English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 059
Total Views: 82 378 378
topics: 779
replies: 12 478
views: 4 978 276
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Reversing of caravan

replies: 30
views: 894
13 Jul 2017 @ 07:22:46 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13767
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Wat is jou maklikste manier om karavaan agteruit te stoot?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 07:23:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13767
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Hierdie een lyk eenvoudig om te onthou
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 07:38:22 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

My grootste probleem met die terugstoot (veral teen 'n effense opdraende) is die karavaan se inloop-rem. Moet nog vir my so 'n apparaat bou wat die rem in sulke gevalle uitskakel (het so iets 'n tyd gelede iewers op hierdie forum gesien).

Maar met die terugstoot andersins nie 'n probleem nie - kry genoeg (en BAIE oefening) want Joanie is nooit tevrede met presies hoe die karavaan moet staan nie so, dis vorentoe, agtertoe, nog 'n bietjie, nee bietjie vorentoe, nou agtertoe, nie so ver nie, vorentoe, goed kom nou agtertoe .............tongue-out

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 07:45:04 am
Kurper
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 35 years
My kop is plat as dit by die "reverse" ding kom, sukkel my maai af. Gelukkig help die "movers"!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 08:00:40 am
Anonymous

Daar is basies twee maniere,

1. Soos per foto en,

2. Sit jou hande bo-op die stuur, jou duime sal die rigting wys waarheen jy die stuur moet draai.

Onthou net, dink agterstevoor, as jy wil links draai, draai dan regs, en anders om.

Ek het altyd my hande bo gehou, toe vertel iemand op die forum vir ons van die hande onder.

Nou mover ek die wa net waar ma dit wil hê.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 08:01:45 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Dit vat tyd om gewoond te raak oefen bly die antwoord
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 08:12:29 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Werk op die anders om metode.
Het nouerage ingang vir so 40m tot by waenhuis, dan op tot binne.
Hak af en kry in possisie met hand.
Nalp in waenhuis want eers moet kampervan inkom,
Dan moet die kamper inkom en dan
Moet die platkar plek kry en dis tussen
Hangkas en laaikas en stoorkas...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 08:14:33 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1051
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Bostoe, ek sal jou my vrou se telefoonnommer laat kry - sy sal jou laat OEFEN my maat , geen twyfel daaraan nie!tongue-outinnocent

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 08:17:48 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2004
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Vind dit baie makliker om met woonwa agteruit te stoot as met klein sleepwaentjie. Met waentjie moet jy wakker wees en gou reageer. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 08:31:47 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

My grootste probleem met die terugstoot (veral teen 'n effense opdraende) is die karavaan se inloop-rem. Moet nog vir my so 'n apparaat bou wat die rem in sulke gevalle uitskakel (het so iets 'n tyd gelede iewers op hierdie forum gesien).

Maar met die terugstoot andersins nie 'n probleem nie - kry genoeg (en BAIE oefening) want Joanie is nooit tevrede met presies hoe die karavaan moet staan nie so, dis vorentoe, agtertoe, nog 'n bietjie, nee bietjie vorentoe, nou agtertoe, nie so ver nie, vorentoe, goed kom nou agtertoe .............tongue-out


Lekker lag ek nou.
As ek nie nie die wa reg instoot nie, stop Elma my en se kom kyk nou hier en beduie presies hoe waar en wat. Dan begin ons maar weer van vooraf.
Ek dink ook hoe meer jy dit doen , hoe beter raak jy.

Dan . Die inloop rem. Kyk eers dat die haak nie alreeds ge"inloop" het nie. Begin dan stadig agter uit, dan werk die meganisme en jy kan dan makliker terug stoot.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 08:42:59 am
gert swigelaar
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 16 Sep 2015
Experience: 6 years
Kyk Sondag middag na so n kamp gaan dit wild. Die spasie by my hek is maar klein.
My vrou se roetine is gewoonlik presies dieselfde as ons daar stop.
Haar instruksies is: "sit af die radio, maak al die vensters oop dat jy my kan hoor". Dan begin die "speedcop" met handtekekens ! Dan sal sy so wragtag somtyds vir my skree : "Jy luister nie vir my, jy gaan nog die karavaan stamp" ..
Somtyds gaan dit sommer maklik, en dan "hi five" ons mekaar vir n "job well done"..... !!!
kamplewe is n "jack" op ys en n lekker braai!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 09:49:57 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 42 years

Kon myself nie keer om die volgende te sê nie, maar ek haal eers aan:

" Wat is jou maklikste manier om karavaan agteruit te stoot? "

Sit die sleepvoertuig se ratkas in R en trek versigtig weg.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 10:12:28 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5011
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek kry ook redelik baie oefening op weekkikse en soms daaglikse basis... gebruik of spieels, of kan agtertoe kyk uit by ruit... ek dink as jy eers deur die leerskool was is dit maar maklik soos wat jy maar begin leer bestuur... hoe meer jy dit doen hoe gemakliker en makliker word dit. Veral as jy al met jiu wa kan parallel parkeer .... maar jy moet jou wa se lengte ken wanneer om te swaai vir randsteen en ook kamera he om te sien wanneer om te stop...

