp te bedryf, so ek glo hulle sal ook hier 'n reuse sukses maak. 

Ons het sowat twee weke gaan kyk hoe lyk die moederkamp op Hartenbos en was baie aangenaam verras.  Hoewel hulle langtermyn kampeerders toelaat, hou hulle beheer en daar is geen van die onooglike tydelike strukture wat plekke soos Tshipise en Eiland ontsier nie.  Dit lyk werklik 'n gesellige plek om by te gaan kamp. Langtermynkampeerders is die mense wat dit moontlik maak vir sulke kampe om die aftye te oorleef maar dit hang van die kampbestuur af of dit die plek gaan ontsier en korttermynkampeerders gaan wegjaag of nie.  Langstaners het die behoefte om meer woongeriewe te skep maar dit is nie altyd 'n versiering vir die kamp nie, so dit lyk vir my beter om tydelike strukture nie toe te laat nie soos blykbaar die geval by Dibiki en ook Silwerstrand is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 07:16:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit lyk heel skaflik daar.

Die uitleg van die swembad en heining om gee jou die idee dis ook die dorpie se munisipale swembad.

Lyk na 'n rustige kamp plekkie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za