 

Moet al paar keer n reverse parallel opsie uitoefen.. mits jy darem spasie het kan dit nogal maklik gebeur... ek dink mense het meer n probleem om weer reguit te kom en wanneer om in n draai beweing of sirkel egalig te bly agteruit beweeg...


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 10:16:35 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1007
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Ek maar lekker stupid, sukkel ook my alie af, my vrou speel ook spietkop.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 10:53:19 am
Piet Pad
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 16 Feb 2016
Experience: 32 years
Andre. Hoe lekker lag ek nou. Vir daai 'R' Gelukkig nie racing nie.
'n Glimlag is gratis!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 13:54:49 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dis maklik.

Draai die stuur na die fout toe.

So as die karavaan se agter kant te veel links gaan draai jy links.

Dis al.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 16:02:00 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Maklik

Moenie na die vrou luister nie😂😂😂😂😂

Ek sal stop, uitklim, my roete in my kop uitwerk, ry weer stop, uitklim en ander plan maak. Maar on na Ma te luister gaan my baie geld kos. As sy "moan" Dan se ek.....kom vat my die wiel!!!!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 16:22:30 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon jy gee wat ek vir my vrou probeer leer het. Jy draai net die stuur in die rigting waar jy die kant v d karavaan sien. Sien jy nie die kante is jy besig om reguit te stoot. Met geen ondervinding vat dit maar baie oefening.

Pieter my leerskool was soos my pa. Deur oop en kyk agtertoe dan weet ek presies watter kant toe om te draai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 17:04:58 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13767
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Dis maklik.

Draai die stuur na die fout toe.

So as die karavaan se agter kant te veel links gaan draai jy links.

Dis al.


Maklik om te onthou!🖒
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 17:10:10 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years
Nico, baie maklike oplossing vir jou "problem" met al die oefening wat jy kry. Installeer "movers" en gee die kontrole vir Ma terwyl jy staan met 'n bier en kyk vir die wa.

Ek dink dit is ook in 'n mate 'n talent wat jy het. My skoonseun kry nie juis oefening nie maar stoot sy wa by my in sonder om eenkeer voorentoe te ry. Dit is teen 'n skuins helling en dit is links, regs. links en weer regs en parker die was presies onder die afdak. Dit oor 'n afstand van 45 meter en oor dik gras.

Ek maak maar gebruik van die "movers" en ek en Ma bly sodoende uit mekaar se hare.☺
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2017 @ 18:44:57 pm
Anonymous

Dis maklik.

Draai die stuur na die fout toe.

So as die karavaan se agter kant te veel links gaan draai jy links.

Dis al.

Baie oulike idee, dit is in werklikheid wat jy doen.

Maklik

Moenie na die vrou luister nie😂😂😂😂😂

Ek sal stop, uitklim, my roete in my kop uitwerk, ry weer stop, uitklim en ander plan maak. Maar on na Ma te luister gaan my baie geld kos. As sy "moan" Dan se ek.....kom vat my die wiel!!!!

Hoekom het ek die een verwag.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2017 @ 07:28:11 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

 Alles wat hierbo gesê is, is waar, maar dit bly maar moeilik om agteruit te stoot. Iets wat kan help, is om 'n sleephaak voor aan jou sleepvoertuig te plaas dan stoot jy die karavaan en al die agterstevoor-dinkery is nie nodig nie.  Ek het dit so ver regs voor aan my Kombi geplaas dat ek net verby die karavaan kon sien- dit maak dit dan maklik om te sien waarheen die karavaan gaan.  Nog iets wat op die ouer Sprite en Jypsey karavane werk, is om van die terugstootmeganisme van die remme gebruik te maak.  Ek praat van die soort waar jy nie 'n breekkabeltjie gehad het nie maar wel 'n ketting wat oor die haak kom.  As jy die rem optrek en die karavaan met die hand aan die disselboom links en regs swaai, ontkoppel die wiel wat agteruit loop maar die ander een kan nie vorentoe beweeg nie.  Op die manier loop die karavaan dan so tree vir tree agteruit. Toe ek dit ontdek het, het dit baie makliker geword om na 'n kamp my karavaan uit 'n baie besige pad teen 'n effense opdraende in die garage gestoot te kry. Ek het nog nie met die nuwe Alko haak probeer nie, maar dit lyk my nie af dit gaan werk nie- sal een of ander tyd moet probeer, maar met die ligte Skipper stoot jy hom gewoonlik sommer met die hand, so dit is nie meer nodig nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2017 @ 08:14:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Baie oulike idee, dit is in werklikheid wat jy doen.

[quote]1023,250048403[/quote]

Hoekom het ek die een verwag.laughing

Presies net so Oom Johan.

As die karavaan se agterkant teveel links gaan draai stuur na links en anders om. 

Dit is regtig so maklik soos dit. Ek stoot die groot Sensation met my Tipper agteruit to waar hy moet staan onder die afdak. En dan werk die kamera nog puik deur die stadia lyne se posisie op die boom agter die karavaan te merk. So weet ek sommer wanneer om te stop en die wa staan reg onder die dak soos hy moet.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2017 @ 08:18:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Terloops om my manier vinnig te oefen haak 'n klein sleepwa agter die voertuig en stoot REGUIT terug vir so vêr jy kan.

Om die sleepwa reguit te hou draai die stuur na die kant toe wat die sleepwa se agterkant in die toepaslike kant spieel gesien word. Maw as jy hom begin sien in linker spieel draai links. Of as jy hom net net sien in regter spieel draai regs.

Tjoef tjaf. Soos val uit 'n boom ................... los net die tak. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2017 @ 09:37:59 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2473
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dit is ook beslis makliker om 'n lang karavaan agteruit te maneuver as 'n kortetjie omdat die kortetjie te vinnig reageer op swaaie van die sleepvoertuig.  As 'n mens daagliks 'n ding doen- enige ding- dan doen jy dit later baie goed.  Ongelukkig doen ons karavaanslepers dit nie gereeld genoeg om regtig goed te word nie, dan moet jy die hele tyd konsentreer eerder as om dit half outomaties te doen.  Ons ouer garde wat op die Rand grootgeword het, sal dalk nog die klein groen "perde" onthou waarmee die spoorwegdrywers sleepwaens vanaf Kazerne in Johannesburg na hulle bestemmings gesleep het.  'n Karavaan met een of twee aste in die middel is relatief maklik om agteruit te stoot- 'n sleepwa met wiele op die vier hoeke is egter 'n perd van 'n ander kleur.  Dit was ongelooflik hoe daardie ouens so 'n sleepwa netjies in fabrieke se laai areas in agteruit gestoot het. Ek het universiteitvakansies by Renault se onderdele-afdeling in Steeldale gewerk en kon nie anders as om te staan en die bestuursvernuf te bewonder wanneer hulle vragte kom aflaai nie.  Ek wonder of daar vandag nog sulke talentvolle mense is wat vragmotors bestuur.  Hulle was waarlik professioneel!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2017 @ 10:15:19 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Maklik

Moenie na die vrou luister nie😂😂😂😂😂

Ek sal stop, uitklim, my roete in my kop uitwerk, ry weer stop, uitklim en ander plan maak. Maar on na Ma te luister gaan my baie geld kos. As sy "moan" Dan se ek.....kom vat my die wiel!!!!


Die is hoe ek ook werk.
Op moeilike roetes hou my vrou haar kop vas indien die trokkie begin kantel, in plaas om my te wys waar om te ry om it te verhoed.
So beste is klim uit en kyk self...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2017 @ 10:55:00 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7836
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Kom van die plaas af. En met n moeilike Pa nie tyd gehad vir sukkel nie, doen en leer.
Eers daai tegnieke in die Army geleer maar kon dit al doen.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2017 @ 16:07:03 pm
Duncan
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1412
Joined: 06 Apr 2010
Experience: 38 years

20 minutes in a car park would of saved you an hours reading.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2017 @ 08:49:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Practise makes perfect.................

Proof of the pudding lies in the eating........................

To measure is to know.................................

 

Dink ons moet ook 'n kamp naweek reel waar baie mense ander kan wys hoe gemaklik hy iets vir homself gemaak het. Dit sluit in van gadgets om iets te doen tot alleen 'n tent opslaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2017 @ 11:00:56 am
Anonymous

Practise makes perfect.................

Proof of the pudding lies in the eating........................

To measure is to know.................................

 

Dink ons moet ook 'n kamp naweek reel waar baie mense ander kan wys hoe gemaklik hy iets vir homself gemaak het. Dit sluit in van gadgets om iets te doen tot alleen 'n tent opslaan.

Dit is nou 'n blink idee, dan kan die manne my leer om te reverse met karavaan. Ek stoot wel terug, maar uiters beperk.

Daar kan baie oulike idees uit kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2017 @ 11:57:17 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Dit is nou 'n blink idee, dan kan die manne my leer om te reverse met karavaan. Ek stoot wel terug, maar uiters beperk.

Daar kan baie oulike idees uit kom.



Stem saam. Ek dink ons moet op n rybyveld gaan kamp en merke uitsit waar om in te reverse.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